Fasiliteerdersgids 1/2 G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Eenheid
1
3.
Watter vreemde (strange) ding gebeur met haar in die biblioteek? ’n Muis (wat uit ’n storieboek lewendig geword het) praat met haar.
4.
Wat is die diertjie se naam? Magnus
5.
Wie het volgens hom die eerste boek in die wêreld geskryf? Ons weet nie wie dit was nie, maar dit was heel waarskynlik op kleitablette geskryf.
6.
Waarom praat hy met haar? Daar word nie in die storie gesê waarom Magnus met Masego praat nie, maar leerders kan aflei (deduce/conclude) dat hy met haar begin praat het omdat hy honger was (hy vra uit oor koekies).
7.
’n Boekwurm is iemand wat daarvan hou om te lees. Sou jy sê Masego is ’n boekwurm? Wat in die storie laat jou so dink? Ja, sy is ’n boekwurm. Sy sê in die storie dat sy gereeld biblioteek toe gaan.
8.
Wat het op die einde van die storie gebeur? Hoe weet jy dit? Masego se ouma het haar kom haal en Magnus klim in haar rugsak in, sonder dat Masego dit weet. Die storie eindig met “’n stertjie steek by haar rugsak uit,” wat dit vir ons sê.
9.
Dink jy Masego se ouma het haar geglo toe sy haar vertel het wat in die biblioteek gebeur het? Leerders se eie antwoord. Hulle kan bespiegel (speculate).
10.
Het jy al iets vir iemand vertel en toe glo hulle nie wat jy vertel nie? Wat het daarna gebeur? Leerders se eie antwoord. Hulle kan vertel waarom die persoon hulle nie wou glo nie; wat die storie was wat hulle vertel het; wat daarna gebeur het, ensovoorts. Leerders moet vrylik gesels.
Gesels oor die einde van die storie. Wat dink leerders het gebeur nadat Magnus in Masego se rugsak geklim het? Hulle kan kreatief wees.
Aktiwiteit 3: Klankpatrone: Alfabetiese volgorde, vokale, konsonante en tweeklanke 30 minute
Let wel: Volgens die KABV moet alfabetiese volgorde eers in week 3 – 4 behandel word, maar dit lê die grondslag vir vokale en konsonante.
Leerders behoort al alfabetiese volgorde te ken, wat in die Grondslagfase reeds vasgelê behoort te wees. Laat hulle die alfabet opsê en identifiseer die leerders wat die alfabet nie goed ken nie. Help hulle om die alfabet te onthou. Dit is belangrik dat alfabetiese volgorde goed vasgelê is, veral vir die gebruik van ’n woordeboek (wat later in les 1 behandel word). Vokale en konsonante (vowels and consonants) is ook al in die Grondslagfase en in graad 4 en 5 behandel. Leerders behoort die verskil te ken (asook watter letters dit is). Dit is belangrik dat leerders die verskil tussen vokale en konsonante verstaan om die spelreëls beter te verstaan en toe te pas, en om by die 15
© Optimi