Kommuniek Augustus 2012

Page 1

Augustus 2012

`n handelsmerk van

Droogte in Amerika laat kommoditeitspryse styg Sidi Parani . . . landwyd `n leier in die kunsmisbedryf S贸 prys GWK se produsente


GWK Graan . . . innoverende bemarking Kontak die graanverkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan. BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885

GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graanhanteringsdienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die produsent wat saakmaak!

DOUGLAS Hendrikus Keulder 082 888 6295 Ig Pretorius 082 906 1672 HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676 LUCKHOFF Willie Pretorius 082 881 1120 MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736 PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Esperansza van der Walt 082 805 9911

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Inhoud 2 Redaksioneel Om die lewe van `n natnuwe seisoen te ruik . . .

38 Meganisasie Promosie Verskeidenheid implemente by Meganisasie beskikbaar.

3 Geestelike akker Leef met kinderlike passie . . .

42 GWK NUUS GWK-streekspanne presteer goed. GWK Grondbone ontvang besoek uit Japan. GWK Eiendomme gee hul 67 minute vir liefdadigheid.

4 Agrikalender 5 Damme en re毛nval 6 Landbouwenke 8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE Aktueel Droogte in Amerika laat kommoditeitspryse styg. 14 Ons besigheid Sidi Parani . . . landwyd `n leier in die kunsmisbedryf. 16 Graan S贸 prys GWK se produsente.

46 Ons mense Produsente en GWK-personeel wys hul passie.

10 Kommoditeitspryse styg.

54 KOMMUNIEK KIEKIES Jou kind met die GWK-handelsmerk. 56 RUGBYPRAATJIES Griekwas gesels Die NK is lekker, s锚 Stefan. 57 DIE SKOPSKOEN Pienk osse se opmars eindig . . .

14 Sidi Parani

58 Vir die jongspan Pret op die plaas.

60 Vir die jongspan 20 Kinderkuns. Graan Pariteite help om relatiewe waarde van graan te bepaal. 62 VROUE 22 Leefstyl Navorsing en Ontwikkeling Leef gebalanseerd en speel eerste viool in jou eie lewe. Groeireguleerders toon positiewe opbrengsreaksie. 24 Navorsing en Ontwikkeling Presisietegnologie kan stroperdata optimaliseer.

64 Oulap se rooi Kies die regte klip vir `n lushof in die Karoo.

28 Navorsing en Ontwikkeling Satellietbeelde `n moet vir suksesvolle produsente.

66 Gesondheid Kies `n gesonde leefstyl vir beter spysvertering.

32 Spesialisprodukte Verhoog wingerdopbrengs met korrekte snoeitegnieke.

67 Resep Mieliesoep met skop om die koue te verdryf.

36 Lewendehawe Kies die regte veldram s贸.

68 Agterblad Die toring word `n werklikheid.

54 Wenkiekie

62 Jy is belangrik!


Carien Grobler Redakteur

Redaksioneel

Om die lewe van `n natnuwe seisoen te ruik . . .

A

s kind was ons straat in die Oos-Vrystaatse dorpie waar ek grootgeword het, vir my die heel mooiste op die dorp. `n Mens kon die lente in die lug ruik wanneer die pers pruimbome almal ligpienk gebot het. Net `n week lank het hierdie skouspel hom elke jaar voor ons huis afgespeel, maar daardie week was elke keer van voor af `n belewenis. Nie net omdat die straat my aan `n sagte, pienk malvalekker herinner het nie, maar omdat ek die lewe van `n natnuwe seisoen kon ruik. Die groen koring wat op die lande staan, is een van die eerste tekens dat die seisoen aan die draai is en dat

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 072 215 1029 Advertensies Miranda van der Walt 083 709 0688

ons eersdaags weer die vars geur van die lente sal kan inasem. In ons hoofartikel hierdie maand gee ons aan produsente `n kykie op die wye invloed van die erge droogte waaronder Amerika op die oomblik gebuk gaan. Dan kuier ons by Sidi Parani, wat homself oor die jare heen landswyd as `n leier in die kunsmisbedryf gevestig het. Ons kyk ook na hoe GWK se produsente hul graan prys, vind uit hoe presisietegnologie tot ons produsente se voordeel strek en bestudeer snoeitegnieke wat `n wingerd se opbrengs kan verhoog. Ons gesels met mnr. Louis van Rensburg van die Noord-Kaap Veldram

Lekker lees! Tot volgende keer

Carien

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

2

Projek oor die keuse van die regte veldram en kyk na die verskeidenheid implemente wat GWK Meganisasie aan die produsent bied. Dan is dit die dames se beurt om belangrik te voel, `n gesonde leefstyl aan te kweek en `n heerlike mieliesoep te maak wat die koue sal verdryf. Oudergewoonte wag Piet op die agterblad met `n lekkerlag storie oor die toring wat uiteindelik `n werklikheid geword het!

VOORBLADFOTO Groen koringlande hou die belofte van `n nuwe begin en nuwe lewe in. Foto: Verskaf


Milanie Vosloo

Geestelike akker

Leef met kinderlike passie . . . Omdat God so baie vir ons omgee, sorg Hy dat ons almal elke dag kan leef en rondbeweeg. Ons bestaan slegs omdat Hy so wil . . . Ons is deur God gemaak. Ons behoort aan Hom. Handelinge 17:28a en 29a. Jou Skepper het meer in jou gesit as wat jy ooit kan droom of ooit in jou leeftyd kan uitleef. Miskien het jy al `n groot deel van jou menskwaliteite uitgebou en kan jy met oortuiging sê dat jy jou goddelike potensiaal met passie leef. Hopelik het jy ook in die afgelope paar dae opnuut motivering gevind in jouself, jou talente en vermoëns. Dalk het jy ook weer besef dat,

soos John C Maxwell gesê het, God se koninkryk ongetwyfeld bevorder word deur mense met `n bietjie talent wat klein dingetjies vir `n groot God doen. Ons kan almal sinvol en betekenisvol leef wanneer ons die Gees van God toelaat om deur ons te werk en wanneer ons Hom vra om God se wil deur ons te laat werk. Kom ons bid daarom elke dag die volgende gebed: Dierbare Skepper, dankie dat U in my eindelose moontlikhede geplaas het en dat U boonop aan my die toerusting gee om dit uit te leef. Vergewe my vir al die kere wanneer ek bang of lui terugdeins vir die uitdagings van die lewe.

Maak u wil aan my bekend en help my om dit elke dag met die entoesiasme van `n kind aan te pak en uit te voer. Ja, Here, help my om dit wat reeds in my is, ten volle te ontwikkel. Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

3


Veilingskalender en Veilingspryse 22 Augustus 23 Augustus 23 Augustus 24 Augustus 25 Augustus 28 Augustus 29 Augustus

Diamant Boranveilig te Schweizer Reneke Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling Boshof-skouveiling Nasionale Sussex-veiling te Kimberley Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling

11 Augustus 14 Augustus 15 Augustus 16 Augustus 16 Augustus 21 Augustus 22 Augustus

Noord-Kaap Dorperklub te Kimberley Griekwastad-veiling Boshof slaglam-/slagos-kompetisie Boshof uithourit-perdeveiling Boshof wildveiling Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling

Veilingspryse vir lewendehawe - Junie tot Julie 2012 18/06 - 22/06

25/06 - 29/06

03/07 - 06/07

09/07 - 13/07

16/07 - 20/07

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R11.00

Slagosse

R0

Slagosse

R0

Slagosse

R0

Slagosse

R11.00

Slagkoeie

R11.00

Slagkoeie

R11.00

Slagkoeie

R11.00

Slagkoeie

R10.00

Slagkoeie

R11.00

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R9.50

Maer beeste

R9.00

Maer beeste

R9.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.80

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R15.40

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.90

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (250kg +)

R14.80

Swaar kalwers (250kg +)

R14.60

Swaar kalwers (250kg +)

R14.00

Swaar kalwers (250kg +)

R13.20

Swaar kalwers (250kg +)

R14.80

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R21.50

Slaglammers

R21.50

Slaglammers

R21.20

Slaglammers

R22.00

Slaglammers

R25.00

Stoorlammers

R22.00

Stoorlammers

R22.00

Stoorlammers

R22.00

Stoorlammers

R22.00

Stoorlammers

R25.00

Kruislammers

R21.50

Kruislammers

R21.50

Kruislammers

R21.50

Kruislammers

R22.00

Kruislammers

R25.00

Slagooie

R16.50

Slagooie

R16.50

Slagooie

R17.00

Slagooie

R17.00

Slagooie

R17.50

Maer ooie

R16.00

Maer ooie

R16.00

Maer ooie

R16.00

Maer ooie

R16.00

Maer ooie

R16.00

Klein bokkies

R21.00

Klein bokkies

R21.00

Klein bokkies

R25.00

Klein bokkies

R25.00

Klein bokkies

R23.00

Jong bokke

R20.00

Jong bokke

R20.00

Jong bokke

R25.00

Jong bokke

R23.00

Jong bokke

R22.00

Bokooie

R16.00

Bokooie

R16.00

Bokooie

R18.00

Bokooie

R17.00

Bokooie

R16.00

4


Damme en reënval Huidige stand van damme % Vol

Rietrivier

Kalkfonteindam

78

Modderrivier

Krugersdriftdam

58

8 6 4 2 0

Werklik

Vaalharts

70 53 59

10

Rietrivier

Vaaldam Allemanskraaldam Erfenisdam

Vaalrivier

12

Barkly-Wes

93 98 94

Hopetown

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

Oranjerivier

Reënval 25 Junie - 24 Julie 2012

14

Prieska

Dam

Douglas

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reënval

Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Skaal

Douglas Lunenburg

25 Junie - 24 Julie 2012

30 25 20 15 10 5 0 -5 -10

Max

Max Langtermyn

Min

25 Junie - 24 Julie 2012

30 25 20 15 10 5 0 -5 -10

Max

Min Langtermyn

Min

Min Langtermyn

25 Junie - 24 Julie 2012

25 Junie - 24 Julie 2012

30 25 20 15 10 5 0 -5

30 25 20 15 10 5 0 -5 -10

Max Langtermyn

Min

Barkly-Wes Ulco

Prieska Green Valley Nuts

Max

Max Langtermyn

Max

Min Langtermyn

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Hopetown Lilydale

Rietrivier 25 Junie - 24 Julie 2012

25 Junie - 24 Julie 2012

30

30 25 20 15 10 5 0 -5 -10

25 20 15 10 5 0

-5

Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Maandelikse voorspelling Augustus 2012

Vaalharts/Jan Kempdorp 25 Junie - 24 Julie 50 40

30 20

10 0 -10

Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Inligting verkry van GFCSA

5


Landbouwenke Koring en gars Tesame met bemesting is

versuurder bygevoeg word tot op onkruidbeheer die belangrikste die optimale pH-vlakke. praktyk. Buffers of versuurders word voor Koring en gars is albei gevoelig die ander komponente in die vir onkruiddruk, veral in `n jong spuittenk bygevoeg. stadium. Blaarmyner kom toenemend voor Spuit slegs geregistreerde middels op veral gars en voorkomende bespuitings kan al tydens en hou streng by die aanbevole dosisse. onkruiddoder-bespuitingstyd gedoen word. Onkruiddoders moet verkieslik in gunstige weerstoestande gespuit Effektiewe stikstofbestuur deur die word om optimale resultate te groeiseisoen stel die produsent in staat om hoë graanopbrengste verkry. met aanvaarbare proteïeninhoud Vermy bespuiting met water wat `n hoë soutinhoud het. Dit beïnvloed te produseer. Op gars kan 20-40 die werking negatief. N toegedien word op ses weke ná opkoms by Puma sowel as Indien die onkruiddoder sensitief is vir pH, moet `n buffer of Cocktail.

Pekanneute Nuwe aanplantings kan tot in

Augustus gedoen word. Sterk bome met lang, reguit penwortels moet gekies word vir plant. Plantgate moet meer as een meter diep wees of minstens 200mm dieper as die lengte van die penwortel. Stikstof- en fosfaatbemesting moet

in Augustus toegedien word en `n tweede stikstoftoediening moet in Oktober volg. Die volgende aksies moet ook in Augustus verrig word: –– Snoei van gevestigde bome. –– Plant van saad in beddings. –– Verplant van saailinge. –– Sny enthout en berg by 4°C. –– Ent saailinge (tot September).

Lusern Lusern, veral laedormansie-

kultivars, begin vinniger groei en besproeiing moet stelselmatig aangepas word. Kaliumbemesting kan in die vorm van KCl @ 200kg/ha toegedien word. Kalium speel `n belangrike rol in die translokasie van suikers en vervaardiging van stysel. Dit verhoog ook die plant 6

se weerstand teen siektes en verminder waterverbruik. Vestiging van lusern in die lente word nie aanbeveel nie weens onkruiddruk en windskade. Indien lusern wel in die lente gevestig word, is dit raadsaam om dit saam met koring te plant om windskade te beperk. Die koring kan dan later doodgespuit word.


Uie en saaduie Beperk stikstoftoediening tot die

minimum om te welige loofgroei en swak bolgehalte te voorkom. `n Oormaat stikstof veroorsaak dik nekke en oormatige groei wat die bolle makliker laat verrot nadat dit geoes is.

Blaaspootjies begin aktief raak en

moet beheer word. Dié plaag kan heelwat skade aanrig. Spuit voorkomend vir poeieragtige meeldou, veral in die vroeë lente as toestande vogtiger word.

Algemeen Neem vroegtydig grondmonsters

om bemestingbehoeftes te bepaal vir vroeë somergewasse nl. katoen, grondbone en vroeë mielies. Grondbone: Indien baie reste op die oppervlak voorkom, moet dit ingewerk word om siektes soos swart peulvrot te voorkom. Maak seker die reste is dieper as die peulsone. Toediening van gips voor planttyd is baie belangrik deurdat baie goeie pitgehalte en hoër opbrengs verkry word. Gips moet Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

egter nie te vroeg toegedien word nie weens moontlike loging. Die ideaal is een tot twee weke voor plant. Katoen: Katoen kan optimaal verbou word in grond met `n pH tussen 5.5 en 7.5 (KCl). Maak seker daar is geen verdigtingslae nie, aangesien dit wortelindringing belemmer. Plantreste kan op die oppervlak gelaat word aangesien dit jong saailinge teen windskade beskerm.


Direksie en Bestuur

Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Frans Lubbe

Hoofbestuur Besturende Direkteur Johan van Dyk Finansiële Direkteur Rehann Nolte

Direkteure Hennie Coetzee Wynand Human Johan Jacobs Tertius Marais Orffer Müller

Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Industrieel Pieter Bekker

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Uitvoerende bestuurspan Oliesade, Pekanneute en GWK Verspreiders Andreas Snyman 082 801 1849

Veevoere en Aanverwante Produkte Christo Beukman 082 906 2382

Westra en SA Feed Phosphates Kenne Louw 082 804 7545

Gewasproduksie Cas Prinsloo 079 510 2710

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Sekretariaat en Regsdienste Freek Meyer 083 644 0022

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Finansies en Stelsels Johann Klopper 083 633 2105

Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547

KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Risikobestuur Willie Goussard 082 806 9991

Navorsing en Ontwikkeling Dup Haarhoff 083 646 1111

Sidi Parani Chris Piek 083 629 8569

Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778

Kleinhandel Rocky le Roux 082 317 7656

Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995

Versekering en Eiendomme Brits van den Berg 082 803 5190

8


Missie en Visie

Bestaansrede: As besigheid in produsente se besit, tree ons as verlengstuk van ons produsente se besighede op, om volhoubare welvaart te skep vir deelnemende aandeelhouers. GWK wil graag geken wees daaraan dat ons ons beywer om generasies van volhoubaar-suksesvolle boere op landbougrond te hou.

Visie: Om`n volhoubare agri-besigheid van uitnemendheid te wees.

energieke uitvoering, en � gerugsteun deur eienaarskap en spesialisasie.

Missie: Ons ontsluit potensiaal, skep welvaart en voeg waarde toe vir ons vennote-in-missie op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur:

Waardesisteem: � Met eerlikheid, integriteit en deursigtigheid, � sosiaal verantwoordbaar teenoor ons gemeenskappe, � in vennootskap met ons personeel, en � met holistiese volhoubaarheid as oogmerk.

� innoverende denke, � kreatiewe oplossings, � voortreflike besluitneming,


Mielieplante naby Louisville, Tennessee in Amerika is deur die son beskadig. Die ergste droogte in dekades het veroorsaak dat verskeie produsente die handdoek moet ingooi vir 2012 se mielie-oes. Foto: Robert Ray/AP

Carien Grobler

Aktueel

Droogte in Amerika laat kommoditeitspryse styg

A

merikaanse graanprodusente gaan op die oomblik gebuk onder die grootste droogte in dekades. Só sê mnr. Tom Vilsack, Amerika se minister van landbou. Volgens Vilsack word sowat 60% van die land se landbougrond deur middelmatige tot erge droogte geraak. Dit sluit sowat 78% van die mielieoes in. Weens produsente se skade en verliese is gebiede in agt state as 10

natuurlike rampgebiede verklaar. Mielie- en sojaboonoeste is op plekke heeltemal deur die droogte verwoes en veeboere kry ook swaar. Dít nadat produsente slegs `n paar maande gelede nog rekordoeste verwag het. Volgens die jongste inligting van die Amerikaanse department van landbou, is die persentasie van mielies wat in `n goed tot uitstekende toestand verkeer, slegs effens meer as 30%, terwyl hierdie syfer slegs weke

gelede nog op 80% gestaan het. Die Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie (NOAA) voorspel dat die droogte tot in Oktober kan voortduur. Volgens die NOAA was die halfjaar van Januarie tot Junie die warmste wat Amerikaners nog ervaar het. Die administrasie voorspel dat `n El Niño-patroon na die einde van die jaar toe kan ontwikkel, wat droogtetoestande sal verleng.


Kommoditeitspryse styg Amerika is die grootste produsent van mielies, koring en oliesade in die wêreld en die huidige droogte kan voedsel- en kommoditeitspryse wêreldwyd beïnvloed. Volgens mnr. Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graan van GWK) veroorsaak die oormatige reën in Europa en die droogte in die Swartseelande `n styging in die koringprys wat ook opwaartse druk op die mielieprys kan hê. “Die mark het die afgelope paar weke skerp gestyg, maar die afgelope twee dae effens herstel,” sê Meintjes. Met die ter perse gaan van hierdie artikel het mieliepryse in Amerika sedert Junie met soveel as 36% gestyg, terwyl `n styging van 25% plaaslik gesien is. September-witmielies verhandel tans teen R2 795 en Desember-witmielies teen R2 850. Internasionaal verhandel mielies vir September teen $7,92 en mielies vir Desember teen $7,75 (CBOT 25/07/2012). Die prysstyging sal egter nie veroorsaak dat plaaslike premies wegval nie, aangesien die krisis in Amerika waarskynlik sal veroorsaak dat Meksiko witmielies van Suid-Afrika invoer, meen Meintjes. Dít kan egter `n tekort aan witmielies in SuidAfrika veroorsaak. Die Chinese, wat gewoonlik geelmielies van Amerika aankoop, sal weens die krisis waarskynlik genoodsaak wees om geelmielies van Suid-Afrika af in te voer. Die plaaslike mielieoes staan op die oomblik op sowat 700 000t meer as wat verlede jaar geoes is. Die oorskot wat vir uitvoer beskikbaar is, kan in die nuwe bemarkingsjaar aan die 1 miljoen ton-merk raak. Verlede jaar is sowat 2.45 miljoen ton mielies uitgevoer, terwyl Suid-Afrika in die huidige bemarkingsjaar reeds 400 579t mielies uitgevoer het. Mnr. Mike Schüssler, bekende ekonoom van economists.co.za, het aan BusinessReport gesê dat die krisis in Amerika `n negatiewe invloed op Suid-Afrika se ekonomiese groei-

`n Amerikaanse mielieprodusent van Eldorado, Illinois, wys hoe die droogte sy mielie-oes raak. Foto: Jim Lo Scalzo/AP

`n Mielie-oes verwelk in versengende hitte in Wichita, Kansas, in Amerika. Foto: Mike Hutmacher/AP Amerika, wat vooruitskattings oor die landbou doen. “Die wêreld-mielievoorraad sal volgende jaar na 116 miljoen ton Graanvoorrade bly laag val,” sê Brasse. Luidens `n verslag Die wêreldvoorraad sal in die deur die Amerikaanse departement komende jaar laag bly weens `n van landbou, sal dit die laagste vlak toenemende vraag na graan vir sedert 2006-2007wees. voedsel en brandstof, meen mnr. Dan “Dit is nou die derde jaar in `n ry Brasse, President van AgResource, `n dat die wêreld se graanproduksie nie onafhanklike maatskappy in Chicago, aan die vraag kan voldoen nie. Die koers kan hê. “Die huidige hoë pryse is nietemin goeie nuus vir produsente,” het hy bygevoeg.

11


Amerikaanse mielieproduksie Kleiner mielieproduksie Grootste mielieproduksie Droogtegeteisterde gebied

Die droogte in Amerika per gebied Abnormale droogte Gemiddelde droogte Erge droogte Uiterste droogte Buitengewone droogte

vraag is steeds aan die styg, wat min ruimte vir slegte weersomstandighede toelaat.” Voedselkrisis “Die groot opwaartse beweging in mieliepryse sal noodwendig `n hoë voedselinflasie op witmielieprodukte veroorsaak,” sê Meintjes. “Dit sal meebring dat Suid-Afrikaners na plaasvervangers soos brood, rys en aartappels beweeg.” Volgens die Financial Times het kommoditeitspryse reeds die pieke van die 2007-’08-voedselkrisis verbygesteek waartydens onluste in meer as 30 lande uitgebreek het. Hoewel koringpryse nog nie rekordvlakke bereik het nie, het pryse ook skerp gestyg en reeds die pryse verbygesteek wat tydens Rusland se uitvoerverbod in 2010 behaal is. “Ek is reeds meer as 30 jaar in die bedryf en dit is verreweg die ernstigste weersomstandighede, sowel as vraag- en aanbod-krisis wat ek nog gesien het. Dit is nie eers vergelykbaar met die 2007-’08-krisis nie,” het `n senior graanverhandelaar by `n Amerikaanse handelsfirma aan die Financial Times gesê. Koringaanplantings hoër as verwag “Die krisis in Amerika, sowel as in Europa en die Swartseelande en Australië, waar die gevolge van El Niño ondervind word, het `n styging in die koringprys veroorsaak. Vanweë hierdie styging sal meer koring aangeplant word as wat aanvanklik verwag is, sê Meintjes. Produsente in die Oos-Vrystaat waar Bronne www.bloomberg.com www.commodityonline.com http://english.cntv.cn www.abc.net.au www.iol.co.za http://business.financialpost.com

12


Prysgeskiedenis van Amerikaanse mielies Junie 1996: Mieliepryse skiet die hoogte in weens `n droogte in die midde-weste van Amerika, wat die internasionale vraag na graan verhoog. Spekulasie op kommoditeitsmarkte dra tot die styging by.

Augustus 2008: Mieliepryse verhoog 119% van die vorige jaar weens oesskade ná ongewone hoë reënval in die lente en vloede later in die seisoen.

20 Julie 2012: Die mielieprys behaal `n rekord van $8,24 ná vyf weke van uiterste droogte.

Bron: Nasionale Landboukundige Statistieke diens, Amerikaanse departement van landbou. aanvanklik feitlik geen koring geplant sou word nie, het ook vanweë die prysstyging besluit om wel te plant. Meintjes noem egter dat verskeie pro-

dusente in GWK se bedieningsgebied op koringopbrengste hê. eers laat koring geplant het omdat die mielie-oes weens nat weerstoe*Pryse is soos met die ter perse gaan stande laat was. Dit kan `n invloed van hierdie artikel.

Die volkome oplossing tot effektiewe veebestuur Gallagher voorsien die volkome pakket vir hoë kwaliteit veebestuurstelsels en -produkte. Hierby ingesluit is ‘n wye reeks SmartPower-kragbronne, isoleerders en Smartfixtoetsapparate (‘n voltmeter, stroommeter en foutvinder alles in een).

Die betroubare oplossing vir die afgelope 70 jaar Permanente en tydelike elektriese omheiningstelsels vir veilige, koste-effektiewe weidingsbestuur en veebeheer – vir ‘n meer winsgewende boerdery. Wêreldwyd vertrou

Beskikbaar byby Obaro-winkels. Beskikbaar GWK-kleinhandel


Ons besigheid Carien Grobler

Sidi Parani . . . landwyd `n leier in die kunsmisbedryf

S

idi Parani (Edms) Bpk is `n gevestigde naam en reeds 24 jaar lank `n leier in die kunsmisbedryf van die Noord-Kaap, Namibië, Wes-Vrystaat en Noordwes. Sidi Parani se werksaamhede het egter landwyd uitgebrei as `n kunsmisverskaffer wat oplossings bied vir al die produsent se plantvoedingsbehoeftes. Die maatskappy het sy ontstaan in die Douglas-omgewing gehad met die uitsluitlike doel om vloeibare kunsmis vir die besproeiingsgebiede te produseer. Die bemestingspakket het egter vinnig uitgebrei en vandag word `n volledige reeks produkte landwyd versprei. Sidi Parani is `n voorkeur kunsmisverskaffer wat die mees wetenskaplike, koste-effektiewe en omvattende oplossings vir plantvoedingsbehoeftes bied. Vandaar ook die maatskappy se leuse: Opbrengs gefokus! Sidi Parani bedien sy kliënte deur 34 opgeleide agente in die Noord- en Oos-Kaap, Vrystaat, Natal, Gauteng, Mpumalanga en Noordwes. Agente word só geposisioneer dat hulle deel vorm van die produsent se waardeketting. Om hierdie rede word agente ook voortdurend omvattend opgelei. Om die doelwit te bereik is die maatskappy voortdurend besig met opleiding wat wyd strek van landboukundige insette tot besigheidskonsepte. Die meeste van die agente is ook reeds deur die Bemestingsadviseurs-, Sertifisering- en Opleidingskema (BASOS) 14

gesertifiseer. Sidi Parani (Edms.) Bpk. septe wat nasionaal sowel as internaIs ook `n lid van die Misstofvereniging sionaal getoets is, gewoonlik binne `n bemestingsprogram. van Suid-Afrika (MVSA). Die maatskappy bedryf `n navorsingsprogram om alle nuwe bemesNavorsing Sidi Parani is toegewyd tot navorsing tingstegnieke en kunsmisprodukte, asook ander produkte soos groeien bemark slegs produkte en konProdukte Sidi Parani bied `n wye reeks generiese plantvoedingsprodukte aan die produsent. Dit word egter aanbeveel dat alle produkte slegs met die kundige raad van `n Sidi Parani-agent of landboukundige toegedien word. Korrelkunsmis Enkel-element produkte: Stikstof (N), Fosfor (P), Kalium (K), Kalsium (Ca), Magnesium (Mg). Ammoniumnitraatgebaseerde mengsels. Ureumgebaseerde mengsels. Spesialiteitsprodukte – kunsmiskombinasies wat vir spesifieke gewasse geformuleer is.

Helder vloeibare kunsmis

Enkel-element produkte. Vloeibare kunsmis geskik vir spilpunte.

Vloeibare kunsmis NIE geskik vir spilpunte.

Mikro-elemente

Produkreekse met Sink (Zn), Ko-

per (Cu), Mangaan (Mn), Yster (Fe), Boor (B) en Molibdeen (Mo) Geformuleerde produkte. Sulfate. Chelate. Groeireguleerders

Groeiversterkers. Biologies ondersteunende produkte plaagbeheer.


stimulante, stresinhibeerders en biologiese middels in die mark te evalueer. KliĂŤnte kan dus verseker wees dat Sidi Parani se produkte deur bewese navorsing ondersteun word. Vir dieselfde doel het die maatskappy ook `n span landboukundiges wat spesialiste is in onder meer grondstikstof, -fosfaat en -kalium. Sidi Parani se landboukundiges het ook jare lange ondervinding in besproeiingsbemesting, `n gespesialiseerde veld wat waterskedulering en die verdeling van kunsmis oor die plant se leeftyd insluit. Die tegniese span is ook goed onderlĂŞ in onder meer presisieboerdery, grondbewerking en die bemesting van permanente gewasse soos wingerd en weiding. Sidi Parani se ontstaan Sidi Parani is in 1992 in die Douglas-omgewing gestig om vloeibare kunsmis vir die besproeiingsgebiede te produseer. Die besproeiingsgebiede het egter vinnig uitgebrei en kort voor lank is `n ooreenkoms met Kynoch gesluit vir die verspreiding van vloeibare sowel as korrelkunsmis in die Noord-Kaap. Toe AECI in die jare negentig uit die kunsmisbedryf onttrek, het `n Noorweegse maatskappy, Yara, Kynoch Kunsmis (Edms.) Bpk. oorgeneem. Dit

het die die oorname van die kunsmisfabriek in Potchefstroom ingesluit. Yara het in 2001 `n gesamentlike onderneming met Sidi Parani gestig om kunsmis-produkte in die Noord-Kaap te versprei. Die Potchefstroom-fabriek se leeftyd was egter verby en die koste van produksie het buite verhouding gestyg in vergelyking met internasionale norme. In 2006 het Yara die fabriek gesluit en is begin met `n grootskaalse herstrukturering van Yara SA/Kynoch Kunsmis in Suid-Afrika. Met die herstrukturering van Yara se besigheid in Suid-Afrika het Sidi Parani se verkoopsgebied na die Vrystaat, OosKaap en Noordwes uitgebrei. In 2008 het Curions besluit om hulle aandeel van 25% in Sidi Parani aan GWK te verkoop. Die transaksie het die GWK-aandeelhouding in Sidi Parani na 50% verhoog. Yara het in 2010 besluit om uit die kleinhandelmark in Suid-Afrika te onttrek en het die oorblywende 50% aandeelhouding aan GWK verkoop. Hierdie stap het ook daartoe gelei dat die grense van Sidi Parani se bedieningsgebied opgehef is en is dit die doelwit dat Sidi Parani landswyd `n rol in die bemarking van kunsmis sal speel.


Graan

Herman Grobler Bestuurder: Graanaankope van GWK

Só prys GWK se produsente

G

eie aan `n sogenaamde bulmark-beweWK Graan ontvang dikwels ging wat ons hier sien. Die prys het met `n allemintige 32% navrae van produsente wat gestyg van `n ses maande geweeghul prysing met die res van GWK se produsente wil vergelyk. de gemmiddelde prys van $6,28 na die huidige hoogtepunt van $8,28 Gevolglik sal ons voortaan in elke uitgawe van Kommuniek `n oorsig gee (20/07/2012). Hierdie kontrak het met `n reuse 50,2% gestyg vanaf sy van waar ons produsente staan met betrekking tot die gesamentlike graan- laagtepunt van $5,51 wat op 5 Junie prysings en die sukses daarvan ontleed. 2012 behaal is. As ons na die SAFEX-nabymaandDie mielieoes is feitlik voltooi en as ons terugkyk, lyk die “goeie” pryse grafiek (Figuur 2) kyk, sien ons bykans dieselfde, behalwe dat die SAFEX-prys wat deur die loop van die produksieseisoen beskikbaar was nie meer so met slegs 18% gestyg het van die ses “goed” nie. maande geweegde gemmiddelde prys Die droogte in Amerika en ander dele van R2 322 na die hoogtepunt van R2 730 (20/07/2012). van die wêreld het beslis die mark Dis styging verteenwoordig `n veronkant betrap. Sien die die nabymaand CBOT (Chica- hoging van 40,7% in prys vanaf die laagtepunt van R1 940 op 18 Junie go Board of Trade) Corn-grafiek 2012. Dit is vanselfsprekend dat wis(Figuur 1) ter illustrasie hiervan. Dit is 16

selkoersskommelings onder meer die verband tussen prysstygings van SAFEX en die CBOT beiinvloed het, maar ons let na die neiging op. Hoe vaar GWK se produsente? Met die GWK-mielieoes waarvan sowat 97% van die verwagte oes geprys is, het ons produsente tot dusver oor al die SAFEX-kontrakmaande `n gemmiddelde SAFEX-prys van R 2 066/t gerealiseer. In ag geneem dat 35% van die oes vanaf 18 Junie 2012 geprys is. Hierdie was die datum waar SAFEX na die vorige laagtepunt van R 1 940 gedaal het. Figuur 3 toon teen watter SAFEX-pryse GWK se produsente geprys het (prysings sluit GWK se bemarkingsplan uit). Let op die tonne geprys teenoor die spesifieke SAFEX-prys.


Figuur 1.

Figuur 2.

Volume mielies geprys teenoor SAFEX-vlak 20000 15000 10000 5000 1854 1901 1914 1925 1941 1950 1969 1982 1991 2000 2012 2018 2027 2036 2046 2059 2070 2077 2095 2110 2130 2151 2168 2182 2206 2220 2261 2300 2358 2393 2631

0

Tonne Figuur 3. Die grootste hoeveelheid mielies (74.3%) is tussen R1 850 en R2 080 geprys, terwyl slegs 22,7% bo R2 080 geprys is. (Altesaam 3% van die verwagte oes is nog ongeprys). 17


Figuur 4.

Figuur 5.

Volume koring geprys teenoor SAFEX-vlak 15000 10000 5000

2880 2944 2959 2972 2986 2999 3012 3031 3044 3052 3061 3076 3095 3103 3125 3145 3159 3168 3187 3196 3220 3249 3261 3276 3360 3440 3453

0

Tonne Figuur 6. Altesaam 71.9% van die geprysde koring is tussen R2 880 en R3013 gekontrakteer, terwyl slegs 28,1% van die gekontrakteerde tonne bo R3 014 geprys is. Sowat 37.6% van die verwagte oes is nog ongeprys. 18


Die komende koringseisoen Die afgelope jaar se laagtepunt was op 14 Mei 2012 toe die prys na $6.29 gedaal het (Figuur 4). Soos met die mielies is die huidige prys van $9.51 (20/7/2012) tot dusver die hoogste prys wat hierdie seisoen behaal is. Dit verteenworodig `n masiewe styging van 51,1%, terwyl die ses maande geweegde gemmiddelde prys $6.96 is. Die styging na die huidige hoogtepunt is tans 36.6%. Kyk ons na die Desember 2012 SAFEX-koringkontrak (Figuur 5) is dit dieselfde geval. Verhandeling op hierdie kontrak het eers werklik in Maart vanjaar begin. Met die verwagte GWK-koringoes waarvan sowat 63% van die verwagte oes geprys is, het GWK se produsente tot dusver `n gemmiddelde SAFEXprys van R 3 084/t gerealiseer. Figuur 6 toon teen watter SAFEXpryse GWK se produsente geprys het

(prysings sluit GWK se bemarkingsplan uit). Let op die tonne geprys teenoor die spesifieke SAFEX-prys. Dit is ons doelwit om ons produsente volledig in hul bemarkingsbesluite by te staan. Kontak gerus u graanverkry-

ger of GWK se verhandelingskamer in hierdie verband. Hou Kommuniek dop vir soortgelyke inligting wat aan produsente `n idee sal gee van waar hul prysing in vergelyking met ander GWK-produsente staan.


Graan

Handré van Heerden GWK Graanhandelaar

Pariteite help om relatiewe waarde van graan te bepaal

V

olgens oorlewering is die Franse filosoof Voltaire (23/11/1694 - 30/05/1778) op sy sterfbed deur `n priester versoek om die duiwel af te sweer. Sy antwoord was dat dit in dié spesifieke omstandighede baie ongeleë sou wees om vyande te maak. In die konteks van die Suid-Afrikaanse graanprodusent en -koper is invoerpariteite onteenseglik `n vriend om in ag te neem en nie af te sweer nie. Met die skryf van hierdie artikel word die Suid-Afrikaanse mielie-oes steeds op 11,05 miljoen ton gereken. Ongeag enige veranderinge deur die oesskattingskomitee aan die SuidAfrikaanse mielie-oes, het die Julie 2012 geelmielieprys in 16 verhandelingsdae (van 29 Junie 2012 tot 23 Julie 2012) met R800 gestyg. Hierdie styging het boonop te midde van tradisionele oesdruk in Julie plaasgevind. `n Mens kan redeneer dat ons oesskatting te optimisties is, maar dit verklaar nie die prysstyging nie. Myns insiens is die styging afkomstig van `n verhoging op invoerparieteite, wat verband hou met fundamentele vraagen aanbod-krisisse wat graan oor die wêreld heen getref het. `n Breë reël is wanneer `n staat oorproduseer, pryse nader aan uitvoerpariteit sal beweeg en teenoorgesteld met onderproduksie om watter rede ookal. Wat beteken pariteite? Pariteit beteken die gelyke of ekwivalente van. Pariteitsprysing is die 20

waardebepaling van `n produk teenoor `n soortgelyke internasionale produk. Hierdie meganisme bepaal dus wat die prys van `n Suid-Afrikaanse mielie byvoorbeeld teenoor `n soortgelyke Amerikaanse mielie, Argentynse of Russiese mielie sou wees. `n Ander manier om pariteite te benut, is om verskille in prysvlakke van dieselfde produk in twee verskillende gebiede te verklaar. Deur faktore soos skeepsvrag, wisselkoersverskille, kostes, premies, om slegs enkeles te noem, word gepoog om prysverskille te verklaar. Oordadige kommissies deur die middelman kan ook hierdeur uitgewys word. Dit bring ons by wat met die Amerikaanse mielie-oes in bogenoemde tydperk gebeur het. Van `n beoogde opbrengs van 10,4t/ha in Mei 2012 om `n mielie-oes van 375 miljoen ton te produseer, het die opbrengs tot onder 8t/ha in Julie 2012 gedaal wat die totale oes 87 miljoen ton kleiner maak. Nodeloos om te sê, het dit `n reeds benarde voorraad tot verbruik situasie tot `n hoogs kritieke wêreldwye vraag- en aanbod-situasie gelei. Die Amerikaase mielieprys het van 16 Junie 2012 tot 23 Julie 2012 van $5.15 tot $8 gestyg. In Randterme is dit R919. Dit verteenwoordig dus `n 87% verduideliking van die prysstyging van Suid-Afrikaanse mielies oor dieselfde tydperk. Suid-Afrikaanse graankopers beplan om al so vroeg as September 2012 mielies in te voer. Die Suid-Afrikaanse mielieprys behoort dus in teorie aan te hou beweeg in samehang met internasionale pryse. Word die vraag- en aanbodbalans van mie-

lies versteur, deur byvoorbeeld minder mielieverbruik vir ethanol, sal hierdie dinamika pariteitspryse beïnvloed en dit sal op sigself weer Safex-pryse beïnvloed. Dieselfde sal met winsnemings en tegniese regstellings gebeur. Al het daar fundamenteel niks verander nie, sal dalings steeds plaasvind. Die koper gaan egter die goedkoopste mielie in die wêreld koop wat aan sy gehaltebehoeftes voldoen. Indien pariteite nie in ag geneem sou word nie, sou die Suid-Afrikaanse produk die goedkoopste in die wêreld kon word en die hele oes opgekoop kon word, met gepaardgaande voedselsekuriteit by die agterdeur uit. Hoe is pariteitsprysontleding relevant tot voedselsekuriteit? Pariteitsprysbepaling bereken die insentiewe vir `n graanprodusent om `n bepaalde kommoditeit te plant al dan nie. Is dit die moeite werd om die risiko’s te loop vir `n beoogde winspotensiaal? Met die vrye mark ter sprake, kompeteer die Suid-Afrikaanse produsent met enige ander produsent in die wêreld waar beskerming, premies en/of subsidies in plek kan wees om dié betrokke produsente te beskerm. Pariteitsprysbepaling bepaal verder die insentiewe om kommoditeite van een gebied na `n ander te vervoer. Dit hou verband met aspekte soos beskikbaarheid van skeepsvrag, reservering van hawe-laaigebiede, moontlike stakings deur dokwerkers (soos die onlangse Argentynse staking), seerowery aan die Somaliese kus en


vele ander risiko’s. Pariteitsprysbepaling kan verder ook gebruik word om oor tyd die dinamika verbonde aan voedselsekuriteit in `n bepaalde gebied te bepaal. Hierdie aspek stel toekomstige scenario’s met betrekking tot in- en uitvoere en gepaardgaande voedselsekuriteit in perspektief. Bepaling van pariteite Kortom word die Chicago Mercantile Exchange (CME) as primêre prysbepaler aanvaar. Die primus inter pares, die eerste onder gelykes, as jy wil. Weliswaar kan koring en mielies van oor die wêreld heen na Suid-Afrika in- en uitgevoer word, maar die CME word as dié toonaangewende prysbepaler beskou. As vertrekpunt word die Chicago-prys bepaal. Premies, skeepsvrag, spoorvrag, hanteringskostes, versekering, doeane en aksyns, wisselkoers omskakelings na verskillende hawens en gebiede word in ag geneem met die

bepaling van pariteite. Verskillende state van oorsprong, asook verskillende maande, is ook ter sprake. Die kern van pariteite is om die waarde van `n kommoditeit in een gebied met `n soortgelyke produk enige plek in die wêreld te bepaal. Dit is noodsaaklik vir die produsent om te bepaal of die risiko’s die moontlike winsgewendheid regverdig en vir die koper om te bepaal waar hy die goedkoopste produk kan bekom.

Soos gesien in Junie/Julie 2012 het pariteite die Suid-Afrikaanse graanpryse ondersteun om te voorkom dat ons graan die goedkoopste in die wêreld sou kon word en dus teoreties uitverkoop kon word. Geen staat kan dié risiko dra nie. In analogie met Voltaire is dit dus raadsaam vir die Suid-Afrikaanse graanprodusent om ten alle tye bewus te wees van pariteite ten einde die relatiewe waarde van sy graan en moontlike prysrisiko’s te bepaal.


Navorsing en Ontwikkeling Navorsingsverslag André Prins Bestuurder: Navorsing en Tegniese Dienste van GWK

Groeireguleerders toon positiewe opbrengsreaksie Proefnommer: KOR/PRS/FK/10/035, KOR/ JCD/FK/10/036, KOR/DGS/FK/10/037, KOR/ PRS/FK/11/041, KOR/JCD/FK/11/043

Doel van die proef Die kosteknyptang in die kleingraanbedryf verplig produsente om vir die maksimum opbrengs te mik. Een van die metodes om opbrengs te probeer verhoog, is om meer voedingstowwe toe te dien. Die verhoging in voedingstowwe kan egter aanleiding gee tot geiler plante met swakker stamme. Die swakker stamme en swaarder oes (groter are) veroorsaak dat omval onder sekere toestande voorkom. Dié probleem word aangespreek deur teling van spesifieke kultivars (korter en sterker stamme) of produsente kan groeireguleerders gebruik om stamverlenging te beperk. `n Reeks proewe is uitgelê om die effek van die groeireguleerders wat op die oomblik in die mark beskikbaar is, te toets.

Behandelings Bespuitings Kontrole Behandeling 1

Behandeling 2

Behandeling 3 Bemesting Standaard bemesting Standaard + addisionele bemesting

Kombinasie tussen bespuiting en bemesting Geen bespuiting met groeireguleerders Gst 5 - 600 mℓ CeCeCe / ha Gst 10 - 600 mℓ CeCeCe / ha Vlagblaar (Gst 15) - 900 mℓ CeCeCe + 780 mℓ Ethapon/ha Gst 10 - 1100 mℓ CeCeCe / ha Vlagblaar (Gst 15) - 1000 mℓ CeCeCe + 780 mℓ Ethapon/ha Vlagblaar (Gst 15) – 2100 mml CeCeCe 240N, 40P, 26K kg/ha Standaard + (58 N, 6P, 29 K) kg/ha

Tabel 1.

Tabel 1 aangedui. Die opbrengsverskil tussen kultivars is ontleed volgens die voordeel verkry deur addisionele bemesting. Die effek van die addisionele kunsmis het `n opbrengs verhoging van 6,8% tot gevolg gehad. Kultivars soos Krokodil, Olifants, SST 835, SST 843 en Steenbras het die Materiaal en Metodes beste toename in opbrengs getoon Tydens 2010 en 2011 is proewe terwyl Kariega en SST 826 `n laer uitgelê op drie lokaliteite met rooi opbrengs gerealiseer het. Die laer leemsand te Marydale, Plooysburg opbrengs kan hoofsaaklik aan omval en die Rietrivierskema. Verskillende toegeskryf word. besproeiingskultivars is geëvalueer. Bemesting op die addisionele bemes- Figuur 2 dui die gemiddelde reaksie tingspersele is op drie weke ná opkoms van koring op bespuiting van groeireguleerders aan. By die standaard met onderskeidelik 58kg bemesting het drie bespuitings die N/ha, 6kg P/ha en 29kg K/ha verhoog. Groeireguleerder-bespuitings is opbrengs met 14% verhoog terwyl een en twee bespuitings `n verhoging van met chloormekwatchloried (CeCeCe 6% getoon het. 750) en etafon (Ethaphon) gedoen. By die addisionele bemesting is `n Skedulering van bespuitings word in 22

groter reaksie van 20% by drie bespuitings teenoor 10% en 6% by twee en een bespuitings onderskeidelik waargeneem. Die invloed van drie bespuitings by die addisionele bemesting, is op die verskillende kultivars ontleed (Figuur 3). Die grafiek toon dat die meeste kultivars positief gereageer het. Kariega en Olifants het die beste reaksie op bespuiting getoon met `n verhoging van 32% en 31% onderskeidelik. Ekonomiese evaluering van die data is gedoen met `n opbrengsmikpunt van 8t/ha, insetkoste van R13 050/ha en `n koringprys van R 3 322/t. Die addisionele koste van die bespuitings, asook die addisionele kunsmis is in berekening gebring. Figuur 4 toon dat drie bespuitings voordelig was. Die koste-implikasie van die ander bespuitings was met die


STD Bemes

Invloed van groeireguleerders op koring 120% 110% 100% 90% 80% 70% 60% 50% STD Bemes

Plus bemesting

Figuur 1.

Kontrole

Gst 5/10/15

Plus Bemes Gst 10/15

Ekonomie van groeireguleerders op koring

Invloed van groeireguleerders op koring 130% 120% 110% 100% 90% 80% 70% 60% 50%

12000 10000 8000 6000 4000 2000 0

STD Bemes Kontrole

Figuur 3.

Gst 15

Figuur 2.

Wins (Rand per hektaar)

Persentasie van proefgemiddeldes

Persentasie van proefgemiddeldes

Persentasie van proefgemiddeldes

110% 100% 90% 80% 70% 60% 50%

Invloed van addisionele bemesting op koring

Kontrole

Gst 5/10/15

Gst 5/10/15

Plus Bemes Gst 10/15

Gst 15

Figuur 4.

genoemde insetkostes in die algemeen neutraliseer. Indien hoĂŤr bemestingsnegatief. peile toegedien word, kan die produsent verseker dat die plante regop Aanbeveling bly deur groeireguleerders te gebruik. Indien produsente daarna mik om die By die meeste kultivars is die grootste maksimum te produseer, kan opbrengs voordeel in die gebruik van reguleerverhoog word deur die bemestingpro- ders gevind waar drie bespuitings deur die seisoen gedoen is. Belangrik is dat gram te optimaliseer. Daar bestaan egter `n gevaar dat Ethapon nie vroeg gespuit kan word nie en om residue te voorkom mag die koring kan omval, wat weer die voordeel van die hoĂŤr bemesting kan CeCeCe nie later as sewe weke voor

oes gespuit word nie. Dit is van groot belang dat die gebruik van groeireguleerders met u landboukundige bespreek word. GWK Bpk. se direkteure en werknemers, agente, vrywilligers en assistente sal nie aanspreeklik wees vir enige eis van welke aard ook al teenoor enige produsent, gebruiker of leser van hierdie data vir skade veroorsaak deur die gebruik daarvan nie. Die data is hoofsaaklik vir gebruik deur opgeleide landboukundiges van GWK en Sidi Parani.


Navorsing en Ontwikkeling Hannes Hatting en Ian Botma GWK Presisieboerdery

Presisietegnologie kan stroperdata optimaliseer

G

WK Navorsing en Ontwikkeling se kerndoel is om ons produsente volhoubaar en suksevol te laat groei en GWK se besighede met inligting vir optimale besluitneming toe te rus. GWK se landboukundige span, `n afdeling binne Navorsing en Ontwikkeling, staan graag die produsent by om ondanks moeilike omstandighede in die landbou bo die gemiddelde uit te styg en `n sukses van sy of haar besigheid te maak. Die landboukundige span gee aan produsente toegang tot `n volledige reeks profesionele dienste. Ons het `n uitstekende netwerk van samewerking in Suid-Afrika en is trots op ons positiewe verhoudings met kundiges in die landbou. Om hierdie rede word sommige van die dienste wat GWK lewer uitgekontrakteer om sodoende aan produsente toegang te gee tot die jongste tegnologie. Met die huidige sowel as toekomstige ekonomiese toestande in gedagte, sal die optimalisering van insette een van die belangrikste eienskappe binne enige boerderyvertakking wees. In moeilike ekonomiese tye is dit ui-ters noodsaaklik om opbrengste te verhoog deur die effektiwiteit van die insette te verbeter. Verskeie kliĂŤnte besit opbrengsdata, maar dit bly slegs `n mooi prentjie wat nie optimaal tot voordeel van die boerdery aangewend word nie. Deur die regte presisiebenadering te volg, kan die opbrengsdata egter van groot waarde wees vir enige produ24

Figuur 1. `n Hidroliese boor wat grondkerne trek Crop `n aantal spilpunte gekarteer deur die fisiese eienskappe te identifiseer en die grondklassifikasie te doen. Indien gronde in `n spilpunt geklassifiseer word, word op elke hektaar op `n ruitbasis van die spilpunt buise uit die grond getrek met `n hidroliese boor (Figuur 1). Die buis word in die grond ingeslaan tot waar ’n keerlaag voorkom. Die buise (Figuur 2) word dan geklas deur grondkundiges wat die nodige grond fisiese afleidings maak. Figuur 2. `n Grondkundige klas die `n Aantal grondfisiese kaarte word kerne. gemaak deur die data te gebruik, naamlik grondvorm, effektiewe sent en ook `n vars insig oor die diepte, grondpotensiaal, besproeibestuur van gronde tot gevolg hê. ingsfrekwensie, topografie, inspeksieBaie van die gronde in GWK se punte ens. bedieningsgebied is reeds chemies gekarteer op `n 100m x 100m-basis, `n Grondvormkaart (Figuur 3) word maar tot onlangs was dit baie moei- gebruik vir die opstelling van die Unique ID- kaart (Figuur 4). By die lik om verbande te tref tussen die chemie en opbrengs van `n spilpunt. Unique ID-kaart word `n nommer GWK het in samewerking met Nviro aan elke grondvorm toegeken.


Hierdie nommer sal nooit verander nie. Verskeie verhoudings tussen die grondfisiese en grondchemiese eienskappe van `n spilpunt, asook die opbrengsdata van die spesifike spilpunt, word deur multilaag-analise vasgestel. Dit is nou die eerste keer moontlik om verbande tussen die grondchemiese eienskappe, fisiese eienskappe en opbrengs vas te stel. Die voordeel van die multilaag-analise is dat die wet van Justus von Liebig aangespreek word wat lui dat die maksimum opbrengs van `n spesifieke area bepaal word deur die element waaraan `n tekort bestaan. Die multilaag-analise word op `n spilpunt toegepas en die data word deurgegee in tabelvorm (Tabel 1) waar elke sone se opbrengs gelys word teen die betrokke sone se grondchemie bo- en ondergrond, asook die grondfisiese eienskappe. Dit is dus nou vir elke produsent moontlik om te bepaal wat sy plaas se optimale voedingstatus (chemies) is. Dit is belangrik om te onthou dat daar variasie (hetsy chemies of fisies) binne `n plaas en distrik voorkom en dit wat op een plaas werk nie noodwendig op `n ander plaas van toepassing sal wees nie. Die data word verder verwerk in die volgende grafieke (Figuur 4 en 5) wat bewys hoe die gronde reageer op die chemie en fisika van `n plaas. Dus word `n unieke stel norme vir elke plaas ontwikkel.

Figuur 3. Die grondvorm kaart word omgeskakel na Unique ID (Figuur 4) vir multilaag-analise.

Tabel 1. Resultate van stroper-, grondfisiese en -chemiese data nadat die multilaag-analise toegepas is.

40 35 30 25 20 15 10 5 0 P(mg/kg)

M2011 teenoor %Ca 74 72 70 %Ca

P(mg/kg)

M2011 opbrengs teenoor P ontleding

68 66 64

12.5

13.5

13.8

14.4

23.2

24

28.5

36.2

Figuur 4. Die opbrengs teen die fosfaatstatus van die gronde. Die norm is 25-30.

62 %Ca

13.3

13.8

14.4

65.9

71

72.6

Figuur 5. Die opbrengs teen die Ca-persentasie van die gronde. Die norm is 65%. 25


Die norm van P is bv. 25mg/kg, maar uit Figuur 4 kan ons sien dat die kliĂŤnt se mielies optimaal presteer by `n P van 30-35 mg/kg. Dieselfde is van toepassing op die Ca%. Ons glo graan presteer optimaal by `n Ca% van 65% maar uit die data kan ons sien dat die mielies in hierdie geval beter presteer by `n Ca% van rondom 70%. Stroperdata kan dus tot groot voordeel wees vir `n produsent se boerdery en indien die korrekte verhoudings vir `n plaas bepaal is, kan dit effektief reggestel word om sodoende die insette te optimaliseer en beter opbrengste te realiseer. Die data op sy eie het egter baie min waarde vir `n produsent se boerdery. Behalwe die Unique ID konsep wat hier bo verduidelik word, bied die GWK-span `n verskeidenheid van dienste aan (sien tabel regs). Die bogenoemde dienste is aan alle GWK-produsente beskikbaar en nie slegs aan HTB-produsente nie. GWK se Landbou-adviesdienste wil daaraan geken word dat ons `n profesionele diens met integriteit aan die produsent lewer. U kan altyd op ons staatmaak vir eerlike antwoorde! Vir meer inligting oor bogenoemde dienste, skakel gerus u landboukundige/tegnikus in u gebied: Andre Botes Prieska/ Marydale 082 806 6655

Diens

Terugvoer

Blaarmonsters

Interpretasie plus aanbeveling

Satellietbeelde 5x5m resolusie

Penetrometerwerk (<15%klei)

Bewerkingsaanbeveling

Profielgat-ondersoeke (>15% klei)

Bewerkingsaanbeveling

Grondmonsters (presisie-ruit)

Chemiese kaarte/aanbevelingskaarte

Gewone grondmonsters

Interpretasie

Interpretasie van verskeie monsters

Water, aalwurm, mis ens.

Besproeiingskedulering

Neutron vogmeter/DFM Probes

Landinspeksies

Verslag

Bertus Jacobs Douglas 082 800 1943 Armand v Eck Hopetown/Luckhoff 082 805 9922 Hannes Hattingh Modderrivier/Jacobsdal/Luckhoff 082 901 2747 Renier du Raan Jan Kempdorp/Barkly-Wes 082 807 5262 26



Navorsing en Ontwikkeling Armand van Eck GWK Presisieboerdery

Satellietbeelde `n moet vir suksesvolle produksie

G

WK se afdeling vir Presisieboerdery bied reeds die afgelope ses jaar aan produsente die geleentheid om intydse monitoring van hul plase te doen. Een van die mees suksesvolle hulpmiddels is satellietbeelde. Die doel van diĂŠ beelde is om die produsent te help met sy bestuur om sodoende intydse waarnemings en regstellings te kan doen. Ter ondersteuning van die moniteringsfunksie van satellietbeelde, is die neem van blaarmonsters, verdigtingstoetse, temperatuurmonitering, besproeiingskedulering ensovoorts. Deur middel van satellietbeelde kan probleme soos oneffektiewe spilpuntpakkette, kunsmisstrepe, swak stand en kultivarverskille uitgewys word. Regstellings of proeftoedienings kan ook sĂł gemoniteer word. Satellietbeelde vorm dus `n integrale deel van die bestuur van enige besproeiingsboerdery. GWK gaan hierdie seisoen die detail van die satelietbeelde verder verbeter deur die resolusies na vyf by vyf meter te verander. Reeds met tien by tien meter resolusies, soos wat die vorige seisoen die geval was (voorbeelde in hierdie artikel) is uitstekende resultate behaal. Ons weet uit ondervinding dat die opbrengsdata baie sterk met die beelde verband hou, wat beteken dat hierdie hulpmiddel grootliks vertrou kan word. Gerigte landinspeksies (na aanleiding van satellietbeelde) kan opgevolg word met profielgate, asook penetrometerwerk om verdigtings en beperkings in die grond aan te spreek. Hierdie fisiese grondondersoeke is van uiterste belang 28

a

b

Figuur 1a en b. Op hierdie satellietbeeld kan gesien word (sien gedeeltes met pyle) hoe kunsmis nie teen dieselfde konsentrasie oor die spilpunt gegee is nie. Meer kunsmis is tot en met die neem van die eerste beeld op dieselfde deel van die spilpunt toegedien. Nadat regstellings t.o.v. voeding gemaak is, kan dit duidelik gesien word dat die tweede beeld (b) baie meer egalig is. Hierdie probleem kon dus binne die seisoen (`n maand later) reggestel word met positiewe finansiĂŤle implikasies vir die produsent. vir die praktiese bestuur van gronde. Laasgenoemde is ook noodsaaklik om water effektief te skeduleer. Verder kan die grondchemie en grondklassifikasie help om probleemareas wat deur die satelietbeelde uitgewys word, reg te stel.

Hier word sterk op stroperdata gesteun om `n verband tussen die grondfisika, chemie, asook stroperdata te kry. `n Baie goeie voorbeeld van waar satellietbeelde ingespan is om kunsmisregstellings binne die seisoen te doen, kan in Figuur 1a en b gesien word.


a

b

Figuur 2 a en b. Eerste en tweede satellietbeeld. Figuur 2 is n贸g `n voorbeeld van waar kunsmis nie korrek toegedien is nie. Hier kan gesien word hoe `n kunsmistoediening op die eerste beeld (2a) gedeeltelik gemis is. Dit kon deur die loop van die seisoen reggestel word en met die tweede beeld (2b) kon die effek van die regstelling gesien word. Hierdie regstelling het `n groot invloed op die opbrengs en dus ook die ekonomie van die spilpunt.

a

b

By Figuur 3a en b. (eerste en tweede satellietbeeld) is daar `n duidelike probleem t.o.v. die spilpunt se pakket waarneembaar by Figuur 3a. Hierdie probleem is dadelik reggestel en die tweede satellietbeeld, `n maand later, wys duidelik dat die probleem iets van die verlede is. Ongelukkig vind slytasie van spilpuntpakette voortdurend plaas weens slik en fyn sanddeeltjies wat uit die rivier in die stelsel gepomp word. Laasgenoemde kan groot opbrengsverliese veroorsaak.

a

b

Figuur 4a en b. Eerste en tweede satellietbeeld. Hierdie spilpunt is voor die aanvang van die seisoen met `n nuwe pakket toegerus. Op die eerste satellietbeeld kan duidelik gesien word dat party in verkeerde posisies geplaas is. Dit kon vining reggestel word en met die neem van die tweede beeld was die probleem opgelos. 29


a

b

Figuur 6a en b. Hier is `n voorbeeld van koring wat met twee planters geplant is. Die binneste en buitenste dele van die spilpunt is m.a.w. met verskillende planters geplant. Die twee planters was onbepland verskillend gekalibreer met die gevolg dat kunsmis en saad verskillend toegedien is. Die satellietbeeld kon uitwys dat die groei op die buitenste torings swakker is. Die opbrengskaart (6b) wys dieselfde. Opsommend GWK se produsente gebruik satellietbeelde toenemend as hulpmiddel om hul bestuur te optimaliseer. Satellietbeelde is vir al GWK se produsente beskikbaar en die komende seisoen sal dit teen selfs `n beter detailskaal aan produsente beskik30

baar wees. Hierdie satellietbeelde is egter baie meer werd as die landboukundige dit ondersoek om seker te maak wat die verskille op die beelde aandui. Dit is oor die jare heen bewys dat groot finansiĂŤle waarde geput kan

word deur betyds regstellings te doen om sodoende die opbrengste op `n land te verbeter. Aanvullend tot die beelde is `n reeks van dienste wat tot voordeel van die produsent strek. Kontak gerus u naaste GWK landboukundige vir meer besonderhede.



32


Navorsing en Ontwikkeling Johan Fourie Bedryfshoof: GWK Pekanneuten Wingerdproduksie

Verhoog wingerdopbrengs met korrekte snoeitegnieke

D

ie wynbedryf was die afgelope paar jaar relatief stagnant. As `n mens na die aanplantings en uitkappings in Suid-Afrika kyk, is wingerde drasties aan die afneem. Wingerd vir die produksie van wyn suig ook aan die agterspeen. Dit wil voorkom of die dele van die wynbedryf wat werklik uitbrei, klein en selektief is. Ons sal hard moet veg om die Suid-Afrikaanse wynbedryf en veral die wynbedryf in die Noord-Kaap te bewaar. Wyn beweeg in siklusse. Dit was tradisioneel sewejaar-siklusse, maar die huidige siklus duur al effens langer. Die aksynsbelasting wat jaarliks met tussen 10 en 20% verhoog, dra in `n groot mate tot die verlengde siklus by. Die gemiddelde inkomste op `n oes van 30t wyndruiwe is ongeveer R10 000 wat na `n bedrag per hektaar omgewerk kan word. Die staat se inkomste uit een hektaar wingerd is ongeveer R60 000. Dit is dus duidelik waarheen die produsente se verwagte groei in die wynprys gemigreer het. Hoe lank die groei sal voortduur is egter nie duidelik nie, maar die wynbedryf kan dit nie veel langer absorbeer nie. Drastiese stappe is nodig. Die wynbedryf sal bestaande wingerde moet bewaar om voort te bestaan of die afwaartse siklus moet oorleef totdat wynpryse weer begin styg. Soos met enige kommoditeit, sal die wynFoto: Danelle Groenewald

Figuur 1. Die Smart Dyson-stelsel in die groeiseisoen. prys weer opwaarts draai. Wynpryse word immers deur vraag en aanbod bepaal. Om hierdie bewaring te bewerkstellig, moet produsente bestaande wingerde se produksie optimaliseer om die maksimum inkomste per hektaar te behaal. Die volgende tegnieke kan aangewend word om opbrengste op bestaande wingerde te verhoog:

verhoog. In die Wes-Kaap is opbrengste met soveel as 40% verhoog waar hierdie stelsel geïmplementeer is. Figuur 1 wys hierdie stelsel in die groeiseisoen.

Voordele van die stelsel � `n Verhoogde getal ogies op dieselfde opleistelsel. � `n Verhoogde hoeveelheid trosse, sonder verdigting. � `n Verhoging van sowat 30-40% Smart Dyson in opbrengs. Volgens dié stelsel word meer draer- � Sonlig word beter onderskep. posisies (op- en afwaarts) op die � Verhoogde druifkwaliteit. kordonarm gelos. Dit kan met die � Die stelsel kan feitlik op enige vorming van `n jong wingerd gedoen heiningprieël-stelsel toegepas word of op bestaande, groeikragword. tige wingerde toegepas word. Die draerlote word dan af- en opwaarts Nadele van die stelsel geposisioneer. Sodoende word die � Die stelsel is meer arbeidintensief. posisies waar trosse gedra kan word, � Verhoogde opbrengs moet met 33


Figuur 3. Waar spasies groter as `n skêrlengte oop is, moet nuwe draers gevorm word.

Figuur 2. `n Grafiese voorstelling van die Smart Dyson-stelsel.

Figuur 4. Tydens snoei word `n sterk loot gebruik om die oop spasie te vul. Maak die punt van die loot met `n toutjie vas sodat dit in posisie bly.

en gaan kordonarms verlore. `n Verlies van 5cm op elke stok beteken `n verlies van 125m/ha. Die verlies in opbrengs kan meer as `n ton/ha wees. Dus moet die sterk lote waar moontlik gebruik word om die draad vol te maak en draerspasie só te Die voordele van hierdie stelsel oor- optimaliseer. Sien Figuur 3 tot 6 vir `n skadu egter die nadele. Die verhoog- illustrasie oor hoe om sogenaamde “gate” te vul. de opbrengs met dieselfde of selfs Figuur 5. Die daaropvolgende jaar verbeterde wyngehalte kan meer geld Bogenoemde stappe kan dien as word die lote wat uit die vervangingsin die produsent se sak beteken. Hier- riglyn om opbrengste te verhoog. loot gegroei het, as tappies gebruik. Die produsent moet die bestuur só die verhoogde inkomste is ook meer aanpas dat optimale opbrengste deur as die koste van die ekstra arbeid, minimale insette verkry kan word bemesting en watergebruik. sonder om die wingerd af te skeep. Die wynbedryf tel stadig maar sy kop Korrektiewe snoei, vervang op en as `n paar kaarte reg gespeel van dooie arms word, kan dit die opwaartse omEen van die faktore wat tot opkeer van die wynbedryf beteken. Die brengsverlies bydra, is dooie korwynbedryf is iets om op trots te wees donarms. Meestal is dit die gevolg en kan as `n elite bedryf gesien word. van kordonarms wat hulself op die draad verstrengel en só die sapvloei Navrae afsny. Die arms vrek gewoonlik met Johan Fourie `n gevolglike verlies aan draerspaFiguur 6. Twee oogtappies word in 082 805 0036 sie. Verder vrek heelwat tappe ook die regte posisies gesny. verhoging in bemesting en besproeiing opgevolg word. � Die stelsel kan net op heiningstelsels toegepas word. � `n Ekstra draad moet onder die kordon bygebring word.

34



Lewendehawe Carien Grobler

Kies die regte veldram só Om die regte veldram te kies, moet `n mens verskeie faktore oorweeg. Kommuniek het met mnr. Louis van Rensburg van die Noord-Kaap Veldram Projek gesels. Waarna moet ek kyk met die keuse van `n ram by `n veldramveiling? Die opvatting dat `n goeie ram net mooi bouvorm moet hê, het verander. Goeie bouvorm is wel belangrik, maar daarmee saam is aanpasbaarheid, groeivermoë en vrugbaarheid ewe belangrik. Hierdie eienskappe kan nie met die oog gesien word nie en moet daarom gemeet word. Aanpasbaarheid is baie belangrik sodat die dier onder natuurlike omstandighede kan leef en reproduseer. Dit gee `n mens aanduiding van hoe die dier hitte en koue kan hanteer, of hy goeie loopvermoë het, oor goeie moedereienskappe beskik en 36

weerstand teen siektes kan bied. Die seleksie-indeks (SI%) wat ons publiseer is `n goeie aanduiding hiervan. Kuddeboere maak geld uit die aantal lammers wat hulle bemark, sowel as die lammer se gewig. Daarom meet ons hierdie eienskappe. As `n mens dan `n ram wil kies, moet jy albei, naamlik dit wat jy kan sien en dit wat gemeet word, in aanmerking neem en in balans hou. Dit is waar dat alle syfers nie direk met mekaar vergelykbaar is nie, aangesien sommige binne kudde(op een plaas) verband gemeet is en ander binne rasverband (al die verskillende stoeterye in die land). Speenindeks, naspeenindeks en ooiproduksie indeks (OPI) is die drie waardes wat aandui hoe goed die ram presteer het teenoor sy maats in dieselfde stoet. Dit kan nie met ander ramme in die katalogus vergelyk word nie. Die ander eienskappe in die katalogus is direk met mekaar vergelykbaar

aangesien blub-teelwaardes die invloed van die omgewing uitskakel en die ram se werklike genetiese teelwaarde voorspel. Omdat die syfers dikwels verwarrend is en dalk moeilik is om te interpreteer is dit vergemaklik met die volgende simbole: * top 10%, + top 40%, = Gemiddeld, - onderste 40% x onderste 10%. `n Sterretjie beteken dat die dier vir die betrokke eienskap in die top 10% van die ras is. So is `n + die top 40%, = gemiddeld, - die onderste 40% en `n x die onderste 10% van die ras. Die akkuraatheid word ook met `n klein syfertjie vir elke simbool aangedui en hoe hoër hierdie syfer is, hoe beter. As `n mens slegs na een syfer wil kyk, gee die R.E.W. (relatiewe ekonomiese waarde) jou `n goeie aanduiding. Die R.E.W. is `n kombinasie van speen-, naspeen- en reproduksieteelwaardes.


