2 minute read

Aktiwiteit 2: Beantwoord die vrae

Next Article
LESELEMENTE

LESELEMENTE

Nadat die leerders in aktiwiteit 6 herinner is hoe om ’n woordeboek te gebruik, moedig hulle aan om die woorde hier onder self op te soek, asook ander woorde in die teks wat vir hulle nuut of moeilik is.

ontdekking (discovery): om iets te vind wat nog altyd daar was, maar waarvan niemand geweet het nie snuffel rond (figuurlik, exploring): sy soek al ’n rukkie tussen die boeke rond uit die mode (out of fashion): as klere in die mode is, beteken dit die klere is gewild (in fashion). As klere uit die mode is, beteken dit mense dra dit nie meer eintlik nie; die klere is “outyds”. flenters (in tatters): iets wat stukkend is; Magnus se klere is oud en geskeur. in lewende lywe (in person): iemand is self daar haar ore nie (kan) glo nie (idioom, not believe one’s ears): moeilik om te glo wat iemand vir jou sê; baie verbaas wees vroetel (in context, fiddle): om jou hande rusteloos (restlessly) te beweeg haas (in a hurry): om iets vinnig te wil doen; homoniem van “haas” (rabbit) kraalogies (beady little eyes): klein swart oë wat soos krale lyk Homonieme en homofone word in les 7 behandel. Dele tussen hakies in antwoorde is opsioneel (optional).

Vertalings

skoolvakansie – school holidays biblioteek – library nies – sneeze fluister – whisper ingedagte – absent-minded heel waarskynlik – most probably skrik – (in context) startled knipoog – wink baadjie – jacket skeurtjie – tear avonture – adventures karakter – character onmoontlik – impossible verveel – bore maniere – manners pootjie – little paw onseker – unsure wysvinger – index finger nuuskierig – curiously gereeld – often verbeel – imagine rugsak – backpack giggel – giggle op pad – on the way haastig – hastily teleurgesteld – disappointedly stertjie – little tail

ingedagte – absent-minded in gedagte hou – keep in mind

“Op pad” is twee woorde.

Aktiwiteit 2: Beantwoord die vrae

20 minute

Nadat die leerders drie keer na die teks geluister het, beantwoord hulle die vrae mondelings, met die notas wat hulle gemaak het. Hulle kan in groepe werk en terugvoer gee, of as ’n klas antwoord deur hande op te steek. As daar net een leerder is, moet hy/sy al die vrae beantwoord.

Die vrae toets begrippe soos karakters, ruimte en intrige. Hierdie begrippe word later in die les in meer detail bespreek.

1. Wie is al vir ’n paar uur lank besig in die biblioteek?

Masego

2. Wat laat haar nies?

Stof op ’n boek (wat sy van die rak afhaal).

This article is from: