Kommuniek Desember 2012

Page 1

Desember 2012

`n handelsmerk van

GWK wys Direksie vir nuwe termyn aan GWK se prestasie bevoordeel produsente S贸 lyk raamwerk vir vloedhulp


GWK Graan . . . innoverende bemarking Kontak die graanverkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan. BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885

GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graanhanteringsdienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die produsent wat saakmaak!

DOUGLAS Hendrikus Keulder 082 888 6295 Ig Pretorius 082 906 1672 HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676 LUCKHOFF Willie Pretorius 082 881 1120 MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736 PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg Esperansza van der Walt 082 805 9911

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Inhoud 2 Redaksioneel Hier in die Noord-Kaap gee mense nog om vir mekaar . . . 3 Geestelike akker Christus – Die vredemaker 4 Agrikalender 5 Damme en reënval 6 Landbouwenke 8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE Aktueel GWK wys Direksie vir nuwe termyn aan. 16 Ons besigheid GWK se prestasie strek tot aandeelhouers se voordeel.

34 Versekering So werk Sasria-dekking. 36 Meganisasie en Ingenierswerke GWK Meganisasie beklink buitengewone transaksie. 38 Ekpo’s GWK bied bewerkingsdag tydens landbouekspo aan. 40 Ekspo’s GWK in die Oos-Vrystaat. 42 GWK NUUS 44 ONS MENSE GWK se “Mo Bro’s” bring hul kant. 46 Kollig Bedryfshoof wil sterk band van vertroue bou.

52 DIE SKOPSKOEN Die jaar lê op sy rug . . .

20 Aktueel GWK reik helpende hand uit.

54 Vir die jongspan Pret op die plaas.

22 Graan Produsente benut die sterk graanprysvlakke.

56 VROUE Leefstyl Laat jou woorde soos reën oor ander mense val.

28 Presisieboerdery Noordelike Mielieblaarskroei onder besproeiing. 32 Saad GWK Saad besoek Spaanse Grondboonaanplantings.

18 Raamwerk vir vloedhulp

48 KOMMUNIEK KIEKIES Kersfees!

18 Aktueel Só lyk vloedhulp-raamwerk van nasionale ministerie.

26 Presisieboerdery Goeie bestuur noodsaaklik vir optimale produksie.

10 Direksie vir nuwe termyn

48 Wenkiekie

58 Gesondheid `n Handvol bont bessies vir blakende gesondheid. 59 Resep Koekstruif vir die Kerstyd. 60 Agterblad Die bul word gaan haal . . .

56 Woorde soos reën . . .


Carien Grobler Redakteur

Redaksioneel

Hier in die Noord-Kaap gee mense nog om vir mekaar . . .

D

it voel soos gister wat ek my eerste Kommuniek uitgegee het. Die reuk en gevoel van die tydskrif vars van die drukpers af, sal my vir ewig bybly. Wat `n voorreg om nou reeds so `n rapsie meer as `n jaar `n tydskrif vir hierdie dinamiese maatskappy uit te gee. Ek is trots om deel te wees van `n span wat elke dag hul passie uitleef. Ek was selfs meer trots toe ek onlangs gesien het hoe ons mense hier in die Noord-Kaap nog vir mekaar omgee. Terwyl talle produsente op die Ghaapse Plato in nood verkeer het nadat verwoestende brande dae lank op hul plase gewoed het, het GWK, ons aandeelhouers, verskaffers en personeel hul hande en harte wyd oopge-

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 072 215 1029 Advertensies Miranda van der Walt 083 709 0688

maak om hierdie produsente van voer vir hul diere te voorsien. Hierdie maand doen ons aan by GWK se jaarvergadering wat onlangs in Kimberley gehou is en ontmoet mnr. Mattheus Maree van Marydale wat op hierdie vergadering as lid van GWK se Direksie verkies is. Dan gesels ons met die provinsiale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling oor die raamwerk waarvolgens die vloedhulp wat deur die nasionale ministerie toegeken is, bestuur word. Ons kyk na graanpryse en hoe ons produsente die huidige sterk vlakke tot hul voordeel gebruik en besoek Spanje saam met GWK Saad. Ons kuier ook saam by die AgriOranje Karoo Landbou Ekspo op

Tot volgende jaar!

Carien

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

2

Hopetown en die Kersiefees op Ficksburg waar GWK bedrywig was. Ons ontmoet vir me. Karlien van Zyl, `n plaasmeisie van Bloemhof met `n kop vir syfers wat haar onlangs by GWK se besigheid vir FinansiĂŤle Landbou Adviesdienste aangesluit het. En dan kan die dames naderskuif vir `n afdeling propvol lekkerte en bederf vir die Feestyd. Ons sluit die jaar oudergewoonte saam met Piet af, wat uiteindelik sy bul gaan haal het . . . Ek wens elkeen van ons aandeelhouers `n GeseĂŤnde Christusfees saam met u geliefdes toe!

VOORBLADFOTO `n Goeie koringoes vir Kersfees. Foto: Dissie Kruger


Milanie Vosloo

Geestelike akker

Christus – Die vredemaker gaan soek Hy ons totdat Hy ons kry en weer huis toe kan bring. In hartseertye sit Hy sy Ouboet-arm met groot teerheid om ons skouers en wanneer ons raad nodig het, staan Hy in sy wysheid gereed om dit uit Broers en susters kan góéd baklei! te deel. Hierdie vredemakersrol voer Vele pa’s of ma’s moes al as vredeJesus daagliks uit sonder dat ons dit makers tussen beide tree wanneer enigsins verdien. die hare tussen die twee partye begin Soos Paulus in sy brief aan die waai. Romeinse Christene skryf: Met ons Jesus-broer is dit so anders. “Deur Jesus Christus het ons op Hy is die Een wat in sy hele wese vre- grond van die geloof toegang verde ís en daarom alles doen om ons in kry tot hierdie heerlike posisie van daardie vrede te laat deel. Wanneer genade waarin ons ons nou bevind, ons Vader alle rede het om vir ons en ons jubel vol verwagting oor die woedend te wees, tree Hy na vore en heerlikheid wat God aan ons gaan pleit dan namens ons vir vergifnis. gee.” (Romeine 5:1-2) Wanneer ons van Hom af wegloop, Hoe groot is ons Here! Hoe groot en As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, is daar nou vrede tussen God en ons op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. (Romeine 5:1)

omvattend is sy liefde en hoe omvangryk sy genade-goedheid. Dankie Jesus, dat U die groot Vredemaker van hierdie wêreld is. Dankie dat U mý Vredesbroer is. Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

3


Veilingskalender en Veilingspryse 5 Desember 6 Desember 11 Desember

12 Desember 14 Desember 14 Desember

Kimberley kleinveeveiling Hertzogville Kersfeesveiling Kimberley grootveeveiling

Kimberley kleinveeveiling Boshof Kersfeesveiling Griekwastad Kersfeesveiling

Veilingspryse vir lewendehawe - Nov. tot Des. 2012 29/10 - 02/11

04/11 - 09/11

12/11 - 16/11

19/11 - 23/11

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R13.50

Slagosse

R13.50

Slagosse

R13.80

Slagosse

R14.00

Slagkoeie

R13.00

Slagkoeie

R13.50

Slagkoeie

R13.80

Slagkoeie

R14.00

Maer beeste

R11.00

Maer beeste

R11.50

Maer beeste

R11.00

Maer beeste

R11.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R18.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R18.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R18.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R17.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R17.20

Swaar kalwers (201-250kg)

R17.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R17.60

Swaar kalwers (250kg +)

R16.80

Swaar kalwers (250kg +)

R16.80

Swaar kalwers (250kg +)

R17.00

Swaar kalwers (250kg +)

R17.00

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R20.00

Slaglammers

R19.80

Slaglammers

R20.00

Slaglammers

R19.00

Stoorlammers

R19.00

Stoorlammers

R20.00

Stoorlammers

R20.50

Stoorlammers

R19.00

Kruislammers

R19.00

Kruislammers

R19.50

Kruislammers

R19.00

Kruislammers

R18.50

Slagooie

R14.00

Slagooie

R14.80

Slagooie

R14.20

Slagooie

R14.00

Maer ooie

R14.00

Maer ooie

R14.00

Maer ooie

R14.00

Maer ooie

R14.00

Klein bokkies

R23.00

Klein bokkies

R23.00

Klein bokkies

R25.00

Klein bokkies

R22.00

Jong bokke

R23.00

Jong bokke

R23.00

Jong bokke

R25.00

Jong bokke

R22.00

Bokooie

R20.00

Bokooie

R20.00

Bokooie

R19.00

Bokooie

R18.00

4


Damme en reënval Huidige stand van damme % Vol

Spitskopdam

75

Rietrivier

Kalkfonteindam

68

Modderrivier

Krugersdriftdam

40

30

20 10 0

Werklik

Vaalharts

Hartsrivier

40

Rietrivier

67 41 42

50

Barkly-Wes

Vaaldam Allemanskraaldam Erfenisdam

Vaalrivier

Reënval 25 Oktober - 23 November 2012 60

86 94 93 106

Hopetown

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam Boegoebergdam

Oranjerivier

Prieska

Dam

Douglas

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reënval

Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Skaal

Douglas Lunenburg

25 Oktober - 23 November 2012

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0

25 Oktober - 23 November 2012

50 40 30

20 10 0

Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Max

40

30

30

20

20

10

10

0

0

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Max

Max

Max Langtermyn

Max Langtermyn

Min

Min

25 Oktober - 23 November 2012

40 35 30 25 20 15 10 5 0

Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

Min

Vaalharts Jan Kempdorp 25 Oktober - 23 November 2012

50 40

30 20 10 0

Max

Max Langtermyn

Min Langtermyn

Hopetown Lilydale

Rietrivier 25 Oktober - 23 November 2012

40 35 30 25 20 15 10 5 0

Min Langtermyn

25 Oktober - 23 November 2012

50

40

Max

Min

Barkley-Wes Ulco

Prieska Green Valley Nuts 25 Oktober - 23 November 2012

50

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Inligting verkry van GFCSA

5

Min Langtermyn


Landbouwenke Katoen Plante se wortelstelsel is diep

gevestig en waterverbruik neem drasties toe. Verseker dat die grondprofiel vol is teen die begin van die blomstadium – dit behoort teen einde Desember te wees. `n Eerste groeireguleerderbespuiting met Pix kan teen `n

ligte dosis gedoen word. Dit sal die plante effens terugsit en internodes verkort sodat dit nie vegetatief te veel groei nie. Dit is belangrik dat bolset so naby as moontlik aan die hoofstam is. Gaan lande gereeld deur en inspekteer vir insekte soos blaaspootjie en wurms.

Groente en rankgewasse Doen onkruidbeheer op

rankgewasse aangesien groot opbrengsverliese kan voorkom indien onkruiddruk te hoog is.

Sit byekorwe neer om bestuiwing te verbeter.

Laat aanplantings wat begin rank, kan nou stikstof-topbemesting

ontvang. Mikro-elemente kan toegedien word om bestuiwing en vrugkwaliteit te verbeter.

Lusern Doen vroegtydig grondontledings

deur die pH en die magnesiumvir aanplantings wat in die herfs en kalsiuminhoud van die grond gedoen gaan word. bepaal. Indien die pH laer as is 6.5, moet Indien kaliumtekorte voorkom, bekalking gedoen word. Die kan KCl @ 200kg/ha in die hoeveelheid en soort kalk word midsomer toegedien word.

Droëbone Neem grondmonsters en doen

Desember gedoen word om grondvoorbereiding vir plant van vroeë rypskade vry te spring. Droëbone is baie sensitief vir droëbone. Tradisioneel word droëbone aalwurm. Pas beheer toe deur vroeg Januarie geplant, maar met Temik te plant. Sistemiese aanplantings kan vanaf 20 bespuitings kan later plaasvind.

Wingerd Wingerd is tans in vrugset. Kyk

uit vir meeldou en donsige skimmel, veral in koeler, bewolkte weer. Dit is beter om voorkomend te spuit. Stuifswael is effektief as voorkomende behandeling. 6

Vroeë tekens van meeldou

kan op rose in die omgewing gesien word voordat die wingerd simptome wys. Dit is belangrik dat wingerd nie waterstres voor die finale rypwording ervaar nie.

Saadbed moet fyn en ferm wees. Droëbone is sensitief vir Atrasien. Maak seker van die afbreekperiode in die grond indien dit die vorige seisoen toegedien is.


Grondbone Aanplantings ná koring

kom tans op en is in die jong saailingstadium Lande kan met `n roleg (duisendpoot) bewerk word indien waaiprobleme voorkom. Doen die bewerking slegs wanneer die plante `n paar blare het en goed geanker is, anders sal te veel skade aangerig word. Maak die oppervlakte grof en water kan `n ruk lank weggehou word om die plante kans te gee om te herstel.

Wanneer die grond begin

kraak met opkoms, kan `n ligte, vinnige besproeiing gedoen word. Vermy aanhoudende besproeiing, dit strem wortelontwikkeling. Vroeë aanplantings wat begin blom, kan met gips gestrooi word indien dit nie voor plant toegedien is nie. Reël vir die neem van blaarmonsters om die voedingstatus van veral vroeë aanplantings vas te stel.

Mielies Doen “wetrip” vroegtydig om wortelskade tot die minimum te beperk, waterinfiltrasie en

wortelontwikkeling sal verbeter. Kyk uit vir stamruspes en beheer vroegtydig.

Pekanneute Sinkbespuitings kan nog

tot in Januarie gedoen word. `n Maksimum van vyf bespuitings behoort voldoende te wees deur die seisoen. Onkruidbeheer en besproeiing moet deurgaans voortgaan. Waterbehoeftes verhoog heelwat; bome moet nie aan droogtestres Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

blootgestel word tydens vrugontwikkeling nie. Die laaste somersnoei kan nog in Desember gedoen word. Begin uitkyk vir geelpekanplantluis en doen bespuitings vir skurfsiekte indien nodig. Saailinge word vanaf November tot Februarie geokuleer.


Direksie en Bestuur

Direksie

Direkteure Hennie Coetzee Wynand Human Johan Jacobs Tertius Marais Mattheus Maree

Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Besturende Direkteur Johan van Dyk Finansiële Direkteur Johan Klopper Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Uitvoerende bestuurspan

Veevoere en Aanverwante Produkte Christo Beukman 082 906 2382

Vleisbedrywe Alex Cilliers 082 808 3063

Saadproduksie, Chemikalieë en Gewasproduksie Cas Prinsloo 079 510 2710

Presisieboerdery, Produksienavorsing en Opkomende Boer Ontwikkeling Dup Haarhoff 083 646 1111

Finansiering en Finansiële Landbou-advies Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Sekretariaat en Risikobestuur Freek Meyer 083 644 0022

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Westra Kenne Louw 082 804 7545

Finansies en Stelsels Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547

Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Bemarkingskantoor: Oos-Kaap Wikkie Burger 079 519 1630

Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656

Sidi Parani Chris Piek 083 629 8569

Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778

Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103

Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Frans Lubbe

Hoofbestuur

8


Missie en Visie

Bestaansrede: As besigheid in produsentebesit, tree GWK as verlengstuk van ons produsente se besighede op om volhoubare welvaart te skep vir deelnemende aandeelhouers en belanghebbendes. GWK beywer hom om generasies van suksesvolle produsente deel van landbou te hou.

Visie: Om`n volhoubare agri-besigheid van uitnemendheid te wees.

energieke uitvoering, en � gerugsteun deur eienaarskap en spesialisasie.

Missie: Ons ontsluit potensiaal, skep welvaart en voeg waarde toe vir ons vennote-in-missie op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur:

Waardesisteem: � Met eerlikheid, integriteit en deursigtigheid, � sosiaal verantwoordbaar teenoor ons gemeenskappe, � in vennootskap met ons personeel, en � met holistiese volhoubaarheid as oogmerk.

� innoverende denke, � kreatiewe oplossings, � voortreflike besluitneming,


Mnre. Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK), Frans Lubbe (Onder-Voorsitter van GWK se Direksie), Frank Lawrence (Voorsitter van GWK se Direksie) en Mattheus Maree (nuutverkose Direkteur). Foto’s: Tania Fourie

Mnre. Johan Klopper (FinansiĂŤle Direkteur), Piet Roux en Hennie Coetzee van Prieska en Tertius Marais van De Aar. 10


Carien Grobler

Aktueel

GWK wys Direksie vir nuwe termyn aan

G

WK se Direksie, Hoofbestuur, aandeelhouers en personeel het onlangs by die Horseshoe Motel in Kimberley byeengekom om die finansiële jaar in oënskou te neem. Die maatskappy se Direksie vir die nuwe termyn is ook tydens dié geleentheid aangewys. Mnr. Frank Lawrence van Kimberley is tot Voorsitter van die Direksie herkies en mnr. Frans Lubbe van Douglas tot Ondervoorsitter. Mnre. Piet Roux en Hennie Coetzee van Prieska en mnr. Tertius Marais van De Aar is tot die Direksie herkies. Mnr. Mattheus Maree van Marydale is as nuwe lid tot die Direksie verkies. Maree het sy liturgiese kwalifikasie (Lth.) in 1983 aan die Berea Teologiese Kollege behaal waarna hy en sy broer `n gemengde boerdery in die Marydale-omgewing begin het. Die boerdery bestaan hoofsaaklik uit katoen wat onder besproeiing geplant word. Maree bedryf ook seder 2002 `n pluismeule suksesvol. Hy dien in die Grondbone, sowel as Katoen Advieskomitee en is lid van die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente Organisasie en die Katoen Pluismeulenaarsvereniging. “My strewe is om `n positiewe verskil in ander mense se lewens te maak deur alles wat ek doen,” sê Maree. “Daarom is ek aktief betrokke in my onmiddellike, sowel as die groter gemeenskap.”

Verslag van die Voorsitter van die Direksie “GWK gaan voort om in terme van sy finansiële en ander prestasies aan die verwagting te voldoen. Die maatskappy is ook reg geposisioneer om in die toekoms voort te gaan om aandeelhouer-produsente en ander belanghebbendes deur sy werksaamhede te bevoordeel,” Só het mnr. Frank Lawrence, Voorsitter van GWK se Direksie, in die jaarverslag gesê. Volgens Lawrence word die landbou toenemend gekenmerk deur onsekerheid, volatiliteit en `n sake-omgewing wat daagliks verander. Hy meen dat die uitdaging vir landboubesighede daarin lê om in hierdie omgewing innoverende besigheidsoplossings te bewerkstellig deur effektiewe waardekettingmeganismes op elke vlak te skep. “`n Ketting is net so sterk soos sy swakste skakel. Daarom moet alle belanghebbendes in die ketting betrokke wees en daardeur bevoordeel word. Dít is wat GWK doen.” Lawrence het gesê GWK het in die jaar in oorsig weer daarin geslaag om homself effektief in die landbou-waardeketting te posisioneer. “Die kompetisie in die mark is nie net tussen produkte en maatskappye nie, maar eerder tussen waardekettings. Landbouers moet verseker dat ons deel is van die mees mededingende waardeketting. Dit is wat landboubesighede in die toekoms van mekaar

gaan onderskei.” “GWK tree as verlengstuk van produsente se besighede op. Ons is as maatskappy in produsente se besit, uniek vanweë die samewerking en samehorigheid wat tussen die maatskappy en produsente bestaan. Dít is die siel van ons besigheid.” Verslag van die Besturende Direkteur Mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur), het in sy verslag gesê `n kerngesonde debiteureboek plaas GWK in `n posisie om voort te gaan om produsente in hul bedrywighede by te staan, terwyl die diversiteit van die GWK-groep se besighede die platform vir volhoubare groei en ontwikkeling is. “Die belyning van hierdie diverse besigheidstrukture om in pas te bly met verandering, het daarom reeds in die jaar in oorsig weer aandag geniet. Dit sal GWK se posisie in die volgende periode verder versterk deur betrokkenheid in `n al hoe groter deel van die hele landbou-waardeketting.” Van Dyk het beklemtoon dat GWK as maatskappy in landbou-produsente se besit as verlengstuk van hierdie produsente se besighede optree. Dít, sowel as die diversiteit van GWK se verskeie besighede, maak die maatskappy uniek én verseker dat die maatskappy reg geposisioneer is vir die toekoms. 11


Mnre. Wim van Rooyen (Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte), Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel), Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanprodukte), Orffer MĂźller (Eks-Direkteur) en Koos van der Ryst (Direkteur).

Mnre. Danas Lubbe (produsent van Prieska), Wahl Jacobs (Eks-Direkteur) en Charl de Villiers (Eks-Direkteur).

Mnre. Japie Roux (produsent van Prieska), Piet Roux (Direkteur) en Connie Coetzee (Produsent van Prieska). 12

Mnr. Hennie van der Walt (Uitvoerende Bestuurder: Oos-Vrystaat Bemarkingskantoor).

Mes. Karlien van Zyl (Bedryfshoof: FinansiĂŤle Landbou Adviesdienste) en Andri Bezuidenhout (Uitvoerende Bestuurder: Finansies en Stelsels).



Mevv. Frena Müller, Rose-Marie Van Vuuren, Annetjie de Villiers, Trisa Joubert en Elize van Rooyen klink `n glasie saam met Paul du Toit wat die rol van Malan in die TV-reeks Binnelanders vertolk. Foto: Emile Hendricks, Volksblad

Chocolates en cocktails saam met GWK en Volksblad

G

WK het vanjaar in samewerking met Volksblad `n propvol damesprogram tydens die jaarvergadering aangebied. Aandeelhouers se gades is by die Horseshoe Motel aan die hand van die tema “Chocolates en cocktails” vermaak. Die bekende akteur Paul du Toit, wat die rol van Malan in Binnelanders vertolk, sal het saam met die dames gekuier terwyl klein Lara Badenhorst, oftewel “die Engel” gaste met haar sang vermaak het. Mev. Annalize Doubell, assistentredakteur van Volksblad, het die dames geïnspireer met haar praathoe om mengeldrankies voor te voorkomskonsultant die dames op jie oor die tema “Vrou met meberei en hul lippe afgelek tydens `n hoogte gebring het van die jongste ning”. sjokoladedemonstrasie waarna `n mooimaak-wenke. Tussendeur het die dames geleer 14


Mev. Nadia Jooste (Klerk: Administrasie) en klein Lara Badenhorst neem aan die sjokoladedemonstrasie deel.

Mes. Susan Drinkrow (Senior Adminklerk: Oliesade), Nadia Jooste (Klerk: Administrasie en Leigh Taylor (Persoonlike Assistent) saam met Paul du Toit.

Mev. Annalize Doubell (Assistentredakteur van Volksblad). 15


Ons Besigheid Carien Grobler

GWK se prestasie strek tot aandeelhouers se voordeeel

O

Omset R 4 897 miljoen ndanks uitdagende Wins voor toevallings aan aandeelhouers R 105,5 miljoen landbou-toestande was die finansiële jaar Toevallings aan aandeelhouers R 100,3 miljoen geëindig 31 Mei 2012 vir GWK en Aandeelhouersfondse R 601,5 miljoen sy aandeelhouers weereens in alle opsigte `n rekordjaar. Dit kan duideTotale bates R 2 195 miljoen lik gesien word in die opsomming Opbrengs op aandeelhouersfondse 20,6% van die GWK-groep se prestasie in Tabel 1. Tabel 1. Volgens mnr. Johann Klopper (Finansiële Direkteur) is produsente Rente betaal op aandeelhouerslenings R 24,0 miljoen weer soos in die verlede vergoed vir die besigheid wat hulle met GWK Korting betaal aan aandeelhouers R 76,4 miljoen gedoen het. Totale toevallings R 100,3 miljoen “Kortings is verklaar op grond van Kontantgedeelte uitbetaal van toevallings aan R 10,0 miljoen die besigheid wat produsente met aandeelhouers GWK gedoen het. Dieselfde beginsel sal weer geld vir die huidige finanTabel 2. siële jaar (31 Mei 2013).” “Die kontantgedeelte wat uitbetaal GWK-besigheid Korting 2011/2012 Korting vir elke R 1,000 se is, beloop 10% en verteenwoordig besigheid gedoen rente op aandeelhouerslenings, Aartappels R 2,7 miljoen R 30,41 asook korting betaal,” verduidelik Durum R 1,1 miljoen R 27,45 Klopper. Gars R 1,4 miljoen R 28,33 Die kortings van R76,4 miljoen is Katoen R 0,9 miljoen R 10,54 verdeel per GWK-besigheid volgens Kleinhandel R 24,2 miljoen R 26,69 die besigheid wat produsente met daardie besigheid gedoen het.” Koring R 9,9 miljoen R 19,24 Verdere goeie nuus is dat daar Lusern en Veevoere R 1.7 miljoen R 27,28 reeds in September vanjaar R 11,9 Meganisasie en R 4,3 miljoen R 36,47 miljoen uitbetaal is aan kwalifiserenIngenieurswerke de aandeelhouers ten opsigte van Mielies R 12,8 miljoen R 32,18 die eerste rotasie van voorkeuraanOliesade R 4,1 miljoen R 93,22 dele en aandeelhouerslenings wat Saadproduksies R 6,0 miljoen R 59,93 gegenereer is in 1998. “GWK bedank graag al ons klante/ Simba-mielies R 2,3 miljoen R 159,38 aandeelhouers wat die afgelope Versekering R 4,7 miljoen R 61,80 finansiële jaar tot die maatskappy se Waxy-mielies R 0,3 miljoen R 17,08 uitstekende prestasie bygedra het. Totale korting R 76,4 miljoen Ons wens u `n Geseënde Kersfees en `n voorspoedige 2013 toe.” Tabel 3. 16



