Nuus vir die Kleinfonteiner Herfs 2021

Page 1

Maart 2021

KYK UIT

vir die mooi in jou omgewing! Ten spyte van ‘n baie neerdrukkende en onseker 2020, was ons bevoorreg om inwoners in die Afrikaner Kultuurdorp Kleinfontein te kon wees! Met ons eie finansiële instansie (wat tot groter wasdom gegroei het!), ons eie Uit en Tuis Winkelsentrum waar ons omtrent van alles en nog wat kan aankoop, hare laat stileer – en afsluit met ‘n koppie koffie – het ons ook die mooi natuur om ons. Hier word perd gery, gestap, foto’s geneem van die verskeidenheid wild, die swembad word geniet deur die gemeenskap en ons erken ons geskiedkundige dae en gee erkenning met die vlae wat wapper! Dankie aan Marietjie Nell vir die zebra-foto hier langsaan.

Missie van Kleinfontein Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ’n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is. 1


Uit die redakteur se pen -Álet Erasmus Die eerste uitgawe vir 2021 is gevul met vooruitgang! Lees in hierdie uitgawe oor Kleinfontein se Spaar en Krediet Koöperasie wat ‘n groot stap verder kon neem en nou bekend staan as KSK Korporatiewe Bank! Kleinfonteinweg waar die teerpad ophou, het ‘n nuwe aangepaste ryvlak op ‘n gedeelte van die pad gekry. Waar daar voorheen spoelslote was met ‘n harde bui reën, is daar begin om stormwater afvoerslote te bou wat reeds in die afgelope reënseisoen vrugte afgewerp het. By die Kleinfontein Sorgsentrum word daar kleurryke matjies gebrei en by een van die gemeenskaplike

parkies/tuin, het ‘n Kleinfonteiner ingespring en karakter daaraan gegee. Na ‘n uitdagende matriekjaar, het Driaan Beyers sy BCVO matriekjaar geslaag met drie onderskeidings! Dit is maar net ‘n paar van die berigte waaroor u meer in hierdie uitgawe kan lees. Dan wil ek baie dankie sê aan Carine Miller wat die afgelope paar jaar die kwartaalblad se bladuitleg gedoen het met ‘n kunstige hand en ‘n hart vir haar mense! Voorspoed vir jou toekomsplanne en onthou dat jy altyd welkom is om weer deel te wees van die redaksiespan. Ons sê soos altyd baie

dankie aan elke adverteerder wat deel is van ons kwartaalblad! Nuus vir die Kleinfonteiner is ‘n positiewe blad vir u, die Kleinfonteiner. Neem gerus deel en stuur interessanthede in u omgewing of ‘n foto na die redakteur se e-pos. Ten slotte, wanneer jy die dag moedeloos of afgemat voel, lees gerus hierdie woorde, want iewers het jy vir iemand iets beteken! Miskien dink jy dat jou lewe nutteloos is, maar iewers drink iemand koffie uit die beker wat jy hulle gegee het, luister iemand na ‘n liedjie op die radio wat hulle aan jou herinner, lees iemand ‘n boek wat jy aanbeveel het, en hou iemand ‘n bietjie meer van hulleself omdat jy hulle ‘n kompliment gegee het. So moet nooit dink dat wat jy doen geen invloed het nie. Die spoor van elke goeie daad wat verrig word kan nooit weer uitgewis word nie.

REDAKSIESPAN: REDAKTEUR: Álet Erasmus ADVERTENSIES: Elisabeth Malan (083 486 5040/eamalan@kleinfontein.net) BLADUITLEG: Carine Miller FOTO’S: Álet Erasmus, Dannie de Beer Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan alete@kleinfontein.net

Advertensietariewe vir 2021 Volblad — R300

1/2 blad — R150 1/4 blad — R80 1/8 blad — R50

Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in volkleur lees by www.issuu.com. Tik Kleinfontein in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg ons ook op Facebook by Kleinfontein se Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-KBK

Ondersteun ons adverteerders en maak melding daarvan

dat u hulle inligting in die Nuus vir die Kleinfonteiner gekry het. 2


Oordenking: Ds Ben Smit

Die onverwagte gevolge van Jona se prysgawe aan die see Lees: Jona 1: 1 – 16 Teks: Jona 1: 5 en 14

Die boek Jona is gewoonlik aan oud en jonk bekend vanweë die groot vis wat Jona ingesluk en uitgespoeg het. Soms strek mense se kennis selfs sover dat hulle weet van die profeet Jona se ongehoorsaamheid. Dat hy die opdrag van die HERE om bekering te gaan verkondig aan die inwoners van Nineve geweier het. Wat minder bekend is, is die gevolge wat Jona se ongehoorsaamheid gehad het op die skip se bemanning en dit hoor ons in die vergelyking van hierdie twee verse in Jona 1. • In vers 5 roep die hele bemanning nog na hulle eie (af)gode • en nege verse verder, roep hulle in gebed tot die HERE. • Volgens vers 16 is daar vrees vir die HERE by hulle en hulle bring 'n offer aan Hom en lê geloftes af voor Hom.

