courant landbou
14
18 April 2012
Kies jou eie toekoms - Corwyn Botha Corwyn Botha, afgetrede besturende direkteur van Kaap Agri, se wortels lê op sy grootwordplaas in die Noord-Kaap, waar die bosse, beeste, wild en siekte-vrye buffels nog steeds sy hart warm maak. Hy het met die courant gesels oor dié wêreld waar hy vaalbosblaar (kanfer) as kind gekou het, en hy as hoërskoolseun die landbouskool op Vaalharts bygewoon het. Deesdae is Corwyn afgetree, skryf hy sy boek ‘Fluisters’, tree hy op as leierskapsafrigter en omkeer-strateeg en verryk hy lewens en maatskappye wat ‘n omkeer dringend benodig. “My boek, Fluisters, handel juis daaroor dat ek alles wat ek hoor, selfs al is dit fluisteringe, inneem en daaruit sin maak; uitsorteer hoé dinge nou eintlik werk,” sê hy nadat hy verlede week die Malmesbury Sakekamer toegespreek het. Hiér het hy verwys na die uitdagings in die landbou en die sakewêreld. “Ons landbouers moet produséér – hoe meer effektief en hoe vindingryker, hoe beter vir ons almal. SuidAfrika het ‘n positiewe handelsbalans nodig – daarom moet elkeen meer produseer: meer uit as in! “Ek wil graag by die huidige plan van ons
regering uitkom,” het hy verlede week gesê: “Daar was vyf punte genoem, dit het met die toekoms te doene, naamlik: een miljoen werksgeleenthede, gefokus op die ouderdomsgroep van 19 tot 35 jaar; ’n positiewe handels-
Corw y
n en
balans, dit beteken produksie,
Anne li
Both
a
produksie, produksie; opheffing van die platteland - met wat se projekte kan ons kom? Substansiële belegging in besproeiing en grondhervorming? Kan ons gaan sit en planne maak hieroor of gaan ons die toekoms ignoreer?” Botha is onlangs in die nasionale beplanningskommissie vir grondhervorming opgeneem en hieroor sê hy: “Die plan is om 20% kommersiële grond oor te dra na swart besit. Kom ons skep nóu ons eie toekoms met die keuses wat ons nou soos leiers gaan maak en soos krygers gaan deurvoer, in plaas daarvan om hope negatiewe voorbeelde te noem van gevalle waar dit nié gewerk het nie!” “Kom ons begin by krygers, nie soldate nie - krygers! Waaraan laat dit jou dink? Wat sien jy as ’n kryger? “Krygers het selfbeheersing en selfdissipline. Krygers het uithouvermoë en geduld. Krygers is in beheer van hulle tydsberekening en het wilskrag. Al hierdie eienskappe kan jy self kies. Kies hulle nou! ”Dit sê klaar vir jou sulke mense lei nie aan die siekte van self-belangrikheid nie. Selfbelangrikheid is ons grootste energievermorser. Dit tap al die energie wat nodig is om die eienskappe van die kryger uit te leef. “Ek dink, as ons nie met dankbaarheid na ons verlede kan terugkyk en met vertroue die toekoms kan benader nie, het ons vashaak plekke. “Keuses kan egter wel werk - om te kies watter toekoms jy vir jouself wil skep. Dan, as jy gekies het, moet ons saam bid vir daardie energie-ontploffing in onsself om môre-oggend uit te spring en te gaan woel en woeker met die Gawes wat ons ontvang het, uit Genade, natuurlik! “Onthou: the joy is in the journey. Ons kan nie lewe vir die einde nie. Ons weet mos die einde
is die dood, ja dan gaan ons Hemel toe, maar mens kan nie lewe om dood te gaan nie, daarom: the joy is in the journey.” • Oor sy lewe sê Botha: “Ek is oor niks in my lewe spyt nie! Botha het ná skool by Kovsies ‘n M-graad in Grootveekunde studeer. Op 27 het hy hoofbestuurder van die Landbou-koöperasie op Queenstown geraak – “behoorlik in die diep kant ingegooi!” sê hy hieroor. Daarna het Botha by Massey Furguson/Fed Mech gewerk as Bemarkingsdirekteur en nog later by First National Batteries, waar hy die kleinhandels-opset leer ken het. By die Douglas-Koöperasie het hy dié maatskappy verander in ‘n internasionale maatskappy, met ‘n omset wat gestyg het vanaf R80 miljoen tot R3miljard. Ná Douglas het Botha Malmesbury toe getrek, as besturende direkteur, waar Kaap Agri se omset met vyf keer meer verhoog het onder sy bestuur. Hy het einde Julie verlede jaar uitgetree. Oor sy ingesteldheid op gedrags- en leierskapsteorieë, sê Botha dat hy soms tot vier boeke per week hieroor gelees het. “Verder het ek ‘n aanvoeling hiervoor, het ek my ore altyd naby die grond gehou (vandaar die naam van my boek – Fluisters) en glo ek in ‘n positiewe ingesteldheid – ek het geen tyd vir gemoedsbeswaardhede nie!” Oor bestuurders in poste, sê Botha: “Wat het jy vanoggend gedoen om vertroue in jou personeel te bewys?’ En oor die huwelik – “Jy moet jou lewensmaat sy/haar ruimte gun – dit vat ‘guts’ om nie daardie ruimte te betree nie! Net so vra dit ‘guts’ om nie in te meng nie in die detail van jou personeel se werk as jy ‘n bestuurder is!” Het dié dinamiese man drome vir die toekoms? ”Ek wens ek kon vir stadskinders die geleentheid gee om ook aan ‘n vaalbosblaar (kanfer) in die veld te kou, die ongereptheid van die natuur te geniet. En ek wil my boek klaarmaak. Ek wens meer mense wil daardie beste handleiding van alle tye volg – daardie Bybel voor jou bed!”