Die courant 12 feb 2014

Page 9

PORTERVILLE GEMEENSKAPSVERENIGING

9

12 Februarie 2014

Porterville ontferm hom oor sy gemeenskap

Die Porterville Gemeenskapsvereniging het sy borge bedank. Voor van links na regs: Jannie van Zyl (RSA Makelaars), Dean Josephus (Bergrivier Munisipaliteit - bestuurder gemeenskaps­ dienste), Sandra Crafford (onderburgemeester van die Bergrivier Munisipaliteit), Wayne Dirks (voorsitter van Porterville Gemeenskapsvereniging), Martin Smit (Profert), Hennie Jansen (Porterville Korrektiewe Dienste: uitvoerende hoof) en Renso Nel (Agricol). Agter van links na regs: Cobus Kriel (Kynoch), Wessel Germishuizen (Sensako), Sean Walsh (besturende direkteur van Kaap Agri), Albie Wessels (Terason) en Dirk Hanekom (Agricol).

Die begunstigde instansies wat bydraes van die Porterville Gemeenskapsvereniging (PG) ontvang het, is hier by lede van die PG. Van links na regs: Pieter du Plessis (komiteelid), Riëtte Brand (voorsitter van Huis Nerina), Cobie Liebenberg (ondervoorsitter van die Porterville Gemeenskapsvereniging), Ester Schreuder (BADISA), Willem Engelbrecht (prinsipaal van Hoërskool Porterville), Adam du Plooy (voorsitter van BADISA) en Cedrick Zincke (prinsipaal van Willemsvallei Primêr).

Die voorsitter van die Porterville Gemeenskapsvereniging, Wayne Dirks (links), oorhandig ‘n sertifikaat aan Hennie Jansen (Porterville Korrektiewe Dienste se uitvoerende hoof).

Die Porterville Gemeenskapsvereniging se voorsitter, Wayne Dirks (links), oorhandig ‘n sertifikaat aan Sean Walsh, besturende direkteur van Kaap Agri.

Die Porterville Gemeenskapsvereniging se voorsitter, Wayne Dirks (middel), oorhandig ‘n sertifikaat aan Evert Manuel, burgemeester van die Berg­ rivier Munisipaliteit, en Sandra Crafford (regs), onderburgemeester van Bergrivier.

Die Porterville Gemeenskapsvereniging se fondsoorhandigingsgeleentheid die afgelope Vrydag was ‘n toonbeeld van ‘n gemeenskap wie se harte warm brand vir mekaar. ‘n Bedrag van R25 000 is aan elkeen van vier begunstigde instansies oorhandig, naamlik die Hoërskool Porterville, die Badisa Christelike welsynsorganisasie, Willemsvallei Primêr en Huis Nerina, ‘n tehuis vir bejaardes. Daarmee is die halfmiljoen rand-kerf verby­ gesteek vir bydraes wat die afgelope nege jaar op hierdie manier in die gemeenskap terugge­ pomp is. Die uitbetalings is die opbrengs van ‘n koringboer­ dery op 28 ha meentgrond met die hulp van kundiges en borge wat help met die verskaffing van saad, trekkers, plaa­ gdoders, implemente en kunsmis. Die verhaal van die Porterville Gemeeenskapsver­eniging begin 14 jaar gelede, in die jaar 2000, toe die organisa­ sie Deernis 2000 gestig is met ‘n sopkombuis en die identifisering van werkgeleenthede in gedagte. Van die betrokkenes wat destyds hul gewig ingegooi het, was Cobie Liebenberg, Pieter du Plessis, Wayne Dirks, Ga­lant Sofat, Attie Haas­ broek en Johan de Lange. Du Plessis het die Ou Poskantoor bekom om ‘n naaldwerkbedryf daar te stel ten einde vroue se vaardighede op te knap. ‘’Middel 2002 het ons die idee geopper om koring op die meentgrond te verbou, waarvan die totale winste aangewend sou word om die armstes van die armes se omstandighede effens te verlig. Hierdie plan was ‘n reuse-uit­ daging, want ons het niks behalwe passie vir die afvlerkies om hulle by te staan, gehad nie,’’ verduidelik Liebenberg in sy toespraak waarin hy die geskiedenis en agtergrond van die Por­ terville Gemeenskapsvereniging uiteensit. Na ‘n reeks onderhandelings met rolspelers, onder wie Kaap Agri, het daar ‘n opgewonden­ heid ontstaan dat iets groter moontlik is en die naam is verander na die Porterville Gemeen­ skapsvereniging (PG). Liebenberg se gevolgtrekking: ‘’Die afgelope tien jaar maak ons ‘n daadwerklike verskil in die lewe van die gemeenskap.’’ Hy het sy dank uitgespreek teenoor al 12 borge en Kaap Agri se Sean Walsh, besturende direkteur, James Matthee, finansiële direkteur, Johan de Lange, hoofbestuurder: produkte en Louis Coetzee, landbou-ekonoom. “Sonder hul insette sou dit nie slaag nie.’’ Liebenberg benadruk dat die vier begun­ stigdes nie behoeftiges is nie. ‘’Hulle huisves behoeftiges in die gemeenskap.’’ Die PG is met die oog op die toekoms in die proses om hom wetlik so te registreer dat hy toegang tot staatsgeld kan verkry. Dan word tonnelverbouing ook nou ondersoek ten einde ‘n bydrae tot die gemeenskap se voedselseku­ riteit te maak. Daar is ook ‘n olyfprojek waaraan die totale gemeenskap deelneem met die oog op die verbouing van olyfolie. Willem Engelbrecht, prinsipaal van Hoër­ skool Porterville, het gesê die skool het reeds