Aktueel

Carien Grobler

Só lyk vloedhulp-raamwerk van nasionale ministerie

D

ie nasionale tesourie het R1 miljard bewillig om vir infrastruktuur en grondbewaring in die vloedgeteisterde gebiede aan te wend. Produsente in GWK se primêre bedieningsgebied is volgens die Noord-Kaapse provinsiale regering nie uitgesluit by die implementering van vloedhulp wat deur die nasionale tesourie bewillig is nie. `n Woordvoerder van die provinsiale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling sê dat `n kostebepaling vir beskermingsinfrastruktuur (noodwalle) op die oomblik gedoen word. 18

Fondse is egter reeds beskikbaar gemaak om dringende skade aan beskermingsinfrastruktuur (noodwalle) in die Benede-Oranjeriviergebied te herstel om verdere vloedskade te verhinder. Vloedsimulasies en ander bepalings word in die hele vloedgeteisterde gebied gedoen om te bepaal waar beskermingsinfrastruktuur (noodwalle) vervang moet word en waar alternatiewe infrastruktuur moontlike vloedskade in die toekoms kan verhinder. `n Kostebepaling hiervoor sal bepaal watter gedeelte van die fondse vir grondsbewaringswerke beskikbaar sal word. Kommersiële produsente sal in aan-

merking kom vir 50% van onkoste wat hulle vir grondbewaringswerke aangegaan het indien bewyse hiervoor getoon kan word. Geen fondse sal egter vir produksie- of enige ander versekerde skade beskikbaar gemaak word nie. Om vir hierdie subsidie in aanmerking te kom, moet produsente daarvoor registreer. Die aanvangs van registrasie sal deur die media en georganiseerde landbou aan produsente gekommunikeer word. `n Afskrif van `n produsent se titelakte word benodig om te registreer en produsente sal ook bewyse van hul uitgawes vir grondbewaring moet indien.



`n Vaal maanlandskap is al wat oor is nadat verwoestende brande dae lank op die Ghaapse Plato gewoed het. GWK het `n dringende aksie begin om veevoer onder aandeelhouers en verskaffers in te samel en te koördineer. Foto: Burger Langenhoven

Aktueel

Carien Grobler

GWK help brandgeteisterde produsente met veevoer

G

WK het `n helpende hand na die brandgeteisterde produsente op die Ghaapse Plato uitgesteek toe 34t lusern feitlik onmiddellik beskikbaar gemaak is. Produsente in dié omgewing het erge skade gely nadat veldbrande dae lank hier gewoed het en na raming sowat 200 000ha afgebrand het. “Ons kan nie toekyk hoe hierdie 20

produsente in nood verkeer en nie help nie,” sê mnr. Neil de Klerk, Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK. “Daarom het GWK `n dringende aksie begin om veevoer onder ons aandeelhouers en verskaffers in te samel en te koördineer.” Volgens de Klerk het GWK, sy aandeelhouers, verskaffers en personeel met die ter perse gaan van Kommuniek reeds `n totaal van 300t voer geskenk. Dít sluit mielies,

ruvoer, asook voerkorrels in. Santam, `n versekeraar waarmee GWK Versekering sake doen, het R10 000 geskenk. Hiermee sal 116 sakke molassemeel van 40kg elk aangekoop word. Alle skenkings word in hierdie stadium deur GWK na die verspreidingspunt op Barkly-Wes vervoer vanwaar dit deur die plaaslike strukture van georganiseerde landbou aan die produsente versprei word.


21


Graan

Herman Grobler Bestuurder: Graanaankope van GWK

Produsente benut die sterk graanprysvlakke

G

raanpryse vertoon steeds sterk en produsente benut hierdie vlakke terwyl die oes van koring, Durum en gars volstoom aan die gang is. Met die skryf van hierdie artikel op 23 November 2012 was die stand van sake as volg: Geelmielies ‘12/’13-seisoen Tydens die periode 22 Oktober tot en met 23 November het weinig prysings plaasgevind m.b.t. die 2012/2013-mielieoes, d.w.s. graan 22

wat vanaf Maart 2012 geoes is. Gevolglik verminder die ongeprysde syfer minimaal van 3,96% in Oktober tot 3,09% in November 2012. Dit verteenwoordig slegs `n verandering van 0,87% en sal dus min invloed op die gerealiseerde gemiddelde prys meebring soos in Tabel 1 aandui. Tabel 1 toon ook die gemiddelde prysvlakke waarna ons vir die betrokke seisoen moet oplet. Maart en Mei 2012 toon geen verandering van verlede maand se artikel nie, omdat daardie kontrakte reeds afgehandel

is. Die Juliemaand Safex gemiddelde prys, waarvan die Septembermaand-prys vanaf 1 Julie gebruik word en die Desembermaand-prys vanaf 1 September, het tot dusver `n gemiddeld van R 2 234/t. GWK se Bemarkingsplan kon daarin slaag om R 1 970/ton te realiseer en tot op hede kon produsente `n prys van R 2 110/t behaal. (Neem in ag dat die Julie GWK BPK* slegs op die Julie-kontrak verhandel het en dat daar `n na-seisoen plan is wat ten doel het om die Julie BPK* aan te vul.)


GEELMIELIES 2012/2013 Maart 2012 Mei 2012 Julie - Desember 2012

% van verwagte oes geprys *

Safex gemiddelde prys

GWK bemarkingsplan prys

Produsente gemiddelde prys **

100% 100% 96,91%

R 2,350 R 2,090 R 2,234

n.v.t R 2,185 R 1,970

2325 2098 2110

% van verwagte oes geprys *

Safex gemiddelde prys

GWK bemarkingsplan prys

Produsente gemiddelde prys **

Tabel 1.

WINTERGEWASSE 2012/2013 Broodkoring Durum

87,50% 73,41%

R 3,359 R 3,359

R 3,350 R 3,350

R 3,254 R 3,031

Tabel 2. % van verwagte oes geprys * GEELMIELIES 2013/2014 Maart 2013 Mei 2013 Julie 2013

9,73% 20,13% 19,00%

Safex gemiddelde prys R 2,483 R 2,297 R 2,276

GWK bemarkingsplan prys

Produsente gemiddelde prys **

n.v.t. realiseer einde April '13 realiseer einde Junie '13

R 2,676 R 2,286 R 2,298

* Verwagte oes bestaande uit alle verwagte graan aan GWK verkoop. Sluit buiteverkope uit. ** Uitsluitlik produsenteprysings. Bemarkingsplan tonne uitgesluit.

Tabel 3. Wintergewasse ‘12/’13seisoen Tabel 2 toon die gemiddelde prysvlakke waarna ons vir die huidige koringseisoen moet oplet. Prysings op broodkoring staan op die oomblik op sowat 87,50% van die verwagte oes. Dit het met ongeveer 2,15% vanaf verlede maand se 85,35% gestyg. Prysvlakke handhaaf steeds gunstige vlakke en moedig sodoende prysings aan. Tabel 2 toon aan dat die produsente, uitgesluit die GWK BPK*, se gemiddelde prys tans op R 3 254/t staan in vergelyking met `n gemiddelde Safexprys van R 3 359/t op die Desember-kontrak. Durum-prysings staan op die oomblik op 73,41% met `n gemiddelde Safex-prys van R 3 031/t. Die GWK BPK* het `n finale prys van R 3 350/t gerealiseer, soos aangedui.

Geelmielies ‘13/’14-seisoen Tabel 3 toon die gemiddelde prysvlakke waarna ons vir die 2013 geelmielie-seisoen moet oplet. Die 2013 geelmielieoes is tot dusver op 16,6% geprys, wat `n styging van 7,71% vanaf die vorige maand se 8,89% verteenwoordig. Tabel 3 toon dat 9,73% van die verwagte Maart 2013-geelmielies teen R 2 676/t geprys is wat aansienlik hoër is as die huidige Maart 2012 Safex-gemiddeld van R 2 483/t, waarskynlik omdat die meerderheid van die tonne geprys is toe Safex teen hoër vlakke verhandel het. Produsente kon Mei 2013-mielies teen `n gemiddeld van R 2 286/t prys terwyl die Mei 2013 Safex-gemiddeld tans op R 2 297/t staan. Dit verteenwoordig 20,13% van die verwagte Mei 2013-oes wat tot nou toe geprys is, teenoor die byna 10,19% van verlede maand. Produsente kon tot dusver die Julie

2013 Safex-gemiddeld van R 2 276/t klop deur `n gemiddelde prys van R 2 298/t te behaal. Altesaam 19% van die Julie 2013 geelmielies is reeds geprys teenoor 7,27% wat verlede maand gerapporteer is. Dit is belangrik om in ag te neem dat voorverledemaand se Julie 2013-verskansings uit 62% opsiestrategie verskansings en 38% prysverskansings bestaan het. Verlede maand het die verhouding verander na 51% opsiestrategieë en 49% prysverskansings. Die verhouding staan op die oomblik op 25% opsiestrategie-verskansings teenoor 75% direkte prysings. Weer eens word die minimum gewaarborgde vlakke van die opsiestrategieë gebruik in die bepaling van die gemiddelde Julie 2013 produsente behaalde Safex-prys van R 2 298/t. Die produsente gemiddelde prys het die afgelope maand met R3/t gestyg vanaf die R2 295/t wat verlede maand gerapporteer is. 23


Ontleding van Julie 2013-mielies 15.20% 1.06% 2.73%

81.00%

Gewone SAFEX-prysings

Minimum waarborg-prysings

Putt spread-prysings

Ongeprys

Grafiek 1 vertoon hoe die verwagte 2013/2014 mielie oes tans geprys is, dit sluit slegs BT en GMO-vry geelmielies in:

Persentasie geprys per gewas per maand 100% 90% 80% 70% 60%

Mielies 2012

50%

Koring 2012

40%

Mielies 2013

30% 20% 10% 0% Aug '12

Sep'12

Okt'12

Nov'12

Grafiek 2 toon prysingsvordering, gemeet in persentasie van elke gewas wat geprys is oor die afgelope vier maande: 24


Maandelikse broodkoring gemiddelde pryse 3400 3350

3300 3250 3200

Safex-gemiddeld

3150

Produsente gemiddeld

3100

Bemarkingsplan gemiddeld

3050 3000 2950 Aug. '12

Sept. '12

Okt. '12

Nov. '12

Grafiek 3 toon die afgelope vier maande se gemiddelde broodkoring pryse wat onderskeidelik behaal is, GWK se bemarkingsplan het in November afgesluit teen R3 350/ton: GWK Graan verwelkom enige insette oor hierdie maandelikse oorsig. Kontak ons gerus by 053 298 8444.

Ons wens u graag `n GeseĂŤnde Feestyd toe en sien uit daarna om die nuwe jaar met rekord-pryse in te

gaan. *(BPK: Bemarkingsplankontrak en nie beperk nie)


Presisieboerdery Armand van Eck Bedryfshoof: Presisieboerdery

Goeie bestuur noodsaaklik vir optimale produksie

M

ielies word in die NoordKaap met groot sukses onder besproeiing verbou. Die warm, droë klimaat met relatief min siektes is grootliks hiervoor te danke. Die warm temperature bring warm grond temperature mee wat tot optimale planttoestande lei. Nietemin bly goeie bestuur noodsaaklik vir optimale produksie. Grondtemperature Mieliepitte sal nie by grondtemperature onder 10˚C ontkiem nie. Die optimale temperatuur vir die ontkieming van mieliepitte is 18˚C. Warm grondtemperature is noodsaaklik vir die optimale opname van voedingstowwe. Die toeganklikheid van fosfate daal byvoorbeeld met 70% as die grondtemperatuur van 21˚C na 13˚C daal. Kultivar GWK se landboukundiges staan produsente by met die keuse van kultivars wat goed in hul onmiddellike omgewing presteer. Plant altyd meer as een kultivar sodat `n bepaling gemaak kan word van watter kultivar op die spesifieke

% Suurstof 20 5 0.5

plaas presteer. Só kan `n mens altyd terugval op n kultivar indien jy saad benodig. Plantfisiologie Dit is belangrik om te weet wanneer `n mielie kritiese groeistadiums bereik sodat boerderypraktyke daar rondom beplan kan word om sodoende die plant aan so min as moontlike strestoestande bloot te stel. Hier volg die groeistadiums wat in ag geneem moet word:

Bewerking As rygewas vereis mielies `n effektiewe gronddiepte. Mielies benodig `n sone 50cm+ vir effektiewe wortelontwikkeling van . Grondverdigting beperk die effektiewe diepte van grond en die wortels het `n beperkte reservoir om Ontkieming. water, asook voedingstowwe, op te Koue, nat toestande sal groei en neem. voedingsopname vertraag (Zn- en Mielies is ook baie gevoelig vir verP- tekorte mag veral voorkom). digting. V3-5 (12 dae). Groeipunt nog onder In die onderstaande tabel kan gesien die grond. Mikro-elemente moet word wat die effek van te min suurstof vasgelê word. in die grond is op die opname van V6-9 (21-33 dae). Groeipunt/pluim P en K. Dit is direk aan bewerking is bo die grond. gekoppel. V12 (34-41dae). Aantal pitte en kop- Primêre bewerking ten doel om grootte word bepaal. maksimale wortelontwikkeling te Tydens hierdie groeistadiums vind bewerkstellig, die loging van onnopraktyke plaas soos giftoediening, dige soute te verseker, suurstof in `wet-rip’ en skoffelaksies waartydens die grond te plaas en `n optimale vogstremming mag plaasvind. voedingsomgewing te skep. Hier moet vog-, asook voedingsSaadbedvoorbereiding moet `n tremming so ver as moontlik beperk effektiewe plantproses verseker word. met egalige diepte en ideale interV15 (40-48 dae). Pitbepaling. Net ry-spasiëring.

