Kommuniek Maart 2015

Page 47

Kliënte-fokus In hierdie afdeling van Kommuniek leer ken ons nuwe lede van die GWK-span wat aangestel word in poste wat ons kliënte direk raak, sowel as mense wat reeds deel is van die span en na sulke poste bevorder word.

Mnr. Nelco van der Westhuizen is onlangs as takbestuurder by GWK op Hopetown aangestel. Van der Westhuizen kom oorspronklik van die Carnarvon-distrik en het ook hier gematrikuleer. Van der Westhuizen se familie het grond in dié distrik en boer met dorperskape. Nadat hy homself aan die Technicon Vrystaat in landboubestuur kwalifiseer, begin hy in 2007 sy loopbaan by OVK. In Maart 2009 word hy aangestel as takbestuurder op Hobhouse waarna hy in Februarie 2012 die pos as takbestuurder op Petrusville aanvaar het en in 2015 by die GWK-span aansluit.

Mnr. Otto von Molendorff is aangestel as Depotbestuurder: Hopetown en Modderrivier. Von Molendorff het in Hopetown grootgeword en skoolgegaan. Hy het in 2008 sy loopbaan by GWK op Hopetown begin as `n assistent-gradeerder en adminklerk by die Trans Oranje Graandepot. In 2010 is hy as gradeerder op Douglas aangestel waar hy binne `n jaar as silo-operateur bevorder is en in Mei 2013 as Bedryfshoof: Silo aangestel is.

Mnr. Koos Visagie is aangestel as afslaer by GWK Veilings op Kimberley. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Calvinia, waarna hy onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Hy begin sy loopbaan as afslaer by BKB in die Wes-Kaap en daarna op Bethlehem. Hierna aanvaar hy die pos as streekbestuurder van lewendehawe by CMW en tree ook op as afslaer in die WesKaap en Karoo. Vervolgens word hy aangestel as hoofbestuurder van Namlam, `n abattoir-bedryf in Springbok en Vredendal, waarna hy onlangs as afslaer by die GWKspan aangesluit het.

Besigheidsure: Ma - Vr: 07:00 - 19:00 Sa: 08:00 - 17:00 So: 08:00 - 14:00 Openbare vakansiedae: 08:00 - 14:00 Tel: 053 298 4203 Faks: 053 298 1955 E-pos: douglas1@retail.spar.co.za

Besigheidsure: Ma - Vr: 07:00 - 19:00 Sa: 08:00 - 17:00 So: Gesluit Openbare vakansiedae: 08:00 - 14:00

47


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Kommuniek Maart 2015 by Carien Grobler - Issuu