Besigheidstudies graad 11

Page 12

Hoofstuk 1

Besigheidstudies Graad 11

PTY LTD

Oefening 1.1: Spanwerk wat produktiwiteit belemmer Daar kan gesê word dat spanne met tye onproduktief is. Kyk hoeveel aspekte jy kan identifiseer wat produktiwiteit belemmer. Kan dit meer omslagtig en duurder as individuele werk wees?

3. Spanrolle In Graad 10 het jy van die mees algemene spanrolle geleer: Leier, Versorger, Doener en Denker (of enige ander soortgelyke klassifikasie). Hierdie is die basiese spanrolle. In werklikheid is die meeste spanne meer kompleks en baie van die probleme wat in spanne voorkom, kan vermy word as rolle duidelik gedefinieer en korrek toegewys word. Om hierdie rede gaan ons nou in meer besonderhede na roltoewysing kyk. Aspekte wat oorweeg moet word wanneer rolle toegewys word, sluit die volgende in: ○ D ie doel van die span: Wat hoop die span om te bereik? As dit ’n komplekse doelwit is, moet dit ook in subdoelwitte ingedeel word. ○ D ie grootte van die span: Lede van ’n besondere klein span sal dubbelrolle (meer as een rol) moet vervul, waar ʼn groot span verskeie lede sal hê wat soortgelyke rolle sal vervul. ○ D ie verwagte lewensduur van die span: Sommige spanne funksioneer net vir ’n beperkte tydsduur, bv. ’n sportspan vir ’n seisoen; ander sal langtermyn wees, bv. die werkers in ’n fabriek. ○ D ie sterk- en swakpunte van elke lid: Te veel soortgelyke sterkpunte kan tot konflik lei en swakpunte waarvoor daar nie voorsiening gemaak word in die span nie, kan tot ernstige probleme lei, bv. as geen groepslid rekenaarvaardig is nie en die taak internetnavorsing benodig. Een van die grootste faktore hier is ook die beskikbaarheid van ’n leier. As nie een van die spanlede leierskapeienskappe het nie, sal die span waarskynlik groot probleme hê om te funksioneer. ○ B eskikbare bronne: Bronne soos finansiering en toerusting kan in sommige gevalle vergoed vir die probleme wat hierbo genoem word, bv. as voldoende fondse beskikbaar is, kan iemand anders gehuur word om die rekenaarwerk te doen. ○ R ekenskap: Dit is belangrik dat daar rekenskap gegee word van elke taak wat die groep aanpak. Selfs as die hele groep betrokke is, moet een persoon die verantwoordelikheid neem om die koördinering te doen. Ondervinding kan die beslissende faktor wees oor wie hierdie taak kry/ontvang.

4

© 2020 Excom Publishers


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.