% Fosfaat 100 56 30

Tabel 1. Die effek van te min suurstof in die grond op die opname van P en K. 26

voor pluim. Profiele moet nou vol water wees. Pluim. Voeding van die plant bereik hier `n piek met N, P en K.

% Kalium 100 75 37


Plantproses `n Konstante planterspoed moet gehandhaaf word sodat goeie stand verseker word. Teen `n stand van 80 000 met `n spoed tussen 5 en 11km/uur word saad teen 9 tot 19 sade per sekonde in die grond geplaas. Dus moet `n planter presies gestel wees sodat interplant-spasiëring korrek is. Grondvog moet optimaal wees sodat die diepte konstant kan bly. Bemesting Die algemene praktyk is om met `n mengesel te bandplaas. Die voedingstatus van die grond speel hier `n rol as daar op `n spesifieke mengsel besluit word. Deur die grond chemies te karteer, sal bemesting meer effektief aangepas kan word. Fosfate, asook kaliums, word onderskeidelik 91% en 78% deur diffusie opgeneem. Diffusie funksioneer by hoër konsentrasies en voedingstowwe moet naby die wortels wees. Dit maak bandplaas die effektiefste vir hierdie twee voedingselemente. Stikstof word 98% deur massavloei opgeneem. Dus kan stikstof baie doeltreffend deur die seisoen aan die plant verskaf word. Veldwaterkapasiteit van die grond

moet dus goed bestuur word om sodoende die hoë oplosbaasbaarheid van N te bestuur en loging te verminder. Blaarvoedings is `n goeie manier om probleme in die grond te oorkom, maar mikro-organismes in die grond benodig ook mikro-elemente vir optimale produksie. Monitor voeding deur die seisoen deur van blaarmonsters gebruik te maak. Met die neem van blaarmonsters wys ondervinding dat seisoene t.o.v voeding onttrekkingmag verskil. Effektiewe bestuurders is altyd gerat om besluite binne `n seisoen te neem. Fyner bestuurspraktykte soos “preplant” van kunsmis en saadbehandelings tydens plant kan opbrengsverhogings meebring. Waterbehoefte Mielies is `n C4-plant, wat beteken dat dit water baie goed benut. Begin altyd met `n vol profiel om oorbesproeiing aan die begin te voorkom. Dit voorkom ook dat daar tydens die blomperiode, waartydens die waterverbruik `n piek bereik, `n watertekort ontstaan. Die effektiewe skedulering van water sal voorkom dat versuiptoestande voorkom. Versuiptoestande bring koue grond-

temperature mee wat die effektiewe opname/omskakeling van voedingstowwe belemmer (Sien Tabel 2). Sien ook Grafiek 1 vir die weeklikse benaderde wateraanvullings vir mielies (ultra-kort groeiers) in die GWKgebied). Onkruidbeheer Die eerste ses weke ná plant is krities t.o.v onkruidbeheer. Kompetisie vir voedingstowwe is dan straf. Let op na die nawerking van sommige onkruiddoders, veral in `n wisselboustelsel waar peulgewasse en wintergewasse daaropvolgend gebruik word. Tydens koue toestande kan mielies ook onkruiddoder-skade opdoen. Die aantal pitte en kopgrootte word meestal bepaal in die stadium wanneer onkruiddoders toegedien word. Let op dat strestoestande nie geskep word deur watertekorte te veroorsaak tydens die uitdroging van die land vir bespuitings nie. Ammonium (NH4+) na nitrate (NO3-) via grondbakterieë Grondtemperatuur 5°C 10°C 20°C

Tabel 2.

Wateraanbeveling

Weeklikse benaderde wateraanbevelings vir mielies in die GWK-gebied 80 70 60 50 40 30 20 10 0

Datum ná plant

Grafiek 1. Weeklikse benaderde wateraanvullings vir mielies (ultra-kort groeiers) in die GWK-gebied). 27

Omskakeling > 6 weke 2 weke 1 week


Presisieboerdery

Maryke Craven LNR-Instituut vir Graangewasse

Noordelike mielieblaaskroei kom onder besproeiing voor

N

oordelike mielieblaarskroei (NMBS, veroorsaak deur die organisme Exserohilum turcicum) is tans een van die algemeenste en wydverspreide mielieblaarsiektes in Suid-Afrika. Plaaslik is die siekte meer algemeen in die KwaZulu-Natal middellande waar die omgewingstoestande baie gunstig is vir die ontwikkeling en verspreiding van die siekte. Aanplantings onder besproeiingsisteme is egter ook onderhewig aan 28

die NMBS-epidemies weens die warm vogtige toestande wat geskep word binne sulke sisteme. Opbrengsverliese weens NMBS is gevolglik jaarliks `n probleem onder besproeiingsisteme langs die Vaal-, Modder- en Oranjerivier. Internasionale literatuur dui op verwagte oesverliese van tot 50%, terwyl verdere literatuur verwys na `n verwagte 2-8% oesverlies vir elke 10% toename in siektegraad. Vir `n produsent in Noordwes wat geelmielies onder besproeiing verbou, bete-

ken dit `n verlies van tussen R462 en R1,848 ha-1 vir elke 10% siektetoename (gemiddelde opbrengs onder besproeiing in Noordwes = 9.80 t ha-1, 2011/12-seisoen, Safex = R2, 3580 ton-1 soos op 16 Julie 2012). Onder droĂŤlandtoestande is die siekte gewoonlik net `n probleem wanneer weerstoestande baie gunstig is vir siekte-ontwikkeling. Die koste verbonde aan `n voorkomende spuitprogram wissel tussen R790 en R890 ha-1 en behels `n gemiddeld van twee bespuitings


Figuur 1. Noordelike mielieblaarskroei letsel.

Figuur 2. Noordelike mielieblaarskroei op `n vatbare baster.

per seisoen. Tydsberekening van die toedienings is egter krities aangesien NMBS baie moeilik onder beheer gebring kan word as dit eers in `n aanplanting posvat. Dit is dus `n baie gevaarlike aanname om te maak dat chemiese beheer die oplossing is vir alle siekteverwante probleme. `n Geïntegreerde benadering gebaseer op die insluiting van weerstandbiedende basters in `n aanplanting tesame met spuitprogramme, sal uiteindelik daartoe bydra dat groter suksesse behaal word i.t.v. die optimale opbrengs wat verkry kan word.

blare, vanwaar dit teen die plant opbeweeg (Figuur 2). Die patogeen floreer by temperature wat wissel tussen 17-28°C met matige tot hoë humiditeit. Die swam oorleef hoofsaaklik op plantreste gedurende die winter. Ontkiemende spore van E. turcicum het die vermoë om die opperhuid (die laag vetterige materiaal wat aan die buitekant van die epidermis voorkom) en epidermis (laag selle aan die buitekant van bv. blare) van die plant te penetreer en infekteer selde deur die huidmondjies.

Simptome NMBS kan onderskei word van die ander blaarsiektes deur sy lang ovaalvormige grys-groen letsels wat later verbruin (Figuur 1). Die letsels kan tussen 2,5cm en 15cm in lengte wees en vorm gewoonlik eerste op die onderste

Weerstand en NMBS-rasse Die inkorporering van weerstandsgene in mieliebasters word beskou as die effektiefste wyse van siektebeheer. Hoofweerstandsgene (Ht1, Ht2, Ht3 en HtN) word tans in teelprogramme gebruik om weerstand teen E. turcicum in basters te vestig. Basters met een of meer van die Ht1-, Ht2- of

Ht3-gene se letsels wat gevorm word, toon vergeling (chlorose, Figuur 3) en beperkte sporulasie kom op sulke letsels voor. Soms gebeur dit dat `n spesifieke baster wat een of meer van die hoofweerstandsgene bevat, na `n paar jaar nie meer effektiewe weerstand teen `n siekte bied nie. Hierdie afbraak van weerstand is dan in alle waarskynlikheid die gevolg van die voorkoms van `n nuwe ras van die siekte-organisme. Die term “ras” verwys na `n spesifieke groep swamme binne `n patogeniese spesie waarvan die gasheerreeks beperk is tot sekere variëteite. Die rasse van E. turcicum word vernoem na die NMBS-weerstandsgeen waarteenoor dit virulent is (d.i. die gene wat nie meer effektief is nie). Ras 0 is, byvoorbeeld, avirulent vir al die Ht-weerstandsgene. Sou die dominante ras wat in die Bethlehem-area voorkom `n Ras 0 29


wees, beteken dit dat mieliebasters met enige van die NMBS-weerstandsgene effektief die siekte sal stuit. Ras 13N dui weer daarop dat hierdie spesifieke “vorm” van NMBS in staat sal wees om die weerstand wat die Ht1-, Ht3-, asook HtN-gene bied, te oorkom en die plant te infekteer. Sou die dominante NMBS-ras in bv. die Winterton-area tot die Ras 23-groep behoort, beteken dit dat die mieliebasters wat Ht2 en/of Ht3 as weerstandsgene bevat, nie effektiewe weerstand teen die siekte sal kan bied in hierdie omgewing nie. Die plant sal dus weerloos teen die siekte wees, ten spyte van die weerstandsgene wat dit bevat. Figuur 4 is `n voorbeeld van wat kan gebeur indien `n nuwe ras in `n gebied inkom. Die E. turcicum-rasse wat wêreldwyd bekend is, sluit in Ras 0, 1, 23, 1N, 2N, 23N en 123N. In die soeke na volhoubare weerstand teen NMBS, is dit noodsaaklik dat die beskikbare weerstand getoets moet word teen alle bestaande patotipes van die siekte. Deur voortdurend verskillende isolate (NMBS afkomstig vanuit verskillende gebiede) te evalueer vir hul ras, kan die rasse in verskillende gebiede bepaal word en kan die voorkoms van `n nuwe ras betyds bevestig word voordat dit tot erge oesverliese lei. Personeel van GWK het die afgelope twee jaar bygedra tot navorsing wat tans by die LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG, Potchefstroom) in hierdie verband gedoen word. Volgens voorlopige bevindings lyk dit tog of van die rasse wat in die GWK-omgewing voorkom, uniek is tot die area. Verdere navorsing oor hierdie rasse is egter nodig voordat daar meer oor die saak uitgelaat kan word. Die eerste stap in die beheer van enige siekte, is om die siekte korrek te identifiseer of te laat identifiseer. Met die korrekte identifiksie van die probleempatogeen, kan die produsent nou verskeie opsies oorweeg vir die bestuur van die siekte. Weer30

Figuur 3. Chlorotiese weerstandsletsel.

Figuur 4. Mielieblaar met beide weerstand- en vatbareletsels.

standbiedende variëteite vir NMBS is beskikbaar en word beskou as die eerste stap vir `n geïntegreerde bestuurspraktyk. Addisionele praktyke soos die verwydering van gewasresidue asook gewasrotasie kan die primêre inokulumvlakke verlaag, maar spore wat vanaf naburige plase inwaai, kan egter steeds infeksie tot gevolg hê. Verskeie swamdoders is beskikbaar vir die beheer van NMBS. In hoë siektepotensiaalgebiede soos dié wat gewoonlik geassosieer word met KwaZulu-Natal of onder besproeiingsisteme is, word beheer d.m.v. swamdoders as voorkomingsmaatreël standaard toegepas. Verskeie produsente is egter huiwerig om te spuit vanweë die koste daaraan verbonde of vanweë die wisselvallige voorkoms van blaarsiektes. In sulke gevalle is die monitering van produksies van kardinale belang. Aangesien die meeste blaarsiektes hoofsaaklik vanaf baardverskyning voorkom, is weeklikse monitering gedurende die vegetatiewe stadium van die plant noodsaaklik. So sal die produsent vroegtydig

bewus word van potensiële probleme wat kan onstaan. Daar sal ook meer duidelikheid wees rakende die spoed waarteen die siekte in `n gegewe land ontwikkel, wat weer sal bepaal hoe dringend gespuit moet word. Voor daar egter gespuit word, is daar `n paar oorwegings wat in gedagte gehou moet word. In die geval van NMBS-beheer onder droëlandtoestande, word dit gewoonlik as onekonomies beskou om swamdoderbeheer toe te pas en word die praktyk gewoonlik beperk tot saadaanplantings. Wanneer swamdoders wel oorweeg word weens gunstige weerstoestande en hoë infeksiedruk, moet dit op die korrekte tyd toegedien word om koste-effektiewe beskerming te verseker. Onder besproeiingsisteme word aanbeveel dat aanplantings gespuit moet word wanneer daar `n gemiddeld van een NMBS-letsel per plant sigbaar is. Produsente is welkom om die LNRIGG te kontak by 018 299 6100 vir enige hulp rakende die identifikasie van plantsiektes.



Saad

Leon Banting Bedryfshoof: Saadproduksie en Verwerking

GWK Saad besoek Spaanse grondboon-aanplantings

W

anneer `n mens aan Spanje dink, kom kleurvolle stuurvegters en woedende bulle wat die strate agter vlugtende voetgangers invaar, onwillekeurig by `n mens op. In skrille kontras hiermee is die duisende hektare olyfplantasies wat golwend oor die Spaanse platteland strek. Spanje is vanweë sy klimaat en grondsoort een van die wêreld se grootste olyfproduserende gebiede. GWK Saad het egter na hierdie Europese land gereis om grond32

boon-saadaanplantings te besoek. Canon Garth, `n internasionale maatskappy met sy hoofkantoor in Londen, het GWK genader om sy kliënt in Spanje se grondboonsaadaanplantings te inspekteer vir die doel van saadvermeerderings. In reaksie hierop het mnre. Leon Banting en Pierre Ferreira die platteland naby Seville in die suid-ooste van Spanje onlangs besoek. Wat grondboon-produksie betref, staan Spanje nog in sy kinderskoene. Dit is slegs die tweede seisoen dat grondbone op kom-

mersiële vlak in Spanje aangeplant word. Aanplantings word gedoen vir Pepsico Europe waarvan Simba in SuidAfrika `n filiaal is. GWK doen al `n geruime tyd sake met Simba wat grondbone betref. GWK en Canon Garth het onlangs `n ooreenkoms gesluit om `n grondboon-proefprogram op die been te bring waar Amerikaanse kultivars in Suid-Afrika getoets gaan word. Twee aanplantings met 12 kultivars is in Douglas- en Orania-omgewing


Mnre. Pierre Ferreira en Leon Banting van GWK Saad inspekteer `n grondboonaanplanting in Spanje. Inlas: Mnr. Maximo Doukkali van Canon Garth met `n plant uit die proewe. gedoen. Wat die besoek aan Spanje betref is 15 produsente se aanplantings op sowat 420 hektaar geïnspekteer. Die totale aangeplante oppervlak beloop sowat 1 500ha, ongeveer dieselfde as GWK se produksie onder besproeiing. Aanplantings is alles onder besproeiing en vloedbesproeiing, driplyne en permanente, oorhoofse sprinkelspuite word hoofsaaklik aangewend. Spilpunte is baie skaars en is weinig opgemerk. `n Gewasrotasiesisteem word gevolg met mielies, rys en groentegewasse soos tamaties en kool. Dit kan egter meer probleme met rooi spinmyt veroorsaak, veral waar tamaties geplant word. Slegs rank-kultivars word aangeplant en daar is ook begin met proewe om groeilengtes van die verskillende kultivars, asook potensiële opbrengste te bepaal.

Die grondbone is afkomstig van `n Amerikaanse teelprogram in Georgia in Amerika. Die hoof grondboneteler, dr. Kim Moore, het spesifieke kultivars vir Suid-Afrika uitgesoek wat meer `n “Spaanse soort” pitvorm het om ons huidige mark te akkomodeer. Dit is meer ronder pitte in teenstelling met die groter, ovaalvormige pitte van `n tipiese ranker. Daar is ook tydens die besoek met Moore geskakel en `n verslag is aan hom gestuur vir finale goedkeuring voordat die oesproses kon begin. Die besoek was suksesvol en alle partye was baie tevrede. Persoonlike terugvoer en dank is van mnr. Tom Snoek (Hoofbestuurder van Canon Garth) en Moore ontvang. Die proefprogram by GWK is `n langtermyn-projek en het ten doel om die ideale grondboon-kultivars vir ons toestande en markaanvraag te vind.

Op die oomblik vaar die kultivars baie goed en opbrengste van meer as 5t pitte/ha is in Spanje behaal. Alle kultivars is hoë oleïn, wat beteken dat die grondbone gesonder is en oor `n langer raklewe beskik as ons huidige kultivars. Canon Garth het pas ook sowat 18t grondbonesaad van GWK aangekoop wat na Mosambiek uitgevoer is vir kommersiële produksie. In die lig van `n stagnerende grondboonbedryf die afgelope paar jaar, is daar wel lig in die tonnel en daar word met groot verwagtinge en opgewondenheid gekyk na die ontwikkeling en uitbreiding wat in hierdie bedryf aan die gang is. GWK het `n gesonde verhouding met sy vennote in hierdie bedryf en streef voortdurend daarna om die beste kultivars aan sy produsente te verskaf en die ware potensiaal te ontsluit om sodoende ons aandeelhouers te bevoordeel. 33


Versekering

Wilmarie van der Schyff Versekering: Douglas

Só werk SASRIA-dekking

S

asria dien as `n aanvullende versekering tot bestaande polisse wat die versekerde dek teen buitengewone voorvalle van saakbeskadiging wat uitgesluit word van die standaard polis. Dit sluit in onluste, openbare onrus en stakings. Sasria het ontstaan weens die studente-onluste in Soweto gedurende Junie 1976. Die studente was gekant teen die gebruik van Afrikaans as `n medium van onderwys Wilmarie van der Schyff vir sekere vakke in die skole. Dit was een van die oorsake van Die oproermakers was ook gekant die uitbraak van oproer en burgerteen die besluitnemers in die tyd like wanorde. (Departement van Onderwys). 34

In daardie stadium was versekering teen oproer, staking en kwaadwillige beskadiging slegs beskikbaar as `n standaard uitbreiding op versekeringspolisse soos brand, geboue, omvattend en motor. Die regering het egter met `n probleem gesit omdat korttermynpolisse oorlog heeltemal uitsluit (dit is vandag nog so). Die feit dat mense in opstand kom het dus die hele situasie verander en die versekeraar het nie meer kans gesien om hierdie dekking onder standaard polisse aan te bied nie. Die versekeraars was gemaklik om die fundamentele risiko’s te vat, maar dat die regering daarvoor sou


instaan. Sasria is amptelik op 1 April 1979 begin. Dit is `n regeringsgekontroleerde fonds wat geregistreerde versekeraars se kantore en administrasie-sisteme gebruik om die transaksies te behartig. Die versekeraar is die taak opgelê om die polisse, genaamd Sasria, namens die regering uit te reik. Die versekeraar verhaal die premies en betaal dit oor aan die Sasriafonds.

`n voorval binne hierdie twee lande bybetaling bly egter van krag is, dit onder die betrokke land se indien dit nie `n Sasria-eis is nie, dekking sal geskied. (`n Soort kruismaar `n gewone eis onder die dekking.) polis. Indien `n versekerde dus na enige � Die Sasria-dekking volg die ander land reis, moet opsionele branddekking soos gebied op dekking uitgeneem word onder die onderliggende polis. Dus, oproer en staking onder die spesias die onderliggende polis slegs fieke uitbreiding van die risiko. dekking bied op die oes, sal die Sasria-dekking ook slegs Materiële skade risiko’s dekking op die oes bied. As die gekoppel aan oesversekeonderliggende polis dekking ringspolisse bied teen brand op die bome/ Sasria-dekking is nou ook op oeste plante en opleidingsmateriaal, Wat word nog gedek? beskikbaar. Dit is byvoorbeeld waar sal die Sasria-polis dit volg. Sasria bied die volgende vyf ver`n produsent se lande aan die � Die Sasria materiëleskade skillende dekkings ten opsigte van brand gesteek word weens oproer dekking sluit nie toekomstige onluste en stakings: en stakings, soos die geval die afverlies van inkomste in nie. gelope tyd op plase by De Doorns. Indien die kliënt dus op sy polis Materiële skade: vaste bates, Hierdie soort risiko word nie onder die “Verlies aan inkomste”-opsie geboue, masjienerie, meubels. `n standaard brandpolis gedek nie. gekies het, sal die Sasria-polis � Sasria-dekking kan slegs uitdit nie volg nie, en die Sasria Kontrak- en konstruksiewerk: gereik word indien daar ook `n premie sal ook nie bereken word vaste bates onder konstruksie, oesversekeringspolis (bestaande op die addisionele versekerde gereedskap en toerusting wat of nuut) in plek is waarop brand waarde vir verlies aan inkomste vir kontrak- en konstruksiewerk `n versekerde gevaar is. nie. gebruik word. Sasria-dekking is dus beskikbaar � Sasria bied nie dekking teen op enige landbougewas waargevolglike skade en/of indirekte Gevolglike verlies: vaste uitop dekking teen brand gebied verliese gely weens enige Sasriagawes wat steeds voortgaan word. versekerde gevare nie nadat materiële verlies gelei is, � Die Sasria-dekking kan uitgereik � Sasria-eise sal betaal word op dit sluit aan by sake-onderbreword al het daar reeds politieke die versekerde waardes soos king, bv. salarisse. onrus uitgebreek. Sasria dek gespesifiseer op die onderligegter nie skade wat aangerig gende polis. Motordekking: verlies of skade is voordat die Sasria-dekking � Die Sasria-dekking staak saam aan alle voertuie. uitgeneem is nie. met die staking van dekking � Die wagperiode wat van toet.o.v. die brandgevaar op die Persoonlike polisse: verlies of passing is voordat die Sasriaonderliggende polis. skade aan enige items onder `n dekking in werking tree, is die� Die Sasria-tarief vir brand persoonlike polis soos bv. huisselfde as op die onderliggende kommersieel is 0.0144% met `n eienaar, huisbewoner, alle risiko, polis. minimum premie van R50.00 ens. As Sasria-dekking agterna per polis. uitgereik word op `n onderGebiedsbeperkings liggende polis waarvan die Die 4de Desember is amptelik deur Sasria is die akroniem vir South branddekking reeds in aandie regering as `n stakingsdag verkAfrican Special Risk Insurance Assovang geneem is, sal daar geen laar en daarom moet elkeen toesien ciation. Sasria dek uitsluitlik skade wagperiode wees voordat die dat hy die nodige maatreëls tref, wat binne die grense van Suid-Afrika Sasria-dekking in werking indien probleme sou opduik. aangerig is. tree nie. Namibië het ook so `n produk � Daar is geen bybetaling op die Kontak gerus u versekeringsadgenaamd Nasria. Sasria en Nasria Sasria-eise van toepassing nie. viseur vir enige verdere inligting het `n ooreenkoms dat indien daar Die polis van die versekeraar se rakende Sasria-dekking op oeste. 35


Meganisasie Johan Kruger

Mnre. Gert Joubert (Eienaar van Joubert en Verster Agri) en Johan Kruger (Uitvoerende Bestuurder: Meganisasie en Ingenieurswerke) by een van die twee S670 John Deere-stropers wat Joubert en Verster Agri by GWK aangekoop het. Foto’s: Karen van Zyl

36


Mnre. Gawie Jonker (Bedryfshoof: Onderdele), Pierre Ludwick (Bedryfshoof: Werskwinkel), Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel), Tinus Oosthuizen (Bedryfshoof: Heelgoedere), Gert Joubert (Eienaar van Joubert en Verster Agri) en Johan Kruger (Uitvoerende Bestuurder: Meganisasie en Ingenieurswerke) by die oorhandiging.

Meganisasie en Ingenieursweke Carien Grobler

GWK Meganisasie beklink buitengewone transaksie

G

Deere-trekkers (248kW), twee S670 WK Meganisasie en Inge- John Deere-stropers en `n 4630 nieurswerke het onlangs John Deere selfaangedrewe spuit `n buitengewoon groot insluit, het R10,436,294.00 beloop. transaksie met mnre. Gert Joubert en Joubert en Verster Agri is in die LuckSweis Verster van Joubert en Verster hoff-omgewing gesetel en die boerAgri beklink. dery fokus op die aanplanting van Die transaksie, wat twee 8335R John mielies, koring en wisselbou-aan-

plantings van sojabone. “GWK spreek graag ons dank teenoor Joubert en Verster Agri uit vir hul onbaatsugtige en deurlopende ondersteuning,” sê mnr. Johan Kruger (Uitvoerende Bestuurder: Meganisasie en Ingenieurswerke van GWK).

