Kommuniek april 2014

Page 1

April 2014

`n handelsmerk van

Nuwe Besturende Direkteur aangestel om GWK in sy volgende groeifase te lei

Nuweling-produsent lewer druiwe van puik gehalte by GWK

Fungi hou verskeie voordele vir die landbouer in

GWK Groentoer skep platform vir die uitruil van praktiese kennis


UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS

Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936


Inhoud

2 Redaksioneel Inkopies is terapeuties . . . 3 Geestelike akker `n Ma se glo . . . 4 Agrikalender 5 Damme en reënval 6 Landbouwenke 8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE 10 Aktueel Nuwe Besturende Direkteur lei GWK in sy volgende groeifase. 12 Wat aandeelhouers moet weet Dís nuus in die GWK-groep. 14 Graan Onrus in Oekraïne deurslaggewend. 16 Presisieboerdery Fungi: Vriend of vyand?

22 Presisieboerdery Groentoer skep platvorm vir die uitruil van praktiese kennis. 10 Nuwe Besturende Direkteur

26 Spesialisprodukte Produsente besoek proewe tydens grondboontjiedag. 28 Versekering Die som oor vroeë aftrede is skokkend eenvoudig . . .

34 GWK NUUS - GWK hou inligtingsdae in samewerking met Virbac.

16 Vriend of vyand?

38 Vir die jongspan Pret op die plaas.

40 VROUE Leefstyl `n Huwelik soos `n marathon.

20 Puik druiwe gelewer.

42 Gesondheid Wikkel vir `n perfekte winterlyf!

18 Saad Van `n vyfrand-hamburger kan jy ook `n vyfrand-smaak verwag.

43 Resep Heerlike happies vir die herfs.

20 Spesialisprodukte Nuweling-produsent lewer druiwe van puik gehalte.

44 Agterblad Jan, was dit nou nodig? 40 `n Marathon-huwelik . . .


Redaksioneel

As deel van GWK se strewe om landbou voortdurend te innoveer, is mnr. Pieter Spies, `n leier in die sakewêreld, onlangs as nuwe Besturende Direkteur van GWK aangestel. Hy sal `n belangrike funksie verrig om die maatskappy in sy volgende groeifase te lei deur wen-besluite te identifiseer en saam met die leierskap van die maatskappy tot voordeel van ons aandeelhouers op te tree. In hierdie uitgawe kyk ons na die onrus in die Oekraïene wat deurslaggewend is vir graanpryse. Ons kyk saam met die span van Presisieboerdery na die vraag of fungi `n vriend of vyand van die landbouer is en kom saam met GWK Saad tot die slotsom dat `n mens van `n vyfrand-hamburger niks meer as `n

vyfrand-smaak kan verwag nie! Ons doen aan by Botebo Farming naby Jacobsdal waar `n toetreder tot die wynbedryf vanjaar druiwe van puik gehalte geproduseer het. Dan kuier ons by die jaarlikse Groentoer wat GWK jaarliks in die Douglas-omgewing aanbied en ook by GWK se Grondboontjiedag, waar produsente grondboonproewe besoek en met belangrike inligting oor die bedryf toegelig is. GWK Versekering help ons om die skokkend eenvoudige som van vroeë aftrede te verstaan. Ons kyk ook na die inligtingsdae met die fokus op dieregesondheid wat GWK onlangs in samewerking met Virbac in Kimberley en op Luckhoff aangebied het. En dan kom ons dames aan die

beurt, want soms voel die huwelik soos `n marathon en moet `n mens jou hardloopskoene aantrek om die liefde te laat blom. Ons kyk na wenke om te wikkel vir die perfekte winterlyf, terwyl ons nie die heerlike herfshappies in ons resep kan weerstaan nie. Ons sluit ons uitgawe af met `n tikkie nostalgie uit Piet se pen. `n Lag met `n traan met `n storie uit toeka se dae wat vandag steeds soos gister voor sy geestesoog afspeel . . .

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730

VOORBLADFOTO Bertie Theron

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Advertensies Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za 2

Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Lekker lees!

ler

Carien Grob

Redakteur

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

depositphotos

Innovering is die toepassing van beter oplossings vir nuwe vereistes, onuitgesproke behoeftes of bestaande behoeftes in die mark. Dit word bereik deur meer effektiewe produkte, prosesse, dienste, tegnologie en idees as dit wat geredelik beskikbaar is . . .


Geestelike akker Toe Jesus sy ma sien, en die lieflingdissipel wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Vrou, daar is u seun.” Johannes 19:26 `n Ma se glo . . .

Dan stuur sy `n stukkie van haar hart saam met haar kind die wilde wêreld Ma’s is mense wat `n ekstra porsie ge- in. loof nodig het. Lank voordat hul bonDis in hierdie tyd wat ma’s meer as deltjie mens nog gebore word, moet ooit móét glo. Hulle moet eenvoudig hulle al glo dat hul kind gesond, volglo dat opvoeding en onderbou, hul maak gevorm en sterk gaan wees. kind sal laat oorleef. Dwarsdeur hul kinders se grootword- Onwrikbaar moet hulle vashou aan dié wete dat hul Vader hul geliefde jare is dit geloof wat hulle lei om hul kinders op te voed. kind sal bewaar teen gevaar, sal beEn so géé ma’s regdeur hul kinders skerm teen onheil en hom/haar `n veilige tuiskoms sal gee. se lewens stukkies van hulself weg. Wanneer hierdie kind, wat hulle met Lank gelede was daar `n ma wat moes aanskou hoe haar Seun aan `n soveel sorg grootgemaak en versorg het, uiteindelik die huis verlaat, gee sy kruishout vasgespyker word. wéér. Gelate moes sy dit aanvaar sodat ons

as ma’s vandag met dié seker wete kan leef dat Hy ook vir ons kinders gesterf het sodat hulle – ongeag wat die lewe hulle gaan bied – eendag saam met ons in die hemel sal wees. Gló vandag dat jou Vader ook jou kind se getroue God is en altyd sal bly! Here, ek glo onwrikbaar in u trou!

Milanie Vosloo

Uit Laat sy liefde jou lei, uitgegee deur Cum. 3


Veilingskalender en Veilingspryse 12 April 15 April 16 April 17 April

22 April 23 April 24 April 29 April

Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Griekwastad-veiling Boshof-veiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley

gerhard steenkamp

Kimberley Top 5-boerbokveiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Douglas Nguniveiling Dewetsdorp Bonrino / Hayfield Bonsmara

Veilingspryse vir lewendehawe - Maart 2014 03/03 - 07/03

10/03 - 14/03

17/03 - 21/03

24/03 - 28/03

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R11.00

Slagosse

R11.70

Slagosse

R10.50

Slagosse

R12.00

Slagkoeie

R11.00

Slagkoeie

R11.40

Slagkoeie

R10.50

Slagkoeie

R11.80

Maer beeste

R 9.50

Maer beeste

R 9.50

Maer beeste

R 9.00

Maer beeste

R 9.80

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R18.10

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.20

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R17.20

Swaar kalwers (201-250kg)

R17.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.80

Swaar kalwers (250kg +)

R15.20

Swaar kalwers (250kg +)

R16.00

Swaar kalwers (250kg +)

R16.50

Swaar kalwers (250kg +)

R16.00

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R19.00

Slaglammers

R19.20

Slaglammers

R20.00

Slaglammers

R19.80

Stoorlammers

R19.00

Stoorlammers

R19.00

Stoorlammers

R20.00

Stoorlammers

R19.00

Kruislammers

R18.00

Kruislammers

R18.40

Kruislammers

R18.00

Kruislammers

R18.50 R12.00

Slagooie

R13.00

Slagooie

R13.00

Slagooie

R13.00

Slagooie

Maer ooie

R12.00

Maer ooie

R11.00

Maer ooie

R13.00

Maer ooie

R11.00

Klein bokkies

R21.00

Klein bokkies

R21.40

Klein bokkies

R21.00

Klein bokkies

R21.00

Jong bokke

R21.00

Jong bokke

R21.00

Jong bokke

R20.00

Jong bokke

R20.00

Bokooie

R14.00

Bokooie

R14.50

Bokooie

R13.00

Bokooie

R15.00

4


Damme en temperature

Huidige stand van damme % Vol

120

Hartsrivier

Spitskopdam

94

Modderrivier

Krugersdriftdam

64

60 40 20

0

Werklik

Langtermyn

Vaalharts

102 106 54 52

80

Rietrivier

Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam

Vaalrivier

100

Barkly-Wes

91 102 103

Douglas

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

Oranjerivier

ReĂŤnval 25 Februarie - 24 Maart 2014

Hopetown

Dam

Prieska

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Prieska Green Valley Nuts

Douglas Skaal 40 30 20 10 0

40 30

20 10 0

25 Februarie - 24 Maart 2014

25 Februarie - 24 Maart 2014 Max

Max Langtermyn

Min

Max

Min Langtermyn

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Rietrivier

Barkly-Wes Ulco 40 30 20 10 0

50 40 30 20 10 0

25 Februarie - 24 Maart 2014 Max

Max Langtermyn

Min

25 Februarie - 24 Maart 2014 Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

Min

MAANDELIKSE VOORSPELLING

Apr-14

Min Langtermyn

Maandelikse voorspelling April 2014

Hopetown Lilydale 50 40 30 20 10 0

Modderivier

25 Februarie - 24 Maart 2014 Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Inligting verkry van GFCSA

5


Landbouwenke Mielies

Vroeë mielies begin oesgereed

word en kan gestroop word. Met nismarkgrane soos Simbaen Waxymielies moet seker

gemaak word dat stropers 100% skoon is, vermenging met Bt-mielies veroorsaak probleme.

Pekanneute

Die laaste besproeiings van

die groeiseisoen word in April gedoen voordat die boom sy rusfase ingaan. Besproeiing kan weer in Augustus hervat word. Een tot twee besproeiings kan egter deur die winter

gedoen word sodat die grond nie totaal uitdroog nie. Maak boordvloer skoon om die oesproses te vergemaklik. Grondmonsters en voorbereiding kan van nou af gedoen word vir nuwe aanplantings.

Grondbone

Die eerste grondboon-aanplan-

aansienlik. tings word nou geoes. Haal uit Gebruik uithalers wat peule van die grond af lig om in die ry te wanneer peule 70-75% ryp is. Baie nat toestande bevorder die droog. `n Conditioner kan `n voorkoms van Schlerotinia wat paar uur ná die uithaler gebruik reuse oesverliese kan meebring. word om die oortollige sand af te Peule en stingels verbruin en skud. verrot en blare sterf af (sien foto). Dit bespoedig die plukproses en Oorweeg om vroeër te oes indien verminder slytasie op die plukker Schlerotinia vermeerder. se onderdele. Indien strawwe ryp voorkom en Peule kan ongeveer drie dae na plante afsterf, moet dit binne uithaal gepluk word, afhangend enkele dae opgetrek word om van vog en weerstoestande. Vog oesverliese te voorkom. moet met lewering tussen 12 en Verminder besproeiing voor 16% wees. Te nat peule verleng oestyd, maar moenie water die droogproses aansienlik. wegvat nie. Te droë grond Verseker goeie deurlugting indien bemoeilik die uithaalproses die oes in sakke gelewer word. 6

Schlerotinia (peule en stingels verbruin).


Aartappels Hou streng by die

`n weeklikse basis deur minstens twee tot drie punte per land op te rig om die insekte te monitor.

spuitprogram om swamsiektes te voorkom. Monitor plantluise op

Uie en saaduie

Uie kan nog tot einde

April geplant word. Plant ongeveer 4kg saad per hektaar. Plantdiepte:1015mm `n Fyn en ferm saadbed vergemaklik die plantproses en verseker `n beter stand en egalige opkoms. Behandel die saad met `n geskikte swamdoder om siektes soos Damping Off te voorkom. Spuit onkruiddoder direk

nĂĄ plant en was in met 15-20mm water. Bedek beddings met koringstrooi om windskade te beperk. Bolle vir saadaanplantings moet nou gevestig word. Plant teen 1 000 sakkies per hektaar (ongeveer 130-140 000 bolle/ha). Dit is goeie praktyk om die bolle voor plant in `n swamdoder te dip. Totale N:P:K-behoefte is 120N:70P:120K.

Lusern en weiding

April en Mei is die beste

tyd om lusern te vestig. Die saadbed moet klam, fyn, ferm en onkruidvry wees. Behandel saad met lusernpak-entstof om stikstofbinding te verbeter. Gee lae hoeveelheid superfosfaat met plant (200 kg/ha).

Meerjarige, gematigde

grasse soos kropaargras, langswenkgras, kanariesaad en reddingsgras, asook eenjarige Italiaanse raaigras kan tot Mei geplant word. Plant teen 20-25kg/ha en besproei Âą25-30mm per week.

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

7


Direksie en Bestuur Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee

JP du Plessis Wynand Human Johan Jacobs Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree

Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Hoofbestuur Finansiële Direkteur Johann Klopper Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis

Uitvoerende bestuurspan Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

Sekretariaat, Regsdienste en Risikobestuur Kleinhandel Johan du Plessis Freek Meyer 071 623 7286 083 644 0022

Saad, Gewasproduksie en Opkomende Boere Jozua Haarhoff 082 808 8579

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111

Finansiering en Finansiële Landbou-advies Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Vleisbedrywe Alex Cilliers 082 808 3063

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383

Finansies en Stelsels Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547

Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Bemarkingskantoor: Oos-Kaap Wikkie Burger 079 519 1630

Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656

Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710

Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778

Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103

Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

8


Missie en Visie Bestaansrede

Om as agri-besigheid volhoubare welvaart binne die voedselvoorsieningsketting te skep vir deelnemende belanghebbendes.

Visie

Om die agri-leier in die voedselwaardeketting te wees.

Missie

Ons genereer markgerigte besigheidsoplossings in agrien voedselvoorsiening op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur: � innovasie; � dinamiese leierskap; � energieke uitvoering en � eienaarskap gerugsteun deur gevestigde en nuwe handelsmerke.

Waardesisteem

Ons optrede word gerig deur: � spanwerk; � integriteit; � menswaardigheid; � deursigtigheid; � toegewydheid; � verantwoordbaarheid; � aanpasbaarheid en � kliëntegerigtheid.

GWK Katoen . . . innoverende infrastruktuur Kontak ons Wilber Rudman 082 881 2281 wilberr@gwk.co.za Lesley Reutener 082 317 2934

innoveer landbou GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangbied deur `n gediversifiseerdegroep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Mnre. Pieter Spies (nuwe Besturende Direkteur van GWK), Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanprodukte) en Eugene Champion (Bestuurder: Projekte van Westra) tydens Spies se onlangse besoek aan GWK.

Aktueel

Carien Grobler

Nuwe Besturende Direkteur lei GWK in sy volgende groeifase `n Sakeleier met onder meer internasionale ondervinding, is onlangs as GWK se nuwe Besturende Direkteur aangestel.

nie 2014 by die GWK-span aansluit, het hy reeds GWK se fasiliteite op Douglas en Modderrivier besoek en met mnr. Frank Lawrence (Voorsitter van GWK se direksie) en verskeie bestuurders in gesprek getree met die doel om `n wyer kyk op die maatskappy te kry. WK se nuwe Besturende Spies, `n sakeleier met onder meer Direkteur, mnr. Pieter Spies en sy vrou Muriëtte, internasionale ondervinding in die het reeds aan die maatskappy besoek voedselvoorsiening-waardeketting, is onlangs as GWK se nuwe Besturende gebring. Direkteur aangestel. Hy vervul op die Hoewel Spies eers op die eerste Ju-

G

10

oomblik `n uitvoerende leiersrol in Telkom se verbruikersbeen. Spies het voorheen ook verskillende ander leiersrolle beklee. Dit sluit in Direkteur: Verkope en Distribusie by Brandhouse, Besturende Direkteur van Cadbury: Oos-Afrika, Kommersiële en Logistieke Direkteur vir Cadbury Schweppes en Streekverkoopsdirekteur vir Cadbury: Europa en Midde-Ooste. Hy het aan die Hoërskool Goudveld gematrikuleer en daarna `n sertifikaat


in gevorderde logistiek aan die Randse Afrikaanse Universiteit (vandag bekend as die Universiteit van Johannesburg) behaal. Hy het daarna `n B.Com-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf waarna hy ook die Universiteit van die Witwatersrand se Internasionale Uitvoerende Ontwikkelingsprogram suksesvol voltooi het. “Die rol as Besturende Direkteur by GWK is `n geleentheid om die maatskappy se winsgewendheid en groei sistematies en volhoubaar te orkestreer,” sê Pieter. “Ek wil die maatskappy eers in sy geheel beleef en sodoende verstaan wat die groot wen-besluite moet wees en dan saam met die leierskap van die maatskappy strategieë ontwerp en uitvoer tot voordeel van ons aandeelhouers.” Lawrence sê die direksie het volle vertroue dat Pieter die regte man is om GWK in sy volgende groeifase te lei. “Ons wens Pieter graag sterkte toe met die nuwe rol as Besturende Direkteur van GWK.” Mnr. Pieter Spies, nuwe Besturende Direkteur van GWK.

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


depositphotos

Ons Besigheid

Wat aandeelhouers moet weet

Dís nuus in die GWK-groep

W

elkom by hierdie uitgawe van ons rubriek, waarmee ons ons aandeelhouers op hoogte hou van die jongste verwikkelinge in die GWK-groep. � Gesprekke oor `n moontlike samesmelting tussen GWK en OVK gaan nie voort nie. In die vorige uitgawes is genoem dat PwC `n onafhanklike waardasie van GWK en OVK onderneem het. Die waardasie van GWK was hoër as die van OVK. Die doelwit van die samesprekings was om `n samesmelting van gelykes te bevestig. OVK het egter aan die samesprekings onttrek voordat `n ooreenkoms bereik kon word oor hoe `n samesmelting van gelykes bewerkstellig kan word met inagneming van die onafhanklike waardasies. GWK gaan egter voort met sy strategie om vir sy aandeelhouers waarde in die voedselwaardeketting te ontsluit en ons is opgewonde oor die verskeie projekte wat in hierdie verband onderneem word. � Mnr. Pieter Spies is aangestel as Besturende Direkteur en hy sal op 1 Junie 2014 by die GWK-span 12

aansluit. Ons sien uit om hom as lewer aan GWK Vleis by Grodeel van ons span te hê, asook blershoop en De Aar tot 31 Mei na die waarde wat hy aan die 2015 verleng. GWK-groep sal toevoeg. Die agterskotbetaling word gebaDie uitbreiding van die Prieskaseer op die proporsionele aansilokompleks is voltooi en het tal kilogram koue massa wat reeds `n wesenlike impak geprodusente in `n betrokke kalenmaak om innametempo en dermaand gelewer het en is stoorkapasiteit te verhoog tot onderworpe aan die winsgevoordeel van GWK en produwendheid van GWK se skaapsente in die omgewing. besigheidsbedrywe in geheel. Onderhandelings is ver gevorder � Ons wens graag mnr. Johan om vir GWK `n 100%-belang in Jacobs (onder-voorsitter van die Tristar-voerkraal te bekom. GWK se direksie), geluk met sy Tristar speel `n belangrike rol in aanwysing tot die Hoofbestuursdie bees-voorsieningsketting van raad van Graan SA as verteenMeat-to-Market en pas baie goed woordiger vir Streek 25. in by ons strategiese visie om die � Ten einde beter aan ons katoenwaardeketting meer effektief te en druiweprodusente se behoeftes maak. te voldoen, is besluit om as proefDie bestuurstruktuur van ons neming die bestaande Katoen- en Kleinhandel-besigheid is veranWyn Advieskomitees te vervang der om beter en meer effektiewe met Gespreksforums wat in verdiens aan ons klante te bied. Elke skillende streke gehou sal word. handelstak sal dus een HandelsDie doel hiervan is om die deel of Takbestuurder hê wat verantvan inligting te vergemaklik en woordelikheid vir die totale hanmeer interaktiewe kommunikasie delstak neem en derhalwe getussen GWK en sy produsente te fragmenteerde dienslewering sal bevorder. `n Fokus word ook uitsluit. daarop geplaas om meer tegDie GWK-groepdireksie het die niese produksie-inligting tydens skema vir die diskresionêre betadie Korporatiewe Gespreksforums ling van agterskotte vir skaap gete bespreek.


Jy is `n landbouer . . . en GWK is elke tree daar vir jou

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer la ndbo u De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


depositphotos

Graan

Handré van Heerden Graanverhandelaar

Onrus in Oekraïne deurslaggewend

P

olitieke onstabiliteit, militêre magsvertoon en geweld in die Oekraïne het die afgelope twee maande aansienlike steun aan internasionale koringpryse verleen. Daarbenewens is groot skade aan die Amerikaanse koringoes aangerig en Sjina het aggressief in Januarie en Februarie 2014 koring gekoop. `n Perfekte storm het ontstaan. `n Oorsigtelike agtergrondskets verdien aandag om die situasie in die Oekraïne in konteks te plaas. Dit is ironies dat baie van ons aan die suidpunt van Afrika moontlik nie eens weet waar die Oekraïne is nie, maar dat gebeure 8 800 km hiervandaan `n direkte en veelseggende invloed op ons plaaslike pryse het. Die Mei 2014-koringkontrak het op 28 Februarie 2014 teen R3 779 en op 24 Maart 2014 teen R4 210 verhandel. Krisis in die Oekraïne Die internasionale politieke agenda 14

is die afgelope twee maande deur die krisis tussen die Oekraïne en Rusland oorheers. Die meeste gebeure het in die Krimskiereiland afgespeel. Hierdie gebied bestaan uit die onafhanklike Krimrepubliek en die afsonderlike munisipaliteit van Sevastopol. Albei bevolkings bestaan uit `n meerderheid etniese Russe. Die krisis het in laat Februarie 2014 begin nadat `n rewolusie in die Oekraïne teweeggebring is. Die Parlement het gepoog om hul president, president Yanukovych in `n staat van beskuldiging te plaas, maar het misluk. President Putin het ingegryp en verklaar dat hierdie poging onwettig was. Die daaropvolgende aanstelling van die nuwe waarnemende president, president Turchynov is deur Rusland as `n staatsgreep verklaar. Hierna het pro-Russiese militêre magte geleidelik beheer oor die Krimskiereiland geneem. Die Russiese Swartsee-vloot, helikopters, missiel-

bote en vegvliegtuie was deel van die militêre poging om hierdie besetting te bewerkstellig. Intussen het die Krim-parlement `n referendum uitgeroep om hul outonomiteit te bepaal. Op 14 Maart kon Amerika en Rusland geen ooreenkoms bereik ná ses ure se beraadslagings in Londen nie. Op 16 Maart 2014 het 95.5% van die kiesers in die Krim ten gunste van insluiting by Rusland gestem. Op 17 Maart het die Krim-parlement hul onafhanklikheid van die Oekraïne verklaar en versoek om by die Russiese Federasie ingesluit te word. Op 17 Maart het Rusland die onafhanklikheid van die Krim erken en op 18 Maart is `n verdrag onderteken om die Republiek van die Krim by Rusland in te lyf. Ondanks internasionale teenkanting het Putin op 19 Maart 2014 `n ooreenkoms met Krim-leiers onderteken om die strategiese Swartsee-skiereiland by Rusland in te lyf. Op dieselfde dag het die Russiese


roebel op sy swakste vlak ooit teen die Amerikaanse dollar verhandel en is Rusland gedreig om uit die G8 gesluit te word. Die Russiese Sentrale Bank het dadelik hul rentekoers van 5.5% na 7% verhoog, en `n verdere $12 biljoen van hulle reserwes spandeer in `n poging om hul geldeenheid te beskerm. Die Suid-Afrikaanse rand kom onder sulke omstandighede, en in tye van onsekerheid wanneer fondse hulle blootstelling in ontwikkelende ekonomieë (BRICS-state) verminder, maklik onder skoot. Internasionale reaksie was om kalmte en beheersde optrede van alle partye betrokke te versoek. Die EU het gesprekke met Rusland rakende ekonomiese aangeleenthede opgehef. Die VN het sedert 28 Februarie 2014 drie noodvergaderings oor hierdie krisis gehou. Die G7-groep van state (G8 sluit Rusland in) het vergader en beplan om die volgende G8-beraad in Sochi te kanselleer. Sjina het reageer deur die onafhanklikheid en soewereiniteit van die Oekraïne te erken en hul beleid van nie-inmenging in ander state se huishoudelike sake beklemtoon. Duitsland het Rusland gewaarsku dat hierdie optrede massiewe negatiewe ekonomiese en politieke gevolge vir die land kan inhou.

koring om uit te voer. Vanweë hierdie feit kan prysstyging tans as oordrewe in die mark begin deursyfer. Hierdie scenario speel boonop af teen die agtergrond van internasionale mieliepryse wat tans 40% laer as die ooreenstemmende tyd in 2013 is. Hierdie val in prys is die grootste een jaar daling sedert 1960 en mielies het die swakste in `n groep van 24 kommoditeite gevaar. Koring het jaar op jaar met 22% geval en kopers was dus in elk geval gereed om op hierdie stadium die mark te betree.

