Maart 2019
Ons kinders... Ons toekoms - Álet Erasmus Hoeveel keer lees ‘n mens nie in artikels van ouers wat skryf: “Ai, ek wens ons kinders kon ook die sorgvrye dae ervaar wat ons as kinders gehad het!”? Kleinfontein is begin deur ‘n groep ouer mense en is die eerste paar jaar ook gekenmerk deur ouer mense wat hul hier kom vestig het. Die pro-
bleem is aangespreek en daar is begin met ‘n finansiële instansie om dit vir jonger mense ook moontlik te maak om hul te kom vestig in Kleinfontein! Waar daar in die beginjare kleinkinders kom kuier het by hul grootouers, is daar deesdae ‘n mooi aantal jongmense met jong kinders wat hulle gevestig het in Kleinfontein. Die droom van 1992 is
stadig maar seker besig om waar te word! Kultuurwaardes word steeds vasgelê met viering van Volkseie herdenkingsdae soos Majuba, Van Riebeeckdag, Krugerdag, asook Christelike vakansiedae soos Goeie Vrydag, Hemelvaartdag en Geloftedag. Selfs tydens die Kleinfontein Opedag het ‘n mooi groep kinders deelgeneem aan die vlaghysing. Aan die kinders wat hierdie uitgawe gaan lees: Jy mag trots wees op jou eie taal, kultuur en Christenskap. Dit het ons as Boere-Afrikaner Volk reeds tot hier gebring waar ons vandag is. Soos Paul Kruger gesê het: “Neem uit die verlede alles wat goed en edel is, en bou daarop jou toekoms.” Wees dus trots op jou eie en leef dit uit sodat dit ook ander sal motiveer!
Missie van Kleinfontein Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ’n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is. 1
Uit die redakteur se pen -Álet Erasmus So betree ons die drie wintermaande, Junie, Julie en Augustus met die oranje vlamme van aalwyne, die goudgeel suurlemoene en die eerste lente uitloopsels aan die einde van die winter! Tesame met humor as deel van ons lewe, draf ons die winter sommer vinnig deur na ‘n ontluikende lente!
gewing, hulle kan perdry of fietsry, in die warmer maande swem in die plaaslike swembad of selfs in die dam! Hulle kan ‘n draai gaan maak by die Sorgsentrum met ‘n blommetjie in die hand, vriendelik groet wanneer inwoners verby hulle ry in ons gemeenskap se strate. Hulle kan deelneem aan kultuuraktiwiteite en volkseie sportgeleenthede.
In hierdie uitgawe gee ons aandag aan ons kinders in die gemeenskap! Ons skoolkinders wat die wind behoorlik van voor kry in vergelyking met toe sommige van ons sorgeloos op skool was in die jare sestigs en sewentigs. Kinders in Kleinfontein het darem nog die voordeel om plaasmelk te kan drink gekoop by boere in die om-
Kleinfontein is ‘n gemeenskap met peuters, kleuters, kinders, jongmense en ouer mense. Nuus vir die Kleinfonteiner berig dus oor alles en nog wat, wat deel is van ons gemeenskap. Alhoewel ons ook adverteerders van buite Kleinfontein het, is daar heelwat adverteerders in eie gele-
dere. Ondersteun hulle gerus en noem dat u reageer op die advertensie in ons kwartaalblad. Baie dankie ook aan ons adverteerders wat die druk van die blad moontlik maak! Met die ter perse gaan van hierdie uitgawe kan u ook weer iets te ete en te drinke geniet by ons splinternuwe restaurant, Die Kleine Boskombuisie in die Uit en Tuis Winkelsentrum!
Baie dankie aan die redaksiespan wat elke kwartaal so hard werk om vir u die leser, ‘n gehalte blad vol lees en kykgenot daar te stel! Baie geluk aan Carine Joubert (wat die bladuitleg doen) wat verloof geraak het aan Nicholaas Miller! Seënwense vir julle toekomsplanne saam! “Lag is die son wat die winter van ‘n mens se gesig verdryf!” -Victor Hugo
REDAKSIESPAN: REDAKTEUR: Álet Erasmus MEDEWERKERS: Marietjie Fourie ADVERTENSIES: Elisabeth Malan (083 486 5040/eamalan@kleinfontein.net) BLADUITLEG: Carine Joubert Foto’s: Álet Erasmus, Marietjie Fourie, Heleen van der Berg Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan alete@kleinfontein.net Advertensietariewe vir 2019 Volblad — R300 1/2 blad — R150 1/4 blad — R80 1/8 blad — R50
Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in volkleur lees by www.issuu.com. Tik Kleinfontein in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg ons ook op Facebook by Kleinfontein se Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-KBK
Ondersteun ons adverteerders en maak melding daarvan dat u hul inligting in die Nuus vir die Kleinfonteiner gekry het.
2
Oordenking: Die vervlakking van die lewe. Lees: Lukas 17: 26-30 Die uitdrukking “Dag van die Seun van die mens,” dui op die tyd van Jesus Christus se wederkoms.
Hierdie verse sê daarom iets oor die aard van die laaste dae, of tyd van die wederkoms. Twee lyne word getrek vanuit die geskiedenis na die toekoms. Die dae van die wederkoms sal ‘n treffende ooreenkoms vertoon met die tyd van Noag en die tyd van Lot. Die tyd van Noag is gekenmerk deur: eet en drink; trou en in die huwelik uitgee. Die tyd van Lot word weer deur eet en drink, koop en verkoop, plant en bou gekenmerk. So sal dit wees, sê Jesus, in die dae van die wederkoms. Mense sal gewoon hulle gang gaan. Niemand sien die katastrofe aankom nie.
Aanvanklik lyk dit asof Jesus met hierdie beskrywing die mense van die laaste dae spaar, want lees mens in Genesis oor die tyd van Noag, hoor mens hoe geweld en brute krag die mense ontneem het van alle veiligheid. En in die tyd van Lot weet ons dat die huwelik totaal vertrap is as instelling van God en dat mense verval het in die sonde van sodomie.
Die vraag is nou, wat is verkeerd met die kenmerke wat Jesus hier uitlig? Eet en drink, koop en verkoop, plant en bou is tog nie sleg nie? Dit was trouens God se wil vir die mens van die begin af! Hierdie is egter die skerpste veroordeling van die mensdom denkbaar. En dan nie oor wat gesê word nie, maar juis oor wat nie gesê word nie. As dit al is waaroor die mens se lewe gaan, het die mens volkome verdierlik, want mens kan die dinge ook van diere sê: eet, drink, paar, en werk. Die vraag is, waar is God in al hierdie dinge?
Jesus sê: Hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop. “Hulle” is die wêreld. Die vraag is of dit nog met ons veel anders is? Hoe baie se lewe lyk nie al net soos die wêreld nie? En dan word daar gesê: Ons het tog niks verkeerd gedoen nie! Die punt is dat ons soveel gehad het om te doen, wat ons nalaat.
Hoe word Hy verheerlik in so ‘n lewe?
Mag God se genade in sy Seun tog betyds ons oë oopmaak vir die vervlakking in ons eie lewe.
Dis daarom ’n tyd van totale vervlakking wat Jesus hier beskryf.
Ds Ben Smit
En nou het die lewe sedertdien so geweldig meer vervlak: Dis nie meer die offeraltaar se rook wat opstyg nie, maar die fabriekskoorsteen se rook; die laboratorium en die winkelsentrum is veel belangriker as die kerk; banke het die hoogste geboue geword in die dorp of stad; en rekenaars het in alles die laaste sê. 3
Ter Nagedagtenis Bettie Wentzel
Giel Pieterse
Sy was 76 jaar oud toe sy op Maandag 1 April heengegaan het. Sy en Floors was opsigters in Dagbreekpark. Floors het ook die vullisverwydering in Kleinfontein begin. Na sy afsterwe het Johan van der Merwe die vullisverwydering van die nedersetting behartig. Bettie het egter met haar Volkswagenbakkie en die hulp van Hannes Atwelll aangegaan om Dagbreekpark se vullis te verwyder en het ook as opsigter aangebly.
Die man van Senekal waar die Vrystaat se vlaktes hom geroep het. Hy kon orrel speel... vroeër, lekker en met lus, en hy was lief vir Cowboy-stories. Ek het altyd gewonder hoe ‘n jongmens was hy, hierdie skraal man van negentig, hier in Wag ‘n Bietjie no 27.
Woensdagoggend 8 Mei op 94-jarige ouderdom het hy stilweg na die hemel gegaan.
Hy het steeds sy humorsin behou. Thereza Myburg vertel hoe hy hulle met jellie en vla en melkskommels bederf het wanneer hulle aan hul pad gewerk het. Sy kwinkslae het hul altyd laat skaterlag. Hy het graag vertel dat hy en Deon van die Minimark broers is... hulle was sewentien kinders (later het hy dit na vyftien verminder) en Deon was die jongste. Deon het hom die
Dit het sy tot in Junie 2018 gedoen. Bettie was ‘n sagte mens met ‘n voorliefde vir blomme en diere. Die eerste protea aan haar boom het sy gebring vir ons kranslegging op Heldedag. Van ‘n klein voëltjie of kuikentjie kon sy die allerliefste troeteldiertjie maak. ‘n Fraai duifie het in ‘n stadium haar kopkussing met haar gedeel. Haar kinders praat van “‘n magdom tere herinneringe”. Voorwaar daar sal vele wees om op ‘n verlangdag uit te haal en weer blink te poets. -Marietjie Fourie
grappie maar laat welgeval. Hy het graag koerant gelees en as hy klaar is, word die koerant in die boom voor sy huis se mik gesit vir Marie oorkant die straat, as sy klaar was het sy die koerant weer aan Attie aan die anderkant besorg. Die laaste jaar van sy lewe het hy in die Sorgsentrum vertoef. Daar kon jy hom op die stoep of elders kry met ‘n glimlaggie en ‘n grappie byderhand. ‘n Sagte dierbare mens sonder opsmuk of drama sê een van die susters. Dankie aan die Sorgsentrum se personeel en inwoners wat sy laaste skof vir hom so ‘n goeie ervaring gemaak het. -Marietjie Fourie
4
-Marietjie Fourie
oopte voor hulle, kan hul elke nuwe dag met groot verwagting tegemoet gaan.
Die tweetjies woon in Troupantlaan. Hul huis is regtig op rots gebou want daar kon vanweë die klippe nie ‘n fondasie gegrawe word nie. Dit lyk na ‘n goeie resep om gelukkig te woon, want aan vrede en geluk ontbreek dit in daardie huisie nie. Miskien het die feit dat Rina na haar borskanker nou gesond is en Theo ook na hartprobleme ‘n tyd gelede, gesond en op die been is, daarmee te doen. Dankbare mense is gelukkige mense en so op die kruin met ‘n heerlike
Theo het sy elektriese en meganiese asook verkoeling opleiding deur die destydse SAS verwerf. In Richardsbaai het hy as tegniese bestuurder by die hawe gewerk. Rina het as aankoper ook by die hawe gewerk. Hulle het later ‘n draai in Margate gemaak maar uiteindelik by Kranspoort vakansieoord gaan woon. Hier het hy privaat sweiswerk gedoen en Rina was die boekhouer en getroue handlanger.
Theo en Rina Kruger
Toe in 2018 het hulle in Kleinfontein kom vestig. Theo was stigterslid van Radio Pretoria. Hulle was ook by die stigting van die AP Kerk betrokke. Hy is ook betrokke by die Afrikaanse internetkoerant, Die Vryburger. Hy is ‘n direkteur by Oranjekas waar sy bestuursvaardighede hom handig te pas kom. Welgemoed en rustig vind Rina haar vreugde in haar huis en tuin. Kan ‘n mens haar dit nie beny nie! Mag julle nog mooi en gelukkige jare hier op Kleinfontein geniet.
5
Skenking aan CVO Skool Kleinfontein Die Vryburger Kinderfonds Die Vryburger is 'n internet koerant (e-koerant) wat van meet af getoon het dat daar 'n geweldige behoefte bestaan, en groei maand na maand in leserstal. Die Vryburger word tans beskou as die grootste Afrikaanse e-koerant wat gratis gelees kan word. Met dit as agtergrond, het die koerant se bestuur die gedagte van die vestiging van 'n Kinderfonds wat daarop ingestel is om die Christelike opvoeding van ons volk se kinders te bevorder, ondersteun. Mettertyd het dit gerealiseer in die besluit om die Fonds aan te wend om CVO-skole wat dit finansieël moeilik het te ondersteun.
In die afgelope vier jaar is daar aan talle skole hulp verleen. Vanjaar was dit moontlik om aan CVO Skool Kleinfontein, een van die skole, finansiële hulp te verleen.
hierdeur geïnspireer word om self ook 'n bydrae te maak, sodat ons die totale bedrag van sowat R60 000 wat jaarliks aangewend word, verder kan verhoog.
Met die taak wil die bestuur voortgaan, in belang van ons volk se kinders, en ter uitbreiding van die Here se Koninkryk op aarde.
Met opregte dank en waardering, Namens Die Vryburger Kinderfonds se Bestuur.
Die Fonds het ook verskeie kere hulp verleen waar individuele gevalle voorgekom het – en hoewel dit nie groot en indrukwekkende bedrae was nie, het dit die trots en waardigheid van daardie hulpbehoewende kinders beskerm. Mag elke leser van Die Vryburger
Bankbesonderhede: Rekening: Oranjekas Spaar en Krediet Ko-op Bank: Standard Bank Tipe rekening: Tjek Rekeningnr.: 27 124 0490 Takkode: 01 05 45 (Silverton) Verwysing: Vryburger Kinderfonds Verwysing: Naam van skenker
CVO Skool Kleinfontein: Ons atlete Leerlinge van CVO Skool Kleinfontein ontvang medaljes tydens die BCVO se SA ATLETIEKBYEENKOMS TE SASOLBURG Agterste ry van links na regs: Dihann von Stade, Phlip Janse van Vuuren (afrigter), Morné Brand. Jacobus Janse van Vuuren (afrigter) Voorste ry van links na regs: Caitlin Brits, Jolene Kilian en Victor Brits. Dihann von Stade het ‘n ook ‘n goue medalje ontvang vir 200 meter naelloop. Leerlinge van CVO Skool Kleinfontein ontvang medaljes tydens die STREEKSATLETIEKBYEENKOMS TE NYLSTROOM. Agterste ry van links na regs: Dihann von Stade, Morné Brand, Victor Brits en Jolene Kilian Middelste ry van links na regs: Elrico Bothma, Caitlin Brits, en Zane Kilian Voorste ry: Lea Brits
6
So gee ons terug: Boomplantdag by CVO Skool Kleinfontein. Om so groot te word tussen die blomme en die diere leer ons kinders om om te gee oor die natuur rondom hulle. Hier gee hulle ook terug aan die natuur wat so ’n groot invloed op hulle lewe het, deur ’n boom te plant. Een van die skool se senior leerlinge, Victor Brits grawe die gat waar die boom geplant moet word, terwyl die ander leerlinge belangstellend toekyk.
7
BESONDERE GEBEURTENIS BY BEGRAAFPLAAS. - Ben van den Berg Op 9 Februarie 2019 het wyle Jaap en Sannie Nel se kinders, Ina en Deleen, Jan en Kornelius en kleinkinders by hulle ouers se graf opgedaag om die graf te kom herstel. Wyle oom Jaap was die eerste bou-inspekteur van Kleinfontein. Hy het ook lank al die werk wat nou deur die werkedepartement gedoen word, behartig. Daar was niks wat oom Jaap nie kon doen nie. Hy was daagliks met een werker, Rooies en een toesighouer, sy getroue hond Buks, in sy bakkie te sien. Buks het voor langs hom gesit en Rooies moes tevrede wees
om agter op die bakkie te ry. Buks het sy plek onder geen omstandighede afgestaan nie.
Na afloop van hul werk by die graf, het die familie by die grasdak rondawel piekniek gehou.
Oom Jaap en Tannie Sannie se kinders en kleinkinders
Wag ‘n Bietjie Herfsete -Marietjie Fourie Woensdag 10 April Wag ‘n Bietjie se jaarlikse herfsete het onder ‘n heerlike boom in Wag ‘n Bietjie plaasgevind. Die spyskaart was hierdie keer iets nuuts.
Ons het by die Minimark van Katinka se vetkoekies met hoender-mayonaise- of maalvleis-vulsel bestel.
Daarby het ons aartappel- en driebone-slaai geniet. Poeding was gebakte sagopoeding warm uit die oond met vla. Dit was ‘n maklike bekostigbare lekker ete. Ons kan dit vir die ander wyke aanbeveel. Elkeen bring sy eie eetgerei en drinkgoedjie. Groot wêreldvraagstukke is
nou nie die oggend opgelos nie. Om die waarheid te sê is daar net lekker gekuier. Maar dit is immers die sleutel tot goeie verhoudinge, dat ons mekaar beter leer ken en waardeer en geniet. Dankie vir elkeen wat daar was en bygedra het tot ‘n mooi oggend met mooi herinneringe.
8
- Ds. Lood v.d.Merwe
REËNVALVERSLAG
2012
2013
2014
2015
2016
2017
2018
2019
Jan.
90
78
95
105
150
130
93
196
Feb.
31
51
141
25
34
112
96
163
Mrt.
70
50
276
89
142
15
249
22
Apr.
100
96
10
58
18
107
50
82
Mei
0
28
0
0
70
29
24
4
Jun.
0
0
2
0
20
0
0
Jul.
0
0
0
6
4
0
0
Aug.
0
4
2
0
2
0
0
Sep.
118
11
1
78
2
16
20
Okt.
138
146
65
16
100
59
80
Nov.
112
128
139
87
293
80
86
Des.
208
156
256
94
107
115
110
867
748
987
565
942
663
808
TOT.
9
Republiekdag, 31 Mei Die vroeëre fanfare en opwinding van Republiekdag is verby. Slegs ‘n klein kerngroepie koester nog die dag in herinnering. Dit maak 31 Mei egter nie ’n mindere dag in ons volk se geskiedenis nie.
hartseerdag van die Vrede van Vereeniging toe die ZAR en die Vrystaat hul vryheid verloor.
31 Mei 1899 was die dag waarop pres. Kruger ‘n tevergeefse gesprek met Milner gevoer het om die Engelse oorlog af te weer. Milner was nie geïnteresseerd in ‘n skikking nie en het op elke toegewing wat pres. Kruger gemaak het ‘n verdere eis gestel. Totdat pres. Kruger uitgeroep het: “U soek nie werklik ‘n skikking nie maar Engeland wil my land hê!”
31 Mei 1928 kry Suid-Afrika sy eie vlag.
31 Mei 1902 was die
31 Mei 1910 lui die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in.
31 Mei 1961 word Suid-Afrika ‘n Republiek met ‘n eie president.
-Marietjie Fourie
Dit is die boodskap van 2019 se Republiekdagviering op Kleinfontein. Wie onthou nog? Uit die argiewe: Op 31 Mei 1961 het al die skoolkinders ‘n vlaggie en medalje gekry vir Republiekdag. Wie van u het so 'n medalje ontvang wat nog in u of u familie se besit is?
Deur al hierdie volksmomente loop die gouedraad van geloof in die Drie Enige God van die Bybel. Hy was daar vir ons, Hy is daar vir ons. Hy sal daar wees vir ons. Tot op die laaste dag!
10
Paasfees in die Sorgsentrum -Marietjie Fourie
Almal kon saam vier Elke kerk en Christelike geloofsgemeenskap vier Paasfees op sy eie manier. In die Sorgsentrum, waar meeste inwoners nie meer by ‘n kerk kan kom nie, word dit danksy die toegewydheid van die Susters ook gevier. Betsie Steyn, ’n Vreugde oor die inwoner van Wag Paasdiens ‘n Bietjie, is genader. Sy het op ‘n Paassangdiens besluit met gepasde Skrifgedeeltes afgewissel met gepasde liedere. Sy het Dennis Stander van Kwartelsingel met sy klawerbord genader. Ook die inwoners van Wag ‘n Bietjie is opgevorder.
Saterdagmiddag 20 April om halfvier was almal wat kon kom, daar. Wat ‘n kleinood was die middag nie! Dennis het die gawe om so te begelei dat selfs die oudste stem kon saam neurie. Soos
Betsie Steyn
Dink aan tye wat was
Ria du Toit wat so mooi kan sing meeste van ons oues kleintyd om ‘n traporreltjie of
steeds nuut en kosbaar! Elke inwoner, die wat teenwoordig was en die wat slegs kon luister kon daarin deel. Ria du Toit se afsluiting met ‘Die Onse Vader’ was so gepas en mooi.
Paasfees vir ons almal Dennis Stander wat op klawerbord begelei het (sien links) klavier saam uit die halleluja gesing het, het dit weer opgeklink, die ou ou tyding,
Dankie Betsie vir jou moeite en mooi voorlesing. Dankie Dennis vir jou begeleiding en dankie Ria vir jou sang en dankie aan die Sorgsentrum personeel. 11
12
KLEINFONTEIN SE BEGRAAFPLAAS: DIE GESKIEDENIS VAN DIE GRAFTE EN GEDENKTUIN. - Heleen van den Berg. Hennie Dercksen het die plek aangewys waar die begraafplaas moet kom en op die Direksievergadering van 9 Oktober 1997, is daar berig dat toetsgate gegrawe is en die grond geskik bevind is vir grafte. Daar is ook besluit dat dit ‘n Berm-tipe begraafplaas sal wees met ‘n maksimum van twee persone per graf, dat geen grafpersele vooruit vêrkoop word nie en slegs aandeelhouers en hulle gesinslede hier begrawe mag word.
Darren van Staden Frik Stolz het gesorg dat al die toerusting en begrafnisboek beskikbaar is voordat die begraafplaas in Desember 1999 amptelik in gebruik geneem is.
Op 13 Junie 2006 het die begraafplaaskomitee besluit dat die suidwestelike hoek as gedenktuin vir verassingsnisse gereserveer moet word. Die eerste persoon wie se as daar gebêre is, was die eerste matrone van die Kleinfontein Sorgsentrum, suster Sally van Tonder se Moeder, Marguerite de Wet. Daar is met verloop van tyd
besluit om ‘n aantal nisse vooruit gereed te kry wat sal aansluit by die voriges. Vroeër was die hele terrein deur lede van die begraafplaaskomitee vrywillig geskoffel en so netjies as moontlik gehou. Die komiteelede het intussen ouer geword en is dit nie meer haalbaar om op dié wyse voort te gaan nie. Die bestuur van Kleinfontein het toe vir Darren van Staden van die werkedepartement beskikbaar gestel om een dag ‘n week by die begraafplaas te werk en die terrein netjies te hou.
Die bou van die nuwe nisse is behartig deur ‘n bekwame man wat meesterlik met klip, sement en troffel kan werk. Hy is Mike Grobler, wat hom werklik goed van sy taak gekwyt het.
bietjie sement vasgesit en weer maklik losgemaak word. Op die skuins terrein is keerwalle gemaak om water weg te ly dat dit nie oor die nisse spoel nie.
Sementbakke Die begraafplaaskomitee het op 13 Junie 2006 ook ‘n besluit geneem dat slegs inheemse bome reg rondom die grens van die begraafplaas geplant moet word.
Die nuwe nisse is voorberei met ‘n sementbak wat in die grond geplaas is.
Die nuwe nisse
Mike Grobler Die granietsteen van 350x350 mm pas presies op die bak en kan maklik met
Kleinfontein se begraafplaas en Diamond Hill Oorlogbegraafplaas lê langs mekaar en in laasgenoemde is ook gesneuweldes uit Australië en Nieu-Seeland.
13
14
Kom Kuier en eet by Die Kleine Boskombuisie -Álet Erasmus Op Saterdag 1 Junie het René Thomson die deure van Die Kleine Boskombuisie hier in Kleinfontein geopen. Vroegoggend was daar ‘n familie wat kom ontbyt eet het, gevolg deur die Stoepsitters Brigade wat gewoonlik op ‘n Vrydagmiddag kuier oor ‘n koppie koffie, ‘n glas yskoue koeldrank of ‘n melkskommel.
Tussendeur het nog gaste kom aansit op die sonnige Saterdagoggend. Die atmosfeer in die restau-
rant is gesellig met ‘n kleine sitkamertjie vir die wat wag vir hulle wegneemete. Daar is ‘n ontbyt en ligte ete spyskaart asook iets vir die soettand en heerlike koffie asook melkskommels! Ondersteun gerus en nooi jou familie en vriende vir ‘n saamkuier in jou eie gemeenskap!
15
16
Lekker verrassing! - Marietjie Fourie So ‘n klein entjie buite ons poort, so effens weggesteek tussen die bome in ‘n klein winkeltjie, “Pampoene en Lemoene” pryk sy naam so ewe kordaat by die deur. Nou ja, van so ‘n plekkie het ‘n mens nou nie groot verwagtings nie. Maar toe ek binne kom sien ek die vrugte en groente netjies in vakkies en rakkies uitgestal. Die yskaste vol bros blaarslaai, komkommers, tamaties, boontjies, sopgroentepakkies, geskilde groentepakkies en les bes netjiese houertjies met aartappel, noodel- en beetslaai. Ek kon my hele week se voorraad daar aanvul. Die pryse is ook goed
vergelykbaar met die groter winkels. Lindie was voorheen in Kleinfontein se winkelsentrum met haar groentewinkel, maar met die koms van die nuwe baba moes sy dit staak. Gaan maak gerus daar ‘n draai.
