21 november die courant

Page 3

3

NUUS•News

21 November 2012

• SEUN VOLG IN PA SE VOETSPORE

Balju span uit na 38 jaar in die tuig

In die ontvangsarea van die balju se kantoor is ‘n bordjie teen die muur: “Everyone brings joy to this office… some whey they enter – some when they leave.” Verder af in die gang, is Giel Basson se kantoor. Hy tree einde November af, na 38 jaar as balju, oftewel “sheriff” op Malmesbury. Die volgende dag sal sy seun, Michiel Basson (39), hom

dokumente wat deur die hof uitgereik word, betekening van dokumente vir prokureurs, dagvaardigings en kennisgewings vir mense om in die hof te verskyn, lasbriewe, getuiedagvaardigings, asook veilings van goedere waarop beslag gelê is, eksekusieveilings, die uitsetting van huurders en die verwydering van kinders. “Gelukkig doen ons dit nie dikwels, maar om

Giel Basson, wat na 38 jaar as balju van die Malmesbury-landdrosdistrik uittree, en sy seun, Michiel, wat hom in die amp opvolg. in die pos opvolg. Hy het eintlik reeds in 2010 afgetree, verduidelik hy aan die courant, maar die departement van justisie het hom gevra om langer aan te bly. Nou, op 72 jaar, is hy gereed om die leisels te oorhandig. “Michiel weet presies wat hier aangaan. Hy is al byna 20 jaar hier.” Die balju se werk behels ‘n “vreeslike wye spektrum van sake”, van die aflewering van alle

‘n kind by ‘n pa of ma te loop haal en dan weer by die ander ouer te besorg, is van die moeilikste goed,” verklaar Giel peinsend. “Die polisie se fokus is meer krimineel en ons meer siviel,” verduidelik hy die verskil, terwyl hy ‘n sluk tee vat in sy kantoor op die hoek van St. John’s- en Dr. Euvrardstraat op Malmesbury. “In sommige gevalle het ons meer magte as hulle. “Ons mag byvoorbeeld in sekere gevalle ‘n

Misverstanddam tans 102,3% vol Die Voëlvleidam naby Gouda is tans 95,2% vol, teenoor verlede week se 96,3%. Die waterinhoud beslaan tans 158,6 miljoene kubieke liter. Dit is meer as 8 persentasiepunte meer as die 87,1% op die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Die Misverstanddam in die Bergrivier is tans 102,3% vol, teenoor verlede week se 102,3%. Die waterinhoud beslaan tans 6,5 miljoen kubieke liter. Die Misverstanddam was die-

selfde tyd verlede jaar byna 1 persentasiepunt meer, op 103,2% vol. Al die damme in die Wes-Kaap is tans gemiddeld 91,4% vol, teenoor verlede week se 92,1%.. Op die ooreenstemmende tyd verlede jaar was die provinsie se damme 81,0% vol, oftewel 10,4 persentasiepunte lëer, volgens die Departement van Waterwese. Die provinsie se damme het tans ‘n algehele waterinhoud van 1,85 miljard kubieke liter.

huis se deur afskop. In die geval van ‘n Anton Piller-bevel vat ons ‘n persoon se selfoon dadelik af. (‘n Anton Piller-hofbevel, soos onlangs in die Herman Pretorius-skandaal toegestaan is, gee magtiging vir die deursoek van ‘n perseel sonder voorafkennisgewing en die beslaglegging op getuienis) ‘’Jy moet net baie sekuur werk, anders kan mense jou aankla. “Vir ‘n balju is dit belangrik om die landdroshowewet deeglik onder die knie te hê. In sommige gevalle moet jy betroubare getuies saamneem om jou belange te beskerm.’’ Sy pligte sluit die hele Malmesbury-landdrosdistrik in. Dit is dorpe soos Riebeek-Kasteel, Darling, Yzerfontein, Philadelphia, Klipheuwel, Mamre, Atlantis en Melkbosstrand. Daar is nagenoeg 400 prokureurs landwyd wat hy bedien met die betekening van dokumente. Basson het, bykomend tot sy pligte op Malmesbury, ook vyf jaar afgelos op Wellington, wat Hermon insluit. Sy grootste bron van stres was inbrake uit die

stoor op sy perseel. Inbrekers het toerusting en onderdele uit voertuie gesteel. Basson het jare gelede aan die Hoërskool Swartland gematrikuleer terwyl sy ouers in die distrik geboer het. Dit is reeds daar wat hy die bynaam “Tamatie” weens sy rooikop verwerf het, lag hy. Na skool was hy onder meer in diens by African Mutual, ‘n onderneming wat versekering, beleggings en veilings behartig het. Hy het ook geboer en in ‘n kunsmisfabriek op Malmesbury gewerk, voordat hy die pligte in sy huidige amp opgeneem het. Oor sy aftreeplanne spot hy: “Dalk stel hulle my nog as adjunk-balju hier aan!” ‘n Reuse-terugslag het hom hier kort voor sy aftrede getref deurdat hy al sy aftreegeld in die Herman Pretorius-skandaal verloor het. “Dit is ‘n geweldige slag om hier kort voor my aftrede van my geld ontneem te word deur ‘n skelm,” sê hy ontsteld. “Ek sal noodgedwonge van my eiendom moet verkoop.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
21 november die courant by DieCourant - Issuu