1 minute read

Aktiwiteit 220: Luister na beskrywings van plekke en diere

2. Som die storie mondelings op. Onthou, ’n opsomming is ’n kort vertelling van wat in die storie gebeur, sonder veel detail. Gebruik die verlede tyd en verbindingswoorde.

Aktiwiteit 220: Luister na beskrywings van plekke en diere

Soos vroeër genoem, is daar baie verskillende biome (biomes) in Virunga- Nasionale Park. ’n Bioom is ’n groot natuurlike streek waar spesifieke diere en plante voorkom. ’n Savanna is ’n voorbeeld – ’n grasvlakte (veld) met verspreide bome en bosse, veral doringbome. Kan jy aan verskillende biome dink?

Daar woon ook baie verskillende spesies diere en plante in Virunga- Nasionale Park.

1. Luister na die beskrywings van sekere biome in Virunga en pas die name by die foto’s.

reënwoud moeras beboste vulkaniese berge savanna

Handleiding 2/2

G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Eenheid 3 2. Die gorilla is die grootste primaat. Primate is ’n groep soogdiere wat die hoogste ontwikkel is. Ken jy die verskil tussen die groot primate?

Luister na die beskrywings en maak goeie notas van die primate – jy gaan ’n tabel voltooi oor die diere se voorkoms, dieet en habitat (appearance, diet and habitat).

Pas eers die foto’s by die primate in die blokkie.

gorilla orangoetang sjimpansee bonobo

Vir die nuuskieriges: Die bonobo en sjimpansee lyk baie dieselfde, maar hulle verskil tog. Kan jy byvoorbeeld sien hoe hulle gesig, mond en ore verskil? Doen navorsing oor wat die verskil tussen hierdie twee primate is.

This article is from: