Avanti Term 3 2019

Page 1

TERM 3 2019, ISSUE #17

Tips For A Smooth Matric Farewell Groen In Die Gange

Oud-Larries Skitter Steeds

Georgina, Our Golden Girl


Letter From the Editor Geagte La Rochelle

Jou gange was koud en gevul met onbekende gesigte en haar blommerokkie het hééltemal te naby aan die knieë gevoel. Jou reëls en regulasies was genoeg om enige vars-uit-die-laerskool-bloedjie te laat bewe in haar blommesokkies. Die eerste dag was so skrikwekkend dat dit haar selfs laat wonder het of sy die regte besluit geneem het. Binne die eerste paar weke was die eerste van honderde lesse geleer: sy was regtig nie so oulik soos wat sy gedink het sy was nie (te danke aan juffrou Neethling se “ladder speech”) en om ‘n sot te wees was moeilik genoeg, so sy moes dit nie vir haarself moeiliker gemaak het deur om Milady-dag te vergeet nie. Boonop was dit regtig nie ’n goeie idee om die dag na 4M in skooltyd uit te glip na Bean in Love toe nie. Sy en haar mede Gr.8-vriendinne het ongelukkig die gevolge dra… Mettertyd was die gange gevul met bekende, warm gesigte en haar blommerokkie het al hoe gemakliker begin sit. Die volgende paar jare was gevul met harde werk, kat-

tekwaad, gebreekte harte, af en toe ‘n paar verkeerde besluite, vele trane en dubbeld soveel lag. Sy het herinneringe gemaak wat sy vir altyd sal koester saam met mense wie sy nooit sal vergeet nie. Sy het geleer wie haar ware vriendinne was en hoe belangrik dit was om vir haarself op te staan. Sy het geleer om tyd te maak vir haarself en om kanse te vat. Sy het besef wie en wat sy wou wees en het besef dat die lewe nie altyd maanskyn en rose was nie. Voor sy haar oë kon uitvee, was sy in matriek. Die Sotte van 2015 het verander in die Matrieks van 2019. Hulle het lief geword vir mekaar en geleer om saam te staan. Hulle het saam in sterk vroue verander. Hulle was reg om die wêreld binne te gaan en ‘n verskil te maak. Sy wens vir haar medematrieks net die beste toe. Al groet sy met ‘n seer hart, weet sy dat sy reg is vir die volgende hoofstuk in haar lewe. Sy sal vir altyd dankbaar wees vir La Rochelle en wat die skool vir haar beteken het.

Andrea van der Merwe


CONTENT SPORT

08| Landloop: ‘n passie wat ek nie wil ontgroei nie 09| Georgina, our Golden Girl 10|

Oud-Larries

steeds na skool

skitter

NEWS

11| ‘Art is either a revolution or plagiarism.’ – Paul Gauguin 12| Baby Bloom 14| What Type Of Millenial Larrie Are You?

CULTURE

04| Die Wit Zoeloe 06| Groen In Die Gange 07| Kleurkreatiwiteit

LIFESTLYE

15| The Grade 10 Dance 2019 16| Tips For A Smooth Matric Dance 17| Healthy Hacks 18| Unleash Your Inner Curl 19| Green Committee Poems


Die geluid van gumboots wat stamp op die verhoog, wat “Afrika” laat druis deur jou are. Die energie, passie en entoesiasme word van ver af aangevoel. Die gehoor sing saam, dans en juig. Op die ouderdom van 10 het ek die magic van Johnny Clegg ervaar. Die Johnny Clegg konsert wat ons gesin bygewoon het in Johannesburg is ongelukkig kortgeknip omdat my broer Johnny Clegg se kenmerkende danspassies probeer na-aap het en gevolglik sy enkel geswik en in trane uitgebars het! ‘n Goeie bewys dat niemand Johnny se danse kon naboots nie. Vir my as tienjarige was Johnny Clegg ‘n oom wat interessante musiek gemaak het. Nou dat ek ouer is, besef ek egter dat sy musiek baie meer betekenis dra as bloot net “lekker musiek.”

4|culture

Die nuus van sy dood op 16 Julie 2019 was ‘n skok vir sy aanhangers. Radio- en televisiestasies het huldeblyke uitgesaai. Eusebius Mckaiser skryf op Twitter: “Brilliant musician, performer, anthropologist, storyteller…brilliant AFRICAN. RIP Sir.” Bekende TV-persoonlikhede, politici, joernaliste, akademici en musikante het almal melding gemaak van sy unieke bydrae. Karen Zoid skryf onder meer: “I lift my voice with the chorus. To me he was also a guiding light. A star …Too white to be black and too black to be white. Never grey… Rebel, intellectual, boy, sage. It started by listening to you, Johnny, and it ends by listening to you.” Johnny Clegg is gebore in Engeland en toe hy ses jaar oud was, het sy gesin na Suid-Afri-

