Besigheidstudies graad 11

Page 11

PTY LTD

Besigheidstudies Graad 11

Hoofstuk 1

2. Soorte spanne In die algemeen word daar tussen twee soorte spanne onderskei:

2.1 Informele spanne Informele spanne is groepe mense wat deel word van ’n groep as gevolg van gedeelde belangstellings of doelwitte. ʼn Voorbeeld is ’n groep vriende of mense wat van diere hou, of wat almal sokker gedurende pouse speel. Selfs in besigheid word informele groepe gevorm wat saam middagete sal eet, wat aksiekrieketspanne sal begin of wat na werksure sal sosialiseer. Hierdie lede is gewoonlik baie lojaal aan hulle span, en sal hulle eie gedragskode volg en lede teen buitestaanders beskerm.

Informele en Formele spanne

Die voordele om aan so ’n span te behoort is: ○ Dit gee ’n gevoel van identiteit. ○ Dit verskaf vriendskap en ondersteuning. ○ Dit gee ’n geleentheid om aan ’n gedeelde belangstelling of stokperdjie deel te neem met eensgesindemense. ○ Dit maak jou deel van ’n informele kommunikasienetwerk (die riemtelegram).

2.2 Formele spanne Formele spanne word gewoonlik deur die bestuur by die werk geskep om saam te werk om die doelwitte van die organisasie te bereik. In gevalle van demokratiese bestuur, mag lede ’n keuse hê aan watter span hulle wil behoort, bv. aan watter sport jy op skool wil deelneem of in ’n besigheid, of jy in die produksieafdeling of bemarkingsafdeling wil werk. Organisasiedoelwitte word slegs bereik deur hulle in subdoelwitte vir verskillende spanne te verdeel, daarom kan formele spanne in ’n besigheid geskep word om doelwitte soos die volgende te ontwikkel: ○ Spesifieke projekte aan te pak. ○ Ontwikkel nuwe idees. ○ Bestuur ’n proses. ○ Los konflik op of doen probleemoplossing. ○ Verbeter werksomstandighede en motivering van werknemers. Voordele om met behulp van spanne te werk om hierdie doelwitte te bereik, sluit in: ○ Verhoogde motivering en produktiwiteit. ○ Produktiwiteit (twee of meer koppe is beter as een). ○ Verminderde koste (bv. vermy duplisering) en vermorsing (moenie werk dupliseer nie). ○ Verbeterde besluitneming (dinkskrum). ○ Vermy herhaling van dieselfde foute (leer deur ander se foute). ○ Groter buigsaamheid en die vermoë om by verandering aan te pas.

© 2020 Excom Publishers

3


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.