Avanti 1 2023

Page 1

Avanti

Inhierdieuitgawe: Music vs Books Larrie Clubs

Daisies 2023

The Daisies were bursting with joy and ready to conquer the new challenges that await them However, they were also filled with uncertainty, and after one term, the Grade 8s of 2023 are part of the Larrie family

The Daisy camp took place at La Rochelle’s hostel before school started The Grade 8s had to hand in their cell phones, which allowed new friendships to form. The Student Council and Hostel Prefects took the Daisies under their wings They taught them how to act as a Larrie should, what our values and traditions are, and how to be the best ‘frogs’ to their Miladies They were also familiarised with our songs and seeds of excitement were planted about sing songs and 4M

The first week in the Larrie ‘jungle’ began The Daisies had to make use of all the resources to survive in the wild Hunting down classrooms, croaking at everyone, and sticking to their tribes was the easy part Trying to protect their pocket money from the tuck-shop temptations was the real challenge. The Daisies adapted to the new environment quickly, even when orientation week was a ‘gel catastrophe’ The five ponytails, inside-out school dresses and ‘frog eyes’ made the Miladies proud The fruit festival was a feast for the tastebuds and the eyes The Daisies dressed up as a variety of fruit and paraded around on the Astro and looked fit for Woolies Food

The Daisies came bearing gifts on Valentine’s Day and on Milady Day which was dearly appreciated

What is the Avanti?

The Avanti is a platform where daring, curious, and deep-thinking writers, share, explore and uncover school-related affairs. Sometimes the focus is on other topics that students might find intriguing. It is a team comprised of editors, sub-editors, journalists, photographers, marketers, artists and cartoonists - all striving to deliver relatable, relevant, informative and thoughtprovoking content to La Rochelle. The matters discussed in the Avanti include feedback on recent sports or cultural events, competitions learners participate in, interviews with different staff members and students on varied topics, innovative cartoons as well as creative- and opinionated pieces and amusing, interactive surveys or quizzes

The audience of the Avanti is not restricted to a specific group of people One does not have to be philosophical or an opinionated thinker to find something to enjoy, learn something new, or possibly relate to in the school newspaper The Avanti aims to inform, mentally stimulate, entertain, educate, enlighten, and encompass all of its readers New articles are published termly and can be enjoyed at your convenience on your cellular devices

Be sure to keep an eye out for the links sent to the Grade groups to access our articles online and join the Avanti Editorial team for the latest stories, reports and other literary excitement

W E W E L C O M E T H E D A I S I E S I N T O O U R S I S T E R H O O D A N D W E A R E E A G E R T O S E E T H E M F L O U R I S H I N T O S T U N N I N G F L O W E R S . MARCH 2023 TERM 1 EDITION #1
Nuwe onderwysers
VLR-voorsitter, Rizia Seria, en die pryswenners by die Vrugtefees

Hou die “L” by die “AR”

Larrie-liefde of Larrie Love: Dit is die VRL se waarde van kwartaal een. Rizia Seria het dit rofweg gedefinieer as die liefde wat ons vir ons mede-Larries wys asook die liefde wat ons as Larries aan ander skole uitstraal

Almal se definisie en ervaring van Larrieliefde verskil. Wat is jou ervaring van Larrieliefde? Is dit dalk daardie ondersteunende omhelsing van ’n vriendin as sy sien jy het ’n slegte dag? Is dit die gevoel van samehorigheid en susterskap by 4M? Is dit die onderwyser wat jou broosheid raaksien en minder huiswerk gee? Is dit die klop op die skouer van ’n vriendin wat sien hoe jy op die sportveld of in akademie presteer? Is dit die Larrie wat saam met jou die laaste rondte van die 3000 m-wedloop hardloop?

Is dit die gerusstellende bemoediging van jou klasmaats voor of na ’n toets? Is dit die hulpvaardigheid van ’n mede-leerder? Is dit daardie klasmaat wat sien dat jy nie daar is nie en vir jou notas neem? Is dit die ondersteuning en aanvaarding wat jy in jou vriendekring ervaar? Is dit dalk die Larrie wat jou bemoedig tydens ’n teleurstelling? Is dit die vriendelike glimlag van ’n Larrie in die gang?