wêreldpryse laat styg omdat baie van hul graan in Rusland kan eindig en nie as uitvoere aangebied word nie. Hulle staar op die oomblik ook `n $3 biljoen boete in die gesig, wat deur Sjina gehef word, omdat graan in die mark gekoop moet word waar Oekraïne nie gekontrakteerde graan kon lewer nie. Die Sjinese het intussen, sedert die begin van 2014, die koringmark baie aggressief betree. Hulle Januarie/Februarie 2014invoere staan op 1.3 mmt koring. Dit is `n verhoging van 225% teenoor Balanseertoertjie die ooreenstemmende tydperk verlede Sou geen werklike militêre konfronta- jaar. sie plaasvind nie en geen uitvoere Altesaam 38% van hierdie invoere word belemmer nie, sal normale was van Amerika, wat `n verhoging markkragte oorneem en die onbesten- van 775% verteenwoordig. digheid in prys en risikopremie sal vin- Amerikaanse koring was goedkoper nig verdwyn. Sou probleme in hierdie as hulle plaaslike koring en hulle het gebied toeneem, is die moontlikheid dus baie vinnig die mark betree ten daar dat pryse van onder andere mie- einde voorraadvlakke op te bou. lies en koring nuwe hoogtepunte kan bereik. Slotgedagte Produsente in die Oekraïne hou op By die onlangse Graan SA-kongres die oomblik hul graan terug as verop Bothaville het yl bedekte kritiek skanser teen die waardevermindering teenoor Safex as prysbepaler in gevan hul geldeenheid. sprekke deurgesyfer. Wanneer hulle weer tot die mark Bogenoemde bespreekte internasiogaan toetree, is onseker. nale omstandighede en koringprys het Koringpryse in Amerika het in 2010 ons koringprys direk beïnvloed. die hoogte ingeskiet met Rusland se In hierdie scenario kan ons aanaankondiging dat hulle `n verbod op vaar dat beide koper en verkoper in hul koringuitvoere gaan plaas nadat Suid-Afrika homself midde in `n interBogenoemde se effek op 20% van hul oes deur droogte en nasionale mark bevind. koringpryse wegholbrande uitgewis is. Ek wil afsluit deur sterk te benadruk Die Oekraïne behoort in die huidige Die Amerikaanse “Hard Red Windat wanneer sulke buitengewone ombemarkingsjaar die vyfde grootste ko- ter”-koringoes word op die oomblik standighede woed en die koringprys ringuitvoerder en derde grootste mie- op slegs 34% goed tot uitstekend ge- dienooreenkomstig beweeg, produlie-uitvoerder ter wêreld te wees. raam vanweë erge koueskade en daa- sente dit moet benut. Rusland en die Oekraïne behoort ge- ropvolgende midseisoen droogtestres. Dit vat net enkele handtekeninge (of samentlik in die 2013/14-bemarkings- Negatiewe politieke en weersomstan- baie afgevuurde ammunisie) om die jaar 74 mmt koring te produseer. dighede is veral verantwoordelik vir krisis verder te laat toeneem, of op te Hulle 26.5 mmt uitvoere verteenwoor- uitermatige pryssensitiwiteit, wat diklos. Sentiment hieroor balanseer op `n dig 17% van die internasionale hanwels op persepsies eerder as werkmespunt. del in koring. Hulle behoort 18.3 mmt like feite gegrond is. Hier is veral die Benut die persentasie winsgewendmielies uit te voer. Hul invloed is dus spekulant in sy element. heid om solank besluite in hierdie beduidend. Die oorgrote meerderheid Met die skryf van hierdie artikel op delikate situasie te neem. graan word juis deur die hawens van 24 Maart is nog nie `n enkele vrag die Krim-skiereiland, die middelpunt graan, wat vir uitvoere bestem was, Bron van die dispuut, uitgevoer. Hulle het vertraag nie. Verskeie Reuters-berigte van Februarie tans nog so 4 mmt mielies en 2.5 mmt Politieke onrus in die Oekraïne kan en Maart 2014. 15


`n Voorbeeld van “bird’s nest fungi”.

Presisieboerdery

Armand van Eck en Pieter Franken Presisieboerdery en Produksienavorsing

Fungi: Vriend of vyand?

G

rond is ryk ekostelsels, wat bestaan uit lewende sowel as nie-lewende materie, met menigte interaksies tussen mekaar. Grondlewe en die diversiteit daarvan is groter as enige ander ekostelsel. As voorbeeld kan `n hand vol grond uit biljoene verskillende organismes bestaan, wat `n belangrike rol in grondgehalte speel. Grondgehalte dra op sy beurt weer tot goeie en gesonde plantegroei by. Hierdie ekostelsel bestaan uit: � Megafauna (20 mm en groter) bv. molle, hase en knaagdiere; � Makrofauna (2-20 mm) bv. luise, wurms, besies, slakke, honderdpote, miere, ens.; � Mesofauna (100 mikrometer – 2 mm) bv. myte; 16

� Mikrofauna en mikroflaura (1-100 mikrometer) bv. bakterieë, fungi, protozoa, ensovoorts. In hierdie artikel word gefokus op fungi en die voordelige werking wat dit op grond en plante het. Wat is fungi? Fungi is mikroskopiese selle wat as swamagtige drade, genoem hifes, groei. Hierdie hifes beweeg tussendeur gronddeeltjies en wortels. Wanneer die fungus doodgaan, los die hifes klein tonnels in die grond agter. Hierdie hifes bind die gronddeeltjies, wat gunstige grondstruktuur bevorder en help met waterinfiltrasie en grondwaterkapasiteit. Bakterieë en fungi speel `n belangrike rol in die afbreek van organiese

materiaal. Fungi verander moeilik verteerbare organiese materiaal (sellulose en lignien) na ander vorme, wat organismes weer kan benut. Grondfungi kan in drie algemene groepe verdeel word, gegrond op waar hulle hul energie vandaan kry, naamlik: Ontbinders (Saprofietiese fungi): Verander dooie organiese materiaal na swam-biomassa, koolstofdioksied en organiese sure. Hierdie fungi is belangrik vir die behoud en vrystelling van voedingstowwe in die grond. Mutualistiese fungi: Hierdie groep staan bekend as mycorrhizal fungi. In ruil vir koolstof wat deur die plant verskaf word, help die fungi met die oplos en voorsiening van fosfaat, stikstof, mikroëlemente en water aan die plant. Parasities of patogenies: Parasitiese


fungi kan ook voordelig vir die grond en die plant wees. Daar bestaan karnivoriese fungi wat hul energie kry deur mikroskopiese diertjies te vang. Die “nematode trapping fungi” teer op siekte-veroorsakende nematodes. Fungi, wat teer op insekte, kan ook as `n beheermaatreël dien. Patogeniese fungi veroorsaak `n verlies aan opbrengs of afsterf van plant, bv. Verticillium, Pythium, Rhizoctonia, Foto 1 en 2: Voorbeelde van “bird’s nest fungi”. Sclerotinia. Fungi in die landbou Soos reeds genoem, hou fungi verskeie voordele vir die landbouer in. Verskeie landboupraktyke kan fungus maklik vernietig. Fungi is veral sensitief vir bewerking, swamdoders en hoë vlakke van stikstof en fosfate. Die meeste bome, asook landbougewasse, is afhanklik en word bevoordeel deur mycorrhizae. Met die uitsondering van Cruciferae (bv. broccoli en mosterd) en Chenopodiaceae (bv. spinasie en beet) word landbougewasse soos koring en mielies deur die werking van mycorrhizae bevoordeel.

Foto 3 en 4 (bo en regs): Voorbeelde van Sclerotinia sclerotiorum op sojaboontjies. Let op foto 3 wat maklik met foto 1 verwar kan word.

rik vir die hoeveelheid en aktiwiteit van die fungi, sowel as die soort fungi Fungi in die praktyk wat sal voorkom. Fungi se aktiwiteit is Die tempo waarteen organiese mate- die hoogste teen `n neutrale pH. riaal deur fungi afgebreek word, word Die C:N-verhouding is ook baie bebepaal deur temperatuur, grondvog, langrik. Indien die materiaal laag is in grond-pH en koolstof, stikstofverhou- stikstof, sal die afbreekproses langer ding asook die chemiese samestelling vat. van die materiaal. Indien die stikstofinhoud van die Voorbeelde in die praktyk plantmateriaal laag is, sal die tempo Cyathus olla kom voor in natter arewaarteen ontbinding plaasvind ook as vanaf mid-somer tot herfs op hout laer wees aangesien fungi stikstof vir sowel as grond wat ryk is aan ontdie vorming van proteïen vir groei bindbare materiaal. benodig. Cyathus olla se spore word vrygestel Die tempo van afbraak is die vinnig- wanneer reëndruppels daarop val. ste tussen 30-40˚C. Verandering in Dieselfde effek word verkry met elke die grondtemperatuur het min effek besproeiing. Die term “bird’s nest funop die afbreekproses. gi” is afgelei van die spore wat soos Die ideale vogstatus vir afbraak is eiers lyk en die spoorhuisie wat die 60-80% van die waterhouvermoë van nes is (gladde voëlnesswam). die grond. Te veel grondvog veroorVerwarring mag moontlik in die saak swak deurlugting van die grond veld ontstaan ten opsigte van ander wat meebring dat die proses vertraag swamme se spore. word. Sien die voorbeeld van “bird’s nest Die pH van die grond is baie belang- fungi” (Foto 1 en 2) en dan Sclerotinia

sclerotiorum wat `n patogeen is (Foto 3 en 4). Samevatting Ons begrip van die ekostelsels wat in ons grond voorkom is nog baie beperk. Die wisselwerking tussen hierdie mikroskopiese organismes is baie kompleks. Tekens kom egter in en boop die grond voor wat `n mens meer van die grondgesondheid vertel. Bronne � Micro organisms, their relation with plants and factors affecting the microbial ecosystems. � Soil Fungi, R. Ingham, Oregan State University � http://en.wikipedia.org/wiki/Nidulariaceae (sketse) � Herbarium.usu.edu/fungi/funfacts/decay.htm � Factors influencing rate of organic matter decomposition � The Soil Biology Primer By Elaine R. Ingham 17


Presisieboerdery Jozua Haarhoff Uitvoerende Bestuurder: Saad, Gewasproduksie en Opkomende Produsente

Van `n vyfrand-hamburger kan jy ook `n vyfrand-smaak verwag!

