
6 minute read
Spanrolle
from Besigheidstudies graad 11
by Impaq
Daar kan gesê word dat spanne met tye onproduktief is. Kyk hoeveel aspekte jy kan identifiseer wat produktiwiteit belemmer. Kan dit meer omslagtig en duurder as individuele werk wees?
3.Spanrolle
In Graad 10 het jy van die mees algemene spanrolle geleer: Leier, Versorger, Doener en Denker (of enige ander soortgelyke klassifikasie). Hierdie is die basiese spanrolle. In werklikheid is die meeste spanne meer kompleks en baie van die probleme wat in spanne voorkom, kan vermy word as rolle duidelik gedefinieer en korrek toegewys word. Om hierdie rede gaan ons nou in meer besonderhede na roltoewysing kyk.
Aspekte wat oorweeg moet word wanneer rolle toegewys word, sluit die volgende in:
○ Die doel van die span:
Wat hoop die span om te bereik? As dit ’n komplekse doelwit is, moet dit ook in subdoelwitte ingedeel word. ○ Die grootte van die span: Lede van ’n besondere klein span sal dubbelrolle (meer as een rol) moet vervul, waar ʼn groot span verskeie lede sal hê wat soortgelyke rolle sal vervul. ○ Die verwagte lewensduur van die span:
Sommige spanne funksioneer net vir ’n beperkte tydsduur, bv. ’n sportspan vir ’n seisoen; ander sal langtermyn wees, bv. die werkers in ’n fabriek. ○ Die sterk- en swakpunte van elke lid: Te veel soortgelyke sterkpunte kan tot konflik lei en swakpunte waarvoor daar nie voorsiening gemaak word in die span nie, kan tot ernstige probleme lei, bv. as geen groepslid rekenaarvaardig is nie en die taak internetnavorsing benodig. Een van die grootste faktore hier is ook die beskikbaarheid van ’n leier. As nie een van die spanlede leierskapeienskappe het nie, sal die span waarskynlik groot probleme hê om te funksioneer. ○ Beskikbare bronne: Bronne soos finansiering en toerusting kan in sommige gevalle vergoed vir die probleme wat hierbo genoem word, bv. as voldoende fondse beskikbaar is, kan iemand anders gehuur word om die rekenaarwerk te doen.
○ Rekenskap:
Dit is belangrik dat daar rekenskap gegee word van elke taak wat die groep aanpak. Selfs as die hele groep betrokke is, moet een persoon die verantwoordelikheid neem om die koördinering te doen. Ondervinding kan die beslissende faktor wees oor wie hierdie taak kry/ontvang.
Oefening 1.2: Spanrolle
Die volgende is ’n lys van generiese spanrolle, wat nie op ’n spesifieke teorie gebaseer is nie. In klein groepies, lees die definisies van elke spanrol in Tabel 1 (ignoreer op hierdie stadium die twee laaste kolomme). Vind ’n sinoniem vir elke rol en skryf dit onder die naam van die rol in kolom 1.
Tabel 1: Spanrolle
Rol
Inisieerder Dis die persoon wat almal aan die gang kry, wat die instruksies hardop voorlees en die stemming vir ’n leier organiseer. Ondersoeker Dis die persoon wat sal aanbied om die navorsing te doen, kontakte te kry en sal opvolg, soos byvoorbeeld om moontlike hulpbronne op te spoor. Administrateur Dis die persoon wat die papierwerk sal doen, wat rekord van bywoning van vergaderings sal hou, die agendas en die notules sal doen en ook die finale aanbiedings sal tik. Motiveerder Die persoon is die sorgsame “mens-mens”, wat die ander lede sal aanmoedig as dinge nie volgens plan verloop nie, sal seker maak almal is gelukkig en betrokke, en dat almal ’n geleentheid het om ’n bydrae te lewer. Die motiveerder sal raaksien wanneer iemand onttrek of wanneer gevoelens seergemaak is en sal dinge probeer regmaak. Koördineerder Dis die persoon wat sal seker maak dat bronne toegeken word en dat dit behoorlik gebruik word, dat al die stukke bymekaar kom, veral met tydskwessies (d.i. sperdatums wat nagekom word). Byvoorbeeld, dat navorsing betyds gereed sal wees en dat die administrasie gereeld gedoen word, ens. Aktiveerder Tussen al hierdie “glansrolleglansrolle” wat baie aandag trek in die groep, moet die werk ook gedoen word! Die meeste spanlede sal betrokke raak en aktief deelneem aan die uitvoering van die pligte. Maar iemand moet soms die leiding neem en die proses aktiveer/aan die gang kry. Selfevaluering Spanevaluering
Leier Met die eerste oogopslag lyk dit asof baie van die bestuursfunksies reeds deur ander rolle gedek word. Maar ware leierskap is meer as net ’n individuele rol. Alhoewel die leierskaprol al die ander aktiwiteite tot ’n hoër vlak neem, is sy primêre fokus om die besluitneming en krisisbestuur te hanteer. Verder moet die leier ook die vermoë hê om probleme op te los asook die hele proses te bestuur. Dit is hoekom dit moontlik is om bestuursfunksies soos beplanning en koördinering aan iemand anders in die groep te oorhandig/te delegeer. In sommige gevalle, veral waar die situasie onbestendig en problematies is, is dit noodsaaklik vir die leier om ’n ogie oor die groter prentjie te hou; eerder as om net te fokus op die kleiner detail (holisitese benadering).