Of is dit dalk vir jou ’n vreemde konsep wat jy nie dink bestaan nie? Alhoewel sommige Larries baie positief oor hierdie aanvaardingsgevoel praat, is daar sommige van ons wat voel dit bestaan nie. Hoe kan hierdie gaping in ons mentaliteit egter oorbrug word?

Dit is amper onmoontlik om ’n gevoel oor te dra wat jy nie self ervaar het nie Indien jy een van vele Larries is wat al Larrie-liefde ervaar het, wil ek jou aanraai om daardie gevoel aan ’n ander Larrie “aan te gee” Die Engelse noem dit “paying it forward”.

Kan jy ’n oomblik afstaan en vir een van die meisies in haar blommerokkie glimlag? Sal dit te veel tyd neem om iemand se swaar sportsak te help dra? Kan jy miskien een pouse uitreik na die persoon wat eenkant sit? Kan ons die liefde wat ons vir onsself en mekaar het, wys deur enige en elke persoon op ons terrein te groet?

Indien ons ons liefde deel, liewe Larries kan ons maklik seker maak dat dit almal in ons skool – en ook diegene buite die skool

sal bereik. Só kan almal se dae opgehelder word met 'n bietjie Larrie-liefde.

"KAN JY ’N OOMBLIK AFSTAAN EN VIR EEN VAN DIE MEISIES IN HAAR BLOMMEROKKIE GLIMLAG?"
Liana Human
Samehorigheid en susterskap by 4M. Graad 8 baadjie- en gr.12 Pêrel-seremonie.

Die Avanti se redaktrise, Bianca van der Walt, stel graag die hoofredaksie voor.

Vir Larries oor Larries

Redaktrise, Bianca van der Walt

Die Avanti se redaktrise, Bianca van der Walt, stel graag die hoofredaksie voor Skryf is nie ‘n proses wat alleen gedoen word nie. Daar is dikwels meer as een individu wat dink en help skaaf aan ’n skryfstuk. Skryf help ons ook om ons horisonne te verbreed en verder as ons eie brilrame te kyk. Deur middel van skryf, versprei ons ons vlerke, leer nuwe style en strewe na verbetering. Soos die gesegde lui: “Writing gives second chances” Hierdie jaar is ek, as redaktrise van die Avanti, ongelooflik bevoorreg om ‘n goeie span langs my te hê Hierdie span sien skryfwerk as ’n saak van erns en ’n liefdestaak, want skryf oorskry grense. Die hoof-redaksiespan bestaan uit die volgende skrywers:

Ek, Bianca van der Walt, is die redaktrise. Van ‘n diverse skryfstyl, perk ek myself in tot informatiewe, emotiewe artikels. Ek sien myself hoofsaaklik as skrywer, aangesien ek te min tyd kry vir lees, maar ek glo ook ’n mens moet genoeg lees om goed te kan skryf Hoe meer ek skryf, hoe meer besef ek dat die redigeringsproses belangriker is as die skryfproses, aangesien dit ruimte bied vir leer en verbetering My leuse vir vanjaar se Avanti is: “Ons skryf oor Larries vir Larries”.

Iris Saunders, subredaktrise – ons eie Kalynn Bayron.

Ek hoop dat elke Larrie vanjaar hul hawe in die Avanti sal vind en ontdek dat daar vir elkeen se voorkeure voorsiening gemaak word wanneer dit kom by lees.

Liana Human, nuusredaktrise – ons eie Fanie Viljoen. Liana is ’n merkwaardige skrywer wat feitlike artikels verkies. Sy beskou haarself as ’n kranige leser, maar doen haar deel as skrywer en mentor vir minder ervare skrywers op die redaksie. Sy geniet dit om ander mense in te lig - veral die Larries - asook om haar idees te deel Liana se idees oor La Rochelle lui: “La Rochelle is ’n hoërskool met fantastiese geleenthede. Moenie dat daardie geleenthede deur jou vingers glip nie.”

