Intermediere Fase Graad 6 Fasiliteerderdgids 1/2 Afrikaans Addisionele Taal

Page 25

Fasiliteerdersgids 1/2 G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Eenheid

1

Die vorming van meervoude verskil by woorde met tweeklanke en dubbelklanke, byvoorbeeld “dier” is “diere” maar “muur” is “mure”. Die vorming van meervoude en verkleining word deur die eerste twee kwartale hersien.

Doen eers ’n praktiese oefening. Skryf ’n paar woorde op die bord met tweeklanke en ’n paar woorde met dubbelklanke neer (byvoorbeeld mier, muur, deur, duur, verloor, roei, raai, rooi). Spreek al die woorde reg uit sodat leerders die ronding kan hoor. Leerders teken ’n tabel in hul werkboek en sorteer die woorde op die bord in die tabel:

Tweeklanke

Dubbelklanke

Sien na of leerders die woorde reg sorteer het (leerders kan mekaar se antwoorde ook in pare merk). Leerders beantwoord die vrae in hul werkboek. 1.

2.

Skryf die woorde oor en vul die vokale in. 1.1 ntd kk ng – ontdekking 1.2 sn ff l – snuffel 1.3 w nd r – wonder 1.4 st m – stem / stam / stom 1.5 k r kt r – karakter

Soek al die woorde in die paragraaf wat tweeklanke het. Skryf die woorde neer en onderstreep die tweeklanke.

Dit is skoolvakansie en Masego is in die biblioteek. Sy snuffel tussen die rakke rond. Stukkies stof dans rond in ’n sonstraal wat deur die venster skyn. Masego haal ’n dik boek van die rak af. Die stof op die boek laat haar sommer nies. Sy gaan sit by ’n tafel en begin deur die boek blaai. “Ek wonder wie die eerste boek ooit geskryf het,” fluister sy ingedagte. ooit geskryf fluister

• • sy • • skyn • • blaai

Aktiwiteit 4: Speel ’n taalspeletjie 20 minute

Leerders behoort die speletjie Simon Says te ken. In Afrikaans is dit Vinnige Fanie. Gee ’n instruksie soos: “Vinnige Fanie sê: Vat aan jou knie met jou linkerhand,” wat die leerders presies moet uitvoer. As hulle byvoorbeeld aan hul knie met hul regterhand vat, is dit verkeerd. Indien die instruksie nie met “Vinnige Fanie sê” begin nie, moet die opdrag nie uitgevoer word nie.

Leerders wat opdragte verkeerd uitvoer of ’n opdrag sonder “Vinnige Fanie sê” uitvoer, moet sit en is uit 17

© Optimi


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Intermediere Fase Graad 6 Fasiliteerderdgids 1/2 Afrikaans Addisionele Taal by Impaq - Issuu