Die GLS (getal lammers gespeen) is `n aanduiding van vrugbaarheid. Hiermee saam moet die OPI (ooiproduksie afwyking), ILP (interlamperiode) en MLI of GLI (gemiddelde lamindeks)ook in ag geneem word. SpeenDir (SpeenDirek): Dit is die direkte effek van die ram se gene op groei tot op speen. Speen Mat (Speen Maternaal): Dit is die effek van die ram se moeder se gene wat sy eie speengewig beïnvloed deur die “omgewing” wat sy geskep het. Hierdie “omgewing” is hoofsaaklik moedereienskappe en melkproduksie. `n Mens moet egter waak teen enkeleienskap-seleksie. Produsente lê dikwels net klem op die swakste eienskap van sy eie kudde, maar om die regte balans te behou, moet `n mens na al die eienskappe kyk. Wat is die waarde van so `n ram? Tydens `n proef wat ons met veld-

ramme by Griekwastad gedoen het, is ses ramme geselekteer. Groep A was drie ramme met `n gemiddelde SI van 122. Groep B was drie ramme met `n gemiddelde SI van 100. Altesaam 300 Dorperooie is met die twee groepe ramme gedek. Op 90 dae is die lammers geweeg. Groep A se lammers het 25,8kg geweeg en groep B se lammers 23,63kg. Die verskil 2,17kg. Ook is daar van groep A betekenisvol meer nageslag gespeen. Moontlik is die rede dat groep A se ramme beter aangepas was in die omgewing en daarom hoër semengehalte en beter libido gehad het. Teen die heersende prys van R22/kg beteken dit R47,74 meer per lam op 90 dae. As `n produsent `n groep A ram vir vyf jaar gebruik en die ram dek elke jaar slegs 60 ooie, is daar teoreties 300 lammers. Die inkomste verkry van `n groep A-ram in vergelyking met `n groep B-ram is as volg: 300 x R47,74 = R14322.

Dan praat ons nie eers van ongetoetsde en vetgevoerde ramme nie. Daarby moet gereken word die voordeel van verhoogde lampersentasie en die waarde van verbeterde ooilammers wat teruggehou word. As bogenoemde ramme ook verder op blup-teelwaardes uitgesoek kon wees, is ons seker dat die geldwaarde dramaties sal verbeter. Produsente moet onthou dat blupwaardes +/- 80% akkuraat is en indekswaardes maar +/- 30%. Ongelukkig was dit in daardie stadium nog nie beskikbaar nie. Die Noord-Kaap Veldramveiling word elke jaar in September aangebied en bied die ideale geleentheid waar die gewenste bouvorm saam met aanpasbaarheid, vrugbaarheid en groeiprestasie geëvalueer kan word sodat die ramme meer geld in die kopers se sak sal plaas. Besoek hul webtuiste by www.veldramme.co.za


Meganisasie Promosie

Verskeidenheid implemente by Meganisasie beskikbaar GWK Meganisasie bied `n wye verskeidenheid van implemente vir produsente in ons bedieningsgebied. Ons fokus op kliëntetevredenheid en om voortdurend in al die behoeftes van ons klante te voldoen.

Kontak gerus een van ons be- George Wheeler markers wat met kundige raad Prieska in al u implement-behoeftes 071 670 1303 sal voorsien: Tinus Oosthuizen Douglas 082 804 0430

Adriaan Steyn Modderrvier 082 888 3863

Besoek ook GWK se webtuiste vir implemente wat te koop aangebied word by www.gwk.co.za.

Rovic Leers (Sub Agent) DLB Super 19 450mm Diep werking DLB Super 19 “Rip in the row” 450mm Diep werking DLB Super 25 650 – 800mm Diep werking DLB Super 32 650 – 800mm Diep werking Driepunt Ripper 1.5m – 8.1m Werkwydte

BP Implemente Damscoop

Operdploeë

38

Rippers

Gradeerders

Skoffelploeë


Rotary cultivators

Koringplanters

Dorsmasjiene

Sproeiers

Disc implements

PloeĂŤ

Oesmasjiene

Oneway

Spreaders

Rotary harrow

Trekker bybehore

Rotary slashers

Yellow range

Mielieplanters

Hamermeule

Sleepwaens

Vurkhysers

ORTMAN (Strip Till) Die Orthman 1tRIPr voor plant bewerkingsinstrument bewys strook-tot grond-bestuur, presisie voedingstowwe plasing, en die saadbed voorbereiding in `n veld slaag die ongekende veld doeltreffendheid. Die 1tRIPr-naam is afgelei van die kombinasie van verskeie prosesse om voorplant-doelwitte te bereik, terwyl die bewaring van water, grond, tyd en geld in `n enkele bewerking gedoen kan word. 39


Kongskilde

PARAGRUBBER ECO 3000 Die KONGSKILDE Paragrubber ECO is `n diepte losmaak-implement wat die grond in 450-550mm onder die oppervlak losmaak sonder om dit bolangs op te breek . Die losmaak-effek kan verander word deur die aanpassing van die skare se aanvalshoek te verskuif. Regs: Vibroflex

FALCON

(Alle gras- toerusting)


GWK Grondbone . . . ‘n voorbeeld van innovasie

Kontak: Cloete Nortje 053 298 8458 082 803 0687

GWK is `n leier in die verbouing, verwerking en bemarking van grondboontjies. GWK se grondboontjie-drogingsaanleg op Douglas is nóg `n voorbeeld van hoe ons landboubesigheid innoveer. Dié unieke fasiliteit stel GWK in staat om risiko’s verbonde aan die verbouing van grondboontjies te verminder, die smaak van grondboontjies te verbeter en `n hoër persentasie keurgraad grondboontjies te lewer.

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


GWK Nuus GWK STREEKSPANNE PRESTEER GOED OP RUGBYWEEK

G

WK se streekspanne het goed presteer op die jaarlikse rugbyweek te Frankfort. Die spanne het verskeie komplimente ontvang vir hul gedrag in die koshuis en goeie sportmanskap op die veld. Die O/19-span het besonder goed gevaar en was uiteindelik onoorwonne. Drie van die O/13-pan se spelers is in die span ingesluit wat aan die ein-

de van die toernooi aangewys word. Hulle is Willem Basson en Miguel Bresies van De Aar en Edrich Mülke van Douglas. Mnr. Pieter le Roux, afrigter van dié span het GWK) bedank vir die besoeke aan Frankfort om die spanne te ondersteun. “Baie dankie aan GWK vir die borgskap en geleentheid wat dit aan die seuns gebied het.” “Die bestuurspan het die week ook

geweldig geniet,” sê mnr. Shawn Muller (afriger van die O/16-span). “Ons is goed versorg en daar was altyd genoeg kos en verversings. Volgens Muller het die spanne sowel as die afrigters baie uit die week geleer. “Dankie aan GWK vir die ondersteuning wat julle bied, die geleenthede wat julle vir ons jeug skep, word raakgesien!”

Die O/19 GWK-streekspan. Voor: Hendrik Malan en David Holtshauzen. Middel: Nico Wilke, Donovan Small, Conrad du Toit, Ari Viljoen, JD Mans en Jurie Swart. Agter: Morris Rossouw, Christo Botma, Janco Scholtz, Francois Jacobs (onderkaptein), Griekwas se gemsbokkie, Pieter Hiten, Juandré Horak en Jacques Pienaar. Heel agter: Petri Schoeman, mnr. Stefan Meades, Luaan Ebertson, Armand Boshoff, Adriaan Brits, Jimmy Du Raan, Stefan Meades (kaptein) en mnr. Cassie Carstens (afrigter). 42


Die O/16 GWK-streekspan. Voor: Michael McGee, Berto Janse van Rensburg, Petri Fourie en Dirkie Hanekom. Middel: Ruan Blignaut, Justin Pietersen, Cladiuo Sequira, Chatley Meyer, Stephan Botha en CD Wilke. Agter: Gerhard Beukes, Hanco Fourie, Alucius Oberholzer en Raynard Scheepers. Johan Brits, Morné Kleinhans, Christofer Menezes, mnr. Henry Ackerman (afrigter), Abrie Niewoudt, mnr. Shawn Muller (afrigter) en Bennie Raath.

Die O/13 GWK-streekspan. Voor: Armin de Villiers, Jandrè du Toit, Ian Jansen, Shawn Snyman, Charlie Louw, Luan Murray en Edrich Mülke. Middel: mnr. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK), Marco van Straaten (onder-kaptein), Justin Range, Miguel Bresies, Willem van den Hever (kaptein), Gian Visagie, Henco Burger, mnr. Pieter Tait en Griekwas se gemsbokkie. Agter: Gerrit Lotz, mnr. Petrus van Heerden, Cobus Raath, Christiaan Kershoff, mnr. Chopper Theart (Uitvoerende Bestuurder: Menslike Hulpbronne van GWK), Andries Pienaar, Le Roux Mülke, mnr. Pieter le Roux (afrigter), W.J. Steenkamp en Litha Bangani. 43


GWK GRONDBONE ONTVANG BESOEK UIT JAPAN

GWK Grondbone het onlangs besoek uit Japan ontvang. Van links is mnre. Piers Sanford (Besturende Direkteur van FRW Groundnuts, `n internasionale koper van GWK se grondbone), Cloete Nortje (Bestuurder: GWK Oliesade), Andreas Snyman (Uitvoerende Bestuurder: GWK Oliesade en Pekanneute, Seiji Moriu (Senior Besturende Direkteur: Moriu Shoji Mpy Bpk), en Tomohiko Sakamoto van die Kanematsu Corporation se afdeling vir geprosesseerde landbouprodukte.

GWK EIENDOMME GEE HUL 67 MINUTE VIR LIEFDADIGHEID

G

WK Eiendomme het op Mandeladag hul 67 minute vir liefdadigheid spandeer deur sop, broodjies, kolwyntjies, balle, serpe, mussies en lekkergoed uit te deel by Thutong ya Bana, `n projek op Kimberley wat fokus op kinders wat om die een of ander rede hul skoolloopbaan gestaak het. Die projek bied aan hierdie kinders oorbruggingsopvoeding met die doel om hulle uiteindelik weer in die hoofstroom te integreer of beroepsgerig op te lei. Die projek bied ook geldelike steun aan kinders om hierdie oorgang te maak. Mense wat `n bydrae tot die projek wil maak (hetsy geldelik of in die vorm van opvoedkundige speelgoed en ander benodigdhede, kan me. MadrĂŠ Joubert skakel by GWK Eiendomme op Kimberley. Haar telefoonnommer is 053 832 0734.

Regs: Die kinders van Thutong ya Bana wys hul dankbaarheid. Inlas: Mnr. Allan du Toit van GWK Eiendomme met een van die kinders. 44



Ons mense

Hulle sien toe dat Kommuniek sy lesers bereik. Van links na regs is mes. Sharien Molatlhegi (Assistentklerk: State en Posdienste), Magdalena Cornelissen (Assistentklerk: State en Posdienste), Lorraine Matlhogo (Assistentklerk: State en Posdienste), Elsie Meyer (Assistentklerk: State en Posdienste), mnr. Booi Visser (Toesighouer: Algemene Ondersteuning) en me. Margareth Barnett (Toesighouer: State en Posdienste). Inlas: Mes. Jeanette Kock (Algemene Werker), Ragel Sekgoro (Algemene Werker) en Hannah Katz (Algemene Werker).

46


Hulle sorg vir kommunikasie. Van links na regs is mes. Mitchelene Oor (Telefoniste/Ontvangs), Lévonne Kotze (Adminklerk: Korporatiewe Bemarking) en Michelle Van Vuuren (Telefoniste/Ontvangs).

Met “Ons mense” wil Kommuniek die passie uitbeeld waarmee die produsente in GWK se bedieningsgebied hul boerdery behartig, maar ook die passie van GWK se personeel landbou te innoveer en puik diens te lewer. Ons ontvang graag foto’s van produsente waar hulle in die boerdery werksaam is, asook foto’s van personeel waar hulle met hul dagtake besig is.

Stuur foto’s na carieng@gwk.co.za Kommuniek Posbus 47 Douglas 8730

Die dames van GWK Graan op Douglas is fluks aan die werk. Van links na regs is mes. Leza Botha (Graan Admin Beampte), Zelda French (Assistent Rekenmeester), Suzette Pheiffer (Bemarkingsassistent), Cynthia Haas (Bemarkingsassistent), Nelia Jooste (Bemarkingsassistent), Jeanette Coetzer (Assistent:Graanverhandeling), Marshallane Morolong (Klerk:Telefoniese Kontraktering).







GWK Pekanneute . . . innoverende landbou

Kontak: Johan Fourie 053 298 8224 082 805 0036

GWK Pekanneute lewer `n diens in die GWKbesproeiingsgebied waar van die beste gehalte pekanneute in die wêreld gelewer word. Ons bied advies vir die verbouing, asook fasiliteite vir die sortering en polering van pekanneute. `n Diens vir die uitvoer van pekanneute na die buiteland word ook gefasiliteer in GWK se deurlopende strewe om afsetgebiede vir produsente se produkte uit te brei.

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Kiekies

Tema vir Aug. Jou kind met GWK se handelsmerk.

Tema vir Sept. John Deere. Die enigste vereiste is dat die foto `n John Deere-trekker daarop moet hê.

Stuur foto’s na carieng@gwk.co.za Kommuniek Posbus 47 Douglas 8730

REËLS

Die inskrywing moet die tema van die betrokke maand weerspieël. Deelnemers mag slegs een foto inskryf. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500 kb wees nie. U naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 54

Wenner Klein Lené Nel van Marydale lees graag haar pa, Louis, se Kommuniek.