Dit is egter nie net ek en Liana wat die Avanti-skip stuur nie. Verskeie joernaliste, kunstenaars, fotograwe en veral ons subredaktrises speel ’n belangrike rol in die sukses van die publikasie. Ons stel graag ons subredaktrises ook aan die Larriefamilie bekend

Nuusredaktrise, Liana Human

As leser wat glo in die gevoel wanneer ’n mens die perfekte woord vind om jouself uit te druk, is Iris een van ons buite die boks skrywers Sy sien die wêreld uit ’n ander perspektief: díé waarin metaforiese kinkels dikwels hul verskyning maak Sy is ‘n filosofiese denker en dit is duidelik wanneer ’n mens haar skryfwerk lees. Iris laat ’n leser nadink, wonder oor die lewe, en sy gee ook haar woorde vrye teuels om ’n verskil te maak.

Rizia Seria, subredaktrise – ons eie Sally Rooney.

Nie net is Rizia iemand wat haar gedagtes goed en fluks bymekaar kan maak nie, maar sy is ook ‘n uitstekende skrywer en redaktrise. As een van ons Engelse subredaktrises, vind sy altyd woorde vir dit wat die Larries as familie voel en beleef. Sy beskou haarself as ‘n leser wat maklik in haar eie wêreld weggevoer kan word. Sy hou daarvan om haar skryfwerk te kan manipuleer totdat sy tevrede is daarmee. Rizia glo dat almal moet skryf. Maak nie saak of daar geen denke agter die woorde is nie - skryf net. Begin ’n joernaal en skryf. Somtyds is skryfwerk die beste terapie en is dit verniet!

Rachel Jewell, subredaktrise – ons eie Holly Jackson.

Rachel is ‘n Engelse redaktrise, wat haar uitstekend van haar taak kwyt As ’n ywerige leser vind sy haarself dikwels tuis in woorde en hul betekenisse Sy sien haarself meer as ‘n redaktrise aangesien sy blootstelling aan ander skryfstyle geniet en dit interessant vind Soos die meeste van ons skryf Rachel beter onder druk. Rachel wil graag hê mense moet weet ongeag wat hulle lees – feite of fiksie – hulle is waardige lesers.

Kelsey van Sitters, sub-redaktrise – ons eie Dean Koontz.

As een van ons Engelse subredaktrises laat Kelsey nie toe dat enigiets in haar pad staan nie. Sy is altyd gevul met entoesiasme wat duidelik in haar skryfwerk sigbaar is. Kelsey sien skryfwerk as ’n vorm van kuns wat die verbeelding aangryp en vrye teuels gee om net op sy eie te kan funksioneer Sy skryf graag haar artikels in ’n storie-formaat en is ’n uitstekende storieverteller Kelsey glo die Avanti bied elke leerder ’n kans om iets te vind waarvan hulle hou, iets wat hulle nuuskierigheid prikkel, hul denke se wiele laat draai en die verbeelding kan laat hardloop.

kwaardige oomblikke vir die Avanti in. ’n Jaar gevul met die boeke oorskryf en nuwe herinneringe maak. ’n Jaar gevul met stories en artikels wat elke Larrie laat voel sy pas êrens in. Die redaksiespan van 2023 gee die Larries iets om te lees, om na uit te sien asook om te voel dat hulle hul plekkie in die Larrie-blomtuin ontdek het. Ons skryf vir Larries oor Larries!

Larrie clubs: A world of opportunity awaits

La Rochelle het nog altyd ’n groot verskeidenheid van buitemuurse aktiwiteite aan leerders gebied, maar gedurende die laaste twee jaar is leerders al meer met ’n verskeidenheid van keuses bederf

Van die gevestigde klubs in die skool is al vernuwe om by veranderende tye aan te pas, terwyl baie nuwe opsies ook deesdae tot leerders se beskikking is.

Our Outdoor club has many outings and offers badges to those who attend all the hikes They enjoy nature's breath and admire the beautiful landscape of the Western Cape area

The photography club has a brand-new coordinator, Gerda Barnard who matriculated in 2019 For this term, the focus is on portraits

Anyone can join the club – there is no need to own a camera Developing this skill is a vital part of the times we live in.

The Art club started last year and is creating an outlet for the artists of our school The Art Club is giving learners a place to explore art mediums, without being a serious environment such as having art as a subject. The art club explores what it truly means to be an artist at heart, it helps develop skills and builds friendships with people that have similar interests

Our clubs are evolving to create a home for every Larrie.

Die beste deel van al die klubs is die feit dat jy soveel mense met dieselfde passie en belangstellings kan ontmoet Soos wat leerders saam kennis opbou, soos byvoorbeeld met die Wetenskapklub se eksperimente, word hulle in staat gestel om nuwe vaardighede te ontwikkel én om nuwe vriendskapsbande te smee Buiten die vaardighede en vriendskappe is daar natuurlik ook die herinneringe en nuwe ervarings wat elke klub aan leerders bied.

Daar is ook ’n lewendige wisselwerking tussen die onderskeie klubs So maak die Avanti byvoorbeeld gebruik van die lede van die fotografie-klub se foto’s en die Groenkomitee dryf ook die Eko-klub.

These clubs, though fun, do require commitment from its participants Many of them work on long term projects and for that, it is important that the learners attend, since it can take a few sessions to complete. Our captains and chairladies are proof of this commitment. These are the young women who keep the boards updated, relay information to the members and keep these clubs alive

Our learners are gifted with many opportunities, in sport, culture and academics. So, grab hold of them and when you do, stand steadfast in your commitment to them After all, our clubs would not exist without passionate groups of learners who work hard to not only sustain, but help our clubs improve, evolve and move forward.

Bemoei met

Beurtkrag

Het jy al ooit gewonder waar ESKOM se hoofskakelaar sit? Sien jy 'n koddige mannetjie met 'n maniese grynslag wat skakelaars op 'n kontrolebord druk? Sien jy 'n elektrisiën wat in 'n donker tonnel met 'n koplig rondkruip om die skakelaar te bereik?

Sien jy 'n kulkunstenaar met 'n swart mantel wat een keer in die rondte draai en soos oëverblindery is die ligte af – oor en verby, buite jou beheer – ’n donker figuur se toertjies kom tot ’n einde

Ongeag hoe hulle dit doen ESKOM is 'n doring in almal se vlees. Die een oomblik berei jy jouself voor om jou wiskunde-huiswerk aan te pak en die volgende oomblik sit jy en ou Pythagoras in die donker. Jy kan wel met haarfyn beplanning en die regte gereedskap die donker oorwin

Indien jy die kulkunstenaar wil uitoorlê, moet jy verder as ESKOM se skedule dink – beplan vooruit. Wanneer ’n onderwyser 'n video of dokument, wat jy later moet gebruik, op Teams laai, laai dit summier af. Die tweede stap is om die regte hulpbronne aan te skaf wat jou in staat sal stel om sonder ESKOM te funksioneer. Die volgende produkte sal jou help om beurtkrag te oorkom – om daardie kulkunstenaar te kul.

By Builders Warehouse kan jy 'n gloeilamp koop wat jy in enige lampie kan sit Die lig laai wanneer die krag aan is en kan 'n hele vertrek verlig wanneer die krag af is.

Nog iets vir jou lysie as jy Builders Warehouse besoek. Hierdie LED-lig is baie skerp en is uiters handig omdat jy dit saam kan dra soos jy rondbeweeg. Die lig het ook 'n verstelling wat maak dat hy outomaties aangaan wanneer hy ingeprop is.