ka geïmmigreer. Een aand, in sy tienerjare, het hy ‘n man, Charlie Mzila, hoor kitaar speel en onmiddellik geweet dat hy ook daardie musiek wou speel. Die res van sy tienerjare het hy hom verdiep in die Zoeloe trekarbeiders se kultuur, musiek en dans. Johnny wou graag lesse neem by Charlie Mzila, maar is aan die begin weggejaag omdat die apartheidwetgewing dit nie toegelaat het nie. Dit het hulle egter nie gekeer nie. Hulle het dit reggekry om in die geheim te ontmoet en Johnny het onder leiding van Mzila die Maskandi-kitaar, die isashameni-dansstyl van die Zoeloe-immigrante bemeester. Clegg se betrokkenheid by swart musikante het dikwels gelei tot inhegtenisnemings, weens die oortreding van die Groepsgebiedewet. Op


die ouderom van 17 het hy vir Sipho Mchunu ontmoet en saam het hulle toe later die groep “Juluka” begin. Die musiek wat hulle gemaak het was grensverskuiwend‘n mengsel van pop- en tradisionele Zoeloemusiek, maar dit is deur die Apartheidsregering verbied en gevolglik nie in Suid-Afrika uitgesaai nie. Juluka het in 1985 opgebreek, en Clegg het ‘n nuwe groep, Savuka, gevorm. Die groep het internasionaal bekend geword en het groot gehore gelok. Die energieke, grensverskuiwende musiek is vereer met vele internasionale, en ná 1996, ook nasionale toekennings. Johnny Clegg was ‘n sanger, liedjieskrywer en danser wat oor drie dekades meer as 5 miljoen albums wêreldwyd verkoop het. As antropoloog en aktivis het hy navorsing gedoen, geskryf en onder andere ook ‘n dokumentêre TVreeks, “A Country Imagined” gemaak en aangebied.

Oh, it’s only you that remains with me Clear as the light of day.”

nal Journey” toer begin. Van Johnny Clegg se gewildste liedjies was:

Blitsfeite:

Scatterlings of Africa

In 1988 het Michael Jackson een van sy konserte in Lyon gekanselleer omdat Johnny Clegg dieselfde aand sou optree en in daardie stadium was Clegg met sy charisma, unieke musiek en uitgesproke kritiek op Apartheid, ‘n groter trekpleister.

King of Time

In 2007 ontvang Clegg ‘n ere-doktorsgraad van Wits Universiteit vir sy bydrae in musiek en ontvang altesaam vier ere-doktersgrade van verskillende universiteite.

Great Heart

Cruel, Crazy, Beautiful world Impi Asimbonanga The Crossing

Dela

Sunet Verhoef

Koningin Elizabeth het Clegg vereer met die toekenning “Officer of the Order of the British Empire” vir sy bydrae tot die kunste en publieke diens. In 2015 is pankreale kanker by Clegg gediagnoseer en in 2017 het hy sy “Fi-

In Desember 2018 kom 50 bekende Suid-Afrikaanse sangers, onder andere Karen Zoid, Craig Lucas, Francois van Coke, Karlien van Jaarsveld, Kurt Darren, Majozi, Dave Matthews en Jack Parow saam om hulde te bring aan Johnny Clegg. Saam neem hulle ‘n spesiale weergawe van sy lied, “The Crossing”, op waarmee hulle hom verras. Die tweede strofe uit “The Crossing” som Clegg se bydrae op: “All the words in truth that have been spoken That the wind has blown away

culture|5


Groen in die Gange Back to School Goes Green! Die afgelope paar jaar is daar baie studies gedoen en inligting gepubliseer oor kosblikke en ander skoolbenodigdhede wat lood, Bisfenol A, PVC en ander chemikalieë bevat, wat vermoedelik karsinogene en/of hormoonontwrigters is. Inkopies gaan nie meer daaroor om dinge van die lys af te merk nie, maar eerder oor die inligting op die etiket van produkte. Dit gaan ook daaroor om omgewingsbewus te wees. Die Groenkomitee wend ‘n groot poging aan om La Rochelle en ons mede Larrie-susters meer omgewingsvriendelik en –bewus te maak. Vanaf “Eco Bricks”, die “Le Natural” Skoolfondsinsameling, die Groen Markdag tot die verkoop van diereplakkertjies. Groenwerkswinkels en skooluitstappies, byvoorbeeld die “Two Oceans Aquarium Trash Bash”, skep geleenthede om meer omgewingsvriendelik te wees. Jou poging om ‘n “EnvironmentaLarrie” te wees hoef egter nie tot die bogenoemde lys beperk te wees nie. Neem dit in jou eie hande en maak gebruik van jou kreatiwiteit om jou eie skoolbenodigdhede te maak! Gelukkig vir ons, lewe ons in ‘n tegnologiese gevorderde wereld. Daar is dus baie webtuistes en video’s beskikbaar

6|culture

op die internet oor hoe om jou eie skoolbenodighede te maak, hergebruik of te “DIY”. Voorbeelde van sulke webtuistes sluit in “DIY Formula”, wat 10 maniere lys oor hoe om jou eie skoolbenodigdhede te maak, en youtuber “ohh tea” se “zero waste series”. “EnvironmentaLarries” hou ook daarvan om te leer oor hoe om “groen te gaan” en na te dink oor groot en klein maniere waarop hulle die planeet kan help red! Het jy geweet dat vir elke stapel koerante wat herwin word, ‘n 6 meter lange denneboom gered kan word? Feite kan kinders bemagtig en hulle laat voel dat hulle pogings om meer omgewingsvriendelik te wees, werklik ‘n verskil maak - en dit begin met ‘n eenvoudige inkopielys! In plaas daarvan om ‘n potloodsakkie te koop, volg die voorbeeld van die Groenmarkdag “EnvironmentaLarrie entrepreneurs” en gebruik jou eie kreatiwiteit om jou eie potloodsakkie te maak.

