13 Februarie 2013 die courant 209

Page 13

NUUS•News

13

13 Februarie 2013

Steun vir polisie: “Ek gaan na meer as 150 verskillende dorpe landwyd om Chris-

ten-gemeenskappe te mobiliseer sodat Christene hul plaaslike polisiestasies ‘aanneem’, sodat die manne in blou bedien kan word met die Woord, met gebed en met die liefde van Christus! Ons SAPD leef daagliks in die moeilikste omstandighede en hulle het ons ondersteuning baie nodig!” Aan die woord is die mobiliseerder van dié projek, Marcell Cilliers. Vrydag was Cilliers in samewerking met Bessie Smit, die koördineerder van die ‘Adopt a Policestation”projek op Malmesbury om aan die plaaslike polisiestasie en die speurtak hier ‘n ‘aannemingsertifikaat’ te oorhandig. Cilliers het van 1995 tot 2000 op Malmesbury gewoon, waartydens sy betrokke was by die eerste beraderskursus vir verkragtings- en aanrandingslagoffers, asook die stigting van die polisie se traumakamer in 2000. Van links staan Cynthia Slingers, Annatjie Loots, Hentie Smit, kol. M.N Nakabile en Letitia Frank.

Nuut:

Daniel Prins (regs) is pas aangestel as verkoopsbestuurder by JB’s Nissan op Malmesbury. Hy word gelukgewens deur Simon Kotze.

Vinkies:

Die Vrolike Vinkies Kleuterskool op Malmesbury spog vanjaar met 'n identiese tweeling, Jaimee en Johlee Williams in Graad R. By hulle is hul onderwyseres, Vivienne Messina.

Bydrae by skool is ‘vrywillig’ Na aanleiding van die berig in die courant van 6 Februarie "Sóveel kos skole nou", het die hoof van St Thomas Primêr op Malmesbury, Michael

de Kock, daarop gewys dat sy skool nie skoolfonds hef nie, maar ouers versoek tot 'n "vrywillige donasie van R200 per jaar".

Blouspan wen: By HDU se kleure-atletiek was die Blouspan die wenners van die

optog, dans en sangafdeling. Heydenrich Visser (naasregs) van Piketberg het die Stoffel Visser-skild, wat in die sestigerjare deur sy pa geskenk is, aan die wenspan se dirigente Paula Smit, Hannemie de Jongh en Jemelda Bon oorhandig.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
13 Februarie 2013 die courant 209 by DieCourant - Issuu