courant
die
2
Jou reg kom met plig
Regte en pligte. Tot die ander dag nog was regte daardie ding wat jy op universiteit gaan swot het om meesal ander mense te verteenwoordig in regsaksies. In die laaste klomp jare het regte eintlik skielik meer iets anders begin beteken. Dit waarop jy kan aanspraak maak. Dit wat jou toekom. Klink so half na dit waarvoor jy nie hoef te werk of dit hoef te verdien nie. Deesdae begin kinders op skool ook al leer van regte, maar gelukkig (en ek weet ongelukkig nie hoeveel daarvan vassteek nie) leer hulle ook dat daar saam met die regte, verpligtinge kom. So het “kinders die reg om trots te wees op hul erfenis en geloof, MAAR die verantwoordelikheid om ander se geloof en kultuur te respekteer. Ook die reg om goed gevoed te word, MAAR die verantwoordelikheid om nie met kos te mors nie. Kinders het ook die reg om ernstig opgeneem te word, MAAR die verantwoordelikheid om na ander te luister.” Elke afdraende het ook ‘n opdraande. As jy ‘n verskil wil sien of “ontvang”, het jy ook ‘n plig. Of dit nou is om jou kind se skool se beheerliggaamverkiesing by te woon en of dit is om die munisipaliteit te bel as jou straatlig stukkend is. Die onus rus op jou. Laat ons nie net bakhand staan en kla nie, die eerste plig lê by onsself.
29 Februarie 2012
courant HAB
Oupa en Ouma TV-reeks buite Malmesbury geskiet
Swartlanders Lida en Johan Botha hoofspelers
Kontak die courant by 022 487 3221; faks 086 699 6276; epos admin@diecourant.co.za www.diecourant.co.za
dis goeie nuus
deur: Dr. Andrew Bosman
Maar tevergeefs vereer hulle My
Op ‘n vraag van die Fariseërs en die skrifgeleerdes waarom Jesus se dissipels met ongewaste hande eet, het Hy hulle skerp aangespreek dat hulle weet hoe om die gebod van God opsy te sit en so aan die oorlewering van mense vas te hou. Hy sê aan hulle dat Jesaja die profeet tereg oor hulle geprofeteer het toe hy gesê het dat hierdie volk die Here eer met hulle lippe, maar hulle hart is ver van Hom af. Jesus het verder vir hulle gesê dat hulle God tevergeefs eer, maar dat hulle leringe leer wat gebooie van mense is. So word die Woord van God kragteloos gemaak deur oorleweringe wat hulle bewaar. Ons het almal verskillende huisreëls maar die einddoel is om ons kinders ordentlik groot te maak. Die profeet Maleagi skryf dat God man en vrou gemaak het sodat hy ‘n geslag kan hê wat Hom sal eer. Mag ons kinders so groot gemaak word om hulle lewens so in te rig dat hulle ‘n wyse hart mag bekom, ‘n liefde vir God sal hê en respek teenoor hulle naaste en hulleself sal betoon.
Skrywer Leon Kruger saam met van die akteurs van Oupa en Ouma, Roeline Daneel, Celeste Matthews en Johan Botha. “Aksie ... speel!” en “Aksie ... sny!” Dit is vir die laaste drie weke bekende klanke op ‘n Swartlandse plaas buite Malmesbury. Huishoudelike name soos Johan en Lida Botha, Vicky Davids, Neels Coetsee saam met skrywer/reggiseur Leon Kruger, is hier vir ‘n nuwe sitkom-produksie vir KykNet wat vanaf 2 April in die plek van Mollie en Wors te sien sal wees. “Dié reeks gaan oor oudword en die lief en leed wat daarmee saamgaan,” het die vervaardiger, Carl Olen, gesê toe die courant vandeesweek op die stel gaan kuier het. “Leon het dit met baie goeie humor ingekleur en Johan en Lida speel ‘n hond uit ‘n bos uit!” Olen is baie beïndruk met dié veteraan-akteurs se kennis en vaardighede. “Nadat hulle reeds met ‘Oupa en Ouma’ getoer het, ken hulle die karakters só goed! “Johan en Lida is reeds vir langer as 50 jaar in die bedryf – dit bly ‘n plesier om met hulle te werk.” Die produksiespan van 12 mense, plus gasspelers en ander, soos Celeste Matthews en Roeline Daneel (dogter van die bekende Elsabe Daneel) skiet reeds sedert 6 Februarie aan ‘Oupa en Ouma’.
REGS: Carl Olen, die vervaardiger van “Oupa en Ouma”.
Pietie De Beer se beenmurgoorplanting uitgestel”:
nie, verseker haar vriende Kobie en Trompie Koegelenberg die courant. Intussen reël vriende van Petrolene ‘n gholfdag vir 17 Maart op die Malmesbury-gholfbaan om fondse vir hierdie duur behandeling te bekom. Kontak die Malmesbury Gholfklub (022-4871289). Vir navrae oor die fonds, skakel Kobie Koegelenberg 084 696 0518/084 603 9730.
Die beplande beenmurgoorplanting vir Petrolene de Beer van Malmesbury word vir eers uitgestel weens gesondheidsprobleme en sal nie meer op 22 Maart 2012 plaasvind nie. Dit word slegs uitgestel, en nie afgestel
Volgens Olen voltooi hulle elke tweede dag een episode en duur die produksieproses plaaslik nog tot 14 Maart. “Die reeks sal bestaan uit 26 episodes waarvan ons nou die eerste 13 verfilm. Die volgende 13 episodes sal ons opneem terwyl die eerste 13 op die kassie uitgesaai word,” het Olen bygevoeg. “KykNet was opsoek na ‘n sitkom, en ons het ‘n proefprogram opgeneem en voorgelê.” Kruger sê hy het komponente wat goed gewerk het in die gelyknamige toneelstuk, waarvan die Botha’s reeds meer as 100 opvoerings gedoen het, saam met die nuwe teks by die reeks ingewerk.