Elizabeth du Toit


K

L

E

U

R

K

Wat is kleur? Ons weet rooi, blou en geel is ons primêre kleure. Daar is warm en koue kleure, maar as iemand jou die definisie daarvan vra, wat gaan jy sê? Kleur se definisie lees as volg: dis die eienskappe wat deur verskillende voorwerpe besit word, wat deur die oog gesien kan word as gevolg van die weerkaatsing of uitstraling van lig, maar kleur is baie meer as net dit. Kleur is n stimulator: iets wat jou brein prikkel en inspireer sonder dat jy dit eers besef. Verskillende kleure verskaf sekere reaksies en ons gaan nou in dÍe kleurvolle wêreld indelf. Daar is al ‘n jarelange debat oor die effekte wat kleur op die mens het. Byvoorbeeld, die kleur geel gee enige ontwerp ‘n energieke atmosfeer. Dit maak diegene wat rondom díe kleur is meer optimisties en positief, maar moenie die fout maak om jouself met te veel geel te omring nie, want dit kan oorweldigend raak. Groen word weer gebruik word om n kalm atmosfeer te skep, dit gee ‘n gevoel van sekuriteit. Wit kleure skep die idee van onskuld en skoonheid, waar swart ‘n gevoel van krag en intelligensie gee. Pers gee ‘n gevoel van misterie en bru-

R

E

A

T

I

in ‘n gevoel van die huis en warmte. Die kleure blou en rooi is dié wat die wetenskaplikes die meeste interesseer. Die meeste navorsing oor die invloed van geestes- en kognitiewe prestasie as gevolg van kleur, is op díe twee kleure gefokus. Vir ‘n lang tyd het navorsers nie saamgestem oor watter kleur breinkrag die meeste verhoog nie. Soos dit blyk, hang dit alles af van die aard van die taak wat uitgevoer moet word. Baie assosieer rooi met gevaar of aantreklikheid en alhoewel rooi jou help met sekere take is dit beperk tot take wat detailgeorïenteerd is. Rooi help met jou geheue, sowel as fokus, maar al hierdie kwaliteite is gebasseer om jouself prakties te verbeter en stimuleer dus nie jou kreatiewe denke nie. Die kleur is bekend daarvoor om jou in n boks te druk, dus as jy n meesterstuk in die kunste wil lewer, sal dit slim wees om weg te beweeg van enigiets rooi af.

W

I

T

E

I

wat ons veilig laat voel. Dit help ons brein om weg te beweeg van vertrapte paaie, en help ons eerder om paaie van kreatiwiteit te ontdek wat ons nooit andersins sou vind nie. In teenstelling met rooi wat ons laat dink ons is in gevaar, laat blou ons kalmeer en meer oopkop dink. So volgende keer as jy sukkel om produktief te wees, of sukkel met jou kreatiewe denke, weet jy nou hoe en met watter kleur jy jouself moet omring om jou brein te stimuleer. Somstyds is ‘n bietjie kleur al wat jy nodig het!

Teana Mans

Blou is egter bekend daarvoor om ‘n mens se kreatiwiteit aansienlik te verbeter. Dit is baie goed vir ‘n dinkskrumsessie. Die rede daarvoor is omdat ons blou assossieer met groot, rustige uitspansels, soos die lug, see en water. Dit plaas ons in ‘n gemoedstoestand van vrede en rustigheid

culture|7

T


Landloop: ‘n passie wat ek nie wil ontgroei nie Onderhoud met Deidré Wessels Jou asem jaag, jy het miltsteek in jou sy en jou voete pyn. Jy hardloop al vir wat soos ‘n ewigheid voel. Uiteindelik kom die einde in sig. Jy skraap jou laaste bietjie energie bymekaar en druk deur om daardie laaste paar tree voor die eindstreep te voltooi, voordat jy neerval op die grond in jou sweetdeurdrenkte klere. Jy vra vir jouself die vraag: “Waarom het ek myself sopas deur vier kilometer se absolute hel gesit? “ Ek glo dat daar vele mense is wat met my sal saamstem oor my ervaring met hardloop, daar is egter ‘n groep meisies wat nie met my sal saamstem nie. ‘n Groep meisies wat hulself daagliks deur hierdie ervaring sit. Die verskil is egter dat hierdie meisies versot is op die gevoel van brandende longe soos hulle voete die grondpad tref. Hardloop is hulle verslawing. Ons noem hulle die landloopspan. Ek het met Deidré Wessels, ons skool se landloopkaptein ’n onderhoud gevoer om uit te vind wat dit van hierdie sport is wat maak dat sy en haar span kilometer na kilometer aanhou hardloop. Die hoeveelheid ure wat die meisies in hulle tekkies deurbring is verbasend, want volgens Deidré oefen die meisies Maandae tot Vrydae vir ongeveer twee ure saam as

8| sport

‘n span. Saterdae oefen hulle weer op hul eie deur byvoorbeeld aan ‘n “Parkrun” deel te neem. Die meisies neem op ‘n gereelde basis deel aan wedlope met die sewe Paarl liga-kompetisies wat in die winter op Woensdae plaasvind. Dan neem hulle ook deel aan Boland liga-kompetisies op Saterdae waar hulle hul Bolandkleure kan verwerf en aan verdere uitdunne en kompetisies kan deelneem. By oefeninge hardloop die meisies nie sommer meer as 6km in ‘n sessie nie. Die kompetisies se afstande wissel van ‘n gemiddeld van 4km vir Paarl-liga en tussen 4 en 6 km vir Boland-liga.

wees dat sy kan oefen en dat daar baie mense is wat fisies dit nie kan doen nie, al sou hulle graag wou. Deidréglo ook dat as jy dit doen vir jouself en nie vir enigiemand anders nie, is dit veel makliker om gemotiveerd te bly.

Deidré se gunstelingkompetisie is een wat Girls’ High en Boishaai saam organiseer by Hussar Gril, waar jy tussen die wingerde hardloop. Sy vertel ook dat haar persoonlike beste afstand 14km is, ‘n afstand wat nie in almal se broek sit om af te lê nie. Sy sê dat draf al so deel van haar roetine is dat dit vir haar snaaks voel as sy dit nie doen nie.

Alhoewel landloop as ‘n individuele sport geklasifiseer word, sou die hegte span nie hulle wedlope kon oorleef as dit nie vir hulle spanmaats se ondersteuning was nie. Deur die bloed, sweet, trane en ure se oefening raak die span later soos ‘n familie, wat mekaar optel as iemand struikel.

Sy vertel dat sommige dae se hardloop makliker is as ander en dat sy self na al die jare dit ook soms moeilik vind om gemotiveerd te bly. Veral gedurende die wintermaande wanneer onder komberse sit met ‘n koppie koffie in die hand na ‘n veel beter idee klink as om in die koue te gaan oefen. In sulke oomblikke herinner sy haarself net weer hoe dankbaar sy moet

Toe ek haar vra wat deur haar kop gaan terwyl se besig is om te hardloop in ‘n kompetisie sê sy dat sy heeltemal vergeet van alles wat rondom haar aangaan en net op haarself en die roete fokus. As dit nie genoeg is nie, sing sy ‘n liedjie in haar kop of herinner haarself dat sy reeds so ver gekom het en dus netsowel klaar kan maak.

Deidré se laaste woorde oor die landloop is as volg: “Landloop is vir my veel meer as net ‘n tydverdryf of wintersport, dis ‘n passie wat ek nie wil ontgroei nie. Dit is my manier om te ontsnap van my boeke en skool; die perfekte geleentheid om my kop skoon te kry.”

Junelle Rossouw


Georgina, our Golden Girl

N

o one in our school can say that they do not know who Gina Kapa, aka @geene.beene, is. But for those in the back, Gina is the hostel’s deputy head girl, a school prefect, a former JTC member, the First Team netball captain, a 4M cheerleader and more. Gina started high school in the prime year of 2015 as part of the Class of ‘19. During 5 years in La Rochelle she accomplished so much in all aspects of her high school career: academics, netball, athletics and the list goes on. But if you had to ask her what her passion is, she would always say netball. The netball court is where she thrives and spends most of her time. She has made the Western Cape Netball Team 7 years in a row and also the Top 35 Talent Identification multiple times, as well as the U16 National Team in 2017. Gina has always and will always reach for the stars. Her hard work paid off last year when she was included in the SA U18 Netball Team, which she called “the dream”. But it does not stop there, she was also chosen as the best attacking player at the All Girls’ Festival this year. With such immense talent and a heart of gold, it is impossible for others not to look up to her. Gina is not only the First Team Captain, but she is also the School Netball Captain. She

has encouraged so many others to pursue their dreams in netball and to carry on training and never give up. She has done so much for the netball in La Rochelle. Gina doesn’t only have great hand-eye coordination, but she also has GEES! First chosen as a cheerleader for Murray (whoop, whoop), she worked hard, managed a busy schedule very well and was chosen as a 4M cheerleader. She did us very proud. All the hostel brakke can agree that her door in ‘Groen Gang’ is always open for anyone, whether it be for food or advice, she always tries her best to help you out. Gina is a special and irreplaceable girl who is unfortunately matriculating at the end of this year, but it is needless to say that her legacy in La Rochelle will live for much longer. Even though we are losing a gem, she has inspired so many others as a role model. I asked Gina what she would say her biggest accomplishment was in her high school career and she said: “I think making the U/18 SA Team and being in the U/21 SA Squad in the same year was my biggest and most valuable achievement, because netball is my passion and making the SA team has been my biggest dream for as long as I could remember.” In true Larrie spirit, we salute you, En Avant Georgina.