Wat het die verandering in hulle hart veroorsaak? • Dit was nie hulle vrees vir die golwe en die storm nie, want dit het hulle tot hulle eie gode laat roep. • Dit was nie die vergeefse pogings om land toe te roei nie. • Dit was selfs nie die belydenis van Jona dat hy 'n Hebreër is wat die HERE vrees nie. • Of die besef dat die enigste uitweg was om Jona oorboord te gooi nie. Nee, die verandering van hart, soos enige hartlike bekering, kom deur die HERE alleen. Hy het hierdie matrose lank tevore uitgekies om • op daardie skip na Tarsis • met Jona as passasier • in die geweldige storm wat Hy beskik • die getuienis aan te hoor

van die ongehoorsame profeet. En dit maak alle verskil in hulle lewe. Toe hulle hoor van hierdie God wat die see en die land gemaak het en sy ongehoorsame profeet voorkeer met so geweldige storm, is daar by hulle inkeer en geloof. En dit sonder dat Jona eers probeer het om hulle tot inkeer te bring. Hierdie gebeure onderstreep die uitwerking van ons optrede en ons woorde op ander. Kan die HERE jou woorde en jou optrede wel gebruik in sy diens om die saad van geloof in ander te laat ontkiem? Of is daar in jou lewe en jou woorde dalk niks bruikbaar? Geen saad wat gesaai word omdat jy die ware God van hemel en aarde bely nie?

3


Ter Nagedagtenis Barney Smit

Barney was ‘n stil mens wat gelewe het vir die stilte van sy hoewe 84, Remskoenstraat. Hy was ‘n baie liefdevolle mens en sou uit sy pad gaan om iemand te help. Hy was ‘n gekwalifiseerde dieselmotorwerktuigkundige. Dit het die Here behaag om hom van ons te neem op 12 September 2020. Hy het 6 Augustus in sy huis

agteroorgeslaan. Nadat Diederik Pretorius alles in sy vermoë gedoen het om hom stabiel te hou tot hy by die hospitaal kom, is hy ongelukkig weens ‘n breinaneurisme oorlede na ‘n operasie. Hy laat ‘n baie groot leemte hier op die hoewes. – Connie Pretorius

William J Wickens

en selfs in die moeilikste omstandighede nooit sy lot bekla nie. ‘n Sportliefhebber – veral rugby. Met sy skerp begrip en fyn humorsin kon jy in erns en luim met hom verkeer.

Ons mis oom Willie baie. “Although you are no longer here – in memory you will always be part of my life.” – Helena Coetzee – Wag ‘n Bietjie en vriende

(25/10/1933-27/12/2020) Wanneer ‘n mens terugdink aan Willie Wickens onthou jy die saggeaarde, hulpvaardige, fatsoenlike man. Hy het sy medemens ten volle vertrou

Gert van Tonder (18/07/1940 tot 18/11/2020) Gert was ‘n hardwerkende mens wat sy kinders ook reeds van vroeg af geleer het om op te staan vir jouself en dit waarin jy glo. Sy familie

was die belangrikste mense in sy lewe. Deur al die moeilike tye wat hy deurgemaak het, het hy rotsvas gestaan in sy geloof en nooit gewankel nie. – Christiaan, Driekie en Gerda

Koot Burger: 012 734 4633 / 083 672 3752 No. 17, h/v Prinsloo– en Jennerstraat 4


Kleinfontein Begraafplaas - Heleen van den Berg

Die van ons wat hier woon en werk, het die voorreg om sonder kommer of vrees ‘n besoek aan ons eie begraafplaas te bring, daar te stap, ons geheue in te span en terug te dink aan bekendes en geliefdes wat hulle laaste rusplek daar kon vind.

en die vryheid van ons wild is faktore wat in gedagte gehou moet word. Dan moet die toekomstige terrein wat nog wild is voorberei word, waarvoor ons die Werke Departement se werkers wat ekstra tyd moet inruim en later die instandhouding moet behartig, daarvoor, bedank!

Die voorreg om daar begrawe te word, is net vir aandeelhouers en hulle direkte familielede beskikbaar.

Weens weerstoestande is dit moeilik om altyd werkers af te staan om die voorkoms van die begraafplaas te verbeter. Ons hoop om binnekort ‘n voltydse persoon vir die doel aan te stel!

* Neem asb. kennis om wanneer daar ‘n sterfgeval is, eers te skakel met Ben van den Berg, die opsigter, by 0826623695 en nie by die kantoor nie, om vir naasbestaandes alle reëlings te tref en die aansoekvorm vir ‘n graf te voltooi. Daarna kan u vir die ander reëlings na die kantoor gaan.

Die begraafplaas is ‘n vensterbeeld van Kleinfontein

Spesiale aandag en hulp word aan naasbestaandes gegee.

Graag wil ons die terrein altyd ‘n rustige atmosfeer gee en skoon hou. Dit is nie so maklik nie. Weerstoestande

en ons wil dit graag vir besoekers aangenaam maak om daar deur te stap. Vrywilligers wat met instandhouding wil help, is altyd welkom.

Onder: Werke Departement span ruim die graf op na afloop van verrigtinge.

5


6


Kleinfontein sê dankie Aan die einde van Desember is sertifikate van verdienste oorhanding aan ‘n paar van die KA werknemers.

Vlam Lightfoot van werke department (10 jaar diens)

Daren van Staden van werke departement (5 jaar diens)

Clinton Creamer van sekuriteit (5 jaar diens)

Maryke Kruger van Sorgsentrum (10 jaar diens)

Park in Kiewietlaan - Lou Erasmus Sakkie en Christelle Rudolph bly in Kiewietlaan en het die inisiatief geneem om die oop gedeelte oorkant hulle huis in ‘n park te omskep. Die gedeelte is Kiewietpark genoem en ‘n naambordjie is aangebring. Baie dankie Sakkie en Christelle vir die

positiewe bydrae – dit word waardeer. Alhoewel die ruimte redelik skoon was het dit harde werk en geduld geverg om dit aantreklik vir die oog en ‘n rusplek vir stappers te maak. Vriende van Kleinfontein het ‘n rusbankie in die park geplaas waar u rustig kan sit en kyk na die mooi voëls en plante. U kan gerus die parkie besoek en die natuur waardeer.

7


Kleinfontein Geloftefees – 16 Desember 2020 Die feesrede is deur die dinamiese Mnr. Barend Uys gelewer. Barend het veral die kleinspan wat in groot getalle voor in die saal gesit het geboei met sy verduideliking van hoe ‘n Sanna gelaai moet word. Mnr. Uys is ‘n bekende in Kleinfontein se kringe en die kleinseun van Dr. Wally Grant, nog ’n Kleinfontein pionier en ook bekend vir sy baanbrekerswerk by die atoomenergiekorporasie van SuidAfrika. Na die feesrede is die erediens gelei deur ds. Johan Mouton, afkomstig uit Rayton.

Voortrekkerdrag gedra deur dames wat die verrigtinge bygewoon het.

‘n Kleurryke vrugtetafel om van te geniet na afloop van die verrigtinge.

‘n Geloftediens boodskap is ook later vir die inwoners van die Sorgsentrum aangebied.

8


MAJUBA

- Lucia van den Berg (Foto: Driaan Beyers ) Die een belangrike kenmerk van die BoereAfrikanervolk is sy hunkering en strewe na vryheid. In ons verlede moes ons eers veg vir ‘n eie land en daarna moes ons verder worstel om hierdie eie land te behou... en in die stryd het baie bloed van ons mense gevloei. Ons geskiedenis word dus gekenmerk deur ongelooflike hoogte- en dieptepunte. Daar was momente van seëvierende oorwinning, maar daar was baie momente van pyn, lyding en hartverskeurende vernedering. Die Boere-Afrikanervolk het deur die loop van jare by die meeste oorwinningsplekke en by die neerlaag- en pynplekke gedenktekens en monumente opgerig sodat die volk die

gebeurtenisse moet onthou, en dit oorvertel aan ons kinders. By Majuba, het die Boere, met die genade van ons Hemelse Vader, en deur skitterend strategies beplande vernuf en eendragtige optrede, die Engelse verslaan. Dit was die finale oorwinningslag oor die magtige Britse Ryk in die Eerste Vryheidsoorlog! Die besonderse monument met ‘n besonderse boodskap wat elke jaar op 27 Februarie herdenk word! "Met moed, om teen die môrekim méér as Majuba uit te klim" -G.A. Watermeyer

9


10


Die Jopie Fourie Gebou – met alles en nog wat!

Sodra jy in Kleinfontein Kultuurdorp inry, is Die Jopie Fourie Gebou op jou linkerhand. Wil jy ‘n koppie of ‘n glas vervang, belangstel in tweedehandse boeke vir verskillende ouderdomme, klere, gordyne, ou en nuwer blikke, kinder- en ander klere... gaan loer gerus in die tweedehandse afdeling by Die Jopie Fourie Gebou.

Pamflette en ander inligtingstukke is ook in die ontvangskantoor.

Met dié interessante uitstalling wat jou ver laat terug dink!

Kom stap gerus deur!

