die courant 19 Oktober 2011 146

Page 12

12

sport

Uitslae en Bepalings LINKS: Divan Robertson van die Malmesbury Tennisklub maak seker van die bal op sy rughand in Saterdag se kragmeting op Malmesbury.

Malmesbury Tennisklub MANS: DD JOUBERT LIGA Malmesbury klop Maties met 6 wedstryde teenoor 0. Braam Isaacs k Stiaan Marais 6-3, 6-2; David Isaacs k Jason Gilbertson 7-5, 6-2; Dmitri Marais k Ernst Jordaan 6-0, 6-1; Kristoff Isaacs k Willem Landman 6-1, 6-2; Braam Isaacs & David Isaacs k Stiaan Marais & Jason Gilbertson 6-3, 6-0; Dmitri Marais & Kristoff Isaacs k Ernst Jordaan & Willem Landman 6-3, 6-0. MANS: THURSTON LIGA Malmesbury klop Vlottenburg met 3 wedstryde teenoor 2. Divan Robertson k W.du Toit 3-6, 6-2, 7-6; Darryl

Blom v D. Hotze 2-6, 6-3, 6-7; Juvan Cailet & Greame Cupido k F.Conradie & C.Herbst 6-3, 7-6; Divan Robertson & Darryl Blom k F.Conradie & C.Herbst 6-1, 6-0; Juvan Cailet & Greame Cupido v W.du Toit & D. Hotze 2-6, 3-6. MANS: ATTIE STEYN Malmesbury verloor teen Durbanville 5 wedstryde teenoor 0 Carel de Jongh v H.Smit 4-6, 4-6; Morne van Zyl v Q.Enslin 4-6, 1-6; Johan Moller & John O’Reilly v I.Greeff & C.vSchalkwyk 0-6, 3-6; Carel de Jongh & Morne van Zyl v I.Greeff & C.vSchalkwyk 6-3, 1-6, 6-7; Johan Moller & John O’Reilly v H.Smit & Q.Enslin 0-6, 1-6. DAMES: ALBERT VAN REENEN LIGA Malmesbury verloor teen Brackenfell 2 wedstryde teenoor 3 Melanie Stemmet v Maryke van Wyk 6-4, 4-6, 6-7; Annette de Wet k Carla Herbst 6-2, 6-2; Nicolette Brand & Marietjie de Kock v Hanli Theron & Annelize Thietz 5-7, 3-6; Melanie Stemmet & Annette de Wet k Hanli Theron & Annelize Thietz 3-6, 6-3, 7-6; Nicolette v Maryke van Wyk & Brand & Marietjie de Kock Carla Herbst 4-6, 4-6. Moorreesburg Posduifuitslae vanaf Bloemhof. 1. HMO Smit en seun 973.357; 2. HMO Smit en seun 944.196; 3. Yt en Tuis 941.026; 4. Piet de la Querra 933.950; 5. HMO Smit en seun 931.003; 6. I Saunders 922.789; 7. H Mouton 908.094; 8. H Mouton 900.591; 9. H Mouton 897.192; 10. HMO Smit en seun 896.798; 11. Yt en Tuis 896.014; 12. H Mouton 893.993; 13. Frikkie en Johan 889.113; 14. H Mouton 886.862; 15. F du Bois 884.243

allesverloren fcv

19 Oktober 2011

Vyf jaar van styl, swier en diens by Allesverloren FCV

Lowergroen grasperke, eeu-oue akkerbome en ‘n panorama van ry-opry netjies bewerkte wingerde. Dít wag op die besoeker by die historiese wynlandgoed Allesverloren, minder as ‘n uur se ry noord-oos van Kaapstad. Hierdie wynlandgoed lê net onder die hange van die Kasteelberg en is die oudste in die Swartland-streek. Sy bekende rooiwyne, wat al verskeie gesogte toekennings ontvang het, is egter nie ál waarmee hy kan spog nie. ’n Stylvolle funksie- en konferensievenue met lugversorging is nou deel van dié tradisie van kwaliteit en is ideaal vir spogtroues en ‘n wye verskeidenheid funksies. Die funksie-lokaal is nou vyf jaar oop vir besigheid en Bertus Bester die bestuurder, het voorheen die Witsand Natuurreservaat in die Kalahari bestuur en opgebou, tot die vierde mees besoekte toeriste attraksie in die Noord Kaap Provinsie. Bertus se passie in die lewe is om

mense lekker te laat eet en om te sien hoe hulle sy gasvryheid en kos geniet. Hoë gehalte en professionele diens lewering is nie onderhandelbaar by hom nie. Dit is hoekom mense gaan uiteet en hulle funksies en troues by instansies soos Allesverloren hou, om terug te sit en die goeie diens en atmosfeer wat ons bied, te geniet. Enige persoon kan ‘n bord kos by sy huis voorberei, maar die verskil van ‘n mens se huis na ‘n funksie-lokaal of restaurant is die diens en die “ambiance”. Die nuutste toevoeging tot Allesverloren Funksie-lokaal is die Bos “Chapel” Kapel waar bruidspare die knoop kan deurhaak onder groot bome met ‘n baie rustige en kalmerende atmosfeer. Feëtjie ligte omskep die Kapel saans in ‘n sprokieswêreld. Hierdie toevoeging is baie gewild onder toekomstige bruide, omdat die seremonie en onthaal nou op een perseel kan plaasvind.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 19 Oktober 2011 146 by DieCourant - Issuu