Kaylie Lategan

sport|9


Oud-Larries skitter steeds na skool: Gézelle Magerman, Jana Scholtz en Sigi Burger is elk oud-Larries wat op skool top atlete en netbalspelers was en hoogtepunte in hulle sportloopbane bereik het. Hulle het egter nie na skool hulle tekkies opgehang nie. Elkeen van die drie dames is nog steeds aktief besig om hul sport te beoefen en La Rochelle se naam hoog te hou, hetsy op die atletiek- of netbalbaan. Ek het ‘n onderhoud met hulle gevoer en ‘n paar vrae gevra.

Vrae:

1. Het jy enige advies vir jong atlete? 2. Hoe voel jy dat leerders steeds na jou opkyk? 3. Wat het jou gemotiveer om so hard te werk?

Sigi Burger:

Gézelle Magerman :

1. Never give up. Failure is not the opposite of success, it’s part of it! So when things do not go your way, don’t just fall down and think that you cannot do it anymore, because the reward is so much bigger. 2. It is a privilege because so many times I think that I’m a has-been and what I’ve done has been forgotten. It is nice knowing that you have people looking up to you. 3. Honestly? I am not the best athlete to work with. I am stubborn and emotional, but I know what I want and that is why I work so hard, because I want to be the best. I want to be the best version of myself.

10|sport

Jana Scholtz:

1. My advies is om te glo dat geen droom te groot is nie. Moet nooit toelaat dat enigiemand jou laat voel jy is nie goed genoeg nie. Dis belangrik om altyd in jouself te glo en om jouself nooit met ander te vergelyk nie. 2. Dit is so ‘n groot voorreg om te weet dat dat jy iewers langs die pad iemand geïnspireer het of ‘n blywende indruk gelaat het. 3. Harde werk is nie net een dag se motivering en insette nie. Dit is ure en ure se opofferings en toewyding aan iets waarvoor jy lief en passievol oor is. Probeer om altyd gemotiveerd te bly en om alles te doen ter eer en verheerliking van God se naam en die gesondheid en talent wat Hy vir jou gegee het, te koester.

1. My advice would be to never give up, work hard and put in those extra hours, because in the end, it really does pay off. 2. I didn’t realize that people in La Rochelle still know who I am. I see it as a massive honour, because it is a great school with an amazing bunch of girls. If I can inspire one girl, it would be incredible. 3. I worked very hard and knew where I wanted to be. I simply never gave up, because I played for the first team but was never chosen for the Boland team until U17. I never gave up and worked when others weren’t working.

Rebecca Willemse


‘Art is either a revolution or plagiarism.’ – Paul Gauguin

What do Da Vinci, Sappho, Tchaikovsky, and Lady Gaga all have in common? All of these people are (or were) famous artists that made massive contributions to society at one point or another. For millennia, people have been besotted with art in every form, shape, colour, and discipline that it can be expressed in. However, what is art? And is it still relevant within a modern society that is slowly becoming self-aware? Art is whatever you want it to be. Art is the undefinable product or process that appeals to human emotions, whilst conveying them in a cocoon of imagination, skill, and aesthetic taste. Art is what keeps some people busy, and what motivates others to become busy. It is an expression of all things intrinsically human, in a vessel that is traditionally inanimate and inhuman. Art is the connection between a spectator and a spectacle, in a manner that is publicly intimate, in the sense that everybody has access to a hypothetical installation, but everybody draws their own meaning from it. Art is supposed to make you feel something. In short, art just is. These days, art is much less revered than it used to be,

due to the fact that it has become commercialized. Art is no longer created to challenge and provoke thought; it is produced on a massive scale to satisfy an overpopulated world, at a price. If we look at the music industry, and what it has achieved since the early 1900s, it is disappointing to think that as a society, we have ‘progressed’ from complex concerti conveying abstract concepts to mind-numbing, repetitive tunes filled with innuendos. Modern popular music is like the same soup from yesterday’s lunch, just reheated. Music has become simple, and it has regressed into something similar to what Gregorian monks chanted during the 1100s. However, it is less creative, the dynamic and timbre range is greatly reduced, and it is far more predictable. What about other facets of performing arts? What about cartoons such as the endearing Disney animations from our childhoods that have slowly morphed into unforgivable CGI experiments that limply recreate the monumental classics from the previous century? What about the epic, multidimensional novels that delve into the darker sides of protagonists, that have slowly become

simple stories that all propagate a similar generic message? What made the world prefer a boring narrative, barren of winding, complex sentences that prompted readers to imagine worlds of their own instead of having entire stories delivered to them on silver platters? What made mankind become uncreative and boring? Think about it this way – the world has changed exponentially within the space less than 100 years. In a world where there is little change, art prompts and provokes thought that inspires change. In a world where change constitutes daily life, perhaps art acts as a reality check; an anchor that regulates change. Perhaps art is just the way we perceive the world, and in a world where our numbered days are earmarked by the greedy fascists who rule it, art cannot help but become limited and mediocre. As we enter a generation of instant gratification, will we lose our appreciation for the finer things in life? Have we truly become an innovative Icarus to the Sun of creation, exploiting the integrity of creativity to the point of no return? If so, what will the world be like if there is no art in living in it?