Vriendelike Lindie op haar pos
Dinsdae gesluit
17
18
Van Riebeeckdag Van Riebeeckdag, 6 April 1652, het ‘n vergete dag in Suid-Afrika geword. Tog sê die Bybel wéét waar jy vandaan kom en waarheen jy op pad is. Jes. 51 vers 1: “Aanskou die rots waaruit jy gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.”
mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.” Van Riebeeck noop ons hiermee om nie te vergeet
nie, maar om ons geloof te alle tye brandend te hou. Dankie aan die kultuurkomitee wat die byeenkoms in samewerking met die CVO Skool gereël het.
Ons wortels is Christelik en vandag na 367 jaar staan dit nog vas en is dit waarop ons ons hoop vir die toekoms vestig. Gelofte van Jan van Riebeeck: “Sodat daarby die weldade van die HERE wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet
19
20
Lyndans op dreef! Die lyndans is op dreef soos Lena Stroebel beloof het. Dinsdae, Woensdae en Donderdae tussen tien en elf sal jy hulle in die Gemeenskapsaal kry. Die vrolike groepie wat trippel en draai en swaai op die maat van musiek. Ewe prettig en met oorgawe en baie grappies! Kom loer in en doen mee!
Lyndansers Foto geneem deur Annetjie Coetzee
21
Leserskring -Marietjie Fourie Leserskring 27 Maart Die uurwerk kantel, Marié Heese, bekendgestel deur Silja van der Merwe.
Die uurwerk kantel is ’n roman van herinneringe: Die hoog bejaarde Maria du Preez, gebore Celliers, kyk terug na al die dinge wat met haar gebeur het. Herinneringsgrepe uit haar lewe vertel ’n gesinsverhaal wat oor vier geslagte strek. Marié Heese se karakters leef. Dit is die lotgevalle van mense waarmee die leser hom volkome kan vereenselwig. En waar daar raakpunt met die hoofmomente in die SuidAfrikaanse geskiedenis aangesny word – die Tweede Vryheidsoorlog, die griepepidemie van 1918, die
twee wêreldoorloë, die skree: “Hou op! Hou op! Dis politieke stryd rondom ’48 – Hansie!” Die vrou agter die word dit met kundigheid en tafel skrik en sny haar hand insig gedoen. Dit is selde dat amper met die mes raak. Die ’n mens ’n roman kleur stoot in haar wange op opneem en weet: hier is en sak dan weg sodat die ’n werk, lewenswaar en sproete op haar gesig nog eg, groots van opset, bruiner lyk. “Kind, maar jy laat maar tog onpretensieus, ’n mens skrik! Dis maar net… met ’n eenvoud wat dit ek maak maar net gestoofde ’n genotvolle hoender vir vanaand. leeservaring maak Dominees Van Heerden kom Aldus Protea hier eet.” Sy vryf Boekhandel senuweeagtig oor die Die eerste kantel van gestyfde voorskoot wat haar die uurwerk: lang rok beskerm. Nou lê daar Raai dit is die eerste twee smeersels bloed oor die ding wat ek duidelik kan skoon wit. Maria bars in trane onthou hoe ek uitasem uit. “Maar Hansie was myne! oor die werf gehardloop Myne! Hoekom het julle hom het van die wingerd af doodgemaak?” Sy ruk die my gesig natgesweet kappie van haar kop af asof onder die sy dit wil stukkend skeur. “Jou breërandkappie, en toe pa het gesê, slag die grootste die bedremmelde hopie hoenderhaan. Hansie was die swart vere op ou Daniël grootste. Genade, kind, daar se slagtafel sien lê. Sy steek is mos kort-kort ’n broeis ’n oomblik vas. Dan storm sy hoender op die erf. Maak vir verwoed in die rigting van die jou ’n ander kuiken groot.” kombuis en stamp die “Ek wil nie ’n ander ene hê nie,” huil Maria. “Hansie was onderdeur oop dat hy klap my vriend.” teen die muur. Agter die witgeskropte kombuistafel Die Salon staan Trui, besig om die Haarsalon nou oop in Kleinfontein! glibberige Langs die kitsbank, Uit&Tuis Sentrum vleis met Sny, kleur, blaas en meer! haar sterk, Mans R50 p sny besproete hande aan Dames R100 p sny stukke te sny. Kraak! breek Kinders R50 p sny Zelda: 082 5641866 sy ’n boud los. Maria 22
Leserskring Woensdag 24 April
vaartbelyn wees. Wat sê jy en wat los jy uit? Hoe werk jy met moraliteit? Waar trek jy die streep? Die uurtjie het omgevlieg! Lees self die boek en kyk in hoeverre die skryfster daarin geslaag het om al die drade bymekaar te hou. Leserskring 29 Mei 2019
Die boek Lost in Chance deur Lize Jacobs geskryf en aan ons bekendgestel. Dit is ‘n eboek en in Engels geskryf maar is ook in drukvorm beskikbaar. Marie Venter het die skryfster na Leserskring gebring. Lize Jacobs het ‘n passie vir skryf en werk terselfdertyd as ‘n vryskut videomaker. Dit was ‘n nuwe ervaring om met iemand wat so ‘n passie vir skryf het te kon gesels. Wat ‘n sprankelende mens is sy nie!
leeus “omdat hyself ‘n gelukkige kindertyd gehad het” spreek dit boekdele vir die milieu waarin sy en die leeutjie opgegroei het. Die werfdiere, ape, bobbejane, olifante, buffels – almal – word deur ‘n bril van begrip en omgee raakgesien en bejeën. ‘n Boek wat gelees moet word as jy in goeie geselskap wil verkeer. Baie dankie aan Marie Venter wat die boek aan Leserskring bekendgestel het.