Maandelikse pryse 1ste R600 GWK kleinhandelkoopbewys, geborg deur GWK Landmark. 2de R300 GWK koopbewys 3de R100 GWK koopbewys


Tweede Liaan Strachan van Orania oefen vir Le Tour de GWK!

Rosabell Mugglestone van Prieska.

Derde Chantè Snyman van Douglas - GWK-prinses!

Anlia Nel van Douglas. 55


Die senters JP Nel en Stefan Watermeyer deel `n grappie. Hulle sal tydens die Curriebekerreeks vir Griekwas uitdraf. GWK is die

hoofborg van die GWK Griekwas

Griekwas gesels Carien Grobler

Die NK is lekker, sê Stefan

G

riekwas is baie opgewonde oor die groot name wat onlangs by die span aangesluit het. Stefan Watermeyer en JP Nel wat albei voorheen vir die Bulle senter gespeel het, sal in die Curriebekerreeks vir die Griekwas uitdraf. Die vleuel Burton Francis wat ook voorheen vir die Bulle gespeel het en hierdie seisoen ook vir die Stormers uitgedraf het, sluit hom ook vir die Curriebekerreeks by Griekwas aan. “Dit is `n baie groot geleentheid,” sê Watermeyer wat onlangs van Wallis teruggekeer het. Hy het verlede jaar ná die Curriebeker die Bulle gegroet om vir die 56

Walliese klubspan Ospreys te speel. Watermeyer, wat op Nelspruit grootgeword het, vertel dat hy baie lekker in die Noord-Kaap bly. “Dit is so rustig, niemand is gejaag nie en die mense is baie hulpvaardig.” Hy geniet ook die atmosfeer onder die spelers by Griekwas. “Hier is so `n lekker vibe onder die ouens. `n Mens kry dadelik die gevoel dat jy te doen het met spelers wat hard werk en iewers heen op pad is.” Watermeyer het nie in hierdie stadium enige langtermyn-doelwitte nie, maar fokus daarop om sy beste vir Griekwas te lewer. Oor die harde vel op GWK Park lag

hy net. “Dit is net nie lekker om daarop te val nie! Dit is beslis `n groot kontras teen die nat velde waarop ons in Wallis gespeel het.” Wat die Curriebekerreeks betref, is hy baie positief. “Griekwas het `n goeie kans om baie goed te doen. Die ouens het geloof in mekaar. Die seisoen het werklik die potensiaal om baie spesiaal te wees.” Griekwas sê op 10 Augustus die Bulle op hul tuisveld die stryd aan, waarna hulle in hul eerste tuiswedstryd van die reeks teen die Westelike Provinsie op GWK Park in Kimberley te staan sal kom. GWK staan bankvas agter julle manne. Bring die beker huis toe!


Oom Gemsbok

Die Skopskoen

Pienk osse se opmars eindig . . .

D

agsê vrinne. Daar is die koeël toe dwarsdeur die badkamervenster van die konsistorie. Slegs die Stormers, Bulls en Sharks wat 2012 se Super 15 uitspeelrondtes kon haal met die manne van die Kaap wat heel bo eindig. Ná maande se rugbygenot kom die grootste kompetisie eersdaags tot `n einde. Baie geluk aan al die ondersteuners wie se spanne die paal gehaal het! Met die Bulls wat die kort stokkie trek teen die Crusaders weg is dit toe ook die einde van die pienk osse se opmars na die halfeind. Dalk is die Bulls baie tevrede dat hulle die eindspeelrondtes kon haal met `n sogenaamde jong en nuwe span, maar as Oom Gemsbok so na al die Bokname in die span kyk, sou Heyneke `n paar wintersaande maar baie sleg geslaap het. Arme Morné is so van vorm af dat

selfs `n Graad 1-Sondagskooljuffrou dit kan sien. Verder word Spies, Hougaard en Morné oorskadu deur hul ewe-knieë van Nieu-Seeland wat kommerwekkend is vir Bok-rugby. As daar nou een span is wat op die regte tyd petrol gegooi het is dit die Sharks. Hulle kry die makliker wedstryd teen die 2011-kampioene en stop die Reds se opmars met `n blitskrieg van foutlose rugby. Die Sharks speel totale rugby en is tans twee trappies bo die Stormers en Bulls wat gehalterugby betref. Met só `n pak voorspelers wat nog nie in die Super 15 hul gelyke kon vind nie, kan die Sharks vanjaar maklik die Super 15-beker by die haaitenk laat staan. `n Span wat die Sharks wil wen, sal hul agtal in trurat moet kry en Bismark en Coetzee op die agtervoet moet vang. Min spanne kon dít regkry.

Die Stormers kon die uitspeelrondtes lekker van Kampsbaai af dophou en uitrus vir die rillerstryde wat wag, maar wat gehalterugby betref is die hele land maar bekommerd vir die Stormers se part. Hoewel die manne van die Kaap lustelose rugby speel, wen hulle week na week. Nietemin gaan dit hulle dalk inhaal wanneer dit regtig saak maak. Ons sal maar moet sien. Om bo-aan die taaiste kompetise in wêreld-rugby te eindig, wil gedoen wees. Ons hou duim vas dat die S15-beker eersdaags gaan terugvlieg Suid-Afrika toe waar hy hoort. Verder kan Oom Gemsbok nie wag dat die Curriebeker moet begin nie. Die Griekwas het `n groep wat met enige ander span kan saamgesels en die manne is reeds aan die oefen. Hou die kwaste dop hierdie jaar! Groetnis – Go Bokke! Oom Gemsbok 57


Pret op die plaas Vir die jongspan

O

ns maak hierdie maand `n skaap van springmielies! Vra jou ma om vir jou springmielies te spring. Terwyl sy besig is, kan jy solank die agtergrond, die gras en skoenlapper en die skaap se mond en ore

inkleur. Plak dan die wolke en die skaap se lyfie vol springmielies soos op die prentjie regs! Jy kan ook watte gebruik vir jou skaap se wol (soos op die prentjie heel regs) of die twee kombineer. Lekker eet terwyl jy plak! Geniet dit!

Lekker dinge om oor lammers en skape te weet

Skape kan nie baie goed sien nie, maar hulle hoor uitstekend. `n Lammetjie kan sy ma aan haar stem uitken.

`n Skaap wat een jaar oud is, word `n wissellam genoem.

As jy ooit `n skaap sien wat op sy rug lĂŞ, help hom op! `n Skaap kan nie van sy rug af opstaan nie. As hy te lank so bly lĂŞ, sal hy doodgaan. 58

`n Skaap wat twee jaar oud is, word `n tweetandskaap genoem.

Uit: Die storie van Sneeuvlokkie. Uitgegee deur GoldQuill.



Kinderkuns

B

aie dankie vir elke plaas-collage wat ons vir verlede maand se kompetisie in Pret op die plaas ontvang het. Inskrywings is van regoor GWK se

bedieningsgebied ontvang. Die inskrywings is beoordeel op grond van die kreatiwiteit wat die deelnemers aan die dag gelĂŞ het om hul collages te voltooi. Elke inskrywing was `n kunswerk

in eie reg en die beoordelaars het behoorlik kopgekrap om die wenners aan te wys. Baie geluk aan die wenners en ook aan elke inskrywing wat gekies is om hier te publiseer. -Red.

1ste

Caylin van Zyl van Prieska.

Marelize Scholtz van Griekwastad. 60

Ellenor de Vries van Prieska.


2de

3de

Caretha Nel van Douglas.

Benjamin Roux van Prieska.

Abri Cilliers van Niekerkshoop.

Ayin Fourie van Prieska.


Leefstyl Carien Grobler

Leef gebalanseerd en speel eerste viool in jou eie lewe Om gebalanseerd te leef, ontspanne te wees en die eerste viool in jou eie lewe te speel, moet `n mens gereeld jou prioriteite hersien.

die huis kom, sak jy teen 21:00 die eerste keer uitgeput op die bank voor die TV neer voordat dieselfde patroon hom die volgende dag herhaal. `n Gespanne, uitgeputte en ongebalanseerde vrou is nie regverdig teenoor haarself óf haar gesin nie. Om gelukkig te wees, moet jy `n gesonde hoeveelheid selfsug toepas. y is `n eggenoot en `n ma, Vra jouself die volgende: `n beroepsvrou, `n kok en `n � Hoeveel tyd gun jy jouself elke chauffeur. Jy was al dou voor dag om in die bad te ontspan? dag op om jou gesin te versorg, kospakkies te pak en die huis aan die � Neem jy jou selfoon saam wanneer jy gaan bad? kant te maak. Wanneer jy saans by

J

62

� Keer die harwar van al jou take dat jy gereeld `n paar oomblikke afskakel? � Wens jy dat jy meer gereeld `n paar oomblikke alleen kan wees? As jy “ja” geantwoord het op enige van hierdie vrae, is jou lewe buite balans en staan jy heel onder aan jou eie lys van prioriteite. Om gebalanseerd te leef, moet `n mens gereeld jou prioriteite hersien. Dit beteken dat jy soms moet “nee” sê om `n gesonde balans tussen almal se se behoeftes te handhaaf.


Hersien jou prioriteite in vier maklike stappe Wanneer `n mens te veel hooi op jou vurk het, gooi jy maklik jou prioriteite oorboord. Jy doen dan wat ook al in daardie stadium jou aandag vereis, totdat iets anders weer jou aandag opeis. Hierdie benadering is egter `n wenresep vir chaos en spanning. Sonder prioriteite hardloop `n mens rond tussen alles wat gedoen moet word. Gevolglik is jy meer geneig om die maklikste take eerste aan te pak en moeiliker take vir later te los, wat uiteindelik spanning veroorsaak.

Ek is belangrik . . ..

Dit help `n mens ook om jou eie identiteit te behou en nie só vervleg te raak in die lewens van die mense waarna jy omsien, dat jy jouself in die proses verloor nie. Om effektiewe persoonlike grense te Ruk jou prioriteite reg stel, moet `n mens eers jouself leer Bepaal wat belangrik is. ken. Dr. Abraham Maslow, `n AmeWees daarom bedag op situasies rikaanse sielkundige, se bekende waar jy uitgeput en gespanne voel en hiërargie van behoeftes dui daarop voel dat jy meer ruimte nodig het. dat `n mens se basiese behoeftes Wanneer jy `n grens stel, hoef jy bevredig moet word voordat jy doel- jouself nie te verdedig, in `n debat witte op hoër vlakke kan bereik. Hier- betrokke te raak of te verduidelik nie. die behoeftes sluit in fisieke behoeftes Wees bloot vriendelik, kalm en kom soos kos en water, die behoefte aan tot die punt. veiligheid en liefde. Sodra jy `n grens gestel het, hou Maslow meen egter dat die behoefte daarby. Deur slegs een keer toe te aan prestasie, respek van ander gee, sal jy weer by die beginpunt mense, kreatiwiteit en spontaneïteit beland. As jy byvoorbeeld saans `n ook basiese behoeftes is. Nietemin halfuur lank met `n boek wil ontspan, word laasgenoemde dikwels afmoenie toegee as jou gesin jou in geskeep wat veroorsaak dat `n mens hierdie tyd met onbenullighede pla uitgeput en gespanne voel. nie. Sodra hulle sien dat jou grense Vroue voel dikwels skuldig en dat dit nie buigbaar is nie, sal hulle ophou selfsugtig is om hul eie behoefprobeer. tes eerste te stel. Om dit makliker te Só leer `n mens ander mense hoe maak, kan `n mens begin om jouself hulle jou moet behandel. met dieselfde maatstaf as jou gesin te beoordeel: As jy iets vir jou gesin Wees vriendelik, maar ferm. gun, gun dit ook vir jouself. Die meeste mense voel ongemaklik wanneer hulle iemand iets moet Stel gesonde grense. weier. Dit is egter makliker wanneer Om `n mens se prioriteite in plek te `n mens in gedagte hou dat elke keer hou, moet jy grense stel. wanneer jy “ja” sê vir iemand anHierdie grense verhinder dat `n ders, jy “nee” sê vir jouself en jou eie mens emosioneel of fisiek deur ander prioriteite. mense uitgeput word en help jou ook Balans is die sleutel. `n Mens hoef om jou eie behoeftes te bevredig. nie vir alles “nee” te sê om jou priVerhoudings met gesonde grense oriteite in plek te hou nie, maar wel laat elke persoon toe om sy eie voor- vir mense wat jou misbruik en jou en afkeure, vriende, stokperdjies en energie steel. persoonlike tyd te hê. Wanneer jy kies om “nee” te sê,

wees vriendelik en onthou dat jy nie jou besluit hoef te verduidelik nie. “Ek is jammer, maar dit sal nie vir my moontlik wees nie,” of “Dankie vir die uitnodiging, maar ek sal ongelukkig nie kan gaan nie,” is genoeg. Benut jou tyd. Wanneer `n mens jou prioriteite in plek het, sal jy ook meer tyd hê vir jouself. Groei as mens én ontspan op die volgende maniere: � Neem jou brein met vakansie. Hoewel dit lekker sou wees om in werklikheid op die strand te lê, kan jy jou brein op kort “vakansies” neem. Maak jou oë tien minute lank toe en luister na jou gunsteling-musiek, lees `n boek wat jou gedagtes van die werklikheid laat ontsnap of kyk `n fliek wat jou wegvoer. � Bevredig jou belangstellings. Om jou brein besig te hou met iets wat jy geniet, is `n effektiewe manier om te ontspan en goed te voel. Kookkuns is `n goeie voorbeeld van `n aktiwiteit wat `n mens se brein besig hou, maar terselfdertyd ontspannend is. Jy kan ook `n dans- of kunsklas oorweeg om jou kreatiewe sy te bevredig en jouself uit te leef. � Geniet jou mense. Terwyl `n mens al die balle in die lug probeer hou, bly die verhoudings met die belangrikste mense in jou lewe dikwels agterweë. Gebruik jou ekstra tyd om saam met jou kinders speletjies te speel, kos te maak of `n stokperdjie met hulle te deel. 63


