die courant 16 november 2011 150

Page 10

courant nuus

10

16 November 2011

Malmesbury Museum vier 100 jaar op 11/11/11

Katz,Kretzmar, Stoch en kie vereer voorsate vir bydrae Eeufees vir museum Die 100ste verjaardag van die Malmesbury Museum is verlede week met ‘n ‘Onthou jy nog’ en baie nostalgie gevier. Uit erkenning vir die groot rol wat die oorspronklike Joodse gesinne op Malmesbury gespeel het in die totstandkoming van die sinagoge (waarin die museum tans gehuisves word) was die hoofrolspelers in die vieringe die nageslag van hierdie Joodse families. David Kretzmar, kleinseun van die oorspronklike Tobias Kretzmar, se pa Julius, was by toe die museum in 1991 geopen is. “Hierdie mure vibreer steeds met die karakters en persoonlikhede wat hier geleef en aanbid het,” het hy ondermeer gesê. Lee Stoch het met nostalgie die name van die vroeër Joodse gesinne herroep: die Rabinovitz’e, die Levine’s, die Joodse horlosiemaker, Bloch (die juwelier) die Iceman’s en mnr. Berman van Darling (die beeshandelaar). “We were a very vibrant community,” het hy onthou. Beide Stoch en Kretzmar het die goeie verhoudinge en wedersydse respek tussen die Malmesbury-gemeenskap en die Joodse gemeenskap onthou.

Staaltjies en anekdotes

Agter: David Bass, Rabbi Abrahamson, David Kretzmar, Bernard Zive en Lee Stoch. Voor: Annemarie Meyer, Lyn Marais (kuratrise) en Pam Kolbé (voorsitter).

Lee Stoch het interessante staaltjies vertel, byvoorbeeld oor Berman van Darling, wat ‘n glasoog gehad het en as bejaarde man ‘n ongeluk by sy plaashek gemaak het een skemeraand. Toe sy vrou by die voorryer navraag doen oor wat dan gebeur het, het dié verklaar: “Die hele dag meneer hy mik en mik om ‘n ‘accident’ te maak, en vanaand hy hét nou!” Stoch het onthou hoe onnutsig hulle as kinders was in en rondom die sinagoge. Hulle het dikwels nie eens die Rabbi of sy vrou ontsien in hul kattekwaad nie. Is hulle uitgevang, moes die stout kinders altyd ‘in die hoekie gaan sit’ in die destydse ‘spider room’ (nou die Bokomo-kamer).

Vroeër Joodse gesinne in die Swartland sluit onder andere in: Rabinowitz, Levine, Bloch, Iceman, Berman, Stoch, Kretzmar en vele meer.

REGS: Die Malmesbury Museum vol nasate van diegene wat ‘n belangrike rol in die Joodse gemeenskap van die Swartland gespeel het. ONDER: Dennis Katz, die kleinseun van Abraham Katz wie se naam op die hoeksteen van die Malmesbury Museum staan.

David Kretzmar, kleinseun van die eerste aangetekende Joodse handelaar op Malmesbury vertel oor sy familie:

There are a few pictures of my dad and his father Tobias in the museum. The pictures are labelled and you will see my dad (Julius) in 2 pictures there holding his trombone! My dad, Julius, was born in Malmesbury in 1907, where he grew up and went to school there. Then he went on to UCT to study medicine, but was called back to Malmesbury very early during his studies,

when his father Tobias took ill, and he returned to help his mother run the family’s general dealer store. His father died soon after, and the family sold up. His mother and sisters moved to Kimberley to stay with my dad’s older brother Noel, who was a surgeon practicing in Kimberley, and my dad took a loan and went to study medicine again, this time in Edinburgh, Scotland. On completion of his studies he returned to SA and practiced as a GP for around 60 years. He passed away in Cape Town in 1995 aged 88..

Kort geskiedenis van die sinagoge en museum Museum ‘n herinnering aan voorouers se moed:

Dr David Bass het vertel dat sy pa as beeshandelaar sy familie uit Litaue na Malmesbury laat kom het. Sy ma, Bertha is op ‘n jong ouderdom as enkelmoeder met vier kinders agtergelaat. Sy het daarna verhuis, sodat die jong David nie die dorp Malmesbury leer ken het nie. “Maar ek weet my pa was betrokke by die vestiging van die sinagoge hier en my ma het haar lewe lank vertel van die geweldig baie ondersteuning wat sy hier op Malmesbury van die gemeenskap ontvang het toe dit

swaar gegaan het met haar. “Ek en my twee broers het in Maart vanjaar die sinagoge besoek en tref toe die kuratrise, Lyn Marais, hier aan, waar sy ‘n groep kaalvoet kinders meer van die geskiedenis en museum vertel. “Ek bewonder die mense wat vroeg in die 1900’s hierheen gekom het, toe hulle ver gereis en groot risiko’s geneem het om hier ‘n nuwe lewe te skep. Hierdie museum is ‘n lewende bewys, ‘n fisiese en emosionele herinnering aan my voorouers se moed en deursettingsvermoëns!” Bass se ma, Bertha, het ook die opening van die museum in 1991 bygewoon.

In 1901 het Tobias Kretzmar, ‘n Jood vanuit Litaue, van Kaapstad na Malmesbury gestap. Hy word toe die eerste aangetekende Jood wat in Malmesbury handel dryf, eers as smous en daarna as handelaar, met ‘n winkel in die hoofstraat. Vanaf 1901 het ander Joodse gesinne hulle ook op Malmesbury gevestig, sodat ‘n behoefte aan ‘n plek van aanbidding ontstaan het. Die sinagoge is dus in Prospectlaan gebou en die hoeksteen is op 11-11-1911 deur menere Abraham Katz en B Olswang gelê. Met die eeufeesvieringe verlede week, het Katz se kleinseun, Dennis Katz, met trots by dié hoeksteen getalm. Hoewel die Joodse gemeenskap ge-

groei en ook teruggeploeg het in die gemeenskap, het die gemeentegetalle sedert 1951 begin daal, onder andere weens verstedeliking. In 1974 is die sinagoge gesluit. Dokter Leon Goldman, seun van die oorspronklike argitek (Max Goldman) het in 1974 die sinagoge oorgekoop en dit aan die munisipaliteit van Malmesbury geskenk, op voorwaarde dat die gebou vir kulturele aktiwiteite aangewend word en geen godsdienstige seremonies daar gehou mag word nie. Die gevolg was die opening van die Malmesbury Museum in 1991 – 80 jaar nadat die hoeksteen in 1911 gelê is. In 1994 is die sinagoge as ‘n nasionale monument verklaar.

die courant ondersteun die geskiedenis van die Swartland en die behoud daarvan.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.