Jaar/Year 6
| Uitgawe/Issue 384 | Tel 017 712 6165 | Faks/Fax 017 712 1708 | Sel/Cell 076 411 2018 E-pos/Email standerton@cosmosn.co.za | Web www.kosmosnuus.wix.com/kosmosnuus
Verspreidingsgebied: Standerton, Morgenzon, Balfour, Trichardt, Secunda, Bethal, Volksrust, Ermelo en omgewing
25 November 2016
Bekende by huis vermoor
ERMELO - Issie Dippenaar, ‘n 58-jarige weduwee van Ermelo, is Maandagaand, 21 November, ongeveer 20:00 wreed by haar huis in Ermelo vermoor. ‘n Familielid het bekommerd geraak toe wyle me Dippenaar, wat alleen by die huis was, nie telefonies geskakel kon word nie en sy het een van die bure geskakel om ondersoek te gaan instel. Die buurman kon ook nie enige kontak maak of toegang tot die woning verkry nie en het ‘n veiligheidsmaatskappy gekontak om hom te kom bystaan. Saam is die buurman en veiligheidsbeampte om die woning, maar kon niks verdag opmerk nie. Wyle me Dippenaar se voertuig was onder ‘n afdak geparkeer en die twee mans het gemerk dat een van die voertuig se vensters oop is en dat daar twee selfone op die sitplek lê. By nadere ondersoek is me Dippenaar se lewelose liggaam in die bagasieruim gevind. Volgens kaptein Carla Prinsloo, skakelbeampte van die Ermelo SAPD, kon hulle geen duidelike merke of letsels aan haar liggaam vind nie en daar word vermoed dat sy dalk verwurg kon wees. Dit sal egter eers bevestig kan word nadat die nadoodse ondersoek afgehandel is. Boodskappe op sosiale media bespiegel dat ‘n voormalige tuinier dalk verantwoordelik kan wees, maar volgens Prinsloo is die polisie nog besig om leidrade op te volg en arrestasies sal volg. Volgens inligting het wyle Issie haar lewe daaraan gewy om haar medemens te help en by te staan. Ten tye van haar afsterwe was sy die bestuurder by die CMR Kinderhuise in Ermelo. Haar bekende Die liggaam van wyle Issie Dippenaar is Maandagaand om ongeveer 20:00 in haar voertuig se kattebak by sêding: “Teamwork makes the dream work” sal al- haar woning in Ermelo gevind. Die polisie in Ermelo was teen druktyd nog besig om leidrade op te volg en kon hulle nog nie uitlaat oor ‘n moontlike motief vir die moord nie. (Foto: Facebook) mal wat haar geken het bybly. JD