1 minute read

Aktiwiteit 225: Beantwoord vrae

Vir die nuuskieriges: Hoe lyk ’n berggorilla? Doen navorsing en vind uit hoe die verskillende gorillaspesies lyk. Jy kan ook oor die diere oplees, byvoorbeeld by bit.ly/2UqZ9xe.

Gesels saam oor die storie.

1. Wat gebeur in deel 2 van die storie? 2. Waarom het Jeff stadig afgesak toe hy die gorilla sien? 3. Wat het gebeur toe Jeff afgesak het? (Wat was die gevolg?) 4. Wat dink jy sou gebeur het as Jeff regop bly staan het? 5. Dink jy dit was slim van Jeff om af te sak toe hy die gorilla sien? Waarom? 6. Wat het nou weer gebeur dat Jeff alleen in die woud was? (Wat was die oorsaak?) 7. Hoe dink jy sou jy gevoel het as jy alleen in die woud was en ’n gorilla gesien het? 8. Het jy al ’n wildedier (wild animal) teëgekom? Het ’n dier jou al seergemaak/aangeval?

Aktiwiteit 225: Beantwoord vrae

Lees deel 2 van die storie weer en beantwoord die vrae in jou werkboek.

1. Wat is die “moeilikheid” waarin Jeff is?

2. Waarmee vergelyk Jeff die gorilla? Wat is die vergelyking?

3. Wat beteken dit dat die ma-gorilla “dit nie vreeslik snaaks vind dat hy besluit het om ongenooid op te daag nie”?

4. Toe die gorilla haar vuiste teen die grond slaan, het Jeff begin terugtree en haar nie in die oë gekyk nie. Waarom dink jy het Jeff haar nie in die oë gekyk nie?

5. Nadat die gorilla weg is, hoor Jeff takke wat breek. Wat dink hy is dit?

6. Wat was die geluid toe?

7. Waarom dink jy besluit Jeff om vir niemand te vertel van die berggorilla wat hom gestamp het nie?

8. Waaruit bestaan die woord “bedreiging”?

Pasop om nie deurmekaar te raak tussen lettergrepe/klankgrepe en die dele van ’n woord nie.

9. Waarom is daar ’n afkappingsteken in “hier’s”?

10. Maak die meervoud en verkleining van “gorilla”.

Bonus: Jeff dink die gorilla is so groot soos ’n klein kar. Wat is ’n sinoniem vir “kar”?

This article is from: