Kommuniek September 2014

Page 1

September 2014

`n handelsmerk van

Jongboer van die jaar gesels oor sy passie vir landbou

GWK se strategiese rigting bespreek op klantegespreksforums Pekanneut-aanleg op Douglas nou in volle werking GWK Versekering innoveer met die jongste tegnologie


GWK Versekering . . .

Welvaartbestuur deur spesialiste Behalwe welvaartbestuur, lewensversekering en verskeie ander gehalte-produkte en -dienste, bied GWK Versekering nou ook ’n bekostigbare begrafnisskema. GWK se makelaars staan gereed om hierdie puik produk aan ons produsente te verskaf. Skakel vandag nog jou makelaar vir meer besonderhede.

Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680 Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474

GWK is ’n Gemagtigde FinansiÍle Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige www.gwk.co.za reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas


SEPTEMBER 2014

OP DIE VOORGROND

AKTUEEL

14

3 2 Redaksioneel

14 Dis nuus Nuus in die GWK-groep.

3 Geestelike akker 4 Damme en temperature

16 Ons besigheid GWK betree nuwe era met eerste rotasie van fondse.

6 Agrikalender 8 Landbouwenke

VOORBLAD

LANDBOUSAKE

10

26

10 Aktueel Jongboer van die jaar gesels oor sy passie vir landbou.

26 Presisieboerdery Gevorderde programme vir skedulering van pekans gebruik.

18 Ons besigheid Nuwe strategiese rigting vir GWK op gespreksforums bespreek.

30 Presisieboerdery Mikorhizas kan opbrengste by mielies en sojabone verhoog.

20 Ons besigheid Nuwe pekanneut-aanleg op Douglas nou in volle werking.

34 Navorsingsverslag Groeireguleerders toon positiewe opbrengsreaksie by koring.

22 Versekering GWK Versekering innoveer met die jongste tegnologie.

38 Veilings Sterk veekundige agtergrond en kennis is krities vir sukses.


SEPTEMBER 2014

LANDBOUSAKE

ONTSPAN

56

44 40 Georganiseerde Landbou Verhoogde produksie nou kardinaal vir vleisprodusente.

48 Kompetisie Like en share ons Facebookblad en wen groot pryse!

42 Georganiseerde Landbou Die gesig van landbou in SA sal in totaliteit verander, hoor kongres.

56 Vir die jongspan Pret op die plaas.

44 Proefresultate Sojaboon Proefresultate 2014.

WEES INGELIG

VROUE

24 24 Properties Nuwe ontwikkeling sal werk skep vir mense in Kimberley.

58 58 Leefstyl Haaks oor die kinders . . . 60 Gesondheid Leef ligter hierdie lente . . . 61 Resep Smullekker biltong-plaatkoekies. 62 Agterblad Maak die skoene die man?


tuur s e B n e e i s k e Dir Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human Frans Lubbe

Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuur Besturende Direkteur Pieter Spies Finansiële Direkteur Johann Klopper Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111 Saad en Opkomende Produsente Jozua Haarhoff 082 808 8579 Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383 Meganisasie Johan Kruger 082 809 4778 Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656 Katoen, Kontrakteurs, Aartappels, Lusern en SAFP Freek Meyer 083 644 0022 Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103 Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821

Uitvoerende Bestuur

Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710

Sekretariaat John Bell 076 430 5615

Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

Finansies en Stelsels Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Menslike Kapitaal Chopper Theart 082 806 9995

Vleis Alex Cilliers 082 808 3063

Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Finansiering en Finansiële Landbou Advies Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547


Redaksioneel Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing; al die kriekies kriek daarbuite; elke sprinkaan spring. Al die koggelmannetjies kom om fees te vier; hier galop `n goggatjie, daarso dans `n mier. As C. Louis Leipoldt die koms van die lente só beskryf, kan ek nie anders as om opgewonde te bokspring wanneer ek die somerlug soggens in my huis voel inborrel en ek smiddae my blouoog-kabouter in die swembad hoor kraai van genot nie. By GWK hou die lente ook altyd `n sekere soort opwinding in. Die maatskappy betree vanjaar `n nuwe era met die eerste 15 jaar-rotasie van aandeelhouersfondse wat klante se lojaliteit met `n kontantinspuiting sal beloon. Ons is ook baie trots op die pekanneut-aanleg op Douglas wat nou in volle werking is. In hierdie uitgawe kuier Kommuniek by mnr. Kolver Mülke en sy vrou Mar-

lize op die plaas. Mülke, `n aandeelhouer van GWK, is onlangs as Agri Noord-Kaap en Oranje Toyota se jongboer van die jaar aangewys. Dan doen ons aan by GWK Versekering wat met die jongste tegnologie innoveer om in hul klante se behoeftes te voldoen en ook `n nuwe begrafnisskema ontwikkel het om die probleem van hoë premies aan te spreek. Ons kyk na skedulering op pekanneute, die gebruik van Mikorhizas by mielies en sojabone en die positiewe opbrengsreaksie van groeireguleerders op koring. Dan maak ons `n draai by GWK Veilings se kantoor in Bloemfontein, waar mnr. Willie Snyman die belang

van kennis in hierdie bedryf benadruk. Ons kyk ook in hooftrekke na die onlangse Nasionale RPO- en Agri Noord-Kaap-kongresse waarna GWK Saad aan die woord kom met die jongste sojaboon-proefresultate. Die vroue leer hierdie maand om konflik oor die kinders te hanteer, hoe om hierdie lente ligter te leef en maak smullekker biltong-plaatkoekies. Oudergewoonte is Piet laaste aan die beurt . . . hierdie keer oor skoene!

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730

VOORBLADFOTO Conrad Borman

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Medewerker: uitleg en redigering Annatjie Rautenbach 2

Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Lekker lees!

ler

Carien Grob

Redakteur

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. Kontak ons ook gerus oor enige interessante gebeure in ons aandeelhouer se lanbou-omgewing. E-pos: carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730


depositphotos

Geestelike akker “...Want dis presies hoe God is. Hy gee baie om vir almal op aarde, of hulle goed of sleg is”. Lukas 6:36a Liefde wat nie onderskei nie

Hoe waar is dit nie? Dis so natuurlik om liefde met wederliefde te beantwoord, om omgee te wys aan hulle “Dis maklik om oulike mense lief te hê. Hulle van wie ons hou of hulle wat wat dankbaar is en uit te reik na dié self in oorvloed gee. wat vir ons omgee. “Maar, Here, dis vrek moeilik om Wanneer ons egter die Woord lees, is dit duidelik dat ons Vader méér van soos U lief te hê: te gee waar daar ons verwag. Hy vra van ons iets van niks is, te glimlag in ‘n frons, vas te hou in ‘n wegstoot. Dis bitter moeilik die onvoorwaardelike liefde wat sy om onvoorwaardelik lief te hê! Seun aan die kruis geopenbaar het toe Hy sy lewe vir dié mense gegee “Here, aanvaar my as een van u graad-eentjies en leer my geduldig het wat Hom verwerp het. Hy vra van ons om liefde te gee die ABC van gratis liefde.” So skryf ek in my gebedeboek, Heel- sonder om beloning terug te verwag – tyd by God.* Hy vra soms “moeilike liefde”.

Bid dat die Gees jou vandag sal help om liefde te gee daar waar dit vir jou onmoontlik voel. Jy sal verbaas wees watter verskil dit aan jóú lewe maak! Vader, uit myself kan ek nie lief hê soos U nie. Deur U, kán ek! Werk in my asseblief.

Milanie Vosloo

Uit Laat sy liefde jou lei, uitgegee deur Cum. 3


Damme en temperature Huidige stand van damme

Riviersisteem

Dam

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval

% Vol

Oranjerivier

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

Vaalrivier

Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam

Hartsrivier

Spitskopdam

Rietrivier

Kalkfonteindam

29

Modderrivier

Krugersdriftdam

54

Inligting nie beskikbaar nie

83 99 87 94 44 43

Inligting nie beskikbaar nie

ReĂŤnval 25 Julie tot 22 Augustus

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur

Maandelikse voorspelling September 2014

Inligting verkry van GFCSA

4


UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS

Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936


Veilingskalender en Veilingspryse Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Lukas Burger Boerbok-veiling, Kimberley Dikdorings Bonsmara, Bultfontein Hertzogville-feesveiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Griekwastad-veiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley

1 Oktober 2 Oktober 4 Oktober 7 Oktober 8 Oktober 9 Oktober 14 Oktober

Malherbe & Roberts Brangus/Angus, Hertzogville Espagskop Bonsmara, Brandfort Tippie Dormehl-dormerveiling, Bloemfontein Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Cronje Dorpers, Kimberley Kruger Bonsmara, Boshof, Hertzogville-veiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley

conrad borman

16 September 17 September 18 September 18 September 23 September 25 September 30 September

Veilingspryse vir lewendehawe - Augustus 2014 11/08 - 15/08

04/08 - 08/08

18/08 - 22/08

22/08 - 27/08

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R14.50

Slagosse

R15.00

Slagosse

R12.00

Slagosse

R13.00

Slagkoeie

R14.50

Slagkoeie

R15.00

Slagkoeie

R12.00

Slagkoeie

R13.00

Maer beeste

R11.00

Maer beeste

R11.30

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R10.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R19.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R19.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R18.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R18.80

Swaar kalwers (250kg +)

R18.50

Swaar kalwers (250kg +)

R18.50

Swaar kalwers (250kg +)

R18.00

Swaar kalwers (250kg +)

R17.00

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R25.00

Slaglammers

R25.20

Slaglammers

R23.00

Slaglammers

R23.00

Stoorlammers

R25.00

Stoorlammers

R25.20

Stoorlammers

R23.00

Stoorlammers

R23.00

Kruislammers

R24.00

Kruislammers

R24.50

Kruislammers

R23.00

Kruislammers

R21.00

Slagooie

R17.00

Slagooie

R17.20

Slagooie

R16.00

Slagooie

R16.00

Maer ooie

R16.00

Maer ooie

R16.20

Maer ooie

R15.00

Maer ooie

R16.00

Klein bokkies

R30.00

Klein bokkies

R30.00

Klein bokkies

R25.00

Klein bokkies

R30.00

Jong bokke

R25.00

Jong bokke

R25.00

Jong bokke

R25.00

Jong bokke

R30.00

Bokooie

R17.00

Bokooie

R17.00

Bokooie

R16.00

Bokooie

R19.00

6


Eersteklas kundigheid

verseker groei in jou besigheid.

Besproeiingsbasters vir die top resultate. PANNAR se Praktiese Boerderyoplossings is ’n kosteeffektiewe bestuursinset. Die YIELDBOOST™ swam- en insekdoderspuitprogramme gee gemoedsrus en goeie risikobestuur op ’n uitgesoekte groep topmieliebasters.

G LO B A L E T E G N O LO G I E

P L A A S L I K E P R E S TA S I E

Saam boer ons vir die toekoms™

www.pannar.com

infoserve@pannar.co.za

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

2014/MAIZE/A/05


Landbouwenke Koring en gars

Weiding en lusern

Grondbone �

� �

Hou streng by voorgeskrewe dosisse op etikette. � Sistemiese middels vir blaarmyner kan ook nou met sukses toegedien word.

� Neem grondmonsters vir volgende seisoen se aanplantings (nege maande voor grondvoorbereiding). � `n Bogrond-monster op 0-300mm en ondergrondmonster van 300-500mm. Die monster moet uit tien submonsters bestaan. Die gebied wat deur `n saamgestelde monster verteenwoordig word, moet nie 3ha oorskry nie. � Laat boomaanplantings kan nog gedoen word indien die bome in die kwekery nog nie begin bot het nie. Grawe gate 1m diep lusernhooi wat afgehaal word. Plant voersorghum vanaf einde en meng die grond goed met � Mikro-elemente soos sink, boor en September. Dis `n ideale, kompos. Sinkbemesting in die molibdeen is net so belangrik vir vinnig groeiende, eenjarige vorm van sinkpholate kan onder lusernproduksie. somerweiding. in elke gat gestrooi word @ 50g `n Tekort aan sink het bv. net so Dien stikstofbemesting toe op per boom. `n groot invloed op opbrengs as meerjarige weidingmengsels � Fosfaat vir wortelontwikkeling fosfaat. om nuwe groei te stimuleer. kan in die vorm van beenmeel � Swak groei, verpotte plante, verVermeerder besproeiing redelik ook in die plantgate met die korte internodes, klein en geel drasties op hierdie mengsels, grond gemeng word. blare is tekens van sinktekorte in aangesien optimale groei in die � Moet verkieslik nie kunsmis lusern. lente en vroeë somer plaasvind. tydens plant in die gat toedien � Vergeling van blare, asook bruin Lusernaanplantings kan in nie, aangesien wortels maklik vlekkies op ouer blare is tekens September en weer in Januarie kan brand wat die boom sal laat van mangaantekort. Mangaan bemes word. Veral kalium kan afsterf. speel `n belangrike rol in verkieslik in meer paaiemente wortelontwikkeling, fotosintese en � Sinktoedienings kan maandeliks toegedien word. Kaliumverbruik van September tot Januarie siekteweerstand. wissel van 18-25kg/ha per ton gedoen word aangesien sink nie mobiel in die plant is nie. Benat blare met `n oplossing van 150ml sinknitraat per 100l fyn wees, maar nie te fyn nie om Begin grondvoorbereiding water. Spuit wanneer botsels steeds windskade te beperk. vir vroeë aanplantings wat in 5cm lank is. Herhaal minstens � `n Gelyk saadbed is belangrik Oktober geskied. twee keer met drie tot vier weke sodat plantdiepte egalig is. `n Indien baie mieliereste voorkom, tussenposes. Tot vyf bespuitings Onegalige saadbed kan operding moet dit verkieslik ingeploeg word mag soms nodig wees. veroorsaak wat tot oesverliese lei. � Boor kan elke twee jaar om siektes te beperk. � Maak seker die plant-rywydtes Gips kan ook voor planttyd met 100g boraks of 75g is dienooreenkomstig met die toegedien en vlak ingewerk word. Solubor/100l water met uithaaltoerusting aangepas. Die saadbed moet ferm en redelik blaarbespuiting toegedien word.

� Onkruiddoders word nou gespuit. Maak seker spuittenks is goed uitgespoel om moontlike onkruiddoderskade te verhinder.

Pekanneute

8



Mnr. Kolver M端lke en sy vrou, Marlize, met hul kinders, WG (5) en Lienke (2). 10

Foto: Tania Fourie


Aktueel Tania Fourie

Jongboer van die jaar gesels oor sy passie vir die landbou Mnr. Kolver Mülke, `n produsent van Douglas en aandeelhouer van GWK, is onlangs as Agri Noord-Kaap en Oranje Toyota se jongboer van die jaar aangewys. Kommuniek het by hom en sy vrou, Marlize, op die plaas gaan kuier om oor hul boerdery te gesels.

M

ülke het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Landboudal op Jacobsdal voltooi, waarna hy landboubestuur aan die Tegnikon Vrystaat gestudeer het. Hy het sy praktiese jaar by sy pa, mnr. Willem Mülke (GWK-direkteur), op die plaas voltooi, waarna hy hom ná voltooiing van sy kursus voltyds by sy pa aangesluit het. Mülke vertel dat hy van kleins af in die landbou belangstel en sy vakansies op `n trekker deurgebring het. “Ek is met `n trekker se stuurwiel in my hande gebore! Ek is passievol oor die landbou omdat ek myself nie heeldag met dieselfde ding besig hou nie. `n Mens werk elke jaar saam met die natuur en die seisoene en daarin lê sekere uitdagings. “Ek geniet my werk en is bevoorreg om iets te doen waarvoor ek lief is.” Mülke is baie positief oor die SuidAfrikaanse landbou. “As `n mens negatief is oor die landbou, kan jy maar jou grond verkoop. Hier lê vir

Mülke boer met koring, mielies, aartappels, uie en grondbone. Hy probeer goeie wisselbou in sy boerdery handhaaf. Foto: Conrad Borman ons interessante tye voor. Die wêreldbevolking groei elke dag en ons moet vir daardie mense voedsel produseer. “Dit is nie altyd maklik as `n mens die stand van sake in die regering en die politiek in gedagte hou nie, maar sodra `n mens `n negatiewe ingesteldheid ontwikkel, sal jou boerdery nie meer vir jou plesier verskaf nie.”

Mülke meen dat die beste benadering is om kennis te neem van wat in die land aangaan, maar om dit nie jou hooffokus te maak nie. “`n Produsent moet op sy boerdery fokus en dit tot die beste van sy vermoë doen”. Hy boer met koring, mielies, aartappels, uie en grondbone. “Ek probeer goeie wisselbou in my boerdery 11


handhaaf. Omtrent al my reste word weer in die grond teruggesit. Ek het daarom `n goeie wisselboustelsel. “Dit help ook om goeie oeste af te haal en nie heeltyd die grond uit te put met grasgewasse soos mielies en koring nie. Dit moet met ander gewasse afgewissel word om die balans in die grond terug te sit”. Mülke skryf sy sukses toe aan die feit dat hy lief is vir wat hy doen en passievol is oor sy boerdery, maar ook aan harde werk. “As `n mens nie hard werk nie, sal jy nie jou doelwit bereik nie. My resep is harde werk, `n bietjie geluk aan my kant en kennis oor hoe om risiko’s te bestuur. In enige boerdery moet `n mens sinvolle, ingeligte besluite maak. `n Mens moet kyk na jou insette en die beste produk moontlik lewer terwyl jy die beste saad, kunsmis en dienste gebruik.” Hy vertel dat hy gereeld GWK se dienste gebruik om sy boerdery tot sy volle potensiaal te bedryf. “Ons het te min water vir ons boerdery, so my skedulering moet goed wees. Al die probes in die land het `n reseptor wat deur die dag al die inligting aftrek en dit dan na my rekenaar stuur. “Ek laai elke aand hierdie inligting af en kan dan sien presies waar my lande se vog lê. Minstens twee maal per week boor ek die lande self met `n grondboor om vogvlakke te toets en seker te maak alles is reg.” Mülke meen dat dit baie belangrik is om goed ingelig te wees oor elke aspek van die boerdery. Die persoon wat vir my kunsmis verantwoordelik is, kom elke tweede week op my plaas om seker te maak dat die bemesting reg loop. Dan kom Hannes Hattingh, GWK se landboukundige, ook baie gereeld hier. Ek het amper elke week iemand op my plaas wat alles saam met my deurgaan en ek het ook kontroles in plek.” Wat die bemarking van sy graan betref, glo hy dat `n mens nie te gretig moet wees nie, maar die mark goed

Mülke hanteer die bemarking en verspreiding van die aartappels en uie wat hier verpak word. Foto’s: Conrad Borman moet dophou. “Ek weet wat my insetkoste is en hou die mark dop. As ek sien my prys is reg, bemark ek.” Die ondersteuning van sy gesin speel `n reuse rol in sy sukses. “Marlize staan my in die kantoor by en haal sodoende baie druk van my af. Ek kan kyk dat alles op die lande

reg is en sy hou die boeke reg!” Wat sy toekomsplanne betref, sal hy graag wil uitbrei en vernuwe. “Ek wil my boerdery vergroot tot op `n punt wat ek my boerdery kan hanteer en steeds genoeg tyd saam met my gesin kan deurbring. `n Mens moet `n fyn balans tussen jou werk en jou gesin handhaaf”.



Ons Besigheid

Dís nuus in die GWK-groep

W

oogmerk is om teen 1 Novemhoof van McCarthy Bpk. en skryelkom by hierdie afleber operasioneel te wees. Die wer van die boek Aan die stuur, wering van ons rubriek kantoor sal aanvanklik huidige sal as gasspreker optree. `n waarmee ons GWK en voornemende wildprodusente Damesprogram met die tema se aandeelhouers op hoogte hou ondersteun met inligting rakenHart en Soet sal tydens dié gevan die jongste verwikkelinge in die de die bedryf, asook skakeling leentheid aangebied word. GWK-groep. met die departement natuurbeDie country-groep Heuning sal � GWK het hande gevat met Wildwaring en veeartsenykunde. die dames met hul suikersoet life Ranching South Africa GWK se samewerking met WRSA stemme vermaak. (WRSA) Noord-Kaap en `n kansal ook op die 28ste Oktober � GWK sal in September, Oktotoor met `n administratiewe tydens `n wilddag op Langberg ber en November 2014 Korpobeampte beskikbaar gemaak buite Kimberley bekendgestel ratiewe Klantegespreksforums om die wildbedryf in die Noordword. in die onderskeie streke aanKaap en omgewing te diens. � GWK se Jaarvergadering vind op bied. Die tema van die geleentDie kantoor sal vanuit die nuwe 5 November 2014 by die Horseheid is Nuwe strategiese rigting GWK-kantoorgebou op die N12 shoe Motel in Kimberley plaas. vir GWK. Sien die artikel op bl. buite Kimberley bedryf word. Die Mnr. Brand Pretorius, afgetrede 19 vir datums. 14



R10 vir elke R100 wins word kontant aan aandeelhouers uitbetaal

GWK se totale wins word aan aandeelhouers uitgekeer

R90 van elke R100 wins word oor 15 jaar vir aandeelhouers gekapitaliseer

Kortings word verklaar op grond van die omset van die besigheid wat GWK-aandeelhouers met die maatskappy doen.

R1 van die R90 word in voorkeuraandele aan aandeelhouers toegeken en bepaal stemreg

GWK betree nuwe era met eerste rotasie van fondse

G

WK betree vanjaar `n nuwe era met die eerste 15 jaar-rotasie van aandeelhouersfondse. Produsente wat reeds die afgelope 15 jaar konstant met GWK sake doen, sal vanjaar `n kontantinspuiting ontvang. Dit is `n langtermyn belegging van aandeelhouers wat dan voortaan jaarliks `n kontant-opbrengs vir 16

aandeelhouers sal oplewer. Volgens mnr. Johann Klopper (Finansiële Direkteur) is kortings verder weer soos in die verlede verklaar op grond van die besigheid wat produsente met GWK gedoen het. Klopper verduidelik dat R10 vir elke R100 wins kontant aan aandeelhouers uitbetaal word. R90 hiervan word vir 15 jaar vir aandeelhouers gekapitaliseer. R1 hiervan word in die vorm van

voorkeuraandele aan aandeelhouers toegeken en bepaal stemreg (sien ook die infografika hiernaas). “Vanjaar se kortings van R117.9 miljoen word verdeel per GWK-besigheid volgens die besigheid wat produsente met daardie besigheid gedoen het.” “GWK bedank graag al ons klante en aandeelhouers wat die afgelope finansiële jaar tot die maatskappy se groei en sukses bygedra het”.



depositphotos

Ons Besigheid

Nuwe strategiese rigting vir GWK op gespreksforums bespreek

G

Spies (Besturende Direkteur). WK nooi graag ons ge- Die tema vanjaar is Nuwe stratewaardeerde klante en giese rigting vir GWK. Spies sê die aandeelhouers om strategiese pilare vir die toekomssaam met die bestuurspan en divisie van GWK sal onder meer met reksie aan gesprekvoering oor die aandeelhouers bespreek word. toekomsplanne vir ons maatskappy deel te neem. Die program vir die forums sluit in: Die doel van dié gespreksforums � Gesprekvoering oor GWK se wat in September en Oktober in die toekomsplanne; onderskeie streke aangebied word, � Aandeelhouersvoordele en is om `n interaktiewe geleentheid te GWK se kortingsbeleid; en skep waar ons saam oor die strate- � Geleentheid aan aandeelhouers giese rigting van ons maatskappy om insette te gee. kan besin. “Die gespreksforums bied ook aan Elke gespreksforum word afgesluit my die geleentheid om GWK se met `n geselligheid waartydens aandeelhouers in die verskillende GWK se bestuurspan en direksie instreke te ontmoet,” sê mnr. Pieter formeel met aandeelhouers kan ge18

sels en saam aandete kan geniet. Die datums vir die gespreksforums word op bladsy 19 aangedui. Bevestig asseblief u teenwoordigheid deur Wilna Richter (086 149 5111 of diens@gwk.co.za) te kontak. U teenwoordigheid is belangrik. Moet dit asseblief nie misloop nie. Navrae John Bell 076 430 5615 Marika Badenhorst 053 298 8358 Wilna Richter 086 149 5111


Datums vir Klantegespreksforums, September tot November 2014.


Mnre. Pietertjie Williams (Masjien-operateur), Johan Fourie (Bedryfshoof: Pekanneute), Franswa Weyers (Fabrieksbestuurder) en me. Beanca Steyn (Fabrieksadministrasie) by die pekanneut-aanleg wat vier weke gelede in gebruik geneem is. Foto’s: Tania Fourie

Spesialisprodukte

Nuwe pekanneut-aanleg op Douglas nou in volle werking

G

WK is besonder trots op die nuwe pekanneutaanleg op Douglas wat nou in volle werking is. Die aanleg het die kapasiteit om ses ton pekanneute per uur te verwerk. Op die oomblik hanteer die aanleg elke produsent se bondel afsonderlik, wat die verwerkingsproses verstadig. Gemengde kultivars verstadig ook die proses aangesien die neute geskei

moet word. Wanneer hierdie kleiner bondels verwerk word, is die aanleg se kapasiteit ongeveer 2.5 ton per uur. Die aanleg is reeds vier weke aan die gang. Volgens mnr. Johan Fourie (Bedryfshoof: Pekanneute) verwerk die aanleg op die oomblik pekanneute uit stoorsakke aangesien lewerings gedoen is voordat die aanleg voltooi is. “Ons is baie opgewonde om te sien

hoe die aanleg gaan funksioneer wanneer produsente hul pekans in losmaat kom lewer.” Volgens Fourie is mnr. Franswa Weyers (Bedryfshoof: Droging en Opberging) nou in beheer van die aanleg en bestuur hy dit uiters professioneel en effektief.


Die pekanneute word in die aanleg verwerk, gesorteer en gesak.

HOU BY DIE REËLS... Rentmeesterskap beteken om die beste tegnologie oor te dra na die volgende generasie – dit is waarom 'n toevlugsarea aangeplant moet word.

uppe marketing A11406

Oes die voordele van Genuity® Yieldgard® II tegnologie en plant jou toevlugsarea aan!

Monsanto, Genuity® en YieldGard® II is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

Tel: +27 11 790-8200 Faks: +27 11 790-8350 www.monsanto.co.za


Versekering

GWK Versekering innoveer met die jongste tegnologie

G

van nood gebruik kan word om hulp WK Versekering innoveer te ontbied. deur die jongste tegnolo- Die oorskakeling van GWK-klante na gie met die bekendsteldie toepassing sal vanaf 1 Oktober ling van `n slimfoon-toepassing. 2014 begin. Die toepassing bied `n draagbare Klante sal `n brief met besonderhede oplossing vir klante se versekeringsontvang. behoeftes. Sou `n klant nie belangstel nie, kan Funksies sluit onder meer die neem hy sy makelaar in kennis stel. So nie van foto’s vir eise, aflaai van dokusal klante outomaties die aktiveringsmente en bestuur van die klant se kode ontvang om te registreer. versekeringsportefeulje in. Die toepassing kan van die aanlynDie hooflid van die polis sal toegang winkel afgelaai word deur “GWK hê tot al die besonderhede van die Connect” te soek. polis, terwyl die res van die gesin die Hierna kan klante registreer deur die volledige funksionaliteit kan gebruik volgende proses te volg: om `n eis aan te meld. Die hele gesin sal ook toegang hê Registrasie tot `n paniekknoppie wat in geval � Kliek op Register Account.

� Voer u selfoonnommer in. � Voer die maatskappykode in – “GWK”. � Skep `n unieke wagwoord. � Bevestig die wagwoord. � Kliek op Register. Aktivering � Die klant sal `n SMS met `n aktiveringskode ontvang. � Aanvaar asseblief die terme en voorwaardes. � Voer die aktiveringskode in. Kontak gerus u GWK-makelaar om die volledige funksionaliteit van die toepassing aan u te demonstreer, asook om bystand te verleen sou enige onsekerheid bestaan.


depositphotos

Versekering

Willem Kruger Finansiële Adviseur

GWK Versekering stel begrafnisskema bekend

D

ie gebrek aan die nodige geld om `n familielid te begrawe, is vir talle mense `n werklikheid. Werkgewers in die landbou moet dikwels geldelike bystand aan hul werknemers gee in hierdie verband. In die proses word groot lenings aangegaan wat moeilik terugbetaalbaar is. Begrafnispolisse is die voor die hand liggende antwoord op hierdie probleem, maar weens hoë premies en

toenemende wantroue in die bedryf, wonder werkgewers dikwels of dit die moeite werd is. GWK het die probleem ondersoek en is trots om ons nuwe begrafnisskema aan produsente bekend te stel. GWK se begrafnisskema hou die volgende voordele in: � Ons bied `n produk wat die werkgewer kan vertrou. � Bekostigbare premies. � Uitmuntende diens. � Volle bystand met programme, eise ens.

� GWK-lede kan deur hul rekenings betaal. � Die werkgewer is in beheer van sy skema en uitbetalings. Kontak gerus GWK se finansiële adviseurs vir meer besonderhede: Willem Kruger WillemK@gwk.co.za 082 490 9680 Joseph Pelster josefp@gwk.co.za 082 883 4474 23


Mnre. Andrew Kesiamang (ontwikkellaar van The Palms Residential Village), Wim van Rooyen (Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte), mev. Cecile Duvenhage (Bestuurder: GWK Properties) en mnr. Willie Meyer (Uitvoerende Bestuurder: Veilings en Properties) by die bekendstelling. Foto: Tania Fourie

Properties Tania Fourie

Nuwe ontwikkeling sal werk skep vir mense in Kimberley

G

WK Properties het onlangs tydens `n glansgeleentheid in Kimberley `n nuwe ontwikkeling bekendgestel. The Palms Residential Village, waarop GWK Properties die alleenmandaat bekom het, word op die hoofpad na Douglas ontwikkel. “Jy sal nêrens `n meer toegewyde eiendomspan as dié van GWK Properties vind nie,” het mnr. Wim van Rooyen (Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte) tydens die bekendstelling gesê. Hy het mnr. Andrew Kesiamang (ontwikkelaar) vir die vennootskap bedank en gaste verseker dat 24

hulle saam `n groot sukses van die ontwikkeling gaan maak. Volgens Kesiamang is die groei wat Kimberley op die oomblik ervaar die rede vir die behoefte aan `n ontwikkeling soos dié. “The Palms is tot dusver die grootste residensiële ontwikkeling in Kimberley en `n groot behoefte bestaan aan deeltitel-eenhede soos wat hier beskikbaar sal wees. The Palms sal `n idilliese woonplek wees vir kopers wat hul eerste huis koop, wat die eenhede wil verhuur, asook vir jong gesinne.” Kesiamang meen dat Kimberley ook by die ontwikkeling sal baat wat werkskepping betref. Ons beplan om

60-70% van die boumateriaal vir die ontwikkeling plaaslik aan te koop en só geld in Kimberley en sy gemeenskap te belê. Werkskepping sal ook plaasvind ten opsigte van personeel wat in die leefstylsentrum of as sekuriteitswagte in die ontwikkeling sal werk. “Wat die konstruksie betref, verwag ons om meer as 150 mense in die eerste fase in diens te neem, wat maklik na 300 kan verhoog. Dit beteken dat sowat 300 mense vir `n minimum van twee en `n halwe jaar gewaarborgde werk sal hê.” Belangstellendes kan Cecile Duvenhage (Bestuurder: GWK Properties) by 053 832 0734 kontak.



conrad borman

Spesialisprodukte

Renier du Raan – Landboukundige, Jan Kempdorp Richard Smit – Tegnikus, Jan Kempdorp

Gevorderde programme vir skedulering op pekans gebruik

P

rodusente besef reeds lank­al die belang van wa­ter­ske­dule­ ring op kontantge­was­se en dus is dit `n algemene prak­tyk. Die be­lang­rik­heid van be­sproei­ing­ ske­du­lering van spe­sifiek pe­kan­neut­ bo­me is tot baie onlangs oor die hoof ge­sien. Waterskeduleringsmetodes het oor die jare aansienlik tegnologies ge­ vor­der; van die tensiome­ter, tot die neu­tron­vog­meter, tot die he­den­daag­ se grond­vog­peilstif ("soil moisture probe"), wat op `n ka­pa­si­tan­siebasis werk om die hoe­veel­heid water (of 26

ten­dense van wa­ter­beweging) in die grond te meet. He­den­daagse peilstif­ te meet nie net wa­ter nie, maar ook grond­tem­pe­ra­tuur, wat van groot belang is. Die programme is ook baie gevorderd wat besproeiingsaanbevelings be­tref, met die insluiting van weer­ voor­spellings en AVA (atmosferiese verdampingsaanvraag), wat dit net soveel meer akkuraat maak. GWK het besef dat ons meer sal moet doen om die pekanneut­pro­du­ sente ten opsigte van besproeiing­ske­ dulering te help. Tydens die proses om meer kennis in

te samel, is daar met die Universiteit van Pre­toria, so­wel as met Netafim, oor die onderwerp gesels. Kenners van Ne­tafim is gekry om te help met die instelling van die program volgens die tipe be­sproeiing, wat beïnvloed word deur verskeie faktore soos grondsoort en wortelontwikkeling. Aangesien die invloed van wortel­ ont­wik­keling op gewasse dikwels on­der­skat word, is geleer dat die be­ sproei­ing by die boom se wor­telstel­sel aan­gepas moet word. Dit help nie daar is net in die eerste 450 mm van die profiel haar­wor­tels


en ons wil 800 mm besproei nie (sien Figuur 1). Al die suurstof kan uit die grond verplaas word en voeding­stow­ we kan geloog word tot op `n punt waar die wortels dit nie kan bykom nie. Dis ook belangrik om te besef dat ons eintlik die suurstof in die grond, en nie water nie, bestuur. Wat hier­mee be­doel word, is dat mens die so­ne rondom die wortels so lank as moont­lik aan `n aëro­biese omgewing moet blootstel sodat optimale voe­dingsopname deur die wortels kan plaasvind. As mens ook meer aërobiese toestande in die grond het, sal die vatbaarheid van die boom vir siektes baie laer wees. Tydens die besproeiing van boorde is dit belangrik om te weet wat die

Figuur 1. Profielgat in boord met druppers (wortelsone 400-450 mm diep).

Figuur 2. Boordinspeksie

spe­sifieke waterbehoefte van daar­die bo­me is. `n Verskeidenheid van in­lig­ ting word benodig voordat be­sproei­ ings­be­planning gedoen kan word. So by­voor­beeld moet die pre­siese spe­ si­fi­kasies van die besproeiingstelsel in ge­bruik verkry word (toedienings­

tempo van stel­sel per uur, ensomeer, sien Fi­guur 3). Profielgate word gemaak en daar word na die wortels gekyk (hoe­veel­heid wortels in die besproei­ingsone, gesondheid van die wortels, beperken­de lae in die profiel, soor­te gronde, diep­te van watertafel

Figuur 3. Voorbeeld van die program wat gebruik word. 27


28

Gemiddelde daaglikse evapotranspirasie en transpirasie (mm / dag)

Okt

Nov Des Jan Transpirasie (mm / dag)

Feb Mrt Apr Mei ETo (mm / dag)

Jun

Figuur 4. ETo en transpirasie gemeet oor verskeie maande.

T = 947 mm ET = 1149 mm ETo = 1185 mm

(mm / dag)

en ouderdom van die bome - "canopy"-grootte). Nadat al die data ingesamel is, word die data in `n program ge­lees wat dan `n riglyn gee van hoe be­sproei moet word. Die nodige op­stel­lings word dan in die skedule­rings­program (Irricheck) gedoen (sien Figuur 3). Navorsing het bewys dat die ge­mid­ delde watergebruik of evapo-transpi­ ra­sie vir pekanneute van Oktober 2009 tot Junie 2010 tussen 4.28 mm/dag in November en 1.30 mm/dag in Junie wis­sel (Figuur 4: Grafiek van ETo en T vir verskillende maande). Tydens die spitsseisoen ge­bruik elke boom gemiddeld 300 l per dag, maar op baie warm dae (soos ons in die 2013-seisoen gehad het) is die bome in staat om tussen 500 l tot 600 l per dag te gebruik (dr. Nicky Taylor en prof. John Annandale, UP). Waterverbruik word grootliks bepaal deur die energie wat in die atmosfeer be­skikbaar is om wa­ter van die blaar­op­per­vlak te laat verdamp. Dit word deur die gemiddelde daag­likse ETo-waar­des weerspieël. Die watergebruik van bome word ook deur die hoeveel­heid blaar­op­ per­vlak van die bome be­ïn­vloed. Dus verskil die wa­tergebruik van bome na­mate die sei­soen verloop; van die ontwikkeling van die blare in Oktober tot die bome die blare in Junie begin afgooi (dr. Nicky Taylor en prof. John Annandale, UP). Volgens navorsing, wat deur dr. Nicky Taylor ge­doen is, is die gemiddelde watergebruik ETo in Vaalharts 1 185 mm/jaar (sien Figuur 5 en 6). Die vraag ontstaan: Het ons in hierdie verskriklike hitte, wat ons in Desember tot Februarie gehad het, die bome van 500 l tot 600 l water per boom voor­sien? (`n Boord gebruik op `n warm dag dus on­geveer 6 mm /ha/dag met `n 10 m x 10 m-ry spa­ siëring.) Met laasgenoemde in ge­dagte, moet die pro­du­sent seker maak dat daar aan die daaglikse wa­ter­behoef­tes van

Okt

Nov

Des

Transpirasie

Jan

Feb

Mrt

Evapotranspirasie

Apr

Mei

ETo

Figuur 5. Verwagte watergebruik in Vaalharts. pe­kan­neute vol­doen gaan word, veral waar ka­naal­stel­sels binne ske­mas ge­ bruik word. Neem ook in aan­mer­king dat die wa­ter­ta­fels in hierdie stadium `n groot by­drae tot die water­gebruik van die bome kan maak. Hier­die voordeel kan defi­nitief ver-

dwyn soos wat die bo­me in Vaalharts groter word. Wanneer beplanning gedoen word, moet pro­du­sente ook onthou dat die meeste bome in die Vaal­hartsgebied van­weë hul ouderdom nog nie optimaal water ge­bruik nie.


Neem ook in ag dat die water­kwota oor `n jaar versprei is en dat pe­ kanneute se waterbehoefte nie oor `n jaar versprei is nie. Langter­myn­ beplanning is dus no­dig vir hierdie uitstekende langtermyngewas. Waterskedulering is uiters belangrik indien ons goeie oeste en gesonde pekanneutbome wil verkry. Die ou spreekwoord geld by besproeiingskedulering van pekanneutbome, naamlik om te meet, is om te weet. GWK-skedu­leringsdienste doen moei­te om seker te maak dat ons pekanneut­produsente op `n volhoubare manier produseer. Verwysings � Dr. Nicky Taylor en prof. John Annandale (Universiteit van Pretoria). � Chris Malan (Netafim SA). � Pekans SA (Somani Z, Bawazir S, Skaggs R, Lomgworth J, Pinon A, Tran V. 2011. A simple

Okt

Nov

Des

Jan

Feb

Mrt

Apr

Mei

Figuur 6: Verwagte watergebruik in Vaalharts (mm/dag) vir volgroeide bome. irrigation scheduling approach for pecans. Journal of Agricul-

tural Water Management 98: 661-664).


Presisieboerdery

Hennie Cloete Landboukundige, Kimberley

Mikorhizas kan opbrengste by mielies en sojabone verhoog

D

ie voedingswortels van die meeste blomplante wat in die natuur voorkom, is ge­ woonlik deur `n simbiotiese swam besmet wat nie wortelsiektes veroorsaak nie, maar eerder voordelig vir die plant is. Hierdie besmette wortels word omskep in unieke, morfologiese strukture, wat as “swamwortels” be­ kendstaan. Mikorhiza, wat normaalweg algemeen op voedingswortels van bome voorkom, speel ook `n baie groter rol by voeding van ander plan­te as wat algemeen aanvaar word.

Figuur 1. Die verskil tussen `n ek­ to­mi­korhiza aan die linkerkant en `n endomikorhiza aan die regterkant (www.nature.com). 30

Hierdie swamme vergroot die wort­elop­pervlak van die plant, wat daar­toe lei dat die wortels `n groter volu­me grond bereik. Dit veroorsaak dan dat beter water-, nutriënt- en mine­raalopname plaasvind, wat dan tot opbrengsverhogings kan lei. Maar is dit werklik die geval? Hierdie fungi word basies in twee hoofsoorte verdeel, naamlik ektoen endomikorhiza (Figuur 1 dui die verskille tussen hierdie twee aan). Die belangrikste een wat van toepassing is, is die endomi­korhiza, omdat ektomikorhizas meestal slegs in reënwoude voorkom.

Endomikorhizas Hierdie groep is by verre die alge­ meen­ste en belangrikste groep Mi­ korhizas. Hoewel dit lyk of daar geen Mi­ korhizas op die wortel teen­woor­dig is nie, groei die swam in die kor­ teks­selle van die wortels in. In die kor­teks­selle vorm groot ve­si­kels, wat dan die nutriënte en mine­rale af­koms­tig van die res van die swam, wat bui­te die wortels leef, stoor. Hierdie swamme verbeter die plant se groei en ontwikkeling omdat beter water-, mineraal- en nutriënt­ op­name verkry word.

Figuur 2. `n Voorstelling van hoe `n endomikorhiza lyk (www.nature.com).


Behandeling

Graanmassa per lot (kg)

100-pit massa

Tabel 1: Die invloed van inenting deur Mikorhiza- en Rhizobium-bakterieë op die opbrengs van sojabone (Bagyaraj et al.,1978).

Figuur 3: Die verskillende opbrengste wat by die sojaboondemonstrasie verkry is.

Figuur 4: Die verskillende opbrengste wat by die mie­lie­demonstrasie verkry is.

nie, maar ook die wa­terstoorvermoë van die wortels ver­beter, omdat die swam self van die water kan stoor. Soos gesien in Bagyaraj et al. se stu­dies in Tabel 1, blyk dit ook dat fos­faat en stikstofopname by peul­ plan­te verbeter. Dit is verder belangrik om hier Voordele daarop te let dat Mikorhizas alleen Soos reeds genoem, verbeter die wa­ter-, mineraal- en nutriëntopname nie `n groot invloed gehad het nie, van die plant, wat dan veronderstel maar wel toe Rhizobium-bakte­rieë is om tot `n groter biomassa, of in saam met Mikorhizas bygevoeg is. Hierdie kombinasie het uitste­kend ons ge­val beter oeste, te lei. Uit vorige stu­dies deur Safir et al., ge­vaar, met die opbrengste wat is dit ook be­wys dat die sojabone, daar­voor kan getuig. wat deur Mi­korhizas besmet was en Mikorhizas help ook dat die plant meer teen wortelsiek­tes soos Phywaterstrem­ming ervaar het, beter tophthora, Pythium en Fusa­rium, gedoen het as soja­bone wat ook waterstremming er­vaar het, maar asook teen nematodes, be­skerm is. `n Groot voordeel van hier­die nie deur Mikorhizas besmet was Mikorhizas is dat dit soos enige annie. der swam self kan voortbestaan, verDit wil dan sê dat hierdie Mikorhizas nie net waterop­name verbeter al in no-till-stelsels, waar die grond Die plant is ook beter beskerm teen ander parasitiese wortelswamme soos Phytophthora, Pythium en Fusarium, asook teen nematodes. Figuur 2 is `n voorstelling van hoe `n endomikorhiza lyk.

minimaal versteur word. Hierdie Mikorhizas is maklik beskikbaar en relatief goedkoop. Nadele Dit is ook belangrik om in gedagte te hou dat, net soos by Rhizo­biumbakterieë, spesifieke spesies ook op spesifieke gashere kan voorkom. Dit beteken dat `n spesifieke spesie wonderlik op sojabone sal werk, maar glad nie `n mielieplant sal be­ smet nie. Sommige spesies het wel ook `n wye reeks gashere. Hierdie spesies word meestal in die landbou gebruik. Maak dus se­ker dat wanneer die besluit geneem word om Mikorhizas te gebruik, die spesie met die gas­ heer verenigbaar is. Wanneer die plant strestoes­tande ervaar, kan die Mikorhiza parasities 31


van aard optree en die plant tot `n verdere mate stres of selfs dood.

van die gashere teenwoordig was.

Gevolgtrekking Doel van die demonstrasie Die resultate van hierdie demonDie neiging na `n meer holistiese strasie lyk baie belowend. be­nadering in boerderypraktyke Die opbrengste van die so­ja­bone, word al hoe meer nagestreef en dus sowel as die mielies, was beter as is die vraag dikwels of dit die moeite die kontroles, maar verdere proewe werd is om sogenaamde bugs in (statisties) sal gedoen moet word om gron­de te probeer kry. meer sekerheid te kry. Tydens die 2013/2014-seisoen, is Die Mikorhizas is maklik verkrygin die GWK-bedieningsgebied met baar en relatief goedkoop en proMikorhizas geproef (op `n de­mon­ dusente kan dit gerus self beproef. strasie­basis), om te probeer vas­stel Onthou om `n kontrolestrook oop of werklike opbrengsverho­gings te hou! plaas­vind. Die wêreld beweeg al hoe meer in Demonstrasies is op twee ge­was­se, `n biologiese rig­ting en dit is tyd dat naamlik sojabone en mie­lies, ge`n mens ook begin saambeweeg, doen. al is dit net met klein treetjies op `n slag. Metodiek Die saad is met Mikorhiza-spore in Bedankings die saadbakke behandel en in `n Baie dankie aan mnre. Johan van strook geplant. Rensburg en Kolver Mülke op wie se plase die onderskeie proewe geResultate doen is. ot Die volgende resultate is op die mie­lies en sojabone verkry: Volgens die sojaboondemonstrasie is daar `n 400 kg-opbrengsverskil tussen die nie-behandelde kontrole­ groep en die behandelde gedeelte (sien Figuur 3). Dit wil sê dat as die sojaboonprys R5 000/ton is, `n R2 000 per hektaar verbetering voorkom. Dit is dus `n 6.25%-verbetering op opbrengs by die sojabone. Selfs by die mielies was daar `n we­ senlike verskil in die opbrengs, on­ ge­veer 600 kg/ha (sien Figuur 4). Dit wil sê dat `n 4.2%-verhoging in opbrengs by die mielies voorgekom het. Tydens die seisoen kon geen verskille met die oog by die sojabone en mielies waargeneem word nie. Aangesien hierdie Mikorhizas ook endomikorhizas was, kon hierdie swamme ook nie met die blote oog gesien word nie, maar tydens die laboratorium-ontleding is vasgestel dat Mikorhizas wel op die wortels 32

Verwysings � Agrios, G.N, 2005, Plant Pathology, Fifth edition. � Bagyaraj, D.J., Manjunath, A., and Patil, R.B., 1978, Interaction between a vesicular-arbuscular mycorrhiza and Rhizobium and their effects on soybean in the field. � Ross, J.P. , 1971, Effect of phosphate fertiilization on yield of mycorrhizal and nonmycorrhizal soybeans � Ross, J.P. and Harper, J.A. , 1970, Effect of Endogyne Mycorrhiza on Soybean yield � Safir, G.R., Boyer, J.S. and Gerdemann, J.W., 1971, Nutrient status and mycorrhizal enhancement of water transport. � Whalen, J.K. and Sampedro, L.,2010, Soil ecology & Managment.



gerhard steenkamp 34


Navorsingsverslag André Prins Bestuurder: GWK Navorsing

Groeireguleerders toon positiewe opbrengsreaksie by koring GWK se navorsingspan beywer hulself om produsente se oesopbrengste deur gehalte-navorsing te verbeter. Proefnommer: KOR/PRS/FK/10/035, KOR/JCD/FK/10/036, KOR/DGS/ FK/10/037, KOR/PRS/FK/11/041, KOR/JCD/FK/11/043 Doel van die proef Die kosteknyptang in die kleingraan­ bedryf verplig produsente om na maksi­mum opbrengste te mik. Een van die me­todes om opbrengste te probeer verhoog, is om meer voeding­stowwe toe te dien. Die verhoging in voedingstowwe kan aanleiding gee tot geiler plante met

swak­ker stamme. Die swakker stamme en swaarder oes (gro­ter are) veroor­saak dat omval onder se­kere toestan­de voorkom. Die probleem word opgelos deur teling van spesifieke kultivars (korter en sterker stamme) of produsente kan groeireguleerders gebruik om stam­ver­lenging te beperk. `n Reeks proe­we is uitgelê om die effek van die groei­re­gu­leerders, wat op die oomblik in die mark be­skik­baar is, te toets. Materiaal en metodes In 2010 en 2011 is proewe op drie gebiede met rooi leemsand by Marydale, Plooysburg en die Rietrivierske­ ma uitgelê. Verskillende besproeiings­

Behandelings Bespuitings Kontrole Behandeling 1

Behandeling 2 Behandeling 3 Bemesting Standaard bemesting Standaard + bykomende bemesting

Kombinasie tussen bespuiting en bemesting Geen bespuiting met groeireguleerders Gst 5 - 600 mℓ CeCeCe / ha Gst 10 - 600 mℓ CeCeCe / ha Vlagblaar (Gst 15) - 900 mℓ CeCeCe + 780 mℓ Ethapon/ha Gst 10 - 1100 mℓ CeCeCe / ha Vlagblaar (Gst 15) - 1000 mℓ CeCeCe + 780 mℓ Ethapon/ha Vlagblaar (Gst 15) – 2100 mml CeCeCe 240N, 40P, 26K kg/ha Standaard + (58 N, 6P, 29 K) kg/ha

Tabel 1: Behandelings om effek van groeireguleerders te evalueer. 35


Fig. 1: Effek van addisionele bemesting op koring kultivars is geëvalueer. Bemesting op die bykomende bemestingspersele is op drie weke ná opkoms met onder­ skeidelik 58 kg N/ha, 6 kg P/ha en 29 kg K/ha verhoog. Groeiregu­leer­der-­bespuitings is met chloormekwat­chloried (CeCeCe 750) en etafon (ethaphon) gedoen. Die skedule­ring van bespuitings word in Tabel 1 aangedui.

110%

90% 80% 70%

Steenbras

SST 877

SST 843

SST 835

SST 826

Olifants

Gst 5/10/15

Gemiddeld

Kontrole

Krokodil

Buffels

50%

Kariega

60%

Duzi

Prestasie van proefgemiddeldes

100%

Figuur 1. Die effek van addisionele bemesting op koring.

Fig. 2: Invloed van groeireguleerders op koring

120%

Resultate: Effek van byko­men­de kuns­mis sonder groei­regu­leerderbe­spuitings. Die opbrengs tussen kultivars is ontleed volgens die voordeel wat deur by­ko­mende bemesting verkry is. Die effek van die aanvullende kunsmis het `n opbrengs­verhoging van 6.8% tot gevolg gehad. Kultivars soos Krokodil, Oli­fants, SST 835, SST 843 en Steenbras het die bes­te toename in opbrengs getoon, terwyl Kariega en SST 826 `n laer opbrengs gerealiseer het. Die laer opbrengs kan hoofsaaklik aan omval toegeskryf word.

Prestasie van proefgemiddeldes

110% 100% 90% 80% 70% 60% 50%

STD Bemes Kontrole

Gst 5/10/15

Plus Bemes Gst 10/15

Figuur 2. Die invloed van groeireguleerders op koring.

36

Gst 15

Resultate: Gemiddelde effek van groei­reguleerders. Figuur 2 dui die gemiddelde reaksie van koring op bespuiting van groei-­ re­gu­leer­ders aan. By die standaard bemesting het drie bespuitings die op­brengs met 14% verhoog, terwyl een en twee be­ spuitings `n 6% verho­ging ge­toon het. By die aanvullende bemesting is `n gro­ter reaksie van 20% by drie be­spui­tings, teenoor 10% en 6% by twee en een bespuitings onderskeidelik, waar­geneem. Resultate: Reaksie van kultivars met drie bespuitings van groeireguleer­ders. Die effek van die drie bespuitings by die bykomende bemesting is op die ver­skillende kultivars ontleed (Figuur 3). Die grafiek toon dat meeste kultivars po­sitief gereageer het. Kariega en Oli­fants het die beste reaksie op bespuiting getoon met


Fig. 3: Invloed van groeireguleerders op koring verhogings van 32% en 31% onderskeidelik.

120% 110% 100% 90% 80% 70%

Steenbras

SST 877

SST 843

SST 835

SST 826

Olifants

Krokodil

Kariega

50%

Duzi

60%

Buffels

Prestasie van proefgemiddeldes

Ekonomiese evaluering Ekonomiese evaluering van die data is met `n opbrengsmikpunt van 8 ton /ha, insetkoste van R13 050/ha en `n koringprys van R3 322/ton gedoen. Die bykomende koste van die bespui­tings, asook die toegevoegde kunsmis is in berekening gebring. Vanuit Figuur 4 is dit duidelik dat drie bespuitings voordelig was. Die kos­te-implikasies van die ander bespuitings was met die genoemde insetkostes in die algemeen negatief.

130%

Wins (Rand per hektaar)

Aanbeveling Kontrole Gst 5/10/15 As produsente daarna mik om maksimum-oeste te produseer, kan opbrengs ver­hoog word deur die Figuur 3. Die invloed van groeireguleerders op koring. Fig. 4: Ekonomie van groeireguleerders op koring bemestingsprogram te optimaliseer. `n Gevaar bestaan egter dat die koring kan omval, wat weer die voor­deel van die hoër bemesting kan neu­traliseer. 12000 As hoër bemestingspeile toegedien word, kan die produsent ver­seker dat 10000 die plante regop bly deur groeireguleerders te gebruik. 8000 By die meeste kultivars is die grootste voor­deel in die gebruik van reguleer­ 6000 ders ge­vind waar drie bespuitings deur die sei­soen gedoen is. 4000 Dit is belangrik dat etafon nie vroeg gespuit kan word nie. Om residue te 2000 voorkom mag CeCeCe nie later as sewe weke voor oes gespuit word 0 nie. STD Bemes Plus Bemes Dit is van die grootste belang dat die gebruik van groeireguleerders met u Kontrole Gst 5/10/15 Gst 10/15 Gst 15 landboukundige bespreek word. GWK Beperk se direkteure en hul Figuur 4. Die ekonomie van groeireguleerders op koring. werknemers, agente, vrywilligers en assistente sal nie aanspreeklik wees vir enige eis van welke aard ook al teenoor enige produsent, gebruiker of leser van hierdie data weens skade veroorsaak deur die gebruik van die data nie. Data is hoofsaaklik vir gebruik deur opgeleide landboukundiges van GWK en Sidi Parani. 37


Veilings Tania Fourie

Sterk veekundige agtergrond en kennis is krities vir sukses

G

WK Veilings se sukses kan toegeskryf word aan die sterk veekundige agtergrond en kennis van die afslaers. Só sê mnr. Willie Snyman (Bamarkingsadviseur: Stoetvee). Hy verduidelik dat hierdie besigheid van GWK gesamentlik 30 tot 40 jaar se veekundige agtergrond het. “Die mense wat by GWK Veilings betrokke is, het werklik `n wye kennis van die meeste bees- en skaaprasse. Dit strek tot voordeel van GWK, sowel as die kliënt, aangesien ons die beste moontlike raad aan ons kliënte kan gee.” Snyman vertel dat GWK Veilings die benadering van “die kliënt kom altyd eerste” tot op die letter probeer uitleef. “Goeie en vinnige diens is van die uiterste belang en ons streef daarna om nooit leë beloftes aan ons kliënte te maak nie. Snyman verduidelik dat GWK Veilings personeel in plek het om enige veiling so glad as moontlik te laat verloop. “Ons het die infrastruktuur om twee groot veilings op `n dag te hou sonder dat die een die ander beïnvloed”. Produsente wil ook dikwels hul veilings op hul plase hou. Dan moet die infrastruktuur geskep word om dit so 38

Snyman verduidelik dat die verkoper se primêre doel in die veiling die bemarking daarvan is. GWK Veilings se doel is om die veiling suksesvol af te handel. “Ons staan produsente met hul bemarking by. Omdat ons baie kontakte in die stoetbedryf het, kan ons produsente help om hul veilings te bemark. “`n Groot voordeel van ons besigheid is dat ons die meeste van ons kliënte persoonlike ken. Niks is beter as persoonlike kennis en `n goeie Mnr. Willie Snyman (Bamarkingsadviverhouding met kliënte nie.” seur: Stoetvee). Hy vertel dat boerdery nie meer net professioneel en suksesvol as moont- boer is nie, maar dat `n mens prolik aan te bied. Krale en tente word dusente van raad moet kan bedien. opgerig om vir die produsent die “Ons moet hulle kan bystaan. Die beste fasiliteite te bied en `n topveifeit dat verskeie professionele mense ling te hou. die afgelope tyd in die boerdery be“`n Opgeleide span werkers, waar- trokke geraak het, maak ook `n vervan die meeste al sedert 2000 perskil. Sommige van hierdie produsente manent in diens van ons besigheid is, het nie al die veekundigheid nie. Ons hanteer die vee by ons veilings. staan hulle met veekundige agter“Hulle weet hoe om met die diere te grond en kennis by.” werk, wat vir ons van kritiese belang Integriteit en dienslewering is ononis. Dit is dikwels `n stresvolle situaderhandelbaar vir GWK Veilings, sê sie vir die diere en ons personeel is Snyman. toegerus om sulke situasies te han“Ons gaan van krag tot krag en skryf teer. dit toe aan ons uitstekende diens. Dit “Op hierdie manier het die produveroorsaak dat kliënte, sowel as buisent ook die gemoedsrus dat sy diere testaanders, met GWK wil besigheid in goeie hande is.” doen.”


e w Nu kendstelling

e b k u d Pro

Ontbyt in ‘n japtrap!

Westra is ’n filiaal van TEL: 053 441 2231 • FAKS: 053 441 2690 STASIESTRAAT • CHRISTIANA • 2680


Mnre. Wim van Rooyen (Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte), Lardus van Zyl (voorsitter van die Nasionale RPO) en Koos van der Ryst (GWK-direkteur en ondervoorsitter van die RPO).

Georganiseerde Landbou Carien Grobler

Verhoogde produksie nou kardinaal vir vleisprodusente

R

belangrik is om hierdie status ten alle ooivleisprodusente van oor koste te behou en dat die RPO alles die land heen het onlangs die in sy vermoë doen om die owerhede 25ste jaarkongres van die Na- hieroor by te staan. sionale Rooivleisprodusente-organiVolgens Van Zyl sal die internasiosasie by die Windmill Casino in nale organisasie vir dieregesondheid Bloemfontein bygewoon. (OIE) later vanjaar weer `n inspeksie Mnr. Lardus van Zyl het in sy voorvan Suid-Afrika se veeartsenykundige sittersrede die herwinning van die dienste doen. land se status as bek-en-klouseer-vrye “Dit is belangrik dat ons huis in orde sone as `n hoogtepunt vir die afgesal wees en sal bly.” lope jaar beskryf. Van Zyl het daarop gewys dat proHy het daarop gewys dat dit uiters dusente meer rooivleis sal moet pro40

duseer, aangesien rooivleisverbruik tot 2022 met sowat 20% sal styg. Mnr. Ernst Janovsky (landbouekonoom en hoof van agribesigheid by Absa) het by Van Zyl aangesluit en gesê om die groeiende bevolking te voed, sal produsente wêreldwyd binne die volgende 40 jaar soveel voedsel moet produseer soos wat in die afgelope 500 jaar geproduseer is. Janovsky meen die toenemende vervaardiging van biobrandstowwe uit landbouprodukte kan selfs daartoe lei


dat landbouproduksie `n tweede keer verdubbel. Hy het gesê dat produsente slegs stygende koste sal absorbeer deur hul produktiwiteit te verhoog. “Hoewel swak regeringsbeleid die land se mededingendheid knou, bestaan enorme beleggingsmoontlikhede in die landbou in Afrika waar landbougrond steeds beskikbaar is”. Mnr. Wim van Rooyen het ook tydens die kongres benadruk dat verhoogde produktiwiteit kardinaal is en dat produsente hul potlode daagliks moet skerper maak. “Ons kan nie toelaat dat die druk ons onderkry nie. Die mark hou aan groei en daar is gulde geleenthede. Fokus op jou boerdery en lewer die beste moontlike produk.”

Mev. Roelien Faber van Kimberley is tydens die damesprogram aangewys as die wenner van Kommuniek se maandelikse kompetisie waartydens `n wenner getrek word uit mense wat GWK se Facebook-blad like en share (sien bl. 48). Die prys is `n stel Snappy Chef-kookware ter waarde van R4 595.


Mnr. Pieter Spies (Besturende Direkteur van GWK), me. Lindiwe Mdlalose (waarnemende hoof van Landbank en mnre. Henk van Wyk (president van Agri Noord-Kaap) en Johannes Möller (president van Agri SA). Foto: Dirk Kok, OFM

Georganiseerde Landbou Carien Grobler

Die gesig van landbou in SA sal in totaliteit verander, hoor kongres

P

rodusente van oor die NoordKaap heen was onlangs in Kimberley vir Agri Noord-Kaap se jaarkongres byeen. “`n Jaar het verbygesnel sedert ons laas so hier bymekaargekom het,” het mnr. Henk van Wyk in sy presidentsrede gesê. “`n Jaar met sy kwota uitdagings, risiko’s, maar ook geleenthede.” 42

Hy het aan die kongres gesê dat die uitdagings vir die landbou op ekonomiese sowel as maatskaplike vlak enorm is. “Ek glo dat ons in die volgende tien tot vyftien jaar ons stempel baie duidelik sal moet afdruk, want ek voorspel dat die veranderinge oor die volgende 15 jaar groter sal wees as oor die laaste 300 jaar. “Die gesig van landbou in Suid-Afri-

ka sal in totaliteit verander.” Van Wyk het verder gesê dat dit relatief goed gaan met produsente in die Noord-Kaap, maar slegs relatief. “In sommige gebiede is dit droog en die weidingstoestande is nie na wense nie. Hierdie gebiede word ook groter en eskaleer in intensiteit. “Produsente sal in die toekoms self moet beplan om droogtes binne die boerdery te verreken.


“Ramphulp van die Staat is skaars, baie moeilik bekombaar en gewoonlik te laat.” Wat die toekoms betref, het hy na die ou spreekwoord verwys: “Waar daar `n wil is, is daar `n weg.” Hy het voorts gesê dat realisme en optimisme nooit deur pessimisme vervang mag word nie. “Globale vooruitsigte lyk belowend. Produsente moet tegnologie gebruik en ontwikkel, want ons produksie moet teen 2040 met 50% styg. Dit is ook belangrik om die waardeketting te verstaan. “Hoewel uitsprake deur politici onrusbarend is, is dit belangrik om kommunikasiekanale met die regering oop te hou. Ons moet werkbare planne en voorstelle na die regering neem. Ingewikkelde uitdagings het nie eenvoudige antwoorde nie.”

Mnre. Kolver Mülke (Agri Noord-Kaap en Oranje Toyota se jongboer van die jaar), Van der Spuy Botes (voorsitter van die Douglas Landbou-unie wat as Agri Noord-Kaap se landbou-unie van die jaar aangewys is) en mnr. Gellie Geldenhuys (sekretaris van die Samevloei Landbouvereniging wat met die derde plek in die kompetisie vir landbou-verenigings weggestap het).


depositphotos

Proefresultate

Pierre Ferreira Bedryfshoof: Navorsing en Kultivarontwikkeling (GWK Saad)

Sojaboon Proefresultate 2014

G

NAR, Link Seed, AgrioCare en PioWK lewer jaarliks `n neer het die afgelope twee seisoene diens aan ons produkultivars ingeskryf. sente deur die prestasie Die maatskappy Klein Karoo Saad van koringkultivars en mieliebasters (K2) sal ook vir die komende seisoen met behulp van onafhanklike proewe kultivars inskryf. te toets. Die kultivars wat die afgelope twee Vir die 2012/13-seisoen is sojaboon- seisoene getoets is, word in Tabel 1 kultivarproewe ook aangeplant. Vir aangedui. Die lokaliteite waar die 2013/14 is weereens twee proewe by proewe gedoen is, word in Tabel 2 Orania en Jacobsdal aangeplant. aangetoon. Die proef by Jacobsdal is egter nie Uit Tabel 2 kan gesien word dat die gestroop nie weens probleme met sojaboonproef by Orania die afgeloplantestand. Die beplanning is om pe seisoen in 76cm-rywydtes aangehierdie proewe die komende seisoen plant is. Die produsent wou graag die uit te brei na Douglas en Prieska van- prestasie van die kultivars toets met weë produsente se belangstelling in strip till as voorafbewerking. hierdie gewas. Die vorige seisoen is die kultivars in nouer rywydtes aangeplant. Metodiek Hoewel sommige kultivars steeds Die saadmaatskappye Agricol, PAN- goed gepresteer het, kan aanvaar 44

word dat die voorkoms van Sclerotinia by die proefperseel by Orania die afgelope seisoen opbrengste benadeel het. Meer data omtrent rywydtes sal ingesamel word soos wat die proewe uitbrei. Groeiwyse Bepaalde groeiwyse: Hierdie kultivars toon geen verdere vegetatiewe groei ná blomvorming nie. Onbepaalde groeiwyse: By hierdie kultivars vind vegetatiewe groei nog ná blomvorming plaas en die kultivars is ook minder gevoelig vir vogtekorte tydens blom- en peulstadiums. Swaar besproeiings tydens die vegetatiewe groeiperiode stimuleer onnodige stam- en blaargroei en kan wel omval veroorsaak.


`n Monster van elke kultivar en kontroles is geneem en die vogpersentasie is binne 24 uur by `n GWK-silo gemeet. Die vog is na 12.5% verwerk. Die data word ook na die betrokke saadmaatskappye gestuur nadat dit verwerk is en eers gepubliseer as geen probleme gevind word nie.

Tabel 1. Kultivars ingeskryf oor twee seisoene.

Gebruik van data Opwindende nuwe sojaboonkultivars het die afgelope twee jaar uitstekend gevaar. Produsente kan gerus van hierdie kultivars in die komende seisoen toets. Hou egter die goue reĂŤl in gedagte: Hou by wat vir u werk, maar gebruik ook die data om nuwe kultivars te toets. Bedankings GWK Saad bedank graag alle maatskappye wat saad voorsien het. Ons rig ook `n spesiale woord van dank aan die produsente en medewerkers wat hulp verleen het. Die data oor koringkulitvars en mieliebasters word as aparte handleidings aan graanprodusente gestuur. Kontak gerus u GWK-landboukundige as u dit nie ontvang het nie. Navrae Pierre Ferreira 082 904 4769

Tabel 2. Lokaliteite. Agtervoegsels R – die kultivars het weerstand teen Glifosaat (Roundup PowerMax-onkruiddoder). Dit is egter raadsaam om u plaaslike agent te skakel as u onseker is. GWK-landboukundiges was verantwoordelik vir die plantproses, asook om die data korrek in te samel en te verwerk. Die kultivars is almal volgens een planterbreedte aangeplant. Elke vier-

de aanplanting was `n kontrole-kultivar (produsent se kultivar) om die stabiliteit van die proef te bepaal en regstellings te maak om kultivars regverdig te vergelyk. Laasgenoemde help dus om moontlike grondverskille, hellings, ensovoorts te neutraliseer. Die data van die proewe wat gepubliseer word, is aanvaar omdat die kontrole-kultivars se opbrengste nie meer as 15% van ander naasliggende kontroles varieer het nie.


