31 Oktober 2012
courant medies
13 Promosie
Mediese spesialiste nou op Malmesbury Xandria en Tia vir die Sielkunde Xandria Louw het groot geword in ’n klein Bosveldse dorpie en ná matriek het die grote Johannesburg gewink. “Ek het ’n honneursgraad in sielkunde verwerf aan die Randse Afrikaanse Universiteit en in 1997 ’n MA (voorligtingsielkunde) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. “Sedertdien praktiseer ek in privaat praktyk in Durbanville. “Om te werk met kinders en vroue se hartsake is my voorliefde en beroepsvoorligting en vakkeuse-evaluasie maak ook deel van my praktyk uit. Ek leer steeds elke dag en verwonder my telkens opnuut aan die mooi wat mense kan maak van uitdagende situasies. “Ek sien met afwagting uit daarna om die Swartland se hart te leer ken en saam te werk aan ’n sterk en gesonde polsslag.” Xandria sal op Donderdae vanaf 09:00 tot 16:00 op Malmesbury beskikbaar wees vir pasiënte by die nuwe praktyk in Tuinstraat, oor-
kant die kamers van Drs. Nell, Neethling en Beukes. Tia Roos, sielkundige wat binnekort ook in Malmesbury gaan werk, sê: “My belangstellingsveld sluit in: EMOSIONELE- EN GEDRAGSPROBLEME - (kinders 3 tot 13 jaar): Byvoorbeeld angs, vrese, depressie, aggressie, swak selfbeeld, sosialiseringsprobleme, stres, funksionele enurese (bednatmaak), funksionele enkoprese, eetversteurings, onderprestasie, naelsbyt en duimsuig. GESINSPROBLEME: Verliese, trauma en probleme met ouerskap. SKOLASTIESE PROBLEME en akademiese selfbeeld; SKOOLGEREEDHEID: Skoolgereedheid (wat dui op ‘n voorskoolse kind se fisiese, verstandelike, sosiale en emosionele ontwikkelingsvlak) is ‘n voorvereiste vir skolastiese sukses. Indien ‘n kind nie skoolgereed is nie, kan dit moontlik tot leerprobleme lei. Tia se praktyk is binnekort ook in Malmesbury.
Christie bring 18 jaar ondervinding na Swartland Dr. Tertius Christie is gebore in Middelburg in die Kaap en het ‘n groot deel van sy kinderjare op De Aar deurgebring. Hy het ná skool geneeskunde gaan studeer op Stellenbosch en het weens sy groot liefde vir kinders besluit om in pediatrie te spesialiseer. Hy is tans al 18 jaar ‘n pediater en sien dit as ‘n roeping. Hy glo sy hoofdoel is om seker te maak kinders groei en ontwikkel normaal en verder spesialiseer hy ook in ADHD (aandagtekort-
sindroom) en allergieë. Hy sien daagliks kinders van alle ouderdomme met roetine-ondersoeke, siektes van ernstige tot minder ernstige aard en hy gee ouerleiding om sodoende die kinders op die beste manier moontlik te help. Christie is ‘n familiemens en gebruik graag elke geleentheid wat hy kry om tyd saam met sy vrou, Jeannine en twee dogters te spandeer. Christie sien baie daarna uit om die mense van Malmesbury te ontmoet en die gemeenskap van diens te wees.
Helena Bester pak steurnisse
Etienne Bruwer vat koliek vas
Dr. Etienne Bruwer het voorgraads en nagraads studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het sy studies met vyf jaar onderbreek, toe hy as GP in Vredenburg en Saldanha gewerk het. Daarna is hy terug na die Universiteit van Stellenbosch toe, waar hy as pediater gespesialiseer het. Voordat hy sy pediatrie-praktyk in Durbanville begin het, het hy vir ses maande in Holland en Engeland as pediater gewerk. Hy is tans agt jaar in privaatpraktyk. “My belangstellings is baba-koliek, baba-voeding en –ontwikkeling en allergieë (hooikoors/asma). My stokpertjies is my eie 20-maande oue seuntjie Ben en die leeus van die Kaokoland!”
Aandagprobleme, depressie, angstigheid, slaaploosheid en ander steurnisse kan nou met behulp van neuroterapie aangespreek word. Dit kan as onafhanklike terapie, maar ook as ondersteunend tot medikasie en sielkundige terapie aangewend word. ‘n Gerekende neuroterapeut, Helena Bester, is vanaf 21 Januarie 2013 op Maandae by Kernsig 10 op Malmesbury beskikbaar. Afsprake kan by haar praktyk in Brackenfell by 021-981 8226, gereël word. Evaluerings sal steeds by haar praktyk in Brackenfell gedoen word, terwyl die behandeling in Malmesbury gelewer sal word. Neuroterapeute moet by die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid Afrika (RGSA) geregistreer wees. Na hul opleiding, voltooi neuroterapeute ‘n internskap en neem deel aan ‘n program vir deurlopende beroepsontwikkeling. Talle gepubliseerde navorsingsartikels berig
oor die sukses van neuro-terugvoerterapie in die behandeling van aandagafleibaarheid, kognitiewe probleme a.g.v. traumatiese breinbeserings, epilepsie, dwelmafhanklikheid, hoofpyne, opposisionele gedrag, angssteurnis, paniekaanvalle, depressie en bipolêre steurnis. Neuroterapie werk met ‘n gerekenariseerde terugvoeringsproses. Die ouditiewe en visuele terugvoer leer as ‘t ware die brein om homself te reguleer. Lesings van die bestaande brein-golfaktiwiteit word geneem en gemanipuleer sonder dat seine in die brein ingestuur word. Die behandeling is heeltemal veilig. Resultate word dikwels vanaf die eerste sessie waargeneem, maar permanente veranderinge of skuiwe tree eers na dertig tot veertig sessies in. Bester sal vanaf 21 Januarie 2013 op Maandae van 09:00 tot 16:30 op Malmesbury beskikbaar wees in die spreekkamers in Tuinstraat.