All things wild and beautiful van Kobie Krüger Die skryfster vertel van haar jare se verblyf in die Kruger-wildtuin waar haar man wildbewaarder was. Die boek het ‘n warm gemaklike verteltrant en is baie insiggewend. Die Krüger gesin was natuur- en diereliefhebbers in murg en been. Boonop mense met hope integriteit en humor. Regtig ‘n gesin waarin ‘n mens self sou wou grootword. As die dogter mymer dat die hansleeutjie, wat as sterwende dae oue welpie op ‘n rotslys gevind was, goed sal aanpas by die ander
Vrae was volop. Hoe kom jy op ‘n storie? Hoe ontwikkel jy jou karakters en hoe hou jy hulle by die realiteite van die lewe, terwyl jy op ‘n verbeeldingsvlug is? Jou storie moet tog lewensgetrou wees en die leser moet tog met die storie identifiseer. Die storie moet vir vandag se leser sonder tierlantyntjies en 23
Veiligheidsdag Saterdag 18 Mei -Marietjie Fourie
Die vlag is deur die sekuriteitswagte gehys, en die skoolkinders het gesing.
Regs: Die inligtingsessie van 9- tot 10-uur is goed bygewoon.
Die voertuigkapingsdemonstrasie het spanningsvol verloop en die polisiehonde het vir nog opwinding gesorg
Die hommeltuigie swiep soos ’n naaldekokertjie rond.
Martin Jansen en Jannie Groenewald
24
Beamptes slaag met lof die moniteringskursus
Regs: Riëtte Roets (dosent), Tony van Rooyen, Clinton Cremer, Wikus Cremer en Charel van Heerden (Foto deur Marietjie Nell) Onder: KA Bestuurder met sekuriteitspan en voertuie.
Alle eer aan die span wat met harde werk gesorg het dat die dag lekker en glad verloop het... Dankie! Regs: Paul McMenamin, Chris Coetzer, Betsie Steyn, Ben Kieser, Marietjie Nell en Wickus Cremer (agter)
Dankie ook aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer en hard gewerk het om die dag ‘n sukses te maak.
Die lekkerste eetgoed was daar: Gemeenskapkomitee se pannekoek, Museumkomitee bedien tee en koffie, Jaco van den Berg se beskuit, AP Kerk se basaarpoeding, CVO Skool
maak kerrie-en-rys en die Sorgsentrum se boepensbroodjies. 25
Veiligheidsdag, Saterdag 18 Mei Vervolg
Ronelle Berrington, Eddie Bekker en Marizaan van den Berg het gesing
Die Kleinfonteinorkes was daar.
Horst van Hutten-boekediens was op sy pos
Chris Coetzer het gesing en “huil mooi” en “vrolike” oomblikke opgetower vir die gehoor.
Dankie aan die volgende fotograwe wat by die Veiligheidsdag betrokke was: Marietjie Fourie, Annetjie Coetzee, Kevin Mcgeean en Carel Breytenbach. 26
Ontmoet ons nuwe Bou-inspekteur -Marietjie Fourie Peet en Elouie du Preez woon in Patryssingel 81. Hulle is alreeds vier en ’n half jaar in Kleinfontein en is lede van die AP Kerk. Hulle het van Kleinfontein gehoor en toe hulle kom kyk, het Kleinfontein hulle dadelik geval. Hulle het ‘n erf gekoop en later die huis waarin hulle nou bly.
Hy gee graag die volgende inligting deur: Elke voornemende bouer moet hom/haar vergewis van die volgende riglyne soos deur die bou-inspekteur verskaf. Alle bouwerk op Kleinfontein is onderhewig aan die Nasionale regulasies asook sekere vereistes soos deur KA (Edms) Bpk gestel. 1. Aansoek om bouwerk te onderneem, moet in die naam van die lid/eienaar gedoen word. 2. Na finale goedkeuring van planne, kan u ‘n afskrif van die goedgekeurde plan by die kantoor afhaal. 3. U mag nie begin bou voor ontvangs van skriftelike goedkeuring nie. 4. Die voornemende bouer moet by KA (Edms) Bpk geregistreer wees.
