1 minute read

Aktiwiteit 228: Direkte en indirekte rede

Handleiding 2/2

G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Eenheid 3 2. Maak die meervoud en verkleining van die selfstandige naamwoorde wat jy onderstreep het. Jy kan ’n tabel soos hier onder in jou werkboek teken.

Woord Meervoud Verkleining

Bonus: Waarom het “pa’s” ’n afkappingsteken maar “pappas” nie?

Vir die nuuskieriges: Soek ’n paar selfstandige naamwoorde in ’n koerant of tydskrif. Kan jy die meervoud en verkleining daarvan maak?

Aktiwiteit 228: Direkte en indirekte rede

Jy het direkte en indirekte rede in les 6 hersien. Onderstreep al die direkte rede in deel 2 van “Jeff se geheim”. Hoe weet jy dit is die direkte rede?

Direkte en indirekte rede

• Onthou, as ons van die direkte rede na die indirekte rede omskakel of andersom, is daar leestekens wat verander.

• Daar is ook voornaamwoorde, bywoorde en hulpwerkwoorde wat verander.

• Die tydsvorm bly dieselfde , byvoorbeeld: “Waar is Pappa?” roep Jeff. Jeff roep en vra waar sy pa is. “Waar is Pappa?” het Jeff geroep. Jeff het geroep en gevra waar sy pa is.

Gebruik altyd die werkwoord wat gegee word ook, soos “roep en vra” hier.

Beantwoord die vrae in jou werkboek.

1. Skryf die woorde in die indirekte rede.

Onthou van die woord “dat” of 1.1 “Die son is lankal op!” sê Jeff se pa. “of ” by die indirekte rede. 1.2 “Die son is lankal op!” sê Jeff se pa terwyl hy die tent skud. 1.3 Jeff se pa sê: “Ons moet aan die gang kom voor dit te warm raak.” 1.4 Jeff se pa het gesê: “Ons moet aan die gang kom voor dit te warm raak.” 1.5 “Jy moet bybly,” waarsku Jeff se pa.

This article is from: