Intermediere Fase Graad 6 Handleiding 2/2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Page 21

Handleiding 2/2 G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

2.

Eenheid

3

Maak die meervoud en verkleining van die selfstandige naamwoorde wat jy onderstreep het. Jy kan ’n tabel soos hier onder in jou werkboek teken. Woord

Meervoud

Verkleining

Bonus: Waarom het “pa’s” ’n afkappingsteken maar “pappas” nie? Vir die nuuskieriges: Soek ’n paar selfstandige naamwoorde in ’n koerant of tydskrif. Kan jy die meervoud en verkleining daarvan maak?

Aktiwiteit 228: Direkte en indirekte rede Jy het direkte en indirekte rede in les 6 hersien. Onderstreep al die direkte rede in deel 2 van “Jeff se geheim”. Hoe weet jy dit is die direkte rede? Direkte en indirekte rede

• • •

Onthou, as ons van die direkte rede na die indirekte rede omskakel of andersom, is daar leestekens wat verander. Daar is ook voornaamwoorde, bywoorde en hulpwerkwoorde wat verander. Die tydsvorm bly dieselfde , byvoorbeeld: Jeff roep en vra waar sy pa is. “Waar is Pappa?” roep Jeff. “Waar is Pappa?” het Jeff geroep. Jeff het geroep en gevra waar sy pa is.

Beantwoord die vrae in jou werkboek. 1.

Skryf die woorde in die indirekte rede. 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5

Gebruik altyd die werkwoord wat gegee word ook, soos “roep en vra” hier.

Onthou van die woord “dat” of “of ” by die indirekte rede.

“Die son is lankal op!” sê Jeff se pa. “Die son is lankal op!” sê Jeff se pa terwyl hy die tent skud. Jeff se pa sê: “Ons moet aan die gang kom voor dit te warm raak.” Jeff se pa het gesê: “Ons moet aan die gang kom voor dit te warm raak.” “Jy moet bybly,” waarsku Jeff se pa. 13

© Optimi


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.