F

eite oor gesertifiseerde saad: Gelisensieerde saadmaatskappye in Suid-Afrika word onder die naam Sansor (Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie) verteenwoordig, wat hul belange tot voordeel van lede beskerm. Die maatskappye beskik oor vooraf goedgekeurde saadprodusente in verskeie gebiede waar saadproduksies gedoen word. Sulke produksies word op `n gereelde basis deur Sansor-goedgekeurde inspekteurs gemonitor. Die saadmaatskappye beskik ook oor skoonmaakaanlegte, wat aan vasgestelde standaarde voldoen. In die geval van lusernsaad is meer

gespesialiseerde toerusting nodig om die besmetting van die saad met vreemde en veral doddersade te vermy. Dié parasitiese plant kan vir jare rustend in die grond lê tot die regte gasheer en omstandighede hom voordoen. In die geval van lusern, is die maatskappy ook by die Nasionale Lusernorganisasie (NLO) geaffilieer. Die sertifisering van die saad deur die NLO verseker skoon saad in die mark. Die ander kant van die munt Die versoeking om ongesertifiseerde lusernsaad en terughou- koringsaad, wat nie getoets is nie, te plant, is groot. In ag genome al die kontroles

en standaarde waaraan gesertifiseerde saad moet voldoen, is dit voor die hand liggend dat ongesertifiseerde saad goedkoper moet wees. Onthou: Dieselfde aandag en geld word aan landvoorbereiding, regte bemestingsaanbevelings, lone, water, diesel en Eskom gegee. Waarom dan minderwaardige saad gebruik? Om nie eens te dink aan die alleenheid wanneer jy agterkom daar is moeilikheid en die sogenaamde “gesertifiseerde verskaffer” draai sy rug op jou nie. Dan kom jy agter: As jy vyf rand betaal vir `n hamburger, sal jy `n vyfrand-smaak kry. Skakel gerus GWK Saad vir enige navrae.



Me. Tebogo Ditsebe van Botebo Farming naby Jacobsdal, wat vanjaar druiwe van puik gehalte aan die Landzicht-wynkelder gelewer het. Foto’s: Tania Fourie

Spesialisprodukte

Nuweling-produsent lewer druiwe van puik gehalte

`n

eie etiket te ontwikkel en die plaaslike en uitvoermarkte met haar eie wyn te betree. Toetreder tot die wingerdbedryf het vanjaar vir “Ek kon sien dat sy werklik `n passie `n aangename verrassing gesorg met vir die wingerdbedryf het en haar die puik gehalte druiwe wat sy by die aanbeveel om wynkursusse in die Landzicht-wynkelder gelewer het. Boland by te woon sodat sy haar kennis in hierdie komplekse bedryf kan “Ek glo `n muskadel van wêreldgehalte is gemaak,” sê mnr. Ian Sieg uitbrei,” vertel Sieg. (Bestuurder: Wyn). “Ons hou ons “Sy laat geen steen onaangeraak asems op om te sien wat op die skou om by haar doelwit uit te kom nie. Sy is modieus, kreatief, visionêr en vergaan gebeur.” Me. Tebogo Ditsebe van Botebo staan haar vakgebied ten volle. Sy lééf haar passie. Die Duitsers sê arFarming naby Jacobsdal het Sieg in 2013 gekontak met die doel om haar beit macht das leben suss (werk maak 20

die lewe soet). Tebogo het hierdie geheim ontdek en leef haar nou uit om druiwe van puik gehalte te produseer. Die perseel waar Ditsebe haar druiwe verbou, lê vir Sieg na aan die hart. “Die perseel het destyds aan `n sakeman van die omgewing en destydse premier van die Vrystaat, mnr. Mosiuoa Lekota behoort. Lekota, met wie ek goed bevriend was, het my hulp gevra om `n SEBprojek te begin. Hy het die perseel gekoop met die hoofdoel om wingerd te verbou en ek het aanbevelings gedoen oor die beste kultivars om daar


te plant, naamlik Chardonnay, Cabernet Sauvignon, Chenin Blanc en Colombar as natuurlike suurbasis vir van die wyne, sowel as Touriga Nacional en Sozao wat van die beste Port-kultivars in die wêreld is.” Hy vertel dat die gronde, wat uitsluitlik bros kalk is, reeds in die verlede uitstekende geur gelewer het wanneer dit een meter diep gerip word om die kalkbank te breek en sodoende voldoende grondvolume vir wortelpenetrasie te skep. Dit is in lyn met huidige, optimale wingerdboupraktyke. Sieg het hier aanbevelings oor kultivaraanplantings gedoen sodat die eenheid as `n landgoed kan funksioneer en op sy eie `n volledige reeks wyne kan verskaf. Die wingerde is intussen verkoop en Ditstebe huur dit op die oomblik vir `n termyn van vyf jaar van die huidige eienaar waarna sy die opsie het om te koop.

Ditsebe doenig in die wingerd. “GWK wens haar graag sterkte toe op die pad vorentoe en sal voortgaan om haar te ondersteun,” sê Sieg. Aangesien Ditsebe geen praktiese kennis van wingerdbestuur gehad het nie, het mnr. Hein Janse van Rensburg (Wingerdboukundige van GWK) haar met raad bygestaan oor die

snoei van die wingerd om die hoeveelheid tappies te vermeerder, asook oor bemesting en besproeiingskedulering. “Dit was `n baie moeilike klimatologiese seisoen met ryp, hael en ontydige reën, maar sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt,” sê hy.

Douglas: (053) 298 8314/5

Jacobsdal: (053) 591 0164 HOURS / URE: Mon-Fri: 08h00-13h00 14h00-17h00

www.gwk.co.za


Besoekers aan die Groentoer by `n profielgat.

Foto’s: Tania Fourie

Presisieboerdery Dup Haarhoff Uitvoerende Bestuurder: Presisieboerdery en Produksienavorsing

Groentoer skep platvorm vir die uitruil van praktiese kennis

G

WK se Groentoer wat jaarliks in die Douglas-omgewing aangebied word, was vanjaar weereens `n groot sukses. Hierdie inligtingsdag gaan van krag tot krag is en vanjaar deur sowat 150 mense bygewoon. Die feit dat hierdie dag so goed ondersteun word, beklemtoon weer22

eens dat die uitruil van praktiese kennis van onskatbare waarde vir ons produsente is. Wat die dag baie gewild maak, is die feit dat dit nie slegs om `n eenrigting-vloei van inligting gaan nie, maar dat almal aan die besprekings deelneem en baie kennis op hierdie wyse uitgeruil word. Ons bedank graag die produsente vir hierdie openlike gesprekke.

Die tema van die dag was die hantering van organiese materiaal in die grond, met vanjaar se fokus die Oranjerivier-sandgronde. Ons het voor die mielieseisoen verskeie benaderings gesoek van hoe koring-, gars en lusernreste hanteer is. Die werking van verskeie implemente is tydens die Groentoer met die besoek aan profielgate geĂŤvalueer. Uitdagings kom wel voor wanneer


Bo en regs: Die werking van verskeie implemente is met die besoek aan profielgate geëvalueer. reste ingewerk word, maar dit kan oorkom word. Waterbeweging deur die grondprofiel, sowel as die opneembaarheid daarvan word beslis deur die soort bewerking beïnvloed. Die ou storie dat water moeilik van een medium na `n ander beweeg, het weereens tydens die dag na vore gekom. Optimale wortelontwikkeling kan slegs plaasvind as voldoende suurstof, sowel as ruimte vir die wortels gebied word om in te groei sonder onnodige verdigtingslae of skielike oorgange. Dit bly baie belangrik om `n goeie idee te hê van wat tydens die seisoen in die grond gebeur om sodoende intydse en effektiewe bestuursaanpassings te doen. Die belang van blaarmonsterontledings tydens die seisoen wat ook `n belangrike besprekingspunt op die dag. Balanse ten opsigte van voedingstowwe en die moontlike onderdruk-

king van elemente wat die opneembaarheid daarvan deur plante kan beïnvloed, sal in die toekoms baie noukeurig dopgehou moet word. Ons bedank graag vir Cobus en Ian van NViro Crop wat ons gaste wat op die Groentoer. Dankie ook vir jare lange samewerking om presisieboer-

dery in die Noord-Kaap te vestig. Ons bedank ook ons gasprodusente vir hul moeite en bereidwilligheid om hul suksesse, sowel as probleme, met ander produsente te deel. Ook `n hartlike woord van dank aan almal wat die dag bygewoon het. Ons maak volgende jaar weer so! 23


Die perfekte balans Topprodusente as lesers Sirkulasie van meer as 3 000

Bekostigbare tariewe Persoonlike diens

Adverteer in . . . en maak seker die landbougemeenskap neem kennis van jou besigheid. Kontak Tania Fourie by 053 298 8355 of TaniaF@GWK.co.za.

innoveer landbou



Die span van GWK Saad en GWK Grondboontjies saam met besoekers aan die dag.

Foto’s: Tania Fourie

Spesialisprodukte

Produsente besoek proewe tydens Grondboontjiedag

`n

afgeskop met sy praatjie oor markneigings en pryse. Suksesvolle grondboon- Mnr. Tjaart Myburgh (Verkryger: Grondbone) het die groep toegelig tjiedag is onlangs naby Douglas deur die span van GWK oor grondboonproduksie en produkSaad en GWK Grondbone in die siekoste, waarna mnr. Pierre Ferreira (Bedryfshoof: Kultivarontwikkeling Douglas-omgewing aangebied. Die besoekers aan die dag het op en Evaluasie) kultivarproewe en -resultate bespreek het en hy saam Nuwejaarskraal, die plaas van mnr. Willem Mülke (GWK-direksielid) bymet mnr. Leon Banting (Bedryfshoof: mekaargekom waarna mnr. Llewellyn Saadnavorsing, Produksie en KonBrooks (Hoofbestuurder: Spesialispro- traktering) die groep op `n besoek aan die grondboonproewe op Nuwedukte) almal welkom geheet het. Verskeie interessante onderwerpe is jaarskraal geneem het. op die dag bespreek. Mnr. Andreas Hierna het die groep die proewe op Taaibosch van mnr. Gerhard Bruwer Snyman (Uitvoerende Bestuurder: Oliesade en Pekanneute) het die dag besoek waarna die dag met `n gesel26

`n Grondboontjieplant onder bespreking. lige vleisbraai afgesluit is. GWK bedank graag die gasprodusente, asook elkeen wat die dag bygewoon het en moeite gedoen het met reëlings om dit moontlik te maak.