Oefening 1.3: Toepassing van Spanrolle
Deel A: Individueel
Deel B: Pare
Deel C: Groep
Verwys terug na Tabel 1 (Spanrolle) en doen die volgende:
Deel A: Individueel
○ Kies een geleentheid waar jy in ’n span saam met iemand in die klas gewerk het (bv. sport, klasprojek, matriekafskeidskomitee, prefek). ○ Evalueer die rolle wat jy in daardie span vervul het, in volgorde van prioriteit (1 = Primêre rol (hoofrol); 2 = Sekondêr (Ander rolle wat jy gespeel het – per toeval of uit eie keuse, ens).
Deel B: Pare
○ Kry nog ’n spanlid wat jou rol in bogenoemde groep gaan evalueer – hulle het moontlik ’n heel ander perspektief as wat jy oor jou rol het. ○ Bespreek en verseker dat elkeen hul mening kan motiveer. ○ Beantwoord die vraag: Speel jy dieselfde rol in verskillende groepe, of nie? Gee voorbeelde om dit te illustreer.
Deel C: Groepsbespreking
Die volgende is ’n kwessie wat dikwels in klasprojekte en groepswerk voorkom.Verdeel in groepe en bespreek beide die kwessies en moontlike oplossings. Rapporteer dan terug aan die klas.
○ Wat gebeur as niemand bereid is om die rol te vervul nie? Dit is maklik om te aanvaar dat iemand outomaties ’n rol sal vervul, maar gebeur dit altyd? Soms vervul dieselfde persoon al die rolle, want niemand in die span het die vermoë of is bereid om op te tree nie. Wat is die rol van daardie persoon in die span wat niks doen nie? ○ Wat is die oplossing vir hierdie probleem? Om met ander saam te werk is ’n vereiste in die skool, maar ook later in die lewe en daarom moet daar gekyk word na die OPLOS van die probleem, nie die VERMYDING daarvan deur dan as individu alleen te werk nie. Mini-nasientabel vir Oefening 1.3 – Spanrolle
Kriteria Vlak 1 Vlak 2 Vlak 3 Vlak 4 Punte
Individueel
Pare: Beoordeel mekaar asook bespreking
Groepsbespreking
TOTAAL 0 – 2 3 – 5 6 – 7 8 – 10
Leerder neem nie die oefening ernstig op nie; onvoldoende poging.
Leerder neem nie die oefening ernstig op nie; onvoldoende poging. Leerder neem nie oefening ernstig op nie; onvoldoende poging. Sommige antwoorde ingevul, maar minder as die helfte is behoorlik gedoen. Leerder neem nie die oefening ernstig op nie; onvoldoende poging. Effense poging tot bespreking en voltooiing van oefening, maar geen werklike poging om met voorstelle vorendag te kom nie. Poging aangewend om die oefening te voltooi, maar nie netjies en voldoende nie.
Goeie gebruik van tyd en die pare is gefokus op bespreking.
Goeie gebruik van tyd en groep is gefokus op bespreking, maar slegs drie of minder praktiese oplossings. Uitstekende poging; probeer ook om sy eie rol in die span te ontleed/ analiseer.
Uitstekende bespreking met eerlike poging om spanrolle te ontleed.
Uitstekende bespreking en groepspoging met verskeie goeie voorstelle wat van toepas- sing is op skoolprojek situasies.
/30