Die twee 8335R John Deere-trekkers (248kW), twee S670 John Deere-stropers en 4630 John Deere selfaangedrewe spuit wat Joubert en Verster Agri van Luckhoff by GWK aangekoop het. 37


Produsente luister na `n verduideliking by `n profielgat deur mnr. Bertus Jacobs (Bedryfshoof: Presisieboerdery van GWK op Douglas). Foto’s: Tania Fourie

Ekspo’s

Carien Grobler

GWK bied bewerkingsdag tydens landbou-ekspo aan

G

WK het ten tyde van die Agri-Oranje Karoo Landbou Ekspo op Hopetown `n suksesvolle bewerkingsdag aangebied. Produsente sowel as leerlinge van die Hoërskool Landboudal op Jacobsdal het die dag bygewoon. Die doel van die bewerkingsdag was om die effektiwiteit van verskillende implemente deur waarnemings tydens demonstrasies te toets. Primêre sowel as sekondêre bewerkings is gedoen en definitiewe verProdusente sowel as leerlinge van die Hoërskool Landboudal op Jacobsdal skille in die effektiwiteit van die imple- het die bewerkingsdag ten tyde van die Agri-Oranje Karoo Landbou Ekspo mente is waargeneem. op Hopetown bygewoon. 38


Koerantvasvra tydens ekpo kry leerlinge aan die lees

L

eerlinge van sewe skole in die Noord-Kaap het onlangs `n week lank die koerant ekstra noukeurig gelees. Die rede hiervoor was dat hulle by die Agri-Oranje Karoo Landbou Ekspo op Hopetown in `n koerant-vasvra teen mekaar meegeding het. Die Hoërskool Hopetown, Hoërskool Steynville, Hoërskool Prieska, Hoërskool De Aar, Hoërskool Riverside, Hoërskool Douglas en Hoër Landbouskool Jacobsdal het elke twee spanne van vyf lede elk ingeskryf om aan die vasvra deel te neem. Die spanne moes tydens die vasvra vrae oor `n week se koerantberigte

uit vyf kategorieë, naamlik algemene nuus, wêreldnuus, Noord-Kaap, sport en landbou beantwoord. Groot pryse was op die spel en die wenspan het `n skootrekenaar en dataprojektor vir hul skool ontvang, asook R1 000 kontant vir elke lid van die span. Ná `n spanningsvolle vasvra waarin die spanne hul staal gewys het, het `n span van die Hoërskool Landboudal op Jacobsdal met die louere weggestap. `n Span van die Hoërskool Riverside op Douglas het die tweede plek behaal. “GWK innoveer landbou deurlopend. Deel hiervan is geleenthede wat vir landbougemeenskappe

belangrik is. GWK is daarom die Agri-Oranje Karoo Landbou Ekspo se hoofborg,” sê mnr. Neil de Klerk, Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK. “Dit is lekker om `n vennoot soos Volksblad te hê wat die aanbieding van die vasvra moontlik maak en daardeur mense na die ekspo lok.” Volgens mnr. Christo van Staden, assistent-redakteur van Volksblad, is dit vir die koerant belangrik om lesers vir die toekoms te help kweek. “Hopelik sal dit kinders se belangstelling in aktuele sake en koerantlees prikkel – en hopelik sal `n hele klomp van hulle in ywerige koerantlesers ontwikkel.”

Die wenspan. Van links is, voor: mev. Madelein Venter (Koördineerder: Spesiale projekte en jeugbylaes van die Volksblad-groep), Andrea Snyman, Anelda Bezuidenhout, Evert Burger en mnr. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK). Agter: Johan en Adriaan Brits. 39


Mnr. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking), mev. Kobie Greyvensteyn (Uitvoerende Bestuurder: Finansiering), mnr. Jan van Niekerk (produsent van Ficksburg) en mnre. Jacques Pretorius (Bestuurder: Graanverkope), Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanprodukte) en Schalk van der Merwe (produsent van Ficksburg).

Ekspo’s

Carien Grobler

GWK in die Oos-Vrystaat

I

n die lig van GWK se onlangse uitbreiding na die Oos-Vrystaat, was GWK ook by die onlangse Kersiefees op Ficksburg betrokke. GWK Meganisasie, Graan, Pekanneute en Landzicht Wyn het `n stalletjie beman waar die maatskappy se produkte en dienste aan feesgangers bekend gestel is. Die fees is afgesluit met `n VIP-ete vir produsente wat met GWK se bemarkingskantoor op Ficksburg sake doen. Regs: Mnre. Hennie van der Walt (Uitvoerende Bestuurder (Oos-Vrystaat Bemarkingskantoor), Rudolph en Gerrie Britz (produsente van Ficksburg) en mev. Melanie Britz. 40


Mnr. Pieter en mev. Annami Theron (produsente van Ficksburg), mnr. Deon en mev. Sandra Gibson (produsente van Ficksburg) en mnre. Leon du Preez (produsent van Ficksburg) en mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur).

41


GWK Nuus KLANT WEN GASVERWARMER BY GWK OP PRIESKA

G

WK het van 1 Julie tot 30 September `n kompetisie in samewerking met NPC Yeast aangebied. Mnr. C.J.G. Combrink is as wenner aangewys en het `n gasverwarmer as prys ontvang. Om in aanmerking te kom vir die prys, moes die klant `n boksie gis aankoop waarna hy of sy ook `n stel penne en vier pakkies gis gratis ontvang het. Klante moes hul fakture in `n houer by die toonbank plaas om vir die kompetisie in te skryf. Regs: Me. Charlene Nieuwenhuizen (Handelsklerk: Prieska) en mnre. C.J.G. Combrink, wenner van die gasverwarmer en Nielo Germishuyzen (Bedryfshoof:Prieska Handel).

KLANT WEN ‘RANGE FINDER’ IN KOMPETISIE

G

WK het onlangs `n kompetisie in samewerking met Freddy Hirsch aangebied waar klante die kans gestaan het om `n “Range Finder” te wen. Om vir die kompetisie in te skryf, moes klante enige Freddy Hirsch-produk aankoop. Die faktuur het as inskrywingsvorm gedien. Een inskrywing is uit elkeen van GWK se handelstakke getrek waarna dit na Freddy Hirsch gestuur is om `n algehele wenner aan te wys. GWK Prieska se wenner vir die kompetisie was mev. Henvia Beukes. Beukes is ook as die algehele wenner van die kompetisie aangewys. Regs: Me. Charlene Nieuwenhuizen (Handelsklerk: Prieska), mev. Henvia Beukes (algehele wenner) en mnr. Schalk Liebenberg (Handelsbestuurder: Prieska). 42


GWK MONITOR MIELIE-STRONKBOORDER MET MOTVALLE Pieter Franken Landboukundige Navorser

G

WK het in November begin om Mielie-stronkboorder (Busseola fusca) in die GWK-bedieningsgebied te monitor. Sodoende word produsente op hoogte gehou sodat hulle gereed kan wees vir hoë vlakke van stronkboorder infestasie. Weeklikse metings sal tot in April 2013 gedoen word. Motvlugte sal weeklikse grafies aan produsente deurgegee word. Mielie-stronkboorder is `n inheemse Afrikamot. Die larwe van hierdie mot boor in die stam van die mielieplant. In Suid-Afrika kan die mot groot skade aanrig. Die volwasse mot ontwikkel in die laaste drie maande van die jaar uit die papie, maar hoofsaaklik in November. Die tweede motvlugte word in die eerste kwart van die daaropvolgende jaar verwag met die piek rondom Februarie. Slegs sekere individuele motte ontwikkel tot `n derde generasie. Die eiers van hierdie motte word dan gelê op opslagmielies of mielies wat buite seisoen geplant word of. Die beheer van mielie-stronkboorder berus op `n holistiese benadering. Predatore en parasiete speel `n belangrike rol in die beheer van die bevolking van mielie-stronkboorder, maar is gewoonlik nie voldoende nie. Die larwe oorwinter in die stoppels van mielies. Indien van die stoppels verwyder word of diep ingeploeg word, sal dit verhinder dat die mot suksesvol uitbroei. Vier tot ses weke nadat die motte verskyn, moet vir larwes opgelet word. Dít is waar die motvalle as hulpmiddel gebruik kan word om die motvlugte te monitor en op die uitkyk te wees vir stronkboorders. Indien meer as vyf wurms per 100 plante waargeneem word, moet bespuiting oorweeg word.

`n Motval waarmee motvlugte gemonitor word. Bronne & Van der Linde, T.C. 2001. The Annecke, D.P. & Moran, V.C. incidence of Dorylus helvolus (Lin1982. Insects and mites of culnaeus) (Hymenoptera: Formicidae) tivated plants in South Africa. and parasitoids (Hymenoptera: Butterworths, Durban. Braconidae) as mortality factors of Chinwada, P. & Overholt, W.A. Busseola fusca Fuller (Lepidoptera: 2001. Natural enemies of maize Noctuidae) and Chilo partellus stemborers on the highveld of (Swinhoe) (Lepidoptera: CrambiZimbabwe. African Entomology 9: dae) in Lesotho. African Entomolo67-75. gy 9: 77-84. Ebenebe, A.A., van den Berg, J. & Kfir, R. 2000. Seasonal occurVan der Linde, T.C. de K. 2000. rence, parasitoids and pathogens Seasonal flight activity of the maize of the African stem borer, Busseola stalk borer, Busseola fusca (Fuller) fusca (Fuller) (Lepidoptera: Noc(Lepidoptera: Noctuidae), in Lesotuidae), on cereal crops in South tho. African Entomology 8: 63-68. Africa. African Entomology Ebenebe, A.A., van den Berg, J. 8: 1-14. 43


Ons mense GWK SE ‘MO BRO’S BRING HUL KANT VIR GESONDHEID!

J

aarliks in November is Movember verantwoordelik vir snorre op die gesigte van mans oor die wêreld heen. Die doel hiervan is om fondse in te samel en bewusmaking te doen

oor manlike gesondheid, spesifiek prostaatkanker en ander kankersoorte wat mans raak. Sedert die 1ste November het verskeie manne by GWK ook hul skoongeskeerde gesigte vir

`n maand lank vir snorre verruil om “Mo Bro’s” te word. Kommuniek het gaan kyk hoe hulle lyk om hulle in die annale vir voortreflike snorkwekery op te teken!

Voor: Mnre. Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel), Johan van Dyk (Besturende Direkteur), Pieter Bekker (Hoofbestuurder: Primêre Produksie) en Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanprodukte). Agter: Mnr. Johann Klopper (Finansiële Direkteur), Wim van Rooyen (Hoofbestuurder (Veilings, Vleis en Supermarkte en Llewellyn Brooks (Hoofbestuurder: Spesialisprodukte).

Mnr. Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering en FloTank).

Stuur foto’s na carieng@gwk.co.za Kommuniek Posbus 47 Douglas 8730 44

Mnr. Ruben Rens (Bedryfshoof: Aartappel Produsente-advies).

Mnr. Japie Lombard (Administrasie Bestuurder: Direkte Insette).

Met “Ons mense” wil Kommuniek die passie uitbeeld waarmee die produsente in GWK se bedieningsgebied hul boerdery behartig, maar ook die passie van GWK se personeel om landbou te innoveer en puik diens te lewer.


Voor: Mnre. Herman Grobler (Bestuurder: Graanaankope), Ederich Prinsloo (Bestuurder: Graanverhandeling) en Cas Prinsloo (Uitvoerende Bestuurder: Saadproduksie, ChemikalieĂŤ en Gewasproduksie). Agter: Mnre. Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanprodukte), Lucas Holtzhausen (Safex-verhandelaar), Arno Conradie (Bestuursrekenmeester: Graan), Bertus Botes (Safex-verhandelaar) en HandrĂŠ van Heerden (Safex-verhandelaar).

Mnre. Marnus Janse van Rensburg (Safex-verhandelaar) en Carl du Toit (Uitvoerende Bestuurder: Graanfasiliteite). 45


GWK het onlangs vir me. Karlien van Zyl as Bedryfshoof: Finansiële Landbou Adviesdienste verwelkom. Sy beoog om dié besigheid as `n onlosmaaklike deel van produsente se finansiële beplanning te vestig.

Kollig

Carien Grobler

Bedryfshoof wil sterk band van vertroue met kliënte bou Me. Karlien van Zyl is onlangs as Bedryfshoof: Finansiële Landbou Adviesdienste by GWK aangestel. Kommuniek het met haar gesels

Landbou-ekonomie voltooi het. In 2010 begin sy as landboustreeksbestuurder by Nedbank op Nelspruit en verskuif in 2011 in dieselfde posisie na Gauteng waarna sy in November vanjaar besluit het om terug te keer na die platteland om haar by GWK an Zyl, `n plaasmeisie van Bloemhof, het Land- aan te sluit. “Die besigheid het geweldig bou-ekonomie aan die baie potensiaal om waarde vir Universiteit van Pretoria gestuaandeelhouers sowel as interne deer en deeltyds klasgegee terwaarde vir die maatskappy toe wyl sy haar meestersgraad in

V

46

te voeg,” sê van Zyl. “My fokus is op vernuwing, `n meer kliëntgefokusde benadering en proaktiewe optrede. Dit is egter belangrik om daarop te let dat hoewel ons onder dieselfde divisie as GWK Finansiering ressorteer, GWK Finansiële Landbou Adviesdienste as `n onafhanklike besigheidseenheid funksioneer.” Volgens Van Zyl doen die besigheid op die oomblik `n behoeftebepaling by kliënte en word


produkte ontwikkel wat kliënte met hul kontantvloeibeplanning sal help. Van hierdie produkte word reeds met fokuskliënte getoets. Die besigheid se bestaande produkte is ook steeds aan kliënte beskikbaar, maar word ontwikkel om meer verbruikersvriendelik en prakties bruikbaar te maak. “Ons hooffokus is op ProFarmer en studiegroepe. ProFarmer is op die oomblik deel van ons behoeftebepaling terwyl ons die studiegroepe graag meer aktief wil maak.” ProFarmer is `n aanlyn diens wat produsente in die posisie plaas

Die besigheid het geweldig baie potensiaal om waarde vir aandeelhouers sowel as interne waarde vir die maatskappy toe te voeg

`n Kostegids is ook onlangs uitgegee wat hierdie inligting in `n gedrukte formaat vervat. “Ons wil die kliënt se regterhand in sy finansiële beplanning wees. Om hierdie rede wil ons ook ons bande met spesialisbesighede binne GWK versterk om ons produkkennis te verbeter en produsente effektief met vooruitbeplanning te kan bystaan.” Sy verduidelik dat die besigheid ook voortaan `n interne diens sal lewer om besighede binne GWK met die opstel van besigom detail beplanning vir die ver- heidsplanne vir projekte te help. bouing van verskeie gewasse te “My sterk finansiële agtergrond doen én op grond van intydse stel my in staat om waarde tot inligting, realistiese vooruitskat- die besigheid toe te voeg,” sê tings van insetkoste en potenvan Zyl. siële finansiële opbrengste te “My doelwit is om só `n mate doen. van vertroue by ons kliënte te Hierdie beplanning sluit ook `n vestig dat ons `n onmisbare deel meganisasiebegroting in. van elkeen se span sal word.”


Ons mense

Kiekies Maandelikse pryse 1ste R600 GWK kleinhandelkoopbewys, geborg deur GWK Landmark. 2de R300 GWK koopbewys 3de R100 GWK koopbewys

Tema vir Des Kommuniek wil graag sien hoe ons lesers hulle op die Feestyd voorberei. Enige foto met `n Kerstema kan ingeskryf word.

Tema vir Jan Vakansie! Kommuniek deel graag met ons lesers hul vakansie-ervarings.

Tema vir Feb Skouer aan die wiel! Nå die vakansie is ons produsente weer werksaam op hul plase. Ons ontvang graag foto’s oor die bedrywighede op die plaas.

48

Wenner Marlize Rabe van Douglas. Odi en Oscar help ook met die voorbereidings vir Kersfees!


Derde

Marisca Nel van Douglas

Tweede

Annatjie Rautenbach van Sasolburg

Stuur foto’s na carieng@gwk.co.za Kommuniek Posbus 47 Douglas 8730

REËLS

Die inskrywing moet die tema van die betrokke maand weerspieël. Deelnemers mag slegs een foto inskryf. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500 kb wees nie.

U naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 49


1962 - 2012

HO Ë R

50

PRYSUITDELING

AL SD LA OB ND B O US K O O L J A C

DI E B O D E M I S D I E L EW E

HOOFLEIERS 2012 Adriann Britz (onderhoofseun), Danie du Toit ( hoofseun), Heilha Manser (hoofdogter), Andrea Fourie (onder hoofdogter)

LANDBOU-DUX Jannie Manser

AKADEMIESE DUX-LEERDER Johannes van Eck

dis hoe ons is | saamspeel • saamlag• saamkuier • saamsing | dis hoe ons is


1962 - 2012

HO Ë R

50

VRL 2013

AL SD LA OB ND B O US K O O L J A C

DI E B O D E M I S D I E L EW E

VRL 2013 Voor: JP Markram, Francois Jacobs, Riané Nype, Anja van der Merwe, Roelof Strauss, Pieter Botha, Alita De Waal, Andrea Fourie, Mari van Niekerk, Danie du toit, Heila Manser, Benjamin Hendriks, Elandri le Roux, Zak van Vuuren Agter: Adriaan Brits, Ferrera Strauss, Anelda Bezuidenhoudt, Teubes Brits INLAS: Berto Janse van Rensburg, Marli Joubert, Christopher Menezes, Andrea Snyman

dis hoe ons is | saamspeel • saamlag• saamkuier • saamsing | dis hoe ons is


1962 - 2012

HOË R

50

PRYSUITDELING

AL SD LA OB ND BOUS OL JAC KO

DIE BO DEM

E IS DIE LEW

VEELSYDIGSTE SPORTMAN Nico van der Walt

SPORTMAN Rossouw Pienaar

RYGBYSPELER VAN DIE JAAR Casey Carstens

VEELSYDIGSTE SPORTVROU Anelda Bezuidenhout

SPORTVROU Tania Duvenhage

NETBALSPELER VAN DIE JAAR Elsa van Staden

dis hoe ons is | saamspeel • saamlag• saamkuier • saamsing | dis hoe ons is


Oom Gemsbok

Die Skopskoen

Die jaar lê op sy rug . . .

D

jong Bokkies. agsê vrinne. Ons Sewes-Bokke vaar nie juis beter Daar lê nog `n jaar op sy nie terwyl ons vrouespanne ook niks rug met ons rugbyseisoen uitrig om oor huis toe te skryf nie. wat so te sê op `n einde is. Nieteming, dis water onder deur die Kyk ons terug oor 2012 se rugby brug en in die vlei af. Die vraag is is daar sekerlik maar min om oor hoeveel het ons spanne en afrigters staanvure te maak. Al ligpunt in hieruit geleer om seker te maak ons `n bekerlose jaar is die Wipi en sy maak in 2013 nie weer dieselfde ondersteuners wat iets het om oor foute nie. te glimlag. Waardige Curriebeker Wat Heyneke se Bokspan en spelpaKampioene van 2012. troon betref, is Oom Gemsbok maar Wat die Super 15 en Viernasie-reeks taamlik bekommerd. Ek het werklik betref, was ons spanne alles behalgeloof in Heyneke en het vas geglo we aanspraakmakers op die twee dat hy die Bokke na `n baie hoër gesogste bekers van die jaar. Invlak sal neem. teendeel was ons spanne `n groot Dalk is ek maar net ongeduldig, teleurstelling in albei reekse. maar op die oomblik lyk dit beslis nie Op die plaaslike front was die of dit gaan gebeur nie. uitstem van die Leeus en die instem Is die vlak van afrigting dalk te hoog van die Kings vir 2013 se Super of is ons volkie maar net weer te 15-reeks seer sekerlik die grootste ongeduldig vir resultate? Die nuwe opskudding naas die golfoorlog. jaar sal baie van hierdie vrae beantOns kry `n nuwe Bokafrigter en ons woord. word effens getroos met die fantasOns sit met `n reuse beseringslys en tiese verowering van die Junior 60% van ons senior bokke lê iewers Wêreldbeker deur Dawie Theron se op `n rusbak met `n besering.

Manne soos Juan Smit, Bismark, Habana, Bekker, Spies, Schalk en Jacques Fourie word geweldig gemis. Hierdie manne sal hopelik in die nuwe jaar almal perdfris wees om die S15 beseringloos en met nuwe krag en honger vir die spel aan te durf. Wat afrigters betref, behoort Plumtree en Allister weer baie naby aan sukses te draai terwyl die sukkelende streidosse soos Ludeke, Naka en Ackerman maar weer sal moet swoeg om bo uit te kom. Ek sien nou reeds uit na 2013 se rugbyjaar. Lekker rus aan al die spelers, afrigters en bestuur. `n Baie Geseënde Kersfees aan elkeen van ons lesers. Mag 2013 vir ons uiters suksesvolle rugby inhou en ons stoutste verwagtinge oortref word. Voorspoed vir die nuwe jaar. Hou lekker vakansie en ry veilig. Ons gesels weer in 2013! Groetnis Oom Gemsbok 53


Pret op die plaas Vir die jongspan

Help vir Rudolf om by die ander takbokke uit te kom!

54


ll e

obs

Navrae: Johan Jacobs 082 412 3379 johan@douglas.co.za Colleen Jacobs 082 553 1108

an & C o

Ja c

Ons 4de produksieveiling vind op 14 November 2013 op ons plaas Lucky Valley te Douglas plaas.

Joh

en

Baie dankie vir u ondersteuning. Mag u `n GeseĂŤnde Kersfees en `n voorspoedige 2013 hĂŞ.

JG 10/159

innoveer landbou

Veilings en Lewendehawe Kimberley Tel: 053 832 5227/8

www.gwk.co.za


Leefstyl Carien Grobler

Laat jou woorde soos reën oor ander mense val . . . `n Mens besef dikwels nie dat die terugvoer waarmee jy bedoel het om iemand te help, presies die teenoorgestelde uitwerking het nie.

T

erugvoer, soos reën, moet sag genoeg wees dat dit `n mens kan help groei sonder om die wortels te vernietig, het die skrywer Frank Clark gesê. Mense in leiersposisies bevind hulle gereeld in situasies waar hulle terugvoer moet gee oor ander se werk of 56

prestasies. Dit geld ook `n mens se rol as ouer en eggenoot. “Wanneer ons aan iemand moet terugvoer gee, is die meeste mense geneig om dit vanuit `n magsposisie te doen,” sê Judy Wright, lewensafrigter en skrywer van die boek Building Self-Confidence with Encouraging Words. “Dit plaas die ander persoon op sy agtervoete en die terugvoer waarmee jy bedoel het om iemand te help, het dan presies die teenoorgestelde uitwerking.” Judy onderskei tussen kritiek en terugvoer. “Kritiek maak seer, terwyl

terugvoer bedoel is om iemand te help. “`n Mens se bedoeling is dikwels om `n kind of werknemer te motiveer om beter te presteer. In jou gedagtes het jy duidelikheid oor wat jy wil bereik en watter gedrag jy wil verander, maar dit moet só gedoen word dat hulle jou eendag sal bedank dat jy genoeg omgegee het om hul swak punte aan hulle uit te wys. “Om kritiek te lewer of iemand bespotlik te maak, het nooit `n positiewe uitkoms nie. `n Benadering van respek en positiewe terugvoer is baie


meer effektief.” Sy verduidelik dat `n mens iemand bespotlik kan maak deur verbaal kritiek te lewer, byvoorbeeld: “Kry dit asseblief net in jou klapperdop!” of nie-verbaal deur byvoorbeeld jou oë te rol. Om hierdie rede is dit nie net belangrik om op `n mens se verbale kommunikasie te let nie, maar ook op jou lyftaal. “Mense kyk na jou gesigsuitdrukkings om te sien hoe jy werklik voel oor wat jy sê, asook hoe jy oor die persoon voel vir wie jy dit sê. Hulle luister ook na jou stemtoon om te bepaal hoe opreg jy is.” Sy stel terugvoer teenoor kritiek. “Terugvoer is bedoel om iemand van die nodige inligting te voorsien sodat hy as mens kan groei. Vra egter eers of iemand jou terugvoer wil hê voordat jy dit aanbied. As dit sonder oordeel of `n aanvallende houding aangebied word, sal die meeste mense dit verwelkom of minstens daarna luister.” Volgens Judy is dit effektief om verkoopstaal te gebruik wanneer `n mens `n idee aan iemand wil oordra sonder om hom sleg te laat voel. Sy stel die volgende benadering voor: “Ek weet dit was `n moeilike opdrag. Ek het ook al so gevoel wanneer ek iets vir die eerste keer moes doen. Ek het egter gevind . . . maak die situasie makliker om te hanteer.” Judy meen as `n mens positiewe optrede van die mense om jou wil sien, jy goeie gedrag moet aanmoedig en die klem verskuif van dit waarmee jy ontevrede voel. “Wanneer `n mens op iets fokus – reg óf verkeerd – sal jy meer daarvan sien.” Laastens meen sy dit is belangrik om ook oor jou eie foute te praat, veral wat jou kinders betref. “Jy mag dalk skaam voel om oor jou eie mislukkings of oordeelsfoute te praat. Probeer iets soos: ‘Ek weet jy voel sleg oor jou punte. Ek het ook al so gevoel as ek hard aan `n projek gewerk het en alles nie uitgewerk het soos ek beplan het nie.’”