+

Aftrede 28


Versekering

Willem Kruger Finansiële Adviseur

Die som oor vroeë aftrede is skokkend eenvoudig . . .

Om dit verder te vereenvoudig, jou spaarkoers word geheel en al bepaal deur twee dinge: � Hoeveel jy huis toe neem elke jaar; � Hoeveel jy gebruik om van te leef. Die twee bedrae is taamlik maklik om te bereken en vanselfspre-

kend, maar die verhouding tussen die twee bedrae is verrassend. Indien jy 100% (of meer) van jou inkomste spandeer, sal jy nooit op aftrede voorbereid wees nie, tensy iemand anders die spaargedeelte vir jou doen (ryk ouers, pensioenfonds, welsyn, ens.). Dus sal jou werksloopbaan oneindig wees. Indien jy 0% van jou inkomste spandeer (jy leef gratis op een of ander manier!) en jy kan dit ná aftrede volhou, kan jy nou dadelik aftree. Dus kan jou werksloopbaan niebestaande wees.

Tussenin is daar `n paar interessante oorwegings. Sodra jy begin spaar en jou geld belê, begin dit vanself geld verdien. Dan begin die verdienste op daardie verdienste sy eie geld verdien. Die som raak baie gou `n eksponensiële weghol-sneeubal. Sodra hierdie inkomste genoeg is om vir jou leefstyluitgawes te betaal, en daar genoeg elke jaar van die groei op belegging gelaat word om met inflasie tred te hou, is jy gereed vir aftrede. As jy dit op `n grafiek kon voor-

Werksjare

O

ns almal praat van hogere dinge soos beleggingsbeginsels, lewenstylveranderings wat geld bespaar, entrepreneuriese idees wat geld kan maak en filosofieë wat help om hierdie veranderings positief, in plaas van `n opoffering, te maak. Dan bied die Internet ook nog aftrede-berekenaars, teenstrydige opinies in die hoofstroommedia, finansiële doemprofete, onvoorspelbare inflasie en `n wye speelveld van inkomste en spanderingspatrone tussen lesers. Mense neig om oorweldig te voel deur hierdie golf van inligting en raak dan dinge kwyt soos: “Hoe kan ek ooit weet wanneer ek genoeg sal hê om af te tree, met `n totale nuwe leefstyl?” Wel, hier is `n verrassing vir jou. Wat aftrede betref, is die tyd wat jy tot aftrede het, net van een faktor afhanklik: � Jou spaarkoers, as `n persentasie van jou netto salaris.

Grafiek 1.

Spaarkoers 29


stel, sou dit nie `n reguit lyn voorstel nie, maar eerder `n krom, eksponensiële kurwe (Grafiek 1). Indien jy `n redelike persentasie, byvoorbeeld 50%, van jou netto salaris spaar en dan van die oorblywende 50% leef, is jy gereed om finansieel te “ruk-en-rol” (of finansieel onafhanklik te wees) binne `n redelike aantal jare – ongeveer 16 volgens die grafiek hierbo en `n meer gedetailleerde ontledingstaat. Kom ons maak die grafiek hierbo nog eenvoudiger. Ons maak `n paar konserwatiewe aannames vir jou, en jy hoef net daarop te fokus om die grootste gedeelte moontlik van jou salaris te spaar. Die tabel hieronder kan vir jou `n goeie aanduiding gee van hoeveel jaar dit sal neem om finansieel onafhanklik te word. Aannames: � Jy kan `n 5% opbrengs (rente) na inflasie op jou belegging verdien gedurende spaarjare; � Jy sal van die 4% veilige onttrekkingskoers kan leef na aftrede, met buigsaamheid in jou spandering gedurende resessies; � Jy wil jou geld vir altyd laat hou en sal slegs die opbrengs (rente) gebruik, aangesien die inkomste vir 70 jaar of meer sal hou. Dink slegs aan hierdie aannames as `n lekker, vrygewige veiligheidsperk. Tabel 1 is `n aanduiding van hoeveel jaar jy sal moet werk vir `n verspreiding van moontlike spaarkoerse, en dit begin by `n netto inkomste van nul. Dis verstommend, veral aan die minder gesogte kant. `n Middelklasgesin met `n R50 000 netto inkomste, wat 10% van hul inkomste spaar (R5 000) is deesdae eintlik beter as gemiddeld. Ongelukkig is “beter as gemiddeld” steeds nie goed nie, aangesien hulle vir 51 jaar sal moet werk. 30

Spaarkoers (%) 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60 65 70 75 80 85 90 95 100

Werkende jare tot aftrede 66 51 43 37 32 28 25 22 19 17 14.5 12.5 10.5 8.5 7 5.5 4 minder as 3 minder as 2 nul

Tabel 1. Deur egter DSTV en `n paar wegneemkoffies uit te sny, sal hul spaargeld onmiddellik met 15% verhoog, wat hulle in staat stel om agt jaar vroeër af te tree! Is DSTV en wegneemkoffie dit werd om twee mense wat `n inkomste verdien elkeen `n ekstra agt jaar te laat werk? Die belangrikste feit is dat die besnoeiing van jou spanderingskoers baie kragtiger is as om jou inkomste te verhoog. Die rede is dat elke permanente

vermindering in jou spandering `n dubbele effek het: Dit verhoog die bedrag geld wat jy elke maand oor het om te spaar en dit verminder permanent die bedrag wat jy elke maand sal nodig hê vir die res van jou lewe. Dus verhoog jou lewenslange passiewe inkomste op grond van `n groter beleggingsneseier, en daar word makliker in jou behoeftes voorsien, want jy het meer vaardigheid ontwikkel om effektief te leef en jy het minder nodig.



Mnr. Jannie Kamfer by GWK se brandstofdepot op Douglas waar hy werk.

Foto: Tania Fourie

Kollig

GWK-werknemer leerder van die maand in ABET-program

M

nr. Jannie Kamfer (Klerk: Brandstofdepot) van GWK se brandstofdepot op Douglas, is onlangs as Media Works (`n Volwasse leer en opleidingsverskaffer – ABET) se leerder van die maand aangewys. Kamfer vertel dat die program waarvoor hy by Media Works ingeskryf is, hom help om sy werk beter te doen en meer positief oor sy loopbaan te dink. “Voordat ek met die program begin het, was ek te skaam om in Engels te kommunikeer. My vaardighede het al soveel verbeter dat dit vir my al hoe makliker word. “Ek sal enigiemand aanmoedig wat dit oorweeg om vir `n ABET-kursus in te skryf. Dit is nooit te laat om te 32

leer nie, ongeag `n mens se omstandighede”. Kamfer is 49 jaar oud en is verantwoordelik vir verskeie klantediensfunksies, insluitend die neem van bestellings, fakture en die lewer van diesel aan klante. “GWK is een van die grootste en mees suksesvolle maatskappye in die Suid-Afrikaanse landbousektor, wat beteken dat daar verskeie loopbaanmoontlikhede vir my is as ek voortgaan om my opleiding en vaardighede na die volgende vlak te neem. Kamfer het in 1999 vir GWK begin werk waar hy verantwoordelik was vir die tuine en terrein van die maatskappy se hoofkantoor op Douglas. “Ek wou my vaardighede verbeter en my kanse verhoog om vir ander poste

in aanmerking te kom. Met hierdie doelwit het ek vir verskeie kursusse ingeskryf wat GWK intern aangebied het.” Kamfer is onder meer opgelei in veiligheid, noodhulp, brandbestryding en woordverwerking en is in Augustus 2007 in sy huidige posisie aangestel. Hy het in September 2013 sy opleiding begin in Kommunikasie in Engels Vlak 4 en sal ook eersdaags vir `n program in wiskunde inskryf. “Deur hierdie opleiding vir my moontlik te maak, help GWK my om my leefstyl te verbeter en myself voortdurend beter te bekwaam. “Hierdie program het my gehelp om my mondelingse sowel as geskrewe kommunikasievaardighede te verbeter, wat my nou help om my werk beter te doen.”



Mnre. Willie Strauss (produsent), Leon Weenink (verteenwoordiger van Virbac), Louis Nel (Handelstakbestuurder: Luckhoff) en prof. Faffa Malan (Bestuurder van die Veegesondheid en Produksiegroep van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging), RP Straus (jnr.) Rickus Stander en Gideon van Zyl (produsente).