Sojabone 2014 Besproeiing

46


Sojaboon Proefresultate 2013 LUCKHOFF

ORANIA Rangorde

2013

2014

.45m Rywydtes

.76m Rywydtes (Striptill)

2013

Rangorde

.35m Rywydtes

KULTIVAR OPBRENGS VOG

1

DM5.1LiRR 5.71 (t/ha) 10.70%

AS4801R 5.78 (t/ha) 9.20%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

1

DM5.1LiRR 5.96 (t/ha) 10.30%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

2

DM5953RSF 5.55 (t/ha) 9.90%

DM5.1LiRR 5.56 (t/ha) 8.40%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

2

DM4670RR 5.93 (t/ha) 10.20%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

3

PAN 1664R 5.36 (t/ha) 10.50%

PHB 94Y50 5.56 (t/ha) 8.60%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

3

PAN 1583R 5.43 (t/ha) 16.80%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

4

DM4670RR 5.23 (t/ha) 10.90%

DM4670RR 5.48 (t/ha) 8.50%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

4

Kontrole 5.36 (t/ha) 10.20%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

5

PAN 1583R 5.22 (t/ha) 10.20%

DM5953RSF 5.41 (t/ha) 9.10%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

5

PHB 94Y80R 5.33 (t/ha) 9.70%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

6

LS 6261R 5.15 (t/ha) 9.90%

PHB 94Y80R 5.37 (t/ha) 8.80%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

6

DM5953RSF 5.33 (t/ha) 9.40%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

7

Kontrole 4.91 (t/ha) 11%

AGC58007R 4.94 (t/ha) 9.7%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

7

PAN 1664R 5.2 (t/ha) 20.30%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

8

LS 6444R 4.91 (t/ha) 11.10%

PAN 1583R 4.43 (t/ha) 13.30%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

8

LS 6444R 5.14 (t/ha) 9.70%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

9

LS 6161R 4.88 (t/ha) 13.10%

PAN 1664R 4.29 (t/ha) 12.10%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

9

A5409RG 5.03 (t/ha) 10.70%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

10

LS 6453R 4.83 (t/ha) 10.20%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

10

LS 6261R 5.02 (t/ha) 13.10%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

11

A5409RG 4.83 (t/ha) 10.30%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

11

LS 6453R 4.95 (t/ha) 11.30%

PAN 1666R 4.7 (t/ha) 10.60%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

12

PAN 1666R 4.92 (t/ha) 15.80%

LS 6466R 4.58 (t/ha) 10.30%

KULTIVAR OPBRENGS VOG

13

PHB 95Y20R 4.37 (t/ha) 22.90%

KULTIVAR OPBRENGS 12 VOG KULTIVAR OPBRENGS VOG

13


Kompetisie!

Hou GWK se Facebook-blad dop vir die aankondiging van die maandelikse wenner!

Like en share GWK se blad op Facebook en jy ontvang onmiddellik `n inskrywing in ons maandelikse kompetisie!

Snappy Chef 20cm veerligte gietyster-braaipan ter waarde van R799

6-stuk Snappy Chef messestel ter waarde van R699

Snappy Chef eenplaat-induksiestoof ter waarde van R1199

Snappy Chef 35cm reghoekige lasagnebak van gietyster ter waarde van R1199

Die wenner sal `n stel kookware van Snappy Chef ter waarde van R4 595 ontvang. Pryse kan nie vir kontant geruil word nie. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

48

8-stuk Snappy Chef pottestel ter waarde van R699









Pret op die plaas Vir die jongspan

Pas elkeen van die prentjies by sy skaduwee

56



Leefstyl

Carien Grobler

Haaks oor die kinders . . . Paartjies ervaar dikwels dat kinders in die huis konflik in hul huwelike veroorsaak . . .

Skoolgaande kinders ontwikkel hul eie idees, opinies en in hul tienerjare dikwels ook `n onaangename houding! Kinders neem verder soveel van `n mens se tyd en energie met skoolaktiwi­ erskillende benaderings tot kin- teite, buitemuurs en huiswerk in beslag, dat `n mens maklik voeling met jou deropvoeding is `n algemene maat verloor. oor­saak van konflik in die Dít alles is snellers wat konflik tussen hu­welik. Paartjies is dikwels verbaas oor hoeveel ouers kan veroorsaak. konflik die koms van `n nuwe baba kan “Ouers stamp om verskeie redes kopveroorsaak. Terwyl albei ouers moeg is pe oor hul kinders,” sê Janse van Rensen op onbekende terrein verkeer, is die burg, `n kliniese sielkundige van Johangroot verantwoordelikheid wat `n mens nesburg. “Verskillende geaardhe­de, verskillende skielik te beurt val, dikwels die oorsaak ideale vir hul kinders en die manier van angstigheid en senuweeagtigheid. waarop die ouers self grootgeword het, In hierdie omstandighede gebeur dit kan konflik ver­oor­saak.” dikwels dat ouers mekaar blameer Janse van Rensburg meen die grootste wanneer dinge verkeerd loop. bron van konflik oor kinderopvoeding Die kleuterstadium bring sy eie uitda­ gings wanneer kinders begin om verskil- het te ma­ke met die manier waarop lende moontlikhede op die proef te stel ouers self in hul ouerhuise behandel is. en hul persoonlikhede begin ontwikkel. “`n Mens hoor dikwels: ‘In my ouer-

V

58

huis was my ma sag en het alles vir ons gedoen. Ek wil hê my vrou moet ook so wees, maar my vrou se ouers was buitengewoon streng en daarom glo sy dat `n mens nie jou kinders moet bederf nie.’ “As hierdie twee ouers mekaar nie halfpad ontmoet nie, lê daar baie ongelukkigheid voor. Die kinders sal dit ook agterkom en die situasie uitbuit.” Volgens Janse van Rensburg veroorsaak dit ook kon­flik tussen al die gesinslede as een ouer `n witbroodjie het. “Ouers kom­pen­seer vir mekaar se gedrag. As een ouer agterkom dat `n kind deur die an­der ouer afgeskeep of voorgetrek word, kry hy seer om die afgeskeepte kind se onthalwe. Só `n ouer doen dan ver­skillende dinge om vir die ander ouer se gedrag op te maak. “Die ouer sal moontlik met sy of haar maat argumenteer en dit kan ook veroorsaak dat die afgeskeepte kind


Kleurvolle kleuters Met `n kleuter in die huis is ouers dik­wels haaks oor benaderings tot dissi­pli­ne, die verdeling van verantwoorBabatyd delik­hede en die huis wat nie so netjies Toekomstige ouers laat dikwels na om tydens die swangerskap te dink oor is soos voorheen nie. Wend die volgende strategieë aan om wat die toekoms mag inhou. Dit is egter wys om reeds voor die baba konflik te vermy: se geboorte ooreen te kom oor hoe die verantwoordelikhede verdeel sal word. � Werk as `n span. Kinderdissipline verg spanwerk om te keer dat die Op hierdie manier kan `n mens verkind verwar word en ouers mekaar skille rustig uitpraat en hoef `n mens dit nie in die hare vlieg nie. `n Kind sal nie aan te spreek terwyl albei moeg en nie skroom om sy ouers teen megespanne is nie. kaar af te speel as hy agterkom dat Ander paartjies mag ook moontlik hulle vassit nie. Stel saam duidelike waardevolle wenke hê oor strategieë grense wat slaap, eet en roetine wat vir hulle gewerk het. betref en hou daarby. Wees ook Kenners meen dat nuweling-ouers dik­ versigtig om nie mekaar se gesag wels koppe stamp oor hoe om die ba­ba voor die kinders te ondermyn nie. aan die slaap te maak, hoe om die Bespreek verskille rustig wanneer baba te sus, asook hoe verantwoor­de­ hulle slaap. lik­hede soos die ruil van doeke ver­deel � Help mekaar. Wanneer al die take moet word. op een persoon se skouers rus, Die ekstra koste om `n baba te onsal hy of sy mettertyd wrewelig en derhou, jaloesie oor skielike ver­deelde onvergenoeg voel wat konflik sal aandag, asook die impak op `n mens veroorsaak. Werk saam om die se sekslewe, kan verder konflik ver­oor­ kinders vroeg genoeg in die bed te saak. kry sodat julle tyd het om saam te Benader die koms van `n nuwe baba só: ontspan. � Probeer om kalm te bly wanneer die � Gee mekaar ruimte. Elke individu in `n gesin het persoonlike tyd en baba huil. Babas huil wanneer hulle ruimte nodig. Kom ooreen oor tye honger, ongemaklik, moeg of siek wanneer elkeen `n breuk kan neem is. As julle nie kan agterkom wat die om te herlaai. probleem is nie, werk geduldig en kalm deur al die opsies. Vermy dit Die skooljare om mekaar se opinies af te skiet. Die haakplekke wat ouers tydens hul `n Vars oog mag moontlik iets kinders se kleuterstadium ondervind, raaksien wanneer `n mens al lank met `n huilende baba sukkel. duur in hul skooljare voort. Die kinders se huiswerk kan egter tot � Maak tyd vir mekaar. Nuwe­lingouers en veral ma’s voel dik­wels dat die spanning bydra. Keer die konflik hulle hul babas afskeep as hulle `n só: aand uitgaan en die baba by `n be­trou­bare oppasser los. Wanneer � Betrek die kinders. Skoolgaande kinders is oud genoeg om met ta­ `n mens in jou eie be­hoeftes voor­ kies in en om die huis te help. Wys sien, sal jy beter in staat wees om sekere verantwoordelikhede aan na jou baba om te sien. elke kind toe. Hulle kan help kos� Verdeel take regverdig. Besluit hier­ maak en die troeteldiere versorg. oor terwyl albei kalm en uitgerus � Groei as paartjie. Dit is nodig om is. Moenie verwag dat jou maat te ontsnap en tyd alleen saam deur redelik sal optree wan­neer hy of te bring. Vra `n betroubare persoon sy min geslaap het en `n moeilike om na die kinders om te sien. baba moet hanteer nie. deur die ander ouer bederf word. Só ontstaan `n nuwe bose kringloop.”