'n Kragbank is baie handig en haal ’n bietjie druk van jou af as dit kom by jou selfoon laai. Selfone kan jou aandag aflei terwyl jy moet leer, maar ons kan almal saam stem dat dit deesdae broodnodig is aangesien soveel van ons hulpbronne aanlyn beskikbaar is Kerse klink dalk oudmodies, maar hoekom sal jy die kosbare krag in jou skerp ligte mors wanneer jy dit benodig om jou huiswerk te doen? Gebruik dus kerse vir alle take wat nie lees behels nie ,byvoorbeeld 'n romantiese tandeborsel-sessie by kerslig.

Dit is wel van uiterste belang om al hierdie toestelle te laai – anders is hulle nutteloos. Prop dit in wanneer jy gaan slaap en gebruik dit eers wanneer die krag af is en die son die volgende aand al gaan sak het.

Kul die kulkunstenaar. Wees een stap voor die man agter die kontrolebord en help dus jouself om die beste student te wees - ongeag beurtkrag.

Links: Herlaaibare lig.

Regs: LED lig

Onder: kragbank

Leer ken die nuwe Larrieonderwysers

It can be quite daunting to start a new job as a teacher. You are in a completely new environment, there are kids expecting the impossible from you and when somebody says your name everybody asks “Who?”. We have welcomed six new teachers at La Rochelle this year. Who are they? How did they get here? How can we make them feel at home?

Aangesien juffrou Maree op 'n plaas in Noordwes grootgeword het, is sy al vanaf graad 1 'n koshuis-bewoner Na skool het sy BSc Mikrobiologie en Fisiologie aan die Noordwes Universiteit gaan studeer Sy het na die Wes-Kaap verhuis en in 'n laboratorium in Wellington gewerk voordat sy op onderwys as 'n potensiële beroepsrigting besluit het. Juffrou Maree het in 2022 besluit om 'n internskap by Hoër Meisieskool La Rochelle te aanvaar en het sedertdien verlief geraak op onderwys. Juffrou Maree vind inspirasie by die mense in haar lewe en waardeer hul ondersteuning.

Juffrou van Wyk se reis om 'n Frans-onderwyseres te word het begin met 'n liefde vir stories en tale Sy het op 'n plaas in die Noord-Kaap grootgeword en het in 'n klein dorpie skoolgegaan Sy was altyd lief vir leer. Sy het Frans op universiteit geneem en dit was liefde met die eerste oogopslag. Sy het met mnr. Botha-Visser kontak gemaak om die moontlikheid om 'n Frans-onderwyser te word te ondersoek en het sodoende by La Rochelle beland. As sy 'n gesprek met enigiemand kon hê, sou sy graag ’n gesprek met Eoin Colfer, 'n Ierse skrywer wat die Artemis Fowl-boekreeks geskryf het, wou voer. Hierdie boeke het haar lewe as kind verander en 'n hele nuwe wêreld vir haar oopgemaak Juffrou van Wyk se reis herinner ons daaraan om dit waarvoor jy lief is na te streef en sodoende onverwagse geleenthede te ontsluit

Strachan shared her journey of following her passion for teaching. Despite her parents' initial reluctance, she pursued her dream and obtained her teaching qualification Teaching is admittedly more challenging than she expected, but she finds joy in working with her students and witnessing their growth She is especially curious about the people who brought education to South Africa and their experiences in overcoming challenges. Her story is a reminder that it is never too late to pursue your passion and make a difference in the world.

A

M
Juffrou Madenique van Wyk Juffrou Leonie Maree

Mrs McFarlane is an experienced English teacher with a career journey that spans across different provinces in South Africa. She has taught at high schools, primary schools and preschools. She believes in becoming an expert at one thing before moving on to the next. Her expertise lie in curriculum development and comprehension skills. Mrs McFarlane follows the duck mentality: presenting a calm and serene exterior while working hard behind the scenes. She is still adapting to teaching girls after her time at an all boys school and is discovering lots of workarounds. Mrs McFarlane also has an interest in conflict resolution and would love to have a conversation with Desmond Tutu or the Dalai Lama to learn how to maintain positivity and see the good in people even during challenging times.

Juffrou Rentia Saayman

Hierdie juffrou se loopbaanreis is net weer ’n bewys dat ons altyd ons passies moet nastreef ten einde geluk te bekom. Juffrou Saayman het aanvanklik aktuariële wetenskap studeer en uiteindelik haar roeping in die onderrig van wiskunde gevind Programmering en om die heeldag in 'n kantoor te sit, is nie vir haar nie Ten spyte van die uitdagings wat gepaard gaan met 'n nuwe werk as onderwyseres, kry juffrou Saayman energie deur die positiewe en vriendelike atmosfeer by die skool. As sy die kans sou kry om 'n gesprek met enigiemand te voer, sou sy haar wiskunde-onderwyseres kies wat 'n groot rol gespeel het om haar passie vir wiskunde aan te wakker en haar te inspireer om 'n loopbaan in die onderwys te volg.

Juffrou Jané du Toit

Juffrou du Toit is passievol oor onderrig en maak graag 'n verskil in mense se lewens. Sy is lief vir die buitelewe, musiek en avontuur. Hierdie avontuurlustigheid weerspieël haar gewilligheid om verandering te omhels Haar nuwe avontuur behels nie net 'n nuwe werk nie, maar ook 'n nuwe dorp en 'n huwelik. Ten spyte van die uitdagings is sy opgewonde oor die geleentheid om 'n verskil in haar nuwe leerders se lewens te maak. Haar begeerte om 'n gesprek met haar oorlede ouma te voer beklemtoon die belangrikheid daarvan om ons geliefdes te koester sowel as die impak wat hulle op ons lewens kan hê.

Resensies

Wat om te lees en na wie om te luister

Bianca van der Walt

Boeke

As tieners is ons altyd opsoek na iets nuuts om te lees of ’n goeie liedjie wat ’n regte “earworm” is Ons spandeer soveel tyd op Tiktok, met ons neuse in boeke en ons ore in oorfone dat stories en musiek deel word van ons lewe en 'n impak op ons lewe het Hier volg ’n paar items wat die laaste tyd 'n groot indruk op my gemaak het

Die vlerke van naaldekokers – Cecilia Steyn

Sterre: *****

Die vlerke van naaldekokers is een van daardie boeke wat 'n mens moeilik neersit. Die verhaal gaan oor Kylie, wat nie net haar suster in ’n motorongeluk verloor het nie, maar ook haar hand Deur die rouproses en ’n onbeplande “roadtrip” besef sy dat hierdie omstandighede dalk net haar kans is om te ontsnap Dalk is hierdie “roadtrip” die perfekte manier om haar suster se “to do list” te voltooi Dit is ’n vakansie wat Kylie altyd sal onthou - een gevul met liefde en opwinding Haar reis is ook ’n reis na vrede en haar ware self Hierdie verhaal laat ’n mens glimlag, maar ook heelwat trane pik.

Liedjies

“Flowers” - Miley Cyrus

Sterre: ****

Teen hierdie tyd het ons almal nie net Miley Cyrus se trefferliedjie gehoor nie, maar ook al saam gesing, dit herhaaldelik in ons kop hoor dreun en dit op verskeie ander vorme van sosiale media gesien Vir weke lank het hierdie liedjie deur ons almal se are gepomp en in ons kop geneurie terwyl ons studeer het Miley Cyrus se nuutste treffer is beslis ’n meer volwasse wending in haar musiekloopbaan Die lirieke is gevul met emosies, wysheid en ervaring Dit is definitief ’n liedjie wat ’n plek in baie dames se harte en geheue sal hou

Music vs Books

Elena Kritzinger

Is music more important?

Music is essentially the art or science of composing or performing music Vocal and instrumental sounds are combined to create beauty of form to express emotion that cannot be put in words. Where music fails to move the soul and mind, literature takes the lead. This poses the question: which one is more important?

To answer this, one has to understand the history of music and literature Centuries ago, humans used noise with the sounds of nature to convey emotions, which led to the creation of music The invention of instruments gave way to rhythm and patterns. Many musical eras later, we have what is known as modern music. As for books, their origin can be traced back to ancient Rome and were created to archive history and tell stories.

Loveless – Alice Oseman

Stars: ****

Loveless is a story about a girl named Georgia going to university – never been kissed, never had a crush, yet she is a hopeless romantic that holds on to the idea of her finding the one With the help of her friends, she tries to find this one, yet things don’t go according to plan and leaves her with a question –Will she always remain loveless? Or has she been looking for love in the wrong way?

This story is a perfect read to anyone looking for something simple It is easy to read, a gripping novel, perfect for a teenager.

“Mother” - Megan Trainor

Stars: ****

For weeks Meghan Trainor’s song, Mother, made its way into all of our brains This popular pop song, originated from Tiktok and made its way across our screens We are singing it in the corridors, because this song is most definitely an earworm Meghan Trainor has quite a reputation of creating earworm songs and engaging lyrics

One could argue that without the invention of books and writing, written music would not exist. However, the art of music is not dependent on a pen and the ability to write Is music not the language of the illiterate, as it was when many people could not afford an education? To further set music apart from literature, one must compare their respective influence on human development.

Literary fiction is said – by studies such as one directed by English Professor Pragya Shukla – to “induce sympathies and enlarge the mind.” It has also been proven by science that music improves cognitive skills and expression of emotion Books and music differ in the way they promote learning Readers tend to develop knowledge, improved language skills and memory, whereas musicians tend to develop refined concentration and emotional maturity. That being said, one can conclude that in order to decide for yourself whether books or music holds greater value, one should ask the following question: Is increasing the ability to learn through music, more important than reading a book in the hope of learning? The author’s opinion: yes

Spotprent

Kreatiewe skryfwerk
BiancavanderWalt Erin Meyer Mia Blaauw

Larries se kuns

Houtskool tekeninge deur Mia Blaauw in graad 12.
Maggie Kritzinger in graad 8
Caitlin Henderson in graad 10. Tineke Louw in graad 10.

Skote klap by Interhuis

La Rochelle se somersport-seisoen het weggespring met ’n vinnige spoed tydens die Interhuis atletiekbyeenkoms en die Interhuis gala.

Op 23 en 25 Januarie het al die huisgroepe op die veld en baan hul kragte teen mekaar opgeweeg Die deelneemers het met ’n goeie gees en deursettingsvermoë hul spanne verteenwoordig.

Die Daisies het gesweet om hul plek in die nuwe skool vol te staan en toe die skoot klap hul goed van hul taak gekwyt. Enya Binneman was die beste baanatleet vir dogters O/14 en het 27 punte vir Murray los gehardloop Murray spog met nog ’n pragprestasie: Theresa Botha was die beste veldatleet en het 18 punte vir haar huis ingevorder. Murray was nie die enigste span wat geskitter het nie. Pride het ook uitgeblink met Ninke Coetzee wat 26 punte ingesamel het en die prys vir die veelsydigste O/14-atleet gewen het Sy lewer ook die beste O/14-vertoning volgens die ASA-tabel. Ninke hardloop die 90m-hekkieswedloop in 14,75 sekondes en verdien sodoende 829 punte op die ASA-tabel. Die rooi span se O/15’s het stof in die ander se oë geskop Cillie wen al die O/15-pryse Kylie Basson het die tydhouer laat bontstaan met die 28 punte wat sy op die baan opgestapel het. Sy was die beste O/15baanatleet. Sy verdien ook die meeste punte op die ASA-tabel vir O/15. Haar 90m-hekkies-vertoning in 13 42 sekondes het haar ASA-tabeltelling laat spring tot 904 ASA-punte Caitlyn Petzer samel 23 punte in en wen die prys vir die beste veldatleet. Die veelsydigste O/15-atleet was Leyla Wagner wat 25 punte bygedra het tot haar span se oorwinning. By die O/17’s was Cillie “on fire”, maar De Villiers was die “extinguishers” Die toekenning vir die beste baanatleet is deur Kiera-Lee Abrahams en Mia Wilson gedeel. Hulle het hul hakke gelyk ingekap om 25 punte elk by Cillie se totaal by te voeg. Cornelia Destroo van De Villiers het 25 punte ingesamel en die prys vir die beste veldatleet verower Sy gooi ook die beste O/17-vertoning volgens die ASA-tabel Haar diskus-prestasie van 40,74m besorg haar 902 ASA-punte. Die veelsydigste baanatleet was Cara Wilson wat haar plek op die veld en baan volgestaan het en 24 punte vir Cillie opgestapel het

