Intermediere Fase Graad 6 Fasiliteerderdgids 1/2 Afrikaans Addisionele Taal

Page 10

Voorwoord

Fasiliteerdersgids 1/2 G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Die handleiding en fasiliteerdersgids dek al die werk van graad 6 Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT). Die boek is opgestel in lyn met die KABV-riglyne wat die Departement van Basiese Onderwys vereis. Die KABV gee ’n uiteensetting van die minimum werk wat gedek moet word. Die handleiding en fasiliteerdersgids bevat soms meer inligting as wat die KABV vereis. Die handleiding is in vier eenhede en 18 lesse verdeel. Elke les word oor ’n tydperk van twee weke behandel (10 uur) en elke eenheid strek oor ’n kwartaal. Eenheid 1 en 2 is in fasiliteerdersgids 1/2 en eenheid 3 en 4 is in fasiliteerdersgids 2/2 (die handleiding is dieselfde verdeel).

Aan die einde van eenheid 2 en eenheid 4 (kwartaal 2 en 4) skryf die leerders eksamen (verwys na die portefeuljeboek). Eenheid 1 bestaan uit vyf lesse. • Les 1: In die leesstoel • Les 2: Wat ’n gemors! • Les 3: Sit jou heldemasker op • Les 4: Vinnige vervoer • Les 5: Nie so lank, lank gelede nie ...

Eenheid 3 bestaan uit vyf lesse. • Les 10: Diep in die reënwoud • Les 11: Die fors van die natuur • Les 12: Vampiere, weerwolwe en zombies • Les 13: Dis astronomies! • Les 14: ’n Sprong in tyd Eenheid 4 bestaan uit vier lesse. • Les 15: In ’n virtuele wêreld • Les 16: ’n Groener lewe • Les 17: Dwergies in die tuin • Les 18: ’n Wêreld vir almal

Eenheid 2 bestaan uit vier lesse. • Les 6: Onverwagte vriende • Les 7: Ons erfenis • Les 8: Stories uit Afrika • Les 9: Op die kassie

Die lesse is in aktiwiteite opgedeel – wat die leerinhoud asook vrae daaroor bevat.

Elke les bestaan uit vier afdelings: • Luister en praat • Lees en kyk • Skryf en aanbied • Taalstrukture en -konvensies

Afdeling 1: Luister en praat Luister en praat is integraal in alle vakke. Hoe meer ’n nuwe taal gehoor en gepraat word, hoe makliker word dit aangeleer. Elke les begin met die bespreking van ’n onderwerp, wat die les inlei. Ander besprekings in lesse kan as mondelinge hanteer word in plaas van ’n gesprek/bespreking. Hoe meer leerders oefen om mondelinge te skryf en te lewer, hoe makliker sal dit vir hulle in take en eksamens wees. Hulle selfvertroue sal ook verbeter hoe meer hulle voor ’n gehoor moet praat. Dit is belangrik om woorde duidelik en korrek uit te spreek wanneer tekste hardop gelees word. Help leerders ook reg indien hulle sinskonstruksie of woordgebruik verkeerd is wanneer hulle praat. Moedig leerders aan om een keer ’n week ’n Afrikaanse televisieprogram te kyk of na ’n Afrikaanse radioprogram te luister. Dit is verder belangrik om kennis van die luisterproses te neem, wat veral in hoër grade tydens © Optimi

2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Intermediere Fase Graad 6 Fasiliteerderdgids 1/2 Afrikaans Addisionele Taal by Impaq - Issuu