Ansofi Pretorius

news|11


BABY BLOOM Larrie-land is hierdie jaar geseën met baie nuwe saailinge - nuwe onderwysers en afrigters - maar die mees onlangse is natuurlik juffrou Naudé se bondeltjie vreugde, James. Ons wag ook op die koms van juffrou Pedro se baba eersdaags. Ek het besluit om die baby boomers te ondervra oor hulle nuwe avontuur:

Mevrou Naudé:

1. Wat het Juffrou-hulle laat besluit om julle seuntjie “James” te noem? Ek het nog altyd van die naam “James” gehou en het al sedert ek ‘n tiener was gedink dat ek graag my seuntjie dit sal wil noem. Dis vir my ‘n sterk, klassieke naam. Ons het ook met ‘n klomp ander idees vir name rondgespeel, maar het aangehou terugkom na James. Daarom was die besluit heel maklik! 2. Vertel ons bietjie meer oor hom. Waarvan hou hy, hoe lyk hy, ensovoorts? Hy is ‘n baie liefdevolle en gelukkige seuntjie. Hy glimlag permanent en hou vreeslik baie van aandag – en vertrou my, hy kry oorgenoeg daarvan!. Op die stadium hou hy van speelgoed wat bo hom hang en hy is absoluut mal oor musiek. Dit sit

12|news

onmiddellik ‘n groot glimlag op sy gesiggie. Hy is baie op-en-wakker, wil heeltyd rondkyk en deel wees van die “aksie” in die vertrek. Sy gunstelingplek is om oor ‘n mens se skouer te loer. Hy is vir my ‘n pragtige seuntjie (alhoewel alle ma’s seker glo hulle kinders is pragtig). Hy het blou ogies, diep dimpeltjies (kuiltjies) en vol, ronde lippies. Almal wat hom sien sê hy gaan beslis ‘n hartebreker wees! 3. Na wie trek hy die meeste, na Juffrou of sy pa? Party mense glo hy lyk meer soos ek, maar ander sien weer meer van my man in sy gesig. Ek dink sy ogies is sy pa s’n uitgeknip, maar sy mondjie kry hy dalk by my. Die kuiltjies is ‘n absolute raaisel, want nie ek of sy pa het kuiltjies nie. Hulle verander so baie op hierdie ouderdom, so ons wag maar in spanning! Hy lyk amper weekliks vir my anders. 4. Wanneer is sy verjaarsdag? Hy is op die 22ste Mei gebore. 5. Watter gevoelens of emosies het Juffrou ervaar toe hy vir die eerste keer in Juffrou se arms geplaas is? My eerste emosie was absolute verligting! Die kraamproses was seker die moelikste ding wat ek nog ooit in

my lewe moes gedoen het. Daarna was dit onwerklik en het ‘n paar minute geneem om in te sink. ‘n Rukkie later toe ek en hy alleen was, het ek ‘n gevoel van oorweldigende liefde ervaar toe hy op my bors gelê het en net vir my gestaar het. Ek het toe vir hom gesê: ”Hallo, James, ek is jou mamma.” Dit is ‘n oomblik wat ‘n mens nie in woorde kan beskryf nie - dit is onbeskryflik spesiaal om ‘n ouer te wees. 6. Is die ware Jakob wat Juffrou gedink het dit gaan wees? Die eerste paar weke was vir my baie anders as wat ek gedink het dit gaan wees. ‘n Mens bou ‘n verhouding met hierdie nuwe klein mensie en dit is nie outomaties alles net maanskyn en rose nie. As ‘n nuwe ouer, is ‘n mens verskriklik moeg en oorweldig, maar ek raak elke dag net liewer vir my seuntjie. Dit is egter ‘n absolute eer om sy ma te wees. Daar was wel oomblikke aan die begin waar ek gedink het: “What were we thinking?”, maar dit is nog steeds die wonderlikste ding om ‘n ouer te wees. Dit slaan steeds my asem weg as ek na hom kyk en hy vir my koekeloer. Ek het baie gegroei as mens die laaste paar maande. So in kort, die ware Jakob is nog baie beter as wat ek gedink het.


7. Hoe voel Juffrou daaroor om hom amper eersdaags te moet verlaat om terug te kom skool toe? Gemengde gevoelens! Ek mis die skool en my leerders, sowel as die volwasse interaksie met my kollegas. Ek is baie lief vir my werk! My keel trek wel al klaar toe as ek dink ek moet binnekort vir klein James by vreemdelinge los. Ek glo dit gaan baie erger wees vir my as vir hom. Die skooltjie gaan goed wees vir hom, want hy gaan stimulasie kry en mettertyd maatjies maak soos hy ouer word. Dit maak die proses vir my makliker! Ek mag dalk ‘n drukkie nodig hê in daardie eerste week terug by die skool! (skimp, skimp.) 8. Het Juffrou enige raad vir juffrou Pedro? My raad aan juffrou Pedro sal wees om nie te hard op haarself te wees met die begin van ouerskap nie. Die samelewing sit baie druk op ouers, en veral op ma’s, om alles perfek te doen. Moederskap kom nie met instruksies nie! Mens leer maar soos jy vorder en wat spesifiek vir jou werk. Sy moet haarself ook vergewe as sy alles doen wat sy altyd belowe het sy NOOIT as ouer sou doen nie – soms doen mens als wat jy nie wou doen nie. Meer as enigiets anders moet sy dinge net in haar stride probeer vat en niks te ernstig opneem nie. Ek en my man lag baie- lag en ‘n goeie sin vir humor help altyd.

Mevrou Pedro:

1. Wat was Juffrou se eerste reaksie toe Juffrou uitgevind het dat Juffrou swanger is? ‘n Mengelmoes van skok en

ekstase. Ek was weg van die huis af vir twee dae by ‘n skrywerswerkswinkel saam met my nagraadse-studieleier en Girls’ High se onderhoof en het gedurende hierdie tyd uitgevind dat ek swanger is. Ek sou nooit kon raai dat hulle die eerste mense sou wees met wie ek die nuus sou deel nie. Ek het dadelik gewonder hoe ek vir my man gaan vertel wanneer ek weer tuis is. 2. se 17

Wanneer is Juffrou bevallingsdatum? September 2019.

3. Het Juffrou-hulle enige name gedink is die uitblinker Ons verwag ‘n jie en sy naam is

al aan en wat opsies? seuntDaniël.

4. Het Juffrou al enige eienaardige cravings beleef? Eintlik nie! Ek sou sê dat ek meer gereeld lus was vir sop (selfs in die somermaande), maar geen vreemde goed soos grond, ys of houtsaagsels nie! (‘n mens hoor vreemde stories van sommige vrouens...) 5. Ervaar Juffrou die gloei van swangerwees, soos al die mammas op tydskrifvoorblaaie? In jou tweede trimester, voel en lyk mens gewoonlik baie goed, maar in die derde trimester begin mens baie ongemaklik in jou eie lyf voel. Vir my was dit eerder ‘n emosionele gloei – dit is werklik ‘n wonderlike ervaring om te voel hoe ‘n klein mensie in jou ontwikkel en beweeg. Dit bly ‘n enorme wonderwerk en ek voel baie dankbaar dat die swangerskap so ‘n goeie en lekker ervaring tot dusver is.

6. Ervaar Juffrou enige van die newe-effekte van swangerskap, soos byvoorbeeld naarheid, bloeinde tandvleis, ens? Ek was vir die eerste 11 weke van my swangerskap baie naar (net mooi gedurende die eerste kwartaal se musiekblyspelrepetisies). Dit was nogal uitdagend, want ek was nie net in die oggende naar nie, maar van die oggend tot die aand. Dit het gelukkig gou oorgewaai en daarna het ek baie min newe-effekte ervaar. 7. Het Juffrou ‘n aksieplan vir die groot dag? Indien wel, wat is dit? Ja, kom by die hospitaal en druk! :) 8. Het Juffrou-hulle al begin om die huis te baby proof en die klein bondeltjie se kamer te versier? Die babakamer is gereed en lyk baie oulik. Ek het ‘n baie kreatiewe man en binnehuise-versiering is een van sy groot passies. Hy het die babakamer versier met mooi skakerings van ligte groen (mint), wit, grys en ‘n bietjie goud. Wat baba-veiligheid in die huis betref, sal ons nog ons planne moet beraam (mens het darem so 9 maande voordat hulle begin kruip). Ons almal sien uit om weer vir juffrou Naudé in die skoolgange raak te loop en ons hoop dat klein James haar nie te veel mis nie. Ons wens ook vir juffrou Pedro voorspoed en geluk toe met haar klein bondeltjie.

Emma Basson

news|13


What type of Millennial Larrie are you?

At La Rochelle, we take pride in the fact that we all differ. As August is women’s month, find out what type of millennial you are:

1. Which of these beverages would you prefer to sip? a. Green Tea b. Mocha Frappuccino c. Hot Chocolate d. Coffee

6. What is your preferred type of house? a. Small and comfy b. Artistic c. Old and vintage d. Modern and spacious

2. If you had a baby girl, what would you name her? a. Jordan b. Behati c. Layla d. Elizabeth

7. What is your favourite pass-time? a. Going to the gym b. Online shopping c. Napping d. Scrolling on Social Media

3. What is your preferred app? a. Fitness/ Weight loss programs b. Instagram c. WhatsApp d. Pinterest 4. What does your ideal Sunday look like? a. Going for a morning jog/to a Pilates class/ yoga class b. Trying out a new restaurant c. Watching Netflix d. Working ahead for the week 5. On which millennial snack would you munch? a. Avocado on toast b. Fancy popsicles c. Whatever is available in the house d. Kale Chips

14|news

8. Which quality describes you the best? a. Determined b. Always up to date c. Honest and loyal d. Hardworking and task orientated 9. What is the most used app on your phone? a. FitCoach b. Camera c. Music d. Notes 10. What is your best described style? a. Comfortable and laidback b. Trend-setter c. Whatever Cotton On sells d. Smart casual Answers:

Mostly A’s: You are ... the Fitness Freak. You can always be found at your nearest Virgin Active. You are usually in great shape and you are most probably an athlete – Schoemie will find you. Mostly B’s: You are … the Queen Bee. You are always setting new trends and the tuck-shop is the reason you are “hocus pocus always brocus.” There is at least one photo of food on your Instagram-profile. #foodporn Mostly C’s: You are … the Typical Teenager. Who needs school when you have Google? You are always on the procrastination station and time flies when your life is falling apart. Naps have become one of your personality traits. Mostly D’s: You are … the Boss Babe. You definitely get things done and Cardi B is probably on replay. You are friendlier than your walkingto-class-face. You can also confidently approach Miss Bothma.

