
3 minute read
Spanprosesse
from Besigheidstudies graad 11
by Impaq
Die volgende beroepsmoontlikhede wat met die tema verband hou, kan voorgestel word: Bestuurder, professionele sport (beide individuele- en span-sportpersone moet in spanne kan werk, bv. as ’n bestuurder,deel van ’n sportraad, ens), opvoeder, afrigter, hoof, politikus, verkoopspan, redigeringspan, binneshuise-versierders, musiekgroepe, kampfasiliteerders, bestuurspanne, mediese spanne, kokke, instrukteurs, bouers, kelners, akteurs, lugredery-personeel, argeoloë…
Loopbaanmoontlikhede
4.Spanprosesse
Spanprosesse verwys na die verskillende stappe waardeur ’n span van begin tot einde gaan. In hierdie proses van interaksie, volg die span sekere fases wat in die onderstaande tabel verduidelik word. Selfs informele spanne, sonder formele voorafbeplanning, sal waarskynlik instinktief deur meeste van hierdie fases gaan.
Spanprosesse: Vorming Vorming
Hoe pas ek in by die groep? Wat is ander mense se houdings? Wie sal die leiding neem? Gedurende die vorming fase word nie-verwante lede benoem of kom hulle spontaan bymekaar om ’n span te vorm.
Storming Storming
Hierdie is my doelwitte, hoe verskil hulle van joune? Hoe gaan ons georganiseerd raak? Hier kan die groepkonflik en verhoudinge wat vroeër gevorm is, ontwrig word. Storming is die mees onbestendigde stadium; lede vind hul eie rolle en toets ook die rolle van hul spanlede. Idees, besprekings, verskillende opinies en verdeeldheid is aan die orde van die dag, maar dit is alles deel van die kreatiewe proses. Vorige ervaringe van lede behoort as potensiële, toekomstige hulpbronne gesien te word.
Normering Normering
Kom ons ontwikkel maniere om beter saam te werk. Hier begin die groepsidentiteit om te vorm en die spanrolle word uitgedeel. Normering is die stilte na die storm. Spanlede begin mekaar vind en begin saamwerk om ’n gemeenskaplike doel te bereik. Spanrolle word óf toegewys deur leier óf net aangeneem. Onpraktiese idees word verwerp en konsensus word dan bereik om voort te gaan. Spanvergaderings word gehou, waartydens die leiersrolle aan lede toegeken word en doelwitte en prosedures verduidelik word.
Waar daar meer as een moontlike idee is, word dit geprioritiseer om vas te stel of dit lewensvatbaar is of nie. Indien nie, sal die proses herhaal word totdat ’n werkbare oplossing gevind word.
Uitvoering Uitvoering
Kom ons werk saam, of gebruik gesonde kompetisie om ons span te motiveer. Die groep het nou ’n effektiewe struktuur, en fokus om die taak aan te pak Die uitvoering fase is waar die werklike werk gedoen. Lede kan wegbeweeg om die take wat aan hulle toegeken is, te voltooi of in groepe onderverdeel word om dele van ’n taak verder te bespreek.
Verdaging
y Rou y Transformasie
Verdaging
Hier ontbind die groep en lede reflekteer oor hoe goed die span presteer het Hindernisse en probleme word aangespreek en opgelos sodat die span instaat is om voort te gaan. Produktiwiteit word deur die samehorigheid en deelname van die groepslede bepaal. Hierdie fase duur gewoonlik die langste, afhangende van die taak wat verrig moet word. Die verdaging of ontbinding van ’n span vind gewoonlik plaas wanneer ’n taak voltooi is, of wanneer daar besef word dat die taak nie suksesvol kan wees nie. Indien ’n taak onsuksesvol blyk te wees, kan dit ’n rouproses meebring. Lede kon hegte bande gevorm het en sal wil nadink en vrae vra voordat hulle hulself losmaak.
Indien die taak suksesvol was, sal die rouproses voorafgegaan word deur feesviering en nabetragting van die suksesvolle afhandeling van die taak. Somtyds sal ’n span hom herskep en ’n nuwe taak aanpak, soms met nuwe lede en nuwe doelwitte. ’n Sportspan sal byvoorbeeld aan die einde van die seisoen ontbind om ’n nuwe span vir die volgende seisoen te vorm met nuwe lede en nuwe uitdagings.
Oefening 1.4: Spanprosesse
Verdeel in groepe wat saam in ’n sportspan gespeel het, of saam in ’n ander span gewerk het (bv. debat, skoolproduksie, of skoolkamp) en identifiseer hoe die span deur elkeen van die spanprosesse gegaan het. As dit ’n huidige span is, identifiseer wanneer julle uiteindelik by die verdagingstadium sal uitkom.