11


12


Kerssangdiens 19 Desember 2020 -Betsie Steyn - Foto’s: Tokkie Ferreira

Ten spyte van die inperkings van die virusregulasies, is ‘n Kerssangdiens weer vir die inwoners en personeel van die Sorgsentrum aangebied. Die

Bestuur het dit goedgekeur dat daar vanjaar – op ‘n kleiner skaal – wel ‘n Kerssangdiens vir die inwoners van die Sorgsentrum

Van die inwoners wat die diens bygewoon het.

nie. Die mense van die Sorgsentrum het dit nietemin goed bygewoon en geniet. Betsie het kort boodskappies – met die tema Immanuel –

gehou kon word. Die gewone en neergelegde streng voorwaardes het nog gegeld, en dié keer kon die inwoners van Wag-‘n-Bietjie nie meedoen

Betsie en Linda

gelewer en met Kersliedere afgewissel. Die gehoor het lustig saam met die begeleiding deur Linda van Veenhuysen gesing – alles die ou

Sr Patrys, Sue en Tokkie

en bekende Kersliedjies wat hulle goed geken het. Hier en daar is egter ook ‘n traan afgevee, veral toe Linda daarna hulle met pragtige klawerspel vergas het. Die nuwe sangbundel het goed en handig gepas gekom, danksy die projek van Irene Groenewald om nuwe boeke vir die Sorgsentrum saam te stel en te verskaf. Betsie het haar, dr Johan Venter, Susters Ria Prinsloo en Patrys Prins, en die personeel bedank vir hulle toestemming en deel-name en die inwoners se meelewing, asook Linda se betrokkenheid.

23 Desember 2020 – personeel en inwoners neem deel aan Kersfees aanbieding. (Foto: M Nell) 13


Daar word gewoel en gewerk

Werke Departement WATERWERKE Kleinfontein kultuurdorp kry sy water uit standhoudende boorgate en 'n fontein. Die waterspan is hier besig met skoonmaak van een van die filtreerbaddens. Regs: Stormwater afvoer sloot – in wording.

Tydens die buie reën wat die afgelope tyd geval het, het die slote die water netjies weggelei van die padoppervlakte!

Die eerste gedeelte van Kleinfonteinweg word gereed gemaak voordat die spesiale bolaag op die pad gegooi en vasgerol word. 14


Op Kultuurgebied

Eerste kompos ingewerk en kontrasterende verf lig dele van die gebou se struktuur uit,. Ons tuin om die museum kom mooi aan, aangevul met organiese kompos!

Vir voornemende inwoners

Kleinfontein verander vanaf die eertydse keuring na 'n verblyfsregsproses. OP Saterdag 20 Februarie, was ons eerste suksesvolle oriënteringsdag gehou met 15 mense wat aansoek gedoen het om Kleinfonteiners te word. Die verblyfreg proses word voorafgegaan deur 'n verpligte klaring wat behels dat 'n basiese agtergrondtoets op alle aansoekers gedoen word. Klaring kan of deur die Suid Afrikaanse Polisiediens gedoen word of deur die Kleinfontein Toetssentrum en behels 'n basiese ondersoek gebaseer op die neem van vingerafdrukke. Die SAPD toets neem sowat 6 weke in teenstelling met die toetssentrum toets wat 24-48 uur neem, maar die SAPD klaring is wel goedkoper. Die Kleinfontein toetssentrum funksioneer onafhanklik van Kleinfontein en doen ook klaring vir van Orania se aansoekers.

15


16


- Ds. Lood v.d. Merwe

REËNVALVERSLAG

2014

2015

2016

2017

2018

2019

2020

2021

Jan.

95

105

150

130

93

196

181

175

Feb.

141

25

34

112

96

163

73

91

Mrt.

276

89

142

15

249

22

117

Apr.

10

58

18

107

50

82

145

Mei

0

0

70

29

24

4

0

Jun.

2

0

20

0

0

0

20

Jul.

0

6

4

0

0

0

0

Aug.

2

0

2

0

0

0

0

Sep.

1

78

2

16

20

2

0

Okt.

65

16

100

59

80

20

58

Nov.

139

87

293

80

86

187

197

Des.

256

94

107

115

110

375

58

TOT.

987

565

942

663

808

1 051

849

17


18


Die “badmatjie”-projek Ina Prinsloo het ‘n heerlike saam-doenprojek aan die gang gesit … Sy vertel meer: Terwyl ek einde Desember Sr. Patrys by die Sorgsentrum afgelos het, het ek opgemerk dat baie van ons senior mense net in kamers lê of sit en niks doen en soms die dae om wens. Ek het ook gesien dat die handdoeke soms gebruik moet word vir vloermatte. Daarom het ek by Connie se winkel (by die Jopie Fourie Gebou) gaan snuffel en sy het vir ons bietjie wol en breipenne geskenk waarmee ons kon begin. Dit was heeltemal te min en daar was nie genoeg van die dik breinaalde nie. Ek het toe op

Facebook gevra en iemand het dadelik geld geskenk waarmee die tolletjies en dik breipenne mee aangekoop is. My man, Danie het ook nog tolletjies uit “dowls” (klinkboute) gemaak en ons kon met die projek begin. Sommige dames het wel gesukkel met bewe en daarom het hulle begin kettings hekel wat net so goed werk. Ons kom elke Donderdag middag drieuur bymekaar. Die projek vorder maar stadig, maar ek glo ons

sal wel iets gedoen kry. Die samesyn is vir seker al ‘n bonus. So vorder ons operasie mattemaak hekelgroep by Kleinfontein Sorgsentrum. Die ouer dames brei tolletjie brei of hekel kettings waarmee Mari weef en Mien en myself weer met die kettings hekel. So trots op almal. Baie dankie aan almal betrokke!

Op die stoep of in die eetkamer, ons hekel, kuier en brei. Nou en dan sit Ina ‘n hand by. 19


Die Salon Langs die kitsbank, Uit & Tuis Sentrum Sny, kleur, blaas en meer!

Mans: R90 Dames: R150 Kinders: R70 Pensioenarisse: Mans R60 per sny en Dames R110 per sny

Zelda: 082 5641866

20


Interessante vrugte: Boomtamatie - Rina Kruger

Hierdie boom het sommer verskillende name, o.a. Tamarillo, “Dutch eggplant” of “the nightshade plant”. Die boomtamatie is oorspronklik van Peru, Suid Amerika, afkomstig. Hy is nie familie van die Sharon vrug of Persimmon nie. Sy smaak kan vergelyk word met ’n tamatie, kiwivrug, koejawel of ’n matige grenadellasmaak. Dit is ’n vinnig groeiende boom en kan tot 5 meter hoog word. Hy lewer na 4 jaar sy beste vrugte en die boom sal omtrent 12 jaar bly lewe. Een boom kan tot 20 kg vrugte per jaar lewer. Die boom moet elke jaar gesnoei word vir die beste resultate. Die jong uitloopsels aan die bo-punt van die boom kan uitgesny word en so kan u die boom se vorm beheer. Sy takke is nie baie sterk nie, en breek maklik wanneer hy baie vrugte dra. Die blare is groot en het ’n sterk reuk. Die blomme is pienk/wit en hang in trossies van 10 tot 50 blommetjies aan die kort dun stingeltjies. Hulle vorm 1 tot 6 tamaties aan ’n trossie. Die blomme ruik heerlik en lok insekte en

voëltjies vir bestuiwing. Die boom kan van steggies of met saad geplant word. Hy verloor sy blare in die winter, in sommige koeler gebiede. Hy groei die beste in warmer klimate en moet gereeld water kry. Die boom is sen-sitief vir sterk wind en omdat hy nie ’n baie sterk wortelstelsel het nie, kan hy baie maklik omgewaai word. Die boomtamatie aard baie goed in areas waar daar sitrusbome geplant word. In warm gebiede kan hierdie boom regdeur die jaar vrugte dra. Die boomtamatie is redelik siektebestand. Ongelukkig is hy geneig om meeldou te kry en tamatiewurm val hom ook aan. Wanneer ons die eerste keer hierdie vruggies aan die boom sien hang, lyk dit soos

oranjerooi pruime wat in die meeste gevalle ovaalvormig is. Die vrugte is sowat 3,5 cm by 2,5 cm groot en is eetbaar en het ’n effense tamatiesmaak. Dit kan net so geëet word of in mengelslaai gebruik word. Dis nou ’n vrug met min vleis en baie sade! Ons kan die heerlikste konfyt en blatjang daarvan kook, volgens tamatieblatjang en tamatiekonfyt resepte. Daar is verskeie ander resepte ook waarin hierdie tamatie gebruik kan word. Almal hou egter nie van die smaak nie. Die vruggies bevat baie vitamiene en yster en bevat net 40 kilojoules per vruggie. Baie tuiniers plant hierdie boom eintlik vir die snaaksigheid en die pragtige trossies vrugte wat hy dra. NS: Ek het ‘n paar keer by Du Plooy Melkery van die houertjies vrugte gekoop … kyk dus gerus uit daarvoor. Van die pitte wat ek geplant het, het drie bome opgekom. (Redakteur)

21


22


KLEINFONTEIN SE TEGNOLOGIESE WATERBESTUUR Dit is vir Kleinfontein belangrik om sy waterbronne wetenskaplik te bestuur. Ten einde dit te kan doen het die Werke Departement ‘n jong elektroniese ingenieur, Jan Conradie gevra om ‘n moniteringstelsel daar te stel wat die in- en uitvloei van water en die stand van die opgaardamme op ‘n rekenaarmodel, kan weergee. Die moniteringstelsel is reeds in gebruik en voldoen aan die vereistes waaraan dit gestel is. In die eerste grafiek word invloed van reën op die invloei vanaf die fontein/ vleiland getoon. Op die onderste grafieke word in reële tyd getoon wat die stand van die watervlak van die vyfling reservoir sowel as die W4 reservoir op 'n gegewe oomblik is. Die moniteringstelsel het ten doel om nie net te verseker dat Kleinfontein sy waterbronne wettig en verantwoordelik bestuur nie, maar om ook te dien as 'n vroeë waarskuwingstelsel. 'n Skielike val in pompdruk of abnormale uitvloei uit 'n reservoir kan byvoorbeeld dui op 'n gebarste pyp. Kleinfontein is tans geseënd met die tweede agtereenvolgende nat seisoen en het tans 'n oorvloed van water. Sedert die aanbreek van die reënseisoen in Oktober 2020 loop die Kliphuisdam al vir die tweede keer oor. Die Bloekombosdam het ook vroeg in Januarie begin oorloop en hierdie oorloop vloei oor die Rhenosterfontein openbare pad na Kleinfontein se bure. Inligting versamel met behulp

van hierdie stelsel sal ook Kleinfontein se Wula waterlisensieaansoek van akkurate data voorsien. Onbenutte bronne Terwyl Kleinfontein primêr sy water uit 'n standhoudende fontein en boorgate kry is daar vir Kleinfontein nog verskeie onbenutte bronne

van water beskikbaar. Opgaar van reënwater deur middel van watertenks, hersirkulering van opgaardamme en selfs die benutting van gryswater is addisionele bronne van water vir ons gemeenskap.

* Met erkenning aan Die Leivoor. 23


Kleinfonteiners deel uit hul omgewing Troeteldiere – Carli Wilcocks Carli skryf dat honde ons beste vriende is, veral wanneer jy te doen het met troetelhonde, want hulle hou jou fikser as katte!

Carli se skaduwee

Aan die sy van broer Cyle, ’n regte vasdruk lyfie!

Wie kan dan nou nie so ‘n gesig lief kry nie?!

Roofdiere – Heleen van den Berg Nou nie ‘n troeteldier nie, maar hier in Kleinfontein kyk ons uit vir interessante wilder diere soos byvoorbeeld die Vleivalk wat deur Heleen van den Berg in die wildpark raakgesien is, terwyl hy ‘n fisant geëet het.

‘n Paar dae later is dieselfde valk in die nedersetting opgemerk waar hy ‘n trop tarentale opgewonde gemaak het toe hy ‘n klein tarentaaltjie vir aandete wou vang. Die aksie is op ‘n kort video vasgelê wat op Kleinfontein se Afrikaners se Facebookblad geplaas is. Hy moes egter sonder ‘n prooi die aftog blaas! Ontspanning – Marί Terblanche

En wanneer die groot dam te ver is vir visvang, waag jy maar ‘n kans in die pad!

Materiaalwinkel Hannetjie 071 533 6267 Winkel 8 Rayton Park Plaza 24


Fungus woon ook op Kleinfontein Proff. Nicolaas A. van der Merwe en Martin P. A. Coetzee, Departement Biochemie, Genetika en Mikrobiologie, Universiteit van Pretoria

Die korrekte funksie van ekosisteme is belangrik vir die voortbestaan van lewe op aarde. Dit is dus essensieel dat wanneer organismes doodgaan, die dooie materiaal op die een of ander manier verwyder word. Fungi is belangrike degradeerders van sulke dooie materiaal in ekosisteme. Inderdaad, sonder fungi en ander degradeerders sou ons vandag kniediep in dooie materiaal regoor die aardbol gestaan het. ‘n Rakswam genaamd Ganoderma is onlangs gewaar op ‘n dooie stomp van ‘n papierbasboom in Kleinfontein. Die fungus moes al ‘n aantal jare op die stomp gegroei het, aangesien die vrugliggame al redelik groot is en nuwe groei om die rante teenwoordig is. Sulke vrugliggame kan vir baie jare oorleef en aanhou groei. Aan die onderkant van die vrugstrukture is porieë waaruit die spore kom. Onder die regte ligtoestande en humiditeit kan mens sien hoe die spore neerreën. Die spore vorm ‘n ligte bruinkleurige mat onder die vrugstruktuur as daar nie wind is nie. Die spore kan ook lyk soos ‘n ligte bruinkleurige rook wat afwaarts beweeg in stede van opwaarts soos regte rook sou beweeg het. Kleinfonteiners kan gerus die stomp besoek en miskien is hulle gelukkig om hierdie rare gebeurtenis te sien. Lede van Ganoderma staan

ook bekend as witvrotfungi. Ganoderma spesies in ons Dit beteken dat hulle die omgewing voorkom, en hoe lignien in hout, wat die bruin hulle rondbeweeg om kleur aan hout verleen, verkolonies te vorm. Die impak teer. Wat oorbly is wit selluvan hierdie spesies op die lose. Mens kry ook bruingesondheid van bome in die vrotfungi wat die teenooromgewing is ook ‘n belangrike gestelde doen – hulle verteer tema van sy navorsing. die sellulose en los die Kleinfonteiners kan gerus slaap met die wete dat die lignien agter. Sulke fungi ekosisteem in en om Kleinfonword in die industrie tein gesond is en dat daar aangewend om verskeie fungusvriende is wat help om produkte van hout te kan dit so te hou. maak. Ganoderma spesies is nie gevaarlik vir mens Swamme – Lea Schulze of dier nie. Inteendeel, party Hierdie interessante swam het begin groei spesies word op ‘n dooie boom in Wag ‘n Bietjie Aftreeoord. selfs in tradisionele Chinese medisyne gebruik. Ongelukkig kan van hierdie spesies onder spesifieke omgewingstoestande oorslaan na plantpatogene. Daar is byvoorbeeld ‘n spesie van Ganoderma op die Universiteit van Pretoria se hoofkampus wat besig is om van die bome wat daar geplant is dood te maak. Prof. Coetzee werk daaraan om te verstaan watter 25


26


Ons kinders presteer in die matriek eindeksamen!

Driaan Beyers van CVO Skool Pretoria is tydens die BCVO Glansgeleentheid op 26 Februarie 2021 aangewys as

een van die Top 5 beste presteerders in Graad 12 binne BCVO tydens die 2020 IEB-eksamen. Hy het die 5de plek behaal. Hy het ook die Wally Grant wisseltrofee verwerf vir beste prestasie in Fisiese Wetenskappe en hy deel die beste prestasie in Engels. Driaan het ook die GHA wisseltrofee verwerf as beste presteerder in Afrikaans Huistaal.

Driaan Beyers het drie onderskeidings behaal: Afrikaans Huistaal, Engels EAT en Lewensoriëntering. Hier wens die skoolhoof, Mnr Marius Coetzer hom geluk. Baie geluk met hierdie mooi prestasie, Driaan. Kleinfontein is trots op jou.

27


GOEIE NUUS!!

KSK Finansiële Koöperatief Beperk is onlangs by die Reserwebank geregistreer as ‘n KOÖPERATIEWE BANK met die naam as:

KSK KOÖPERATIEWE BANK BEPERK KSK Koöperatiewe Bank Beperk bied aan sy lede die volgende rentekoerse op Vaste Deposito’s: Bedrag Vaste termyn 3 maande

R0 – R99,999

R100,000 +

3.77

%

4.31

%

Effektiewe opbrengs 12 maande

3.84

%

4.40

%

3.95

%

4.85

%

Effektiewe opbrengs

4.02

%

4.96

%

24 maande

4.31

%

5.21

%

Effektiewe opbrengs

4.40

%

5.34

%

36 maande

5.03

%

5.38

%

Effektiewe opbrengs

5.15

%

5.51

%

48 maande

5.38

%

5.74

%

Effektiewe opbrengs

5.51

%

5.89

%

60 maande

5.56

%

5.92

%

Effektiewe opbrengs

5.70

%

6.08

%

Die effektiewe opbrengs word verdien indien rente maandeliks gekapitaliseer word

Lenings: Eiendom Persoonlik

Prima + 4% tot 5% Prima + 4% tot 6%

Afhangende van risiko profiel Afhangende van risiko profiel

Alle koerse is gekoppel aan die prima uitleenkoers van ABSA Prima koers tans 7,00%. 28


KLEINFONTEIN SE EIE BANK – KSK KORPORATIEWE BANK Kleinfontein het reeds in 2004 sy eie Spaar en Krediet Koöperasie begin. Dit het gevolg nadat wetgewing aangeneem is wat dit vir gemeenskappe moontlik gemaak het om hulle finansiële instellings tot stand te bring. ‘n Paar versiende Afrikaners het hier ‘n gaping gesien om ook vir ons gemeenskap bank fasiliteite daar te stel. Die gevolg was dat daar Spaar en Krediet Koöperasies in onder andere Orania, Pretoria en Kleinfontein tot stand gekom het. Die name en ander besonderhede oor die beginjare van KSK is deur Tinus Myburgh opgeteken en word vir die nageslag bewaar. Kleinfontein se Spaar en Krediet Koöperasie het deur die jare op volgehoue wyse gegroei. Indien aan sekere vereistes van die Reserwebank voldoen word kan daar selfs na ‘n volgende hoër vlak naamlik ‘n Korporatiewe Bank beweeg word. Hiervol-gens mag die woord “bank” onder andere in die naam van die instelling gebruik word. Kleinfontein het op 14 September 2020 die mylpaal bereik. Vanaf nul rand in 2004 het KSK vandag al oor die R55 miljoen se deposito’s van sy lede ontvang. Verder is ‘n bedrag van R40 miljoen as lenings aan lede beskik-baar gestel. Die grootste deel van die lenings was vir die bou, aankoop en verbete-rings van