Liana Human

Die matrieks het die klok aangehoor by die Interhuis atletiekbyeenkoms. Hulle het die geleentheid met albei spykerskoene vasgetrap. Die kompetisie was kop aan kop tussen die huise Juané le Roux van Pride en Emily Williams van Cillie het 28 punte vir hul onderskeie huisgroepe uitgesweet en die toekenning vir die beste baanatleet gedeel. 27 punte is deur Miclynn Africa van Murray op die veld aangeteken. Dit het aan haar die toekenning vir die beste O/19veldatleet besorg. Die veelsydigste O/19-atleet was Juané le Roux van Pride wat 28 punte ingesamel het. Angie Pietersen van Cillie lewer die beste O/19vertoning volgens die ASA-tabel. Sy kry 844 punte op die tabel toe sy die eindstreep van die 100m-wedloop binne 12 20 sekondes oorsteek

Die algehele wenner van die Interhuis atletiekbyeenkoms was sportmanskap en deelname, waartydens Cillie uitgeblink het. Nie net was die byeenkoms ’n goeie wegspring vir die atletiekseisoen nie, maar dit het ook die stemme vir 4M opgewarm. Die Interhuis swemgala het op 31 Januarie plaasgevind. Die opkoms was uitstekend en elke huis het verskeie swemmers gebring om Cillie die stryd aan te sê. Swem is nie die maklikste sport nie. Dit vereis ’n see vol oefening, ’n swembad vol fiksheid, ’n plaspoel vol tegniek, longe vol uithouvermoë en ’n swemkep vol talent Cillie se swemmers het die regte kombinasie gehad en water in die ander se oë gespat. Murray het ’n teengolf veroorsaak, maar Cillie het die golf tot oorwinning gery.

Lili Hebler van Cillie was die meermin by die O/14’s. Na die afvuur van die skoot swem sy die vinnigste 4x25m O/14-wisselslag, in 1:19,10, en word as die beste O/14swemmer gekroon. Sy is ook die junior wat die meeste punte insamel - 52 punte

Die O/16’s se vis in die water was Madison Pienaar van Murray Sy voltooi die O/16 4x25m-wisselslag eerste Sy gly deur die water in 1:28,28 en ontvang die trofee vir die beste O/16-swemmer.

Jeannette Muggenberg maak seker Cillie wen deur haar talent in te span. Sy swem die vinnigste 4x25m O/19-individuele wisselslag, 100m-ope vryslag en 100m=ope rugslag. Sy neem die trofee vir die beste O/19-swemmer huis toe.

Adelmarie Barnard (links) van Cillie het die chloor-molekules se aandag getrek deur eerste onderdeur die vlaggies te swem tydens die 100m-ope borslag in ’n tyd van 1:39,39. Alhoewel Cillie die ander spanne se koppe gewas het, was dit steeds ’n middag van deelname, spanbou en ondersteuning

Almal is nie gebore met atletiese voete of webbe tussen die tone nie. Interhuis kompetisies is ‘n geleenheid om deel te neem in die gees van spanbou, iets nuuts te probeer, jou span te ondersteun en as ’n span iets te doen om die skoot vir die seisoen af te vuur.

Larrie cheerleaders having much fun at Interhouse athletics. Adelmarie Barnard

Larrie-atlete by 4M

Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.