Gesels dan oor oplossings wat vir jou gewerk het en dink saam oor `n oplossing wat vir sy situasie sal werk. “Onthou ook dat niemand perfek is nie en as jy slegs met perfeksie tevrede is, veroorsaak jy dat jou kinders misluk nog voordat hulle probeer het. “`n Mens leer uit jou ervarings wat werk en hoe om oplossings vir probleme te soek. Ons kan foute maak én steeds bevoeg, die moeite werd en intelligent wees.” Laat jou reëndruppels sag val Positiewe terugvoer wat op die regte manier aangebied word, kan ander mense help om te groei. Hier is tien dinge om te onthou as jy opbouende terugvoer wil gee:

om as mens te groei. Moet byvoorbeeld nooit sê: “Jy is so stadig soos `n skilpad nie,” maar eerder “Ons sal aan jou werkspoed moet aandag gee.” Hou by die punt. Fokus slegs op die spesifieke taak of gedrag waaroor jy terugvoer gee. Moet nooit na die verlede teruggryp nie, tensy dit die tweede of derde keer is dat jy dieselfde kwessie moet aanspreek. Sê dan slegs: “Ons het reeds in die verlede hieroor gesels, maar ek dink dit sal goed wees as ons sekere punte weer aanraak.

Begin by jouself. Vermy dat die ander persoon onnodig op sy agtervoete spring deur eerder te fokus op hoe iets jou raak. Sê byvoorbeeld: “Ek voel effens geMoenie uitstel nie. As `n mens wag voordat jy terugvoer frustreerd, want ek moes reeds gister jou verslag ontvang het,” as “Jy maak gee, is dit trefkrag soveel minder. As my mal as jy nie jou verslae betyds jy iets wil sê, doen dit dadelik. stuur nie.” Let op jou gevoelens. Behou perspektief. As jy kwaad is of iets teen die perVermy woorde soos “altyd”, “nooit” soon het, is jy waarskynlik nie in die beste posisie om terugvoer te gee nie. en “vir ewig”. Aangesien dit selde waar is, sal die ander persoon jou As dit moontlik is, vra `n ander belanghebbende om terugvoer te lewer. stelling as kaf afmaak. Sê byvoorbeeld eerder: “Jy ruim selde jou lessenaar op,” as “Jou lessenaar lyk Maak die deur toe. altyd soos `n varkhok.” As jy terugvoer aan iemand wil gee oor `n taak waaraan hy nog aandag Tel jou woorde. moet gee, hou dit privaat. As jy egter `n Mens is geneig om negatiewe iemand wil prys oor `n taak wat suksesvol afgehandel is, doen dit open- aanmerkings te maak wanneer jy kwaad is. Dit plaas egter slegs die lik. Hou nietemin die betrokke persoon se geaardheid in ag wanneer jy ander persoon op die verdediging en ontneem jou terugvoer van enihom prys. ge trefkrag. Pleks van: “Laat staan asseblief jou vieslike gewoonte om Begin positief. voor werk te staan en rook,” probeer: Vind iets positiefs wat jy oor die persoon kan sê – dit sal hom help om “Kan jy asseblief vroeër inkom sodat jy reeds om 08:00 soggens by jou jou raad te aanvaar. Jy kan byvoorlessenaar is?” beeld sê: “Ek kan sien jy het moeite gedoen met die verslag.” Kom eers op hoogte. Jy is moontlik nie bewus van iets wat Fokus op groei. die ander persoon daarvan weerhou Die doel van terugvoer is nie om om suksesvol te wees nie. Vra hom of iemand persoonlik aan te val of te haar hieroor uit. beledig nie, maar om hom te help 57


Gesondheid Carien Grobler

`n Handvol bont bessies vir blakende gesondheid Wanneer `n mens `n meer gesonde lewenstyl wil volg, is die insluiting van bessies in jou dieet `n goeie beginpunt. Vars bessies is propvol voedingstowwe en antioksidante wat belangrik is vir goeie gesondheid. Antioksidante help die liggaam om selle teen vrye radikale te beskerm, wat vir veroudering en sommige siektes verantwoordelik is. Wanneer die liggaam suurstof gebruik, word vrye radikale gevorm wat die selle kan beskadig. Die antioksidante in vars bessies kan die liggaam help om selle hierteen te beskerm.

Bloubessies Navorsing wys dat bloubessies een van die hoogste vlakke van antioksidante het wanneer dit met ander vrugte en groente vergelyk word. Onlangse navorsing wys dat bloubessies ook `n mens se geheue kan verbeter. In `n studie onder ouer volwassenes met `n gemiddelde ouderdom van 76, het bloubessies ná 12 weke `n verbetering in twee kognitiewe toetse tot gevolg gehad. 58

Frambose Nuwe navorsing wys dat frambose kan help om oorgewig te bestuur. Hoewel hierdie navorsing nog in sy kinderskoene staan, het wetenskaplikes bevind dat `n mens se metabolisme versnel kan word deur die fitonutriënte in frambose, veral rheosmin, wat ook die framboos-ketoon genoem word. Deur die verhoging van ensiemaktiwiteit, suurstofverbruik en hitte-produksie in sekere vetselle, meen die navorsers dat frambose die risiko van oorgewig, asook die risiko van `n vetterige lewer kan verminder. Bosbessies Navorsers het lank die vermoe van bosbessies om urienweginfeksies te help voorkom aan die suurinhoud van dié bessies toegeskryf. Onlangse navorsing wys egter dat bosbessies `n bestanddeel bevat wat as `n buffer dien teen bakterieë wat die urienweg mag aantas. Hierdie eienskap is egter beperk tot vroue wat gereeld simptome van urienweginfeksies toon.

Aarbeie Wetenskaplikes het onlangs gevind dat aarbeie `n invloed op `n mens se bloedsuikervlakke kan hê. `n Oormaat suiker kan ongewensde hoë bloedsuikervlakke veroorsaak. Navorsing wys egter dat hierdie effek deur die gelyktydige inname van aarbeie verlaag kan word. Hierdie vruggie het ook anti-inflammatoriese eienskappe. Studies toon dat mense wat gereeld aarbeie eet, laer vlakke van inflammasie-merkers in hul liggame het. Verskeie merkers in die bloed kan met die gereelde inname verminder word. Hierdie eienskap van dié rooi vruggie word egter eers sigbaar wanneer `n mens aarbeie drie tot vier keer per week by jou dieet insluit.


Resep

Koekstruif vir die Kerstyd Resep 1kg vars aarbeie, opgesny (hou `n paar heel vir garnering) 200g bloubessies 200g frambose 60g strooisuiker 1 lemoen, uitgedruk 900g laevet Bulgaarse jogurt 60g heuning Sjerrie na smaak 1 rolkoek (uit jou supermark)

Metode � Plaas die bessies in `n mengbak en voeg die suiker en lemoensap by. � Laat ongeveer `n halfuur lank staan. � Terwyl bg. staan, gooi die jogurt en heuning in `n mengbak. � Roer tot die heuning met die jogurt gemeng is. � Sny die rolkoek in groterige stukke en plaas `n derde van die koek onderin `n glasbak. � Besprinkel die rolkoek met sjerrie en bedek met `n laag van die stroperige bessies. � Herhaal totdat die bestanddele op is. � Garneer die bokant met `n paar lepels vol jogurt, heel aarbeie en bloubessies. � Bedek met kleefplastiek en laat oornag staan.


Uit Piet se pen . . .

Agterblad

Die bul word gehaal . . .

H

oed vertrek gereeld in Amerika se rigting om `n verlore hoed te soek. Het glo jare terug iewers in Amerika `n baie duur hoed op `n lughawe verget (yes-yes, no-no en I suppose). Hy is terug en ek kan my en vennoot se bulle gaan laai. Op `n Donderdagoggend vroeg vertrek ek in Elvishoop se rigting op `n baie zinkplaat-pad. My vennoot is vuur en vlam en monitor my per selfoon. Hy raai my aan om vinnig te maak voor die prys weer styg. Al stampende beweeg ek in die plaas se rigting. Skugter kruie ek die plaashek met my 1984-model binne. Die baas hang reeds oor die hek. Hy kyk uit oor sy Malbeck-wingerd. Jy kan hom deur `n ring trek. Sy mondering afgerond met `n bekende Jacaru uit Australië op sy kop. `n Pienk beeskierie word dreigend rondgeswaai. (I hear a thunder in the distance.) Ons moet vinnig praat, hy is besig. Vir ons prys is die keuse nie baie groot nie. Hy hou `n klein papiertjie met geheime besonderhede naby aan sy bors. Ek is te bang om vrae te vra. Tyd is hier `n faktor. Sy volgende afspraak is met Zarhoda van GWK op Douglas. Elfuur is sy hier en dan wil hy nie nog met armgatte sukkel nie. Hoop nie sy kom bul koop nie. As sy nog nie van prof. Bonsma gehoor het nie, sal sy dit vandag hoor. Die bulle loop nog op die lande. “Gee jy om dat ons hulle sommer met die bakkie uitkeer?“ wil Hoed weet. Die bakkie se een voorlig is reeds stukkend. Wonder of dit van bul uitkeer is. 60

Ek stem tot alles in, solank daar net nie `n prysverhoging is nie. Die Isuzu beweeg soos `n wafferse skaaphond tussen die bulle deur en kort voor lank is al die bulle op die kortlys in die kraal. Willem en Jan, die twee plaasmanne, help in die kraal. Die baas wil nie die geheime op sy nota verklap nie. Hy sê ek moet my bul self kies. Siende geen kenner, wend ek my tot ou Willem die hanteerder. (Pa het altyd gesê as jy twyfel, vra net die plaasman. Hy is gewoonlik baie slimmer as die baas.) Ek vind `n nuwe vennoot in ou Willem en gou word `n keuse gemaak. Ek trek nader sodat ons kan laai. Willem lyk heel in sy skik met ons keuse. Vir `n goeie bul kan `n mens maar betaal, reken hy. Vandag stem ek saam met hom. (Solank Hoed ons net nie hoor nie!) Hoed lyk kalm en ons spreek af om sommer die geld direk in te betaal. (Ons het lank gespaar.) Hy sal met sy sekretaresse reël dat die nodige fakture ons bereik. Op `n vraag of ons darem internet het, kan ek positief antwoord. Hoed kyk die laaste keer op sy horlosie en ek val in die pad. Skaars die hek toegemaak of ou Willem kom in `n stofwolk aangehardloop. Ek hou stil en die ou briek `n lang wit streep langs my. Aan die skoen se sool herken ek `n Good Year-tyre se loopvlak. Willem is uitasem en al wat ek hoor is: “Die BTW moet nog bykom.” (Nog `n week sonder kos sal seker nie te veel saakmaak nie!) In die spieël sien ek Hoed stelling inneem oor die plaashek in die rigting van sy wingerd. Miskien gaan hy nog

iewers op die plaas sy eie kelder hê? Op pad terug ry ek en Zarhoda bymekaar verby. Hoed wag reeds op haar koms. Vandag moet ek `n wye draai ry om aflewerings te doen. My plaasmense kan nie wag om die veelbesproke bul te sien nie. Ons laai vir BTW versigtig tussen die koeie af. Hy lyk rustig en die plaasmanne is bekommerd dat BTW heeldag hand in die broeksak gaan staan. Vir my is daar nie tyd vir rondstaan nie. Dit is al laat en ek moet nog De Aar toe. Vennoot het intussen al `n paar keer gebel om te hoor waar ek is. Hoekom weet ek nie, maar hy kan nie wag om te betaal nie. Raak net rustig, sê ek. Hoed moet nog die fakture reël. Laatmiddag arriveer ek op Blaauwkrantz. Vennoot en sy boerboel het die werf al snuif getrap in afwagting op BTW se maat. Die hele plaas se bees is bymekaar gemaak om die nuwe kêrel te verwelkom. `n Kraal vol windhonde wag hom in. Ou bulletjie, hier lê werk, dink ek by myself. Terwyl daar teruggestoot word na die laaibank spring die bul sommer self af. Hy hink en pink in die rigting van sy nuwe vrouens. (Lyk of net sy linkerbeen af is.) Die koeie vlieg stert in die lug weg en hardloop `n stofstreep die veld in. Hopeloos te “handsome” vir hulle, merk Vennoot droog op. Vennoot se werkmense erg bekommerd dat die koeie nou op pad De Aar toe is. Sononder laai ek my beloofde perd en kies koers in Prieska se rigting . . .




Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.