� Help saam met die huiswerk. Elke ouer het ander vaardighede wat hy of sy aan die kinders kan leer. Onderneem om die kinders te help met die vakke wat elkeen se onderskeie sterk punte is. Die tienerjare Ouers van tieners stamp dikwels kop­ pe oor metodes waarop dissipline toe­ ge­pas word, skoolwerk wat afge­skeep word, ongepaste vriende, ongepas­te klere en voorkoms, asook aan­vaar­bare tye waarop `n tiener moet tuis wees. Span só saam met jou maat: � Werk saam. `n Kind se tienerjare is ongetwyfeld die moeilikste tyd om dissipline af te dwing. Om hierdie rede is dit belangrik dat ouers moet saamwerk. As jou kind jou nader met `n versoek waaroor jy onseker voel, neem die vrymoedigheid om aan hom of haar te sê dat jy eers daaroor wil nadink. Bespreek dit met jou maat en dra die besluit as `n eenheid aan jou kind oor. � Wees konsekwent. Besluit saam oor plekke wat jou kind mag besoek en hoe laat hy moet terug wees, asook saam met wie hy daarheen mag gaan. Dra dit aan hom oor sodat hy bewus is dat julle daaroor saamstem. Wees konsekwent oor die besluit om te keer dat jou tiener in die toekoms jou toegeeflikheid uitbuit. � Gesels openlik. Gereelde openlike gesprekke oor die kinders sal `n atmosfeer vestig waarin ouers hul bekommernisse en vrese oor hul kinders met mekaar kan deel. Ouers kan ook vir mekaar as klankbord dien om te voorkom dat hulle onredelik of oorbeskermend teenoor hul tieners optree. “Enige konflik behoort hanteer te word deur met begrip na mekaar te luister,” sê Janse van Rensburg. “Ouers moet hande vat om `n stewige mat onder hul kinders te vorm. As `n mens egter nie tot `n vergelyk kan kom nie, is dit wys om by `n deskundige aan te klop.” 59


Gesondheid

soos stuifmeel as `n ernstige be­drei­ging sien en `n hewige al­ler­gie­se reaksie veroorsaak. In­ter­aksie met blare, grond en mod­der is op die koop toe ook goed vir kinders se sensoriese ont­wik­keling. � Sit alles wat elektronies is af. Deur heeldag vir `n rekenaarskerm te kyk, word jou energie ge­tap en dit kan jou lui maak. Dit is veral belangrik om te ontspan voor­dat jy gaan slaap. Jy hoef nie saam met die wêreld 24-7 be­ Die lente is die ideale tyd vir skik­baar te wees nie. nuwe lig in jou lewe. Vir skoon­ � Luister musiek – al is dit net vir maak, oormaak, nuutmaak of vyf minute. Verskeie studies toon om iets tot niet te maak. Hier is dat musiek help om bloeddruk te `n paar voorstelle om jou lewe verlaag, stres te verminder en jou gemoed `n hupstoot te gee. Die ligter te maak hierdie lente. regte musiek kan selfs jou gesindheid verander. So luister sommer � Dop jou grimeersakkie om. elke dag na musiek wat `n glimOnt­hou jy daardie helder rooi lag op jou gesig en `n huppel in lip­stiffie wat in die winkel verruklik � Gaan stap in jou etensuur. Kom jou stap sal sit. `n bietjie weg van jou lessenaar gelyk het, maar nou al twee jaar � Sê totsiens aan jou rubber plak­ en kry terselfdertyd die nodige lank in die laai lê? Raak daarvan kies. Hoewel daardie rubbermatige oefe­ning wat dokters so ontslae. Nes baie ander produk­ sandale baie gemaklik is, is dit gereeld aanbeveel en sommer te het gri­me­ring ook `n verval­ nie baie stewig nie en verleen ook heerlike vars lug. datum. Sodra die produk `n dit glad nie goeie ondersteuning � Laat jouself en jou kinders toe vreem­de reuk kry of die in­houd aan jou voete nie. Inteendeel, dit om bietjie vuil te word. Navorsing begin skei, is dit nie maak die draers daarvan baie toon dat kinders wat meer buite meer reg vir gebruik vatbaar vir beserings soos oop­ speel en vuil word, minder geneig nie. Dit verminder gestamp­te tone, geswikte en­kels is tot allergieë. Die immuunstelsel ook jou risiko op en stresfrakture. moet onderskei tussen skadelike oog­infeksies (veral en voordelige bakterieë. Kinders ou maskara) of `n wat vuil word se immuunstelsels uitslag wat deur word aan `n groter verskeidenbakterieë ver­ heid bakterieë blootgestel en dus oorsaak word. kan hul liggame beter teenoor � Neem jou kinders vir swemkieme reageer. Indien nie, kan lesse. Verdrinking is een van die liggaam iets so onskadelik die grootste oorsake van dood onder kinders. Hulle leer dus `n belang­rike vaardigheid aan en as jy saam baljaar, is dit sommer goeie stresontlading. � Skaf nuwe slaapkussings aan. Sommige kundiges meen dat ná vyf jaar, sowat 10% van jou kus­sing se gewig uit allergie- en asma prikkelende bakterieë, stuifmeel, swamme en stofmiet bestaan. Was jou kussingslope weekliks met warm water en vervang die kussings elke drie tot vyf jaar.

60


Resep

Smullekker biltong-plaatkoekies Gebruik groot stukke gesnyde, klam beesbiltong. Dit word saam met die plaatkoekies gebraai. Die resep lewer sowat 14 plaatkoekies.

Resep

115 g (205 ml) koekmeel 5 ml bakpoeier Knippie sout 3 eiers, geskei 340 ml melk Sowat 28 stukke gesnyde klam biltong Botter om plaatkoekies in te braai Heuning vir voorsit

Metode

� Sif meel, bakpoeier en sout saam in `n mengbak. � Klits eiergele en melk goed saam. Maak `n holte in die middel van die meel en voeg eiermengsel by. � Klits goed saam tot gladde beslag vorm. � Klits eierwitte styf en vou versigtig in beslag. � Smelt `n klein stukkie botter in `n pan op `n matige warm stoof­plaat. � Skep beslag met groot lepels in die pan. � Wanneer borreltjies om die rand van die plaatkoekie begin vorm, druk 2 stukke biltong op elke koe­kie. � Keer dit versigtig om sodat biltong nie afval nie en braai aan ander kant tot mooi goudbruin. � Haal uit pan en hou warm eenkant. � Herhaal met res van beslag en biltong. Sit nou en dan nog botter in die pan. � Sit plaatkoekies warm voor met heuning. 61


Agterblad Uit Piet se pen

Maak die skoene die man? Skoene fassineer my. In die era waarin ek grootgeword het, was skoene `n duur artikel. Dit is vandag nog . . .

ter graag saam met die oom op die fiets ry, maar hy was altyd haastig werk toe. Hy was `n kruier op die stasie. Netjies uitgevat in sy swart uniform met `n spoorwegpet. Wat die meeste opgeval Ons is Sub A (Graad 1) kaalvoet skool het, was sy blink ge­poets­te skoene. Sy toe. My eerste paar skoolskoene het ek skoene het soos spieëls geflits as hy in in Sub B (Graad 2) gekry. Bata Toughdie straat op sy Hercules afgekom het. ees. Daar was reëls verbonde aan die Sy geliefkoosde uitdrukking was “the dra van skoene. Jy mag nie klippe skop only way is die railway”. nie en dit moes elke dag skoongemaak Swart skoene was groot. Die polisie, word. Oortreding van reël een het jou die spoorweg, kerkraadslede en die gat vinnig laat brand. dominee het onder andere almal swart In Standerd 2 (graad 4) wou ek vrees- skoene gedra. Beslis `n statussimbool. lik graag `n paar afloopskoene hê. In Daar was selfs `n geheime organisadie koshuis kon ons Woensdagmiddae sie, onder almal bekend as die “swart dorp toe gaan. Dit het ons "afloop" ge- skoene”. Niemand het eintlik geweet noem – afloop dorp toe. Daar was die wie hulle is nie. mooiste paar skoene by Moderna, ons In ons klas was iemand wat gereken skoenwinkel op die dorp. Ma het verseg het sy pa behoort aan hul­le. Een keer dat ek daai paar skoene kry, want ek per maand het sy pa sy swart skoene en het in die klip-skop-groep geval. Met `n pak aangetrek en in die nag ver10c per week sakgeld het dit moeilik dwyn. Sy ma mag dan nie die telefoon gegaan om te probeer spaar daarvoor. geantwoord het nie en die huis moes Daarmee kon ek darem `n botteltjie vroeg donker gemaak word om ontykoeldrank en `n pakkie chips koop. By dige besoekers uit te hou. Hy het dit ge­ Standerd 5 (graad 7) se kant, was dit haat. Sy ma het altyd gesê hy sal later darem al 15c. Baie geld, maar nie ge- ver­staan. Hy het nooit verstaan nie, net noeg om skoene te koop nie. meer nuuskierig geword. Oom Cloete het op die stasie gewerk. Die produsente het meestal bruin Hy het Johan elke oggend met sy fiets skoene gedra. Regte veldskoene. Parskool toe gebring. `n Regte dikwiel Her- ty het dit sonder sokkies gedra. Pa het cules. Johan het agter op die rooster gereken hulle loop die skoene van gesit. Daardie jare (1964) was dit nie binne af deur. Hoe skurwer die hak, hoe snaaks as iemand nie `n motor gehad vinniger het dit glo gebeur. In `n sekehet nie. Dié wat wel motors gehad re distrik was die produsente lief om het, s'n was almal oud. sokkies saam met sandale te dra. Dit Ons wou bitwas vir ons baie snaaks. Pa het altyd gesê: “Hou julle in, sandale is goedkoper as skoene”. Die era van die Grasshoppers het die skoenetoneel soos `n donderslag ge­ 62

tref. Ek het my eerstes in matriek gekry. Die produsente was mal oor hierdie toevoe­ging tot hul mondering. Sterk skoene wat jou manlikheid `n goeie hupstoot gegee het. Die meisies het geweet wat hulle tref as `n kêrel met Grasshoppers voor die deur gestaan het. (Nee, hulle is nie geskop nie!) Ja, regte DKW-skoene (dans, kerk en werk). Vir die jonges vry ook. Daar het later ook `n swart weer­gawe verskyn en nog later gryses. Laas­genoemde is saam met `n grys pak klere gedra. Wanneer die gryses nie gereeld skoongemaak is nie, het hulle nerfaf geraak. `n Plaaslike ouditeur was lief vir sy grys mondering. Ongelukkig is sy skoene nooit skoongemaak nie en het sy nerfaf Grasshoppers later nie meer by sy pak gepas nie. Deesdae dra almal boots. Jy sien min produsente sonder hulle boots; plaaslik ver­vaardig of ingevoer. Ook verskillende opsies is beskikbaar. Die Cowboy-soort met `n skerp, harde hak is `n gunste­ling. Die bekende klik-klak van die hakke hoor jy op `n afstand. Deesdae ook in krokodilvel beskikbaar. Net vir sekeres beskore! Die eerste keer wat ek boots besit het, was in die weermag. Uitgerus met twee pare. Al om die ander dag gedra vir gesonde voete. Voetpoeier was deel van jou uitrusting. Skoene wat nie ge­bruik is nie, moes `n teelepeltjie van die doepa ontvang terwyl dit asemhaal vir die volgende dag. Die skoonmaak en skoonhou van jou boots was `n uit­mergelende taak. Ek kry nou nog nagmerries. Sê skoene iets van jou persoonlikheid? Miskien vuil skoene wel!


GWK Graanfasiliteite . . . innoverende berging GWK Graanfasiliteite is `n markleier in die grootmaat gradering, hantering en berging van verskillende graanprodukte by moderne fasiliteite in die hele GWK-bedieningsgebied. Die besigheid het graandepots op Douglas, Prieska, Hopetown, Barkly-Wes, Jan Kempdorp, Luckhoff, Marydale, Modderrivier en Rietrivier en is gerat vir die hantering en berging van honderdduisende ton graan elke seisoen.

www.gwk.co.za

innoveer landbou


GWK Oesversekering . . . gewaarborgde gemoedsrus Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773 Hopetown/Luckhoff Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602

Oesversekering is ’n onmisbare aspek van risikobestuur. Die ekonomiese klimaat, sowel as veranderende weersomstandighede noodsaak produsente om die risiko in iemand anders se hande te plaas. Wanneer verseker ’n mens nie? Slegs wanneer jy self die verlies kan dra!

Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes/ Jan Kempdorp/ Hartwater René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier/ Jacobsdal Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

Ficksburg/ Mooirivier

Chris Shergold Korttermyn- en Oesversekering 071 633 3659

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

www.gwk.co.za

innoveer landbou


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.