
1 minute read
Aktiwiteit 219: Som die storie op
Gesels dan saam oor die storie.
1. Wie is vir die eerste keer saam met sy pa op ’n reis? 2. Waarom is hy en sy pa in Virunga- Nasionale Park? 3. Is die stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord. Jeff en sy pa gaan Rwanda toe. 4. Wie is die hoofkarakter in die storie? Waarom sê jy so? 5. Waarvoor kan Jeff nie wag nie? 6. Waarom dink Jeff gaan hy baie energie vir die dag nodig hê? 7. Wat spring by Jeff en sy pa verby as hulle loop? 8. Wat gebeur dat Jeff van sy pa geskei raak? 9. Dink jy Jeff se pa het aspris (on purpose) vir hom weggeloop? 10. Wat besluit Jeff om te doen toe hy besef hy is alleen? 11. Waarom dink jy voel dit vir Jeff of hy weke lank geloop het? 12. Wat dink jy sien Jeff in die pad? (Wat is sy “grootste vrees”?) 13. As jy Jeff was en besef het jy is alleen in ’n reënwoud, wat sou jy gedoen het? 14. Wat dink jy gaan in die storie gebeur?
Vir die nuuskieriges: Wat kan jy oor gorillas uitvind? Lees ook meer op die WWF se webwerf oor waarom gorillas belangrik is en wat die WWF doen om hulle te help red: bit.ly/2uTYc1l.
Kan jy onthou waarvoor WWF staan? Is dit ’n afkorting of ’n akroniem?
Aktiwiteit 219: Som die storie op
Die vrae is oor die storie in die vorige aktiwiteit.
1. Wat het alles in deel 1 van die storie gebeur? Sit die gebeure in die blokkie mondelings in die regte volgorde. Teken dan die tydlyn van gebeure (langsaan) in jou werkboek.
Jeff is bang. | Kom aan by Virunga- Nasionale Park. | Jeff is alleen. | Trek aan en eet ontbyt. | Okapi spring verby. | Slaap in die tent. | Jeff sien die kleurvolle voëltjie.