die afgelope 7 jaar ‘n 100%-matriekslaagsyfer en is die afgelope vyf jaar een van net 106 skole in Suid-Afrika wat ‘n 100%-matriekslaagsyfer het. ‘’Ons het reeds ‘n baie goeie skool. ‘n 100%-matriekslaagsyfer is dus nie meer vir ons ‘n doelwit nie. Dit gaan nou om die welstand van elke kind. Dis vir ons baie belangrik. Ons dink aan voeding, kleredrag, handboeke en sportkleredrag. ‘’Kinders is baie trots. Hulle sal kom sê hulle kan nie op ‘n rugbytoer gaan nie, maar wil dan nie verder redes gee nie. “As dit dan inderwaar­ heid weens ‘n geldtekort is, moet dit baie sensitief hanteer word. Dieselfde geld skool- en sportdrag wat vervang moet word. Dit kan nooit in ‘n groep voor ander kinders met hulle bespreek word nie.’’ Ester Schreuder van Badisa het gesê 80% van hul skenking word vir nood­leniging aan behoef­tige gesinne gebruik. Cedrick Zincke, hoof van Willemsvallei Primêr, het aan die teenwoordiges gesê: ‘’U besef nie hoe u kinderharte verbly nie.’’ Riëtte Brand, voorsitter van Huis Nerina, ‘n tehuis vir bejaardes, het gesê die tehuis is in 1967 gebou en kan 63 inwoners huisves. Aangesien dit R3870 per maand kos om ‘n in­ woner te huisves, kan nagenoeg 73% van in­ woners dit nie regtig bekostig nie en moet hulle gevolglik geldelik hulp ontvang. Sandra Crafford, onderburgemeester, het gesê die Bergrivier Munisipaliteit, wat die meentgrond beskikbaar stel, is trots om by die projek betrokke te wees. Liebenberg het gesê sedert die ontstaan van die PG in 2003 is daar reeds ‘n totaal van R422 369 aan begunstigdes uitbetaal. In 2008 is ‘n totaal van R127 000 uitbetaal. En nou is die halfmiljoen-rand-kerf oor die af­ gelope nege jaar oorskry, het hy aangekondig.

besef nie “Uhoe u kinderharte verbly nie. ”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant 12 feb 2014 by DieCourant - Issuu