5. Minimum verpligte inspeksie tydens bouproses A. Eerste verpligte inspeksie: Oop fondasie met staalwerk indien vereis. B. Voor die giet van vloerbeton. C. Voltooiing van die dak. D. Oop riool inspeksie E. Okkupasie sertifikaat en elektriese sertifikaat moet uitgereik word alvorens die nuwe gebou in gebruik geneem word. LET WEL: Planne moet ingedien word vir enige permanente strukture/ aanbouings en tuinmure. Vir verdere inligting kan u die Bou-inspekteur kontak. Peet du Preez: 072 671 5800. E-pos: peterandelouie@gmail.com
Dis nie vreemd dat Peet Kleinfontein se plaaslewe gekies het nie, hy is ‘n natuurliefhebber en geniet die buitelewe. Hy doen ook graag houtwerk. Hy het aan die Technikon in Springs gematrikuleer, waar hy ook later sy Tegniese vakopleiding gekry het. Sy prakties het hy by Federated Timber in Springs se bouafdeling gedoen. Hy het reeds veertig jaar se werkservaring in die boubedryf agter die rug. Hy wil graag deel wees van Kleinfontein se vooruitgang en uitbreiding. 27
Koot Burger: 012 734 4633 / 083 672 3752 No. 17, h/v Prinsloo– en Jennerstraat 28
Museumnuus Kleinfonteiners wat gedurende die afgelope week deur die hoofhek beweeg het, sou die boubedrywighede by die Volksmuseum opgemerk het. Die deel van die konstruksie waaraan nou gewerk word, is ʼn dak van gewapende beton wat oor ʼn gedeelte van die grondvloer strek. Die gebou sal twee vlakke bevat. Dit is so ontwerp dat besoekers vanaf die grondvlak ʼn beperkte uitsig op die tweede vlak sal hê. Trappe en ʼn klein hysbak sal toegang na die boonste vlak verleen. Aangesien boukoste vinniger styg as die waarde van rente op geld wat in die bank lê, is die Museumkomitee se beleid om telkens ʼn volgende fase van die bouwerk te onderneem sodra genoeg fondse daarvoor beskikbaar is. Geen rentedraende lenings word vir die oprigting van die gebou aangegaan nie. Donateurs is dus verseker dat elke sent van hul bydraes direk vir konstruksie aangewend word en nie vrugteloos bestee word om lenings te diens nie. Die gewapende betonblad wat nou gegiet word, is ʼn baie duur konstruksie wat bykans al die fondse wat tans beskikbaar is, opslurp. KA het die perseel vir die sentrum kosteloos beskikbaar gestel. Die Museumkomitee is verantwoordelik om die fondse vir die oprigting van die gebou te vind. Geen fondse van KA word daarvoor gegee
nie. Die Museumkomitee vind die fondse deur skenkings te werf en op markdae en ander geleenthede boepensbroodjies, sop en ander items te verkoop. Omdat die tempo waarteen geld op die maniere verkry word, onvoorspelbaar is, kan ʼn voltooiingsdatum vir die gebou nie aangedui word nie, maar die projek moet nie onnodig sloer nie. Erflatings wat ontvang word, sal belê en die rente-opbrengs aangewend word om die Museum finansieel selfstandig te maak, toekomstige uitbreidings te befonds en toepas-
like items wat in vreemde hande is, terug te koop. Hierdie Sentrum met die museum, biblioteek en argief beloof om nie net ʼn groot bate en ʼn uitstalvenster vir die Boere-Afrikanervolk in die breë te wees nie, maar ook ʼn sieraad vir Kleinfontein. Hulp om dit te bou, met kosbaarhede te vul, uit te brei, die terrein te verfraai en dies meer, is ʼn lekker en uitdagende projek waartoe elke volksgenoot en kultuurorganisasies wat graag iets tasbaars vir ons volk wil nalaat, kan bydra.
Links is Peet du Preez, Bou-inspekteur; regs, De Wet Cilliers, Boubestuurder. (Foto deur Dannie de Beer)
Bankbesonderhede vir bydraes: Rekeningnaam: KSK Finansiële Koöperatief Beperk Bank: Absa Bank, Bronkhorstspruit (takkode 632-005) Spaarrekeningnommer: 406 009 2627 NB: Verwysing: 168G (Besighede wat bydraes gee se name sal op ‘n permanente plaket erken word. Bydraes kan dus in belastingopgawes as advertensiekoste aangetoon word). Skakel enige van die volgende om betrokke te raak: Andries Breytenbach: 082 322 6590; Ds. Lood vd Merwe: 012 802 1580; Louisa Jooste: 083 399 9227. 29
30
Uit Álet se Kleinfontein Kombuis MACARONI EN KAAS MET ‘N KINKEL
Bestanddele: Sous bestanddele: 250ml room 1 x 250g ontbytspek stukkies
750ml melk
1 middelslag ui fyn gekap
4 ekstra groot eiers
1 x 250g skroefnoedels
1 pakkie wit uiesop-poeier
500ml gerasperde cheddarkaas
125ml gerasperde kaas
sout en peper na smaak
5ml mostertpoeier Knippie rooipeper 5ml sout (opsioneel) Garnering: gedroogde pietersielie en ‘n bietjie paprika
Metode: Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer of bespuit ‘n oondvaste bak (5-liter inhoudsmaat).
Bak vir 45 minute tot gaar en mooi bruin gebak.
Braai die spekstukkies asook die gekapte ui saam tot bruin, maar nie droog nie.
‘n Heerlike gereg, vullend en geurig!
Bedien met ‘n mengelslaai en ‘n skeppie blatjang.
*Die skroefnoedels kan vervang word met gekleurde skroefnoedels of macaroni.
Roer dit by die gaar gedreineerde skroefnoedels asook 2 koppies gerasperde cheddarkaas.
Skep in diep oondbak. Klits saam in groot beker: 250ml houer room, 750ml melk, 4 eiers, asook geurmiddels. Meng 1 pakkie wit uie soppoeier by tot glad en sonder klonte. Roer by skroefnoedel mengsel en strooi nog kaas bo-oor. Garneer met gedroogde pietersielie en ‘n strooisel paprika. 31
32