14
die courant
courant dienste
23 Mei 2012
dienste
Vermeulen Tentverhuring span die seile
Vermeulen Tentverhuring is ‘n gevestigde tentverhuringsbesigheid wat in Malmesbury gesetel is. Nadat Vermeulen Tentverhuring ses jaar gelede tot stand gekom het, doen hulle nou tentverhurings sover as die Wes- en Noord- en Suid-Kaap. Vermeulen Tentverhuring is bekend vir goeie kwaliteit-tente teen uiters bekostigbare pryse,” sê die eienaars, Tiaan en Jolandi Vermeulen. “Ons spesialiseer in markies- (peg & pole) en benquin-tente en is gereed om enige funksie vir jou in ‘n droomgeleentheid te omskep.
“Ons doen deeglike vooraf kwotasies en voorsien ons kliënte van ‘n dinamiese en professionele tentspan wat tente op enige plek en vir enige geleentheid nommerpas kan opslaan. “Ons glo aan plaaslike ondersteuning en wil graag die Swartlanders bedien met flinke diens en goeie pryse sodat ons mense lekker kan kuier in die gerief van ons tente,” nooi Jolandi en Tiaan. Besoek Vermeulen Tentverhuring by St Johnstraat 19A, Malmesbury of kontak hulle vir kwotasies by 072 358 4560.
Om hier te adverteer skakel ons gerus by 022 487 3221 of stuur ‘n e-pos na alta@diecourant.co.za