64


Rose-Marie van Vuuren

Oulap se rooi Maak mooi met min

Kies die regte klip vir `n lushof in die Karoo

D

ie winter is dikwels `n seisoen wat omgewens word wanneer `n mens na die vaal tuin om jou huis kyk. `n Mens kan egter jou tuin in die winter geniet deur reeds nou vir jou somerstuin te beplan. Die meeste huiseienaars het `n gedeelte in hul tuine waar dit moeilik is om `n bedding te vestig. Dit is ook hierdie dele van `n tuin wat in die winter die swakste vertoon. Met die regte beplanning en keuse van die regte klippe, omskep ons hierdie maand dié dele van jou tuin in ’n lushof van klip en vetplante. `n Mens hoef nie baie geld te spandeer om `n kliptuin te maak nie. Klippe is oral in ons omgewing beskikbaar en in sommige dele van GWK se bedieningsgebied kan sakkies klip selfs langs die pad gekoop word van verkopers wat klippe bymekaarmaak en volgens die kleur sorteer. As jy self nie besonder kreatief voel nie, nooi `n vriendin vir `n koppie koffie in jou tuin en vertel haar wat jy beplan. `n Vars perspektief is dikwels al wat `n mens nodig het om jou gedagtes aan die gang te sit en die vaal kolle in jou tuin in interessante fokuspunte te omskep. As `n mens `n paar rand het om te spandeer, kan `n landskapargitek waardevolle voorstelle doen en jou help om jou vaal winterstuin om te tower. Hoe ook al `n mens die beplanning aanpak, is die moontlikhede legio. Maak egter seker dat jy jou eie stem-

Met die regte beplanning en keuse van klip, kan `n mens jou tuin in `n lushof van klip en vetplante omskep.

weer afmerk, so speel daarmee totdat jy tevrede is. � Kies die klip. Kies `n verskeidenheid van klip wat jy kan gebruik. Groot en klein klippe kan met mekaar gekombineer word en verskillende kleure klip kan aangewend word om spesifieke effekte te skep. Die klip kan swaarder wees as wat dit lyk, so maak seker dat jy hulp het met hierdie stap.

� Skuif die klippe in plek. Begin met die hardste werk, pel op jou tuin afdruk sodat jy tuis sal naamlik om die swaar klippe op voel en jou tuin jou persoonlikheid hul plekke te kry. Grawe groot weerspieël. klippe effens in om `n meer natuurlike gevoel in jou kliptuin Doen dit só: te skep. Wanneer die groot klippe � Maak mooi skoon. almal op hul plek is, kan die Die gedeelte in jou tuin waar kleiner klippe daarom gerangskik jy `n kliptuin wil vestig, moet word om die ontwerp te voltooi. behoorlik skoongemaak word. `n Blaarblaser kan tyd spaar om � Kies die plante. blare op die oppervlak te verwyKies plante wat goed by die der. Verwyder ook alle plantegroei plaaslike klimaat sal aanpas. by die wortels sodat dit nie later Die Noord-Kaap se warm weer deur die kliptuin groei nie. is uiters geskik vir vetplante, wat ook nie `n groot behoefte aan � Doen die ontwerp. water het nie. Kies plante met Wanneer die gedeelte vir die verskillende teksture om balans te kliptuin skoon is, is dit tyd om bring in die growwe gevoel van oor die ontwerp te besin. Gaan die kliptuin. Graspolle tussen die sit in jou tuin, maak jou oë toe klippe werk ook goed om kleur en visualiseer hoe dit moet lyk. aan `n kliptuin te gee. Gebruik kalk om die ontwerp af te merk en `n beter idee te kry van hoe dit by die res van die tuin inskakel. Jy kan altyd die ontwerp 65


Gesondheid Carien Grobler

Kies `n gesonde leefstyl vir beter spysvertering Gesondheidsprobleme wat die spysvertering beïnvloed is wêreldwyd `n groeiende probleem. Navorsing deur die Amerikaanse Gastroënterologiese Vereniging (AGA) toon dat sewe uit elke tien mense daagliks spysverteringsprobleme ervaar.

B

uiten die emosionele invloed wat dit op `n mens se lewe het, sukkel mense met gastroïntestinale gesondheidsprobleme dikwels ook om gewig te verloor en ervaar naarheid, maagpyn, sooibrand en verskeie ander probleme. Erge spysverteringsprobleme kan ook met `n mens se slaappatroon inmeng en jou verhinder om produktief te werk. `n Paar eenvoudige leefstylveranderinge kan egter gesonde spysvertering aanhelp en ongemak verminder. Die Wêreld Gastroënterologie Organisasie (WGO) het die volgende riglyne saamgestel om gastroïntestinale gesondheid te bevorder: Eet klein maaltye, maar meer gereeld. Om optimale spysvertering te bevorder, beveel kenners aan dat `n mens vier tot vyf kleiner maaltye per dag eet sonder om jou algehele kalorie-inname te verhoog. Eet gereeld vesel. Vesel is belangrik vir die gesondheid van die spysverteringskanaal en kom voor in vrugte, rou groente, heelgrane, graanvlokkies, neute en boontjies. 66

Eet drie tot vyf keer per week vis. Vis bevat omega 3-vetsure wat kan help om abnormaliteite in die spysverteringskanaal te verbeter deur die selwande te herstel, inflammasie te verminder en die algehele balans te herstel. Eet minder vetterig kos. Vetterige kos is moeilik verteerbaar. Deur minder daarvan te eet, verlig `n mens die werklading op jou spysverteringskanaal. Sluit gefermenteerde melkprodukte by jou dieet in. Sekere probiotika (die goeie bakterieë) wat in produkte soos jogurt en maaskaas voorkom, kan spysvertering verbeter. Eet maer vleis. Maer varkvleis en hoender bevat minder vet en mag spysverteringsongemak verbeter. Drink baie vloeistowwe. Vloeistowwe is nodig om die beweging van

voedsel deur die spysverteringskanaal te bevorder. `n Maklike manier om seker te maak dat jy genoeg vloeistof inneem, is om `n glas water saam met elke maaltyd te drink. As jy nie van gewone water hou nie, is gegeurde water `n goeie alternatief. Eet op jou tyd. Wanneer `n mens stadig eet en jou kos behoorlik kou, moedig dit die “vol” gevoel aan wat keer dat jy jouself ooreet wat die spysverteringskanaal kan ontstel. Oefen gereeld. Daaglikse fisieke aktiwiteit verbeter die natuurlike ritme van die spysverteringstelsel en help om voedsel deur die spysverteringstelsel te beweeg. Handhaaf `n gesonde liggaamsgewig. Kenners meen dat oorgewig `n negatiewe invloed op die spysverteringstelsel kan hê.


Resep

Mieliesoep met skop om die koue te verdryf Resep 1 eetlepel botter 1 ui, gekap 3 blikkies heel mielies 2 koppies hoenderaftreksel 1 blikke ingedampte melk 1 rooi soetrissie, gekap 1 mespunt rooipeper sout en swartpeper na smaak

� Smelt die botter in `n pot oor medium hitte. � Braai die ui in die botter totdat dit deurskynend word. � Voeg die mielies en hoenderaftreksel by. � Kook stadig vir 10 minute, roer gereeld. � Voeg die ingedampte melk en soetrissie by. � Kook stadig vir 10 minute, roer gereeld. � Voeg sout en peper by en garneer met vars pietersielie. Bedien vier tot ses. * Variasie: Voeg gebraaide spekstukkies by. * Bedien in `n uitgeholde botterskorsie vir `n kleurvolle en interessante maaltyd.


Uit Piet se pen . . .

Agterblad

Die toring word `n werklikheid

D

ie groen plastiektoilet word presies geplaas op die plek waar Gerry met sy safety boot in die grond geploeg het. Sy opdrag is ferm: “Julle mag agter hom sit, maar nie binne-in nie.” Gerry is vanoggend weer uitgevat in sy Bloubul-mondering. `n Bloubul-bandana rond sy uitrusting af. Finale instruksies word gegee en dit klink asof dinge nou gaan gebeur. Dit lyk of die Bandana pla daar Gerry aanhoudend met die knoop agter sy kop karring. Die Toyota 4x4 met die Bloubul-vlaggie wat parmantig op sy neus wapper, wys reeds in die toring se rigting. Gerry stel dit duidelik dat die toilet tot op hede die enigste remskoen was. Môre kom die riggers om die mas te bou. Voordat hulle kan begin, moet die elektroniese kas eers geplaas word. Die toring word bo-oor die kas gebou. Hulle sukkel al `n jaar lank om die elektroniese komponente te installeer. Dit sal nou maar op site gedoen moet word. Die riggers behoort die mas binne vyf dae te bou. Maandagoggend vertrek die riggers sonder hul baas uit Johannesburg. Woensdagmiddag laat is hulle eers op die plaas. Die baas daag eers die naweek op. Saterdagmiddag laat klop ene John aan die deur. Hy is die riggers se baas. Nog `n Bloubul. Dit is vrek koud en hy het `n stywe kortbroek en `n “help my sterk lyk”-hempie aan. Bo-oor dra hy `n Bloubul-onderbaadjie. Hormoonbelaaide arms met `n getatoeëerde doringdraad-motief steek daaronder uit. `n Sigaret spring op en af in sy mond. Hy is van Benoni se wêreld. Die vyf dae het vyf weke geword. Een oggend waarsku Gerry dat die 68

CTO (Chief Technical Officer) op pad is. Die site moet netjies wees. Daar is `n duidelike rangorde in dié besigheid. Laatmiddag stop `n wit ML 63 AMG in `n stofwolk op die plaas. `n Ronde, besnorde man klim al pratende uit. “Kom voel gou die bande,” sê hy. “Sien jy daai swart roet op die modderskerms? Dit kom van die bande. Teen 250km/h met 410kw onder die enjinkap kan geen band dit hou nie. Ek het haar nou lelik skrikgemaak plaas toe. Middag, ek is Bennie, die “CTO”. Drie dae en drie nagte praat Bennie sonder op hou. Hy is eintlik `n sniper (skerpskutter). `n Ongeluk in sy weermagdae het sy loopbaan kortgeknip. “Bly weg van motorfietse af,” waarsku hy. Hy het teen 250km/h `n telefoonpaal morsaf gery op pad na sy meisie. “Jong dit was erg. Die kinders wat die ongeluk gesien gebeur het, het die stukke van die paal na my toe aangedra terwyl ek daar gelê het.” Net sy sleutelbeen af en sy broek se gat stukkend. Hierna was hy nooit weer dieselfde nie. Nadat die R1 sy sleutelbeen drie keer weer op dieselfde plek afgeskop het, het die weermag hom ontslaan. Daarna is hy net so nou en dan opgeroep as hulle wou hê hy moes iemand vir hulle “klop”. Bennie se tweede liefde is jag. Saans aan tafel word ons hiermee vermaak. Hy praat so, hy kry skaars geëet. Sy vuiste lê dooierus op die tafel met `n mes en vurk na bo in elkeen vasgeklem. Hy jag nie eintlik meer nie. Sy vriende huur hom net om hulle kwesbokke te skiet. Die laaste koedoe wat hy geskiet het, was omtrent 800m ver. “Jy weet, daai bok was so ver, ek moes eers `n paar skote om hom skiet voordat ek my visier kon lees.Toe ek eers my rigting het, toe klop ek hom agter die oor. Oor

en uit, alles verby. Teen die tyd wat ons by die bok kon uitkom, het die jakkalse amper sy hele boud weggevreet. Daai bok was ver, ek sê jou.” Geld is nie vir hom `n probleem nie. Hy het miljoene in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) verdien toe hy daar torings opgesit het. Hy kon twee van sy swaers, wat hul werk verloor het, maklik onderhou. Deesdae moet hy maar tevrede wees met `n miljoen of twee in Suid-Afrika. Sy kinders bly sy trots. “Jy weet, my oudste seun is nou nommer twee in die wêreld met rekenaarspeletjies. Hulle speel daai rekenaars so warm, dit moet met spesiale waterverkoelers afgekoel word.” Sy dogter is nommer een met hip-hop (dans) in Gauteng. “Ag jong, eintlik is ons maar net gewone, middelklas mense.” Die sweisers daag heel laaste op. Erik is in beheer. Hy loop bakarms met `n broek wat laag op sy stert hang. Onder steek `n rooi nagbroek uit. Sy groot liefde is die Ford Wildtrack waarmee hy ry. “Baie lig op diesel, my Oom. Hy gee amper 15km/l teen 160 km/uur met daai drieton-wa. Ek redeneer nie en verkyk my aan die blink wiele. Erik wys ons `n foto van sy vrou. Wayne, sy helper, wil nie sy vrou vir ons wys nie. Al wat hy sê is dat sy skoonma die vorige aand so dronk was dat sy die deur met skarniere en al uit die kosyn geskop het. Voor op sy T-hemp staan “Die nuwe groot vyf van SA”. Agterop staan: “Bier, brandewyn, braaivleis, @$%& en ek”. Sonja sê sy hoop nie hy dra daai hemp dorp toe nie. Ek vermoed die toring is darem nou amper klaar en die SM en sy mense amper op pad. Ons het gehoor hoe Gerry opdrag gee dat hulle `n groot wa moet stuur om die toilet te kom haal . . .



GWK Korttermynversekering... Douglas

Brits van den Berg

Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190

Hopetown

Oesversekering is `n onmisbare aspek van `n produsent se risikobestuur. Die ekonomiese klimaat sowel as veranderende weersomstandighede noodsaak produsente om die risiko in iemand anders se hande te plaas. Wanneer verseker `n mens nie? Slegs wanneer jy self die verlies kan dra!

Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602

Prieska

Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

Douglas

Lucas Holtzhausen Krediet- en Lewensversekering 082 682 8201

Douglas

Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775

Barkly-Wes

René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548

Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.