wonings op Kleinfontein. Volgens KSK se geouditeerde state groei die bank elke jaar en oorskry die bank se bates sy laste gerieflik. KSK het 629 lede en die getal neem maandeliks toe. Die Bank se personeel bestaan uit die Besturende direkteur Tinus Myburgh, wat al sedert die ontstaan van die bank op een of ander wyse betrokke was, terwyl Leon Viljoen in 2017 as bestuurder by hom aangesluit het. Beide Tinus en Leon was oor ‘n lang tydperk aan ABSA verbonde en is dus goed

vertroud met die vereistes van bankwese in Suid-Afrika. Die administratiewe beampte is Amanda de Jager en die kassier is Marlize Kok. Die dames is ervare mense wat hulle werk op voortreflike wyse verrig. Kleinfontein is voorwaar bevoorreg om die kaliber mense aan die stuur van sake te hê. U word uitgenooi om deel te word van KSK se sukses verhaal en van die bank se dienste gebruik te maak. In die uitgawe is ‘n advertensie van KSK se rentekoerse en dienste.

29


30


Uit Álet se Kleinfontein Kombuis Korslose Spinasie quiche Spinasie, is 'n blaarryke groen groente wat dikwels gebruik word in die Mediterreense kookkuns. Die groente is selfs gekoppel aan ‘n bekende strokiesprent. Wie van ons ken nie die bekende strokiesprent van Popeye die matroos wat ‘n blikkie spinasie met een sluk verorber en dan het hy sommer ekstra krag gehad nie? Interessant genoeg, Popeye het werklik bestaan, maar sy naam was Frank “Rocky” Fiegel, gebore in

1868 in Pole. Hy was ‘n afgetrede matroos wat in Chester, Illinois by Wiebusch se pub, gehelp het om moeilikheid te beperk. Hy was gereeld in een of ander geveg betrokke en het gevolglik ‘n misvormde oog gehad. Vandaar die verwysing Popeye. Hy het graag pyp gerook en gevolglik net met die een deel van sy mond gesprek gevoer. Die skrywer van Popeye, Elzie Crisler Segar, het altyd na sy stories geluister en hom toe later jare vereer met die karakter, Popeye the Sailor Man. Popeye se vrou, Olive was ook werklik, met die naam Dora Paskel, ‘n eienaar van ‘n kruidenierswinkel in

Chester. In die werklike lewe net soos in die strokiesprent, het Popeye of te wel Frank, eienskappe van dapperheid en ridderskap gehad en uitgeleef. Om terug te kom tot die groente, spinasie, die heerlike donkergroen blare is ryk aan natrium, kalium, verskeie vitamienes en yster. Hoe jonger die blare hoe geuriger om veral in ‘n slaai te gebruik. Vir die volgende resep het ek gevriesde spinasie gebruik wat ek ‘n rukkie gelede die groen gedeelte van die stingels afgesny en daarna fyner gesny en gevries het. In sy gevriesde vorm kon ek dit net so in die plastiese sakkie fyner druk en in die volgende gereg gebruik.

Bestanddele: 1 bossie spinasie, afgesny van stingels en gevries 1 middelslagui fyn gekap 200 ml melk 5 eiers geklits

Metode: Voorverhit die oond tot 180º C en smeer/ bespuit met kleefwerende middel ‘n tertbak met ‘n 23cm deursnee. Soteer die gekapte ui in ‘n pan in 10 ml olie. Sodra deurskynend, voeg die gesnipperde spinasie by en kook totdat vloeistof verdamp het.

Klits die eiers en melk, voeg die geurmiddels asook die gerasperde kaas by en meng liggies deur. Voeg die uie en spinasie by en vou dit in die

750 ml grof gerasperde cheddar kaas Sout en grof gemaalde swartpeper na smaak 2,5 ml knoffel en kruie speserye (Ina Paarman Garlic&Herb) Knippie neutmuskaat

eiermengsel tot goed gemeng. Skep dit uit in die voorbereide tertbak en bak in die voorverhitte oond (180ºC) vir 50 minute tot goudbruin en gestol. Laat toe om vir 5 tot 10 minute te staan en bedien saam met ‘n mengelslaai of slaai van u keuse.

** Die quiche kan bietjie meer lyf gegee word as ‘n voller maaltyd deur gebraaide speksnippers, gerookte fyngesnyde hoender of gevlokte tuna by te voeg. ‘n Heerlike ligte maaltyd! 31


32


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.