
1 minute read
Aktiwiteit 4: Speel ’n taalspeletjie
Fasiliteerdersgids 1/2
G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Eenheid 1 Die vorming van meervoude verskil by woorde met tweeklanke en dubbelklanke, byvoorbeeld “dier” is “diere” maar “muur” is “mure”. Die vorming van meervoude en verkleining word deur die eerste twee kwartale hersien.
Doen eers ’n praktiese oefening. Skryf ’n paar woorde op die bord met tweeklanke en ’n paar woorde met dubbelklanke neer (byvoorbeeld mier, muur, deur, duur, verloor, roei, raai, rooi). Spreek al die woorde reg uit sodat leerders die ronding kan hoor. Leerders teken ’n tabel in hul werkboek en sorteer die woorde op die bord in die tabel:
Sien na of leerders die woorde reg sorteer het (leerders kan mekaar se antwoorde ook in pare merk).
Leerders beantwoord die vrae in hul werkboek.
Tweeklanke Dubbelklanke
1. Skryf die woorde oor en vul die vokale in. 1.1 ntd kk ng – ontdekking 1.2 sn ff l – snuffel 1.3 w nd r – wonder 1.4 st m – stem / stam / stom 1.5 k r kt r – karakter
2. Soek al die woorde in die paragraaf wat tweeklanke het. Skryf die woorde neer en onderstreep die tweeklanke.
Dit is skoolvakansie en Masego is in die biblioteek. Sy snuffel tussen die rakke rond. Stukkies stof dans rond in ’n sonstraal wat deur die venster skyn. Masego haal ’n dik boek van die rak af. Die stof op die boek laat haar sommer nies. Sy gaan sit by ’n tafel en begin deur die boek blaai. “Ek wonder wie die eerste boek ooit geskryf het,” fluister sy ingedagte.
• sy • skyn • blaai
• ooit
• geskryf • fluister
Aktiwiteit 4: Speel ’n taalspeletjie
20 minute
Leerders behoort die speletjie Simon Says te ken. In Afrikaans is dit Vinnige Fanie. Gee ’n instruksie soos: “Vinnige Fanie sê: Vat aan jou knie met jou linkerhand,” wat die leerders presies moet uitvoer. As hulle byvoorbeeld aan hul knie met hul regterhand vat, is dit verkeerd.
Indien die instruksie nie met “Vinnige Fanie sê” begin nie, moet die opdrag nie uitgevoer word nie.