
2 minute read
Aktiwiteit 5: Lees hardop
vir die res van die spel. Die leerder wat laaste staan, wen. Indien daar vir ’n lank ruk geen leerder is wat ’n instruksie verkeerd volg nie, gee twee instruksies op ’n slag, byvoorbeeld: Vinnige Fanie sê: Vat aan jou linkeroor met jou regterwysvinger (index finger) en dan met jou linkerhand aan jou regterknie.
Leerders maak daarna beurte om opdragte vir die klas te gee. Indien daar net een leerder is, maak die leerder en fasiliteerder beurte om opdragte te gee en volg.
Aktiwiteit 5: Lees hardop
40 minute
Gesels met die leerders oor wat belangrik is wanneer ’n mens hardop lees, byvoorbeeld om vlot te lees en af en toe oogkontak met die gehoor maak. (Sien wenke hier onder.)
’n Gedeelte van die storie in kwartaal 1 word op die volgende bladsy gegee. Indien leerders nie die hele teks kan lees nie, is dit reg; solank hulle minstens een paragraaf lees. Neem by elke leesaktiwiteit elke leerder se leesvaardighede in ag en laat hom/haar lees soveel as waartoe hy/sy in staat is. Hulle moet wel die vermoë hê om langer tekste te kan lees soos die jaar vorder.
Leerders kan by die huis voorberei en môre in die klas lees, of daar kan volgende week tyd hiervoor gemaak word.
Leerders werk in pare en gee mekaar ’n punt (5 is die hoogste punt). Assesseer die leerder indien daar net een is.
Kriteria
Is die woorde reg uitgespreek? Lees jy vlot en met gevoel? Is die leestekens gehoorsaam?
Punt (omkring)
1 | 2 | 3 | 4 | 5 1 | 2 | 3 | 4 | 5 1 | 2 | 3 | 4 | 5
(Die rubriek in die bylae kan gebruik word om alle hardop lees te assesseer – dit tel wel nie punte nie. Die doel is dat leerders gewoond raak aan die rubrieke in take/eksamens.)
Leerders gee vir mekaar terugvoer: • Is die woorde reg uitgespreek? • Is die leestekens gehoorsaam? • Het die leerder vlot gelees? • Het die leerder met gevoel gelees?
Wenke vir hardop lees
• Oefen om die teks te lees – eers saggies en dan hardop. • Spreek die woorde reg uit. • Lees vlot en met gevoel. • Gehoorsaam die leestekens – rus (pause) as jy ’n komma (,) sien, praat ’n bietjie harder as jy ’n uitroepteken (!) sien en rus langer by ’n punt (.).