GWK Nuus GWK HOU INLIGTINGSDAE IN SAMEWERKING MET VIRBAC

D

ie bekende dr. Faffa Malan (Bestuurder van die Veegesondheid en Produksiegroep van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging) en mnr. Leon Weenink (verteenwoordiger van Virbac, in samerwerking met GWK inligtingsdae by GWK se fasiliteite in Kimberley en Luckhoff aangebied. Die belangrike onderwerp van dieregesondheid is aangespreek en in besonder is die toediening van die gecheleerde, inspuitbare spoorelemente, Multimin, vir optimale dierepro34

duksie beklemtoon. Met die winter wat voorlê, is die aanvulling van Browse Plus, wat die skadelike werking van tannien teenwerk en die vertering van lignien bevorder, bespreek. Die produsente se vrae is beantwoord en Malan het daarop gewys dat hy beïndruk was deur die positiwiteit en samewerking wat onder die produsente en GWK se personeel heers. Besoek www.landbou.com vir meer inligting oor dieregesondheid en dierevoeding en klik op “Indeks na alle

antwoorde” onder “Vra vir Faffa” op die tuisblad. `n Verslag van siektes wat die vorige maand in die land voorgekom het word ook elke maand gepubliseer, asook bestuursmaatreëls om hierdie siektes te voorkom. Kliek op “Bedrywe” op die inligtingsbalkie en dan op diere. Malan en Weenink gaan ook in April `n opleidingsessie oor dieregesondheid vir GWK-personeel op Douglas aanbied. Kontak Malan by dokfaffa@nashuaisp.co.za.




Die betroubare oplossing vir die afgelope 76 jaar

Beskikbaar by GWK-handelstakke


Pret op die plaas Vir die jongspan

Wie bly op `n plaas? Omkring al die diere wat nie plaasdiere is nie . . .

38



depositphotos

Leefstyl

Carien Grobler

`n Huwelik soos `n marathon . . . Selfs in gelukkige huwelike ervaar paartjies tye wanneer hulle moedeloos en alleen voel. Net soos wanneer `n mens `n marathon hardloop, vereis `n intieme huwelik die belegging van tyd, energie en fokus.

D

ie dag toe ek en Leon getroud is, het ons belowe om mekaar lief te hê ‘totdat die dood ons skei,’ vertel Sue-Marie, `n 40

rekenmeester van die Noord-Kaap. “Dit was maklik om daardie woorde te sê met my lang, wit rok en die kameras waarvoor hy so vriendelik geglimlag het. Om hierdie ideaal uit te leef, is egter `n groter uitdaging as wat ek myself ooit kon voorstel. “Soos enigiets waarvan ek `n sukses gemaak het, moes ek tyd daaraan spandeer om suksesvol te wees in my huwelik. “Hoewel harde werk nie romanties klink nie, is dit baie meer romanties as `n egskeiding en gedeelde toesig

oor die kinders.” Geen huwelik is slegs maanskyn en rosegeur nie. Selfs in gelukkige huwelike ervaar paartjies tye wanneer hulle moedeloos, moeg en alleen voel. Moeilike tye is deel van die huwelik en krisisse soos geldelike probleme, `n moeilike kind of gesondheidsprobleme kan die onderbou van enige huwelik skud. Hoewel moeilike tye onvermydelik is, hoef dit nie `n huwelik skade te berokken nie. Inteendeel, `n paartjie wat `n krisis reg aanpak, kan méér


doen as om bloot te oorleef. In sy boek Creating an intimate marriage, vergelyk die ouerskap- en gesinskenner dr. Jim Burns die werk wat in `n gesonde huwelik ingaan met `n marathon: “Om `n gesonde verhouding te hê, moet ons hard oefen en alles in ons vermoë doen om dit te laat werk. Om enige doelwit te bereik, moet `n mens hard werk. “Net soos wanneer `n mens `n marathon hardloop, vereis `n intieme huwelik die belegging van tyd, energie, fokus en ook soms die hulp en afrigting van ander mense. “`n Mens moet beslis dinge opoffer, maar die resultaat van intimiteit en tevredenheid maak dit die moeite werd.”

sies soos `n koppie koffie wanneer hy idees om die situasie te verbeter. Moenie jou maat se idees afskiet moeg van die werk af kom. sonder om dit eers te oorweeg nie. Julle moet `n eenheid vorm teen die Sê hoe jy voel. Moet nooit probleem eerder as om toe te laat aanneem dat jou maat weet hoe jy voel nie. Gesels met hom daaroor en dat dit verdeeldheid tussen julle bring. sê vir hom hoe hy jou kan onderWees geduldig. Wees gedulsteun. Vra terselfdertyd ook wat jy dig met jou maat, maar ook met die kan doen om hom te ondersteun. situasie. Wanneer `n mens ongedulVermy `n vingerwysery. `n dig raak om `n situasie te verander, Mens is geneig om die blaam op ie- is dit maklik om perspektief te verloor. Deur egter geduldig na die beste mand anders te plaas wanneer jy oplossing te soek, sien `n mens ook swaarkry. Hoewel dit jou tydelik laat raak dat swaar tye niemand se fout is beter voel, weeg die nadele heelwat nie, maar deel is van die lewe. swaarder as die voordele.

Vergewe gou. Hoewel jou maat moontlik in jou oë `n krisis kon verhinder of selfs iets gedoen het om Hier is 15 dinge wat jy kan doen om dit aan te help, is hierdie gevoelens die moeilike tye in jou huwelik te oor- soos `n siekte wat jou huwelik kan vernietig as jy nie daarvan ontslae leef: raak nie. Kommunikeer meer. `n Goeie Praat oor wat pla. Wees gebegin is om weekliks `n afspraak te maak om tyd saam deur te bring. Dit willig om sonder oordeel na jou maat se vrese, bekommernisse en verwaghoef nie baie geld te kos nie. Dink terug aan toe julle pas begin uitgaan tings te luister. Deel dan ook jou vrese het. Dit het nie saakgemaak wat julle met hom. Om as `n span saam te doen of hoeveel geld dit kos nie, so- werk, moet julle mekaar se gedagtegang verstaan. lank julle in mekaar se geselskap was. Aanvaar die verskille. Wanneer jy en jou maat oor `n situasie Hanteer dit saam. Wanneer `n mens gespanne, kwaad of angstig gesels, sal jy waarskynlik verras wees oor hoe anders as jy hy daarna kyk. is, is jy geneig om dit op die mense Moet nooit die fout maak om aan te naaste aan jou uit te haal. Dit sal neem jy weet hoe dinge uit jou maat egter bloot veroorsaak dat jou maat onttrek en jou geïsoleer en eensaam se perspektief lyk nie. `n Situasie wat laat voel. Maak `n punt daarvan om jou byvoorbeeld vreesbevange of na mekaar toe te draai wanneer julle hartseer kan maak, kan jou maat swaarkry, eerder as weg van mekaar. moontlik kwaad of depressief laat voel. Pak die probleem saam aan deur te sê: “Ons is saam in hierdie moeilike Sien die humor raak. Humor tyd, kom ons hanteer dit as `n span.” is selfs in krisissituasies aanwesig as Wys jou liefde. Wanneer jul hu- `n mens daarna soek. As `n mens welik `n moeilike tyd beleef, is dit juis kan leer om saam oor `n situasie te die tyd om jou maat van jou liefde te lag, kan jy dit oorleef en op `n beter toekoms hoop. verseker. Hy voel waarskynlik net so moedeloos soos jy. Sê gereeld aan Luister na mekaar. Luister hom dat jy hom liefhet en wys dit ook met `n oop gemoed na mekaar se deur fisieke aanraking en klein gun-

Knip die kommer. Om `n mens te bekommer en verknies oor wat moontlik mag gebeur, bring jou niks in die sak nie. Kommer doen meer kwaad as goed, aangesien `n mens dikwels slegs jou bekommernis vergroot deur aanhoudend oor `n kwessie te tob. Bly aktief. Moenie toelaat dat `n slegte situasie jou huwelikslewe oorheers nie. Beplan doelbewus aktiwiteite wat jou gedagtes sal aflei en jou ook die geleentheid sal gee om kwaliteit tyd met jou kinders, familie en vriende deur te bring. Soek hulp. Moenie skaam wees om die hulp van familie en vriende te aanvaar nie. Dit kan die spanning in jou huwelik geweldig verlig as jy nie slegs van jou maat vir ondersteuning afhanklik is nie. Wees voorbereid. Moenie wag totdat `n krisis opduik om aan jou huwelik te werk nie. Wanneer `n mens gespanne is omdat jy in `n krisis verkeer, moet jy reeds die nodige vaardighede aangeleer het. Soek daarom gereeld na geleenthede om klein probleempies saam op te los wanneer julle nie in `n krisissituasie verkeer nie. Dit sal spangees in jou huwelik vestig en vaardighede aankweek wat handig te pas sal kom wanneer `n krisis opduik. 41


Gesondheid Carien Grobler

Wikkel vir `n perfekte winterlyf! Die winter is `n tyd wanneer die meeste vroue `n paar gram (of kilogram) optel. Nie net is dit makliker om die vetjies onder `n dik wintersjas weg te steek nie, maar in die koue maande is `n mens meer geneig om jouself aan bredies, ryk soppe en soet koffie te verlustig. Hier is `n paar wenke om te keer dat jy ná die winter sukkel om in jou gunsteling-denim te pas.

Dink aan wat jy eet `n Onlangse studie wys dat mense wat hul etes sonder enige afleiding eet, geneig is om voller te voel en minder te eet as mense wat op hul rekenaars gespeel het terwyl hulle eet. Skakel die TV, jou rekenaar en tablet af en vergeet `n oomblik lank van jou selfoon. Hulle het ook minder geëet toe daar later vir hulle `n versnapering aangebied is. Deur te fokus op wat jy eet, kan jy die neiging om jouself te ooreet oorkom én meer bevredig voel.

Eet minder trooskos Hoe kouer dit raak, hoe meer smag `n mens na alles wat warm maak en troos bied in die koue maande, maar wat ook keer dat jy in die somermaand trots in jou bikini op die strand kan verskyn. Die internet is propvol van meer gesonde opsies vir al jou winter-gunstelinge, van macaroni en kaas tot beesvleis-bredie. Jy kan ook vir jou `n kookboek aanskaf wat jou wys hoe om al jou gunstelingtrooskos met minder kalorieë voor te berei.

Eet kos met baie water Kosse met `n hoë waterinhoud soos sop (80-95% water), vrugte en groente (80-95%) en warm hawermout (85%), kan help om `n mens gouer vol te laat voel. Water voeg gewig en volume aan kos by sonder om die kalorieë te verhoog. Wees egter versigtig vir soppe met `n hoë vetinhoud. Smul eerder aan jou gunsteling-botterskorsiesop sonder om `n houertjie room daarby te voeg. Eet meer proteïene Navorsing wys dat mense wie se daaglikse voedselinname uit sowat 30% proteïene bestaan, hul daaglikse kalorie-inname met ongeveer 440 kalorieë kan sny sonder om honger te voel. Dit is genoeg om sowat 500g per week te verloor. Die rede hiervoor is dat `n hoë proteïen-dieet klaarblyklik die brein flous om te dink dat `n mens meer geëet het as wat jy werklik het. 42

Kom in die son Gereelde sonlig kan keer dat jou liggaam `n gebrek aan serotonien (`n natuurlike goedvoel-hormoon) ontwikkel. Nie net laat serotonien `n mens vrolik voel nie, maar dit kan ook help om jou vinniger vol te laat voel. `n Gesonde hoeveelheid natuurlike lig, veral in die oggend, kan help om die hunkering na ongesonde kosse en die behoefte om jouself te ooreet, effens onderdruk.


Resep

Heerlike happies vir die herfs Resep 4 groot portabello-sampioene ¼ koppie mozzarellakaas ¼ koppie olywe ¼ koppie kersietamaties, in die helfte gesny `n hand vol okkerneute, grof gekap vars basiliekruid vier teelepels botter roketblare vir opdiening

Metode � Verhit die oond tot 200°C. � Rangskik die sampioene op `n bakplaat. � Sit `n teelepel botter in elke sampioen. � Vul die sampioene met die olywe, tamaties en neute. � Strooi die kaas bo-oor. � Bak tien minute en garneer met vars basiliekruid. � Dien op met roketblare.

43


Agterblad

Uit Piet se pen . . .

Jan, was dit nou nodig?

T

oe ons jongste broer, Japie, gedoop moes word, was ouma en oupa op pad plaas toe. Ons het hulle min gesien en daarom was die afwagting altyd groot. Ons kinders het ure lank by die plaashek gestaan en wag. Gewoonlik baklei oor wie die hek vir hulle moes oopmaak. Tydens die stryery het ons menigmaal handgemeen geraak. Teen my twee susters was ek nie opgewasse nie. My oudste suster kon soos `n windmeul vuisslaan. Wanneer die eerste houe val, het ek gemaak dat ek wegkom. Pa het altyd lekker gelag as die twee my so bydam. Laatmiddag wanneer die oumense opdaag, was ons klaar baklei en nie meer oor die hek bekommerd nie. Oupa het met sy Ford Fairlane deur die hek gery. Ons gillend agterna. Oupa het ons met `n bulderende stem gegroet. Ouma was haastig om af te pak, sodat daar naaldwerk gedoen kon word. Sy en Ma was knaend aan die klere maak. Die twee rokkies van die susters moes juis betyds klaarkom vir die doop. Wanneer alles afgepak was, het ek die Ford mooi gaan bekyk. Alles binne was interessant. Die rathefboom het eerste my aandag getrek. Driespoed teen die stuurwiel. Oupa het gepraat van eerste, second en top gear. Met my knieë op die sitplek het ek met die stuurwiel gespeel. `n Denkbeeldige rit in Britstown se rigting onderneem. Hoekom daarheen, weet ek nie. Die Ford het my ure lank besig gehou. Met my een arm by die venster uit het ek lekker aan Oupa se toppers in die asbak gerook. Pa was nie `n Ford-man nie. Hy het 44

`n swart kar gehad. In die Baai gekoop. Ek het die doop gesien as `n uitkoms vir `n nuwe paar skoene, maar Ma het gereken my skoolskoene is goed genoeg. Bata Toughees was tot op hoërskool my voorland. Eers in matriek kon ek `n paar Grasshoppers kry. Veral die boere was lief vir laasgenoemde. Met `n hoed op sy kop, `n crimplene-kortbroek, bobby socks en Grasshoppers kon jy nie verkeerd gaan nie. Die meer stylvolles het safaripak gedra. (Ek het darem self een gehad.) Doopsondag was almal netjies uitgevat. Ons kinders wou niks weet van saam met Pa en Ma ry nie. Die swart kar met boetie is vooruit en ons ander kinders agterna met die Ford. Dit was grondpad tot op Redlands. By Grootdoornstasie was die laaste hek. Nadat Oupa weggetrek het, wou die ratte nie verwissel nie. “Hy’t alweer gelock mamma,” het oupa uitgeroep. Presies wat hy nog gesê het, kan ek nie mooi onthou nie. Daar staan ons toe in die middel van die pad. Oupa het uitgespring en sy stofjas uitgehaal. Hy moes onder die kar inkruip om die ratte los te woel. Sy pens was `n bietjie groot en kon hy net tot op `n sekere punt inbeweeg. Hy het hard na Ouma geroep om by die voorste modderskerm die kar effe op te lig sodat hy diep genoeg kon inseil. Onder die kar het Oupa goed gepraat wat ek daai tyd nog nie verstaan het nie. Hy het asvaal onder die kar uitgekom. Hierna was hy nie meer lus vir praat nie. Ons drie kinders was nog aan die stry oor wie nie aan wie mag raak nie, toe oupa al spinnende wegtrek.

Die Ford het sulke lang, wit merke agtergelos. Toe Oupa hom in tweede gooi, het die Ford se gat so effe dwars begin draai. Hy het hom mooi gehou en toe hy reguit trek, hom deurgestoot derde toe (top gear.) Die uitlaatpyp het soos `n slang geblaas. Ons het letterlik deur die dwarsslote in die grondpad geploeg. Ouma het nie `n woord gesê nie. Sy het net haar hoed vasgehou wanneer ons `n dwarssloot genader het. Die hele binnekant nou vol stof. Teen die tyd wat ons Redlands se nek genader het, was die susters se handskoentjies pikswart vasgehou aan die voorsitplek. Ek was verskriklik opgewonde en het net die speedo dopgehou. Die naald het op en af gebokspring op pad na 90 myl per uur toe. Op die teerpad by Redlands het Oupa iets van `n ”blik” uitgeroep. Sy Rothmans uitgehaal en `n sigaret aangesteek. Hy het na ouma gedraai en gesê: “Dêmmit Mamma, maar nou loop hy lekker. Die stof aan die binnekant was nou heelwat minder. Duskant Karabee-stasie is ons by pahulle verby. My grootste bekommernis was die draai anderkant De Jagersvlei. Die naald nou ver oor die 100. Skielik was daar `n harde klapgeluid. Oupa het begin brieke pomp en Ouma het haar hoed vasgegryp. Daardie jare het elke wiel nog self besluit wanneer hy wil briek. Die rook het gestaan. Al skuiwende het ons tot stilstand gekom. Net die waaierband het gebreek en Ouma se sykous is gebruik tot op die dorp. Voor die kerk het Ouma vir die eerste keer gepraat. Al wat sy kon uitkry was: “Jan, was dit nou nodig?” Net dit!


GWK Graan . . . innoverende bemarking Kontak die graanverkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan. BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885 DOUGLAS Ig Pretorius 082 906 1672 Franco Geldenhuys 071 401 2487

GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graanhanterings dienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK graan is dit die produsent wat saakmaak!

HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676 LUCKHOFF Hendrikus Keulder 082 888 6295 MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736 PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg Esperansza van der Walt 082 805 0885

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


GWK Versekering . . .

Gemoedsrus oor jou bates Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

• Bekostigbare oplossings teen wild- en kudde-risiko. • Kortingterugbetalings ondanks aandeelhouer se eisegeskiedenis. • Maakpas-oplossings vir bateversekering.

Hopetown Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602 Douglas Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680 Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911 Hopetown Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.