6 Junie 2012
courant nuus
5 Promosie
Hulp vir leesprobleme wat akademiese prestasie belemmer
Eksamens by ons skole is nou in volle swang en vir baie is dit die tyd wanneer daar vrae gevrae word oor hoe ‘n kind se prestasies en vermoëns uitgebou kan word. Só is die gebrek aan leesvaardighede vir baie ‘n groot struikelblok.
Tekens van ‘n leerling met ‘n leesprobleem:
Tydens Gerfie Bewaarskool se ‘Met’ op Malmesbury, was die dames nie links nie en het hulle aangetrek vir die tema opgedaag. Agter is Elrien du Plessis, Chantal Wucherphenning, Lodica Strauss en Nina O’Kennedy. Voor is Justine Moos, Petra van Wyk, Annelie Boscat en Alicia Müller. KANSA en die courant se kompetisie oor vier weke, wat gehandel het oor die gevare wat aan rook gekoppel is, het vyf wenners opgelewer. Hulle is Mu-ath Adonis van Malmesbury, wat die Philips skeermasjien gewen het; Colleen Bothe (Malmesbury), wat ‘n Bokomo-geskenkpak wen; Jacqueline
Nelson van Riebeek-Wes, wenner van ‘n Bokomo geskenkpak en Tasneem van der Speck, wat ‘n ete wen by Cherry Lane op Malmesbury. Die wenner van die wegbreeknaweek vir twee na Seppie Saus-vakansieoord buite Redelinghuys is Elzaan van Staden van Malmesbury.
Juniemaand tyd vir prostaatkankertoetse
KANSA het in samewerking met mediese praktyke op elke Swartlandse dorp dit maklik gemaak vir mans om vas te stel of hulle dalk ‘n risiko-geval is. “Elke individu het ‘n verantwoordelikheid teenoor sy gesondheid. Alle mans vanaf 45 jaar behoort jaarliks te gaan vir prostaat ondersoeke (PSA bloedtoets). Die spesifieke bloedtoets word gedoen om vas te stel of die prostaatklier gesond is en kan dus help met vroeë opsporing van prostaatkanker of abnormaliteite,” sê Hester Smit van KANSA. Die prosedure werk só: •Besoek u naaste spreekkamer/dokter of Path Lab gedurende Junie. •Betaal R80 en vul Path Lab-vorms in vir die ontleding;
•Bloed word gratis getrek deur die dokter/ suster; •Uitslag van bloedtoets word deur die spreekkamer behartig. MALMESBURY: Dr. Lategan/Dr. Van Zyl (022 482-4788)/ Dr. Brits & Vennote (022 482-1640)/ Dr. Fry (022 486-4355)/ Dr. Nell/Dr. Neethling (022 4822552)/ Dr. Van Niekerk (022 482-4589)/Dr. Kritzinger (022 482-1131). DARLING KLINIEK: Sr. Schreuder – 022 4922339 RIEBEEK WES/KASTEEL: Dr. Oosthuizen: 022 461-2517 YZERFONTEIN: Dr. Walters: 022 451-2941 Vir verdere navrae, kontak Hester Smit by 022 4821111
- hulle lees nie graag uit vrye wil nie en moet gedwing word. - lees sonder om te verstaan en insig te toon. - hulle kan nie sonder voltydse hulp huiswerk doen en selfstandig studeer nie. - voltooi nie betyds take wat teen tyd gemeet word nie, bv. vraestelle - hulle gaan terug in ‘n reël om woord/e weer te lees. - hulle slaan ‘n reël/s oor as daar ‘n paragraaf gelees word. - hulle “raai” of ”memoriseer” woorde en stories omdat dit vir hulle voorgelees was. - hulle presteer nie volgens hulle potensiaal nie en het ‘n negatiewe houding jeens skoolwerk. - hulle gebruik uitdrikkings soos “Dis te moeilik” of “Ek kan nie” of “Dis boring”.
Hoe kan ouers help:
- skep ‘n roetine by die huis waar leestyd ingeruim word. - rig ‘n leesarea met goeie lig en stoel in. - sluit aan by die biblioteek. - stel die regte voorbeeld deur self te lees, vir verryking, nie ontvlugting. - moedig onafhanklike studie aan, gebruik maar ‘n wortel voor die neus? - moenie kinders oorbeskerm nie (helikopter-ouerskap). - beklemtoon gereeld jou kind se akademiese vordering. - nie alle leerlinge is A-kandidate nie; beloon vordering eerder as nét prestasies. - besoek ’n oogkundige, oudioloog, arbeidsterapeut, opvoedkundige sielkundige, en - raadpleeg leesterapeut om seker te maak dat alle moontlik probleme aangespreek word.