Aidan Harmse


The Grade 10 Dance 2019 After weeks of preparations, planning, ticket sales and a whole morning of decorating…

The evening we had all been waiting for finally arrived on the 19th of July. The hall looked magical. There were fairy lights draped across the ceiling, and trees all around the hall. The theme, “Garden of Lights”, was really brought to life. I asked some of the grade 10 girls to share their experiences of the dance. Camryn Dobie thought that the “champagne” (appletiser) we were given when we

arrived was very cute, and that the set up was really pretty. The food was amazing according to Tarryn de Wet, “the waffles were life changing”. Bronwyn Matthews liked that, “the whole grade could get together to celebrate the dance”. It was the perfect opportunity for us all to spend time together, outside of every day school life. Cayla Marais enjoyed, “dressing up and taking

nice photos”. Some girls wore beautiful dresses, while others rocked less traditional outfits like jumpsuits and edgy pant-and-top looks. It went by so quickly and it is kind of sad that the night we were all looking forward to since grade 8 is now over. But the dance was unforgettable, and we will cherish the memories that we made forever. As they say, “Don’t cry because it’s over, smile because it happened”.

Alexandra van Stelten

lifestyle|15


Tips for a smooth Matric Farewell The day has almost arrived for our grade 12 Larries – the 2019 Matric Farewell! Apart from stressing about your date, outfit, makeup, hair and transport, there’s also one major factor to take into consideration – the evening itself! Do not to worry though, the team at the Avanti has you covered; here are a few tips for a smooth matric dance evening.

1.

Avoid Drama: Nothing can spoil a night as important as this like unnecessary drama. None of us want to reflect back on the amazing night and the first thing that comes to mind is the fight you had or the passive aggressive tension floating around. Not only does this add stress on you for the whole night, but it also makes the event unpleasant for those around you, so steer clear of drama!

2.

Keep the conversation flowing between you and your date: Maybe your date is your partner, close friend or even your crush to whom you don’t really speak that much, but in all cases it’s important to keep an easy and comfortable conversation going between you and your date. If you struggle with this, think of a few topics beforehand and let the conversation flow naturally!

3.

Take loads of photos:  Nothing brings back memories like photos! Although you might have a photographer for professional photos, it’s much better to capture the fun moments with your phone. Take spontaneous, fun photos so you can remember the actual night and all its experiences, not just the pre-night with its professional photos!

4.

Don’t worry, take off your shoes! Honestly, there’s a point in time where every girl gets tired of walking around in her blistering heels. The team at the Avanti recommend you to stop worrying about your outfit at this point and just let loose! You’ve already taken all your formal photos, now it’s time to make some memories and this night is one to remember! Above all, have fun. You only have this opportunity once in your life. Make the most of it. We’re sure it will definitely be one to remember! If you apply all these tips, you’re almost guaranteed to have a good one!

Danielle Pretorius

16|lifetsyle


1. Invest in a set morning routine. This sets you up for a more organised start to your day, and it can be a little bit of, “you time”, before the hustle and bustle of the day begins. 2. Start your morning off with a cup of warm lemon water or green tea. These drinks both boost metabolism and cleanse your body. 3. Move your body! Whether you go for a run, walk, do some circuit workouts or Yoga/Pilates, moving your body and increasing your heart rate for 30-45 minutes a day is ideal! It also releases endorphins, aka your “happy hormone” which sets you up to feel really good after a workout!

4. Ensure you get 7-8 hours of sleep. This is the optimal time for people in our age bracket. If you are sleep deprived you will be moody, sleepy, unmotivated and unable to retain any information at school or while studying! (Full credit goes to Mrs. Vermeulen for this tip!)

cial! If you don’t like the taste of water, add cucumber, lemon or mint to make it more appealing to your palette! Try and incorporate these tips into your daily life and hopefully they help you as much as they helped me!

Erin-Mari Gleeson

5. Try to replace refined sugars with natural sugars. Next time you’re craving something sweet, try some fruit or honey on a cracker. This will curb your sweet craving, and it is healthy! 6. Ensure you drink at least 2 litres of water a day. I know you have heard it a million times, but that’s because it is cru-

lifestlye|17


Unleash Your Inner Curl

Every human being has her own unique curl pattern. If you are crazy about curls and really want to define your curls or tame those unruly monsters that sneak up on you, it is important to identify your own curl pattern and to find products that accommodate your curl pattern. Here are three popular curly girl products you can try out: Cantu hair product. This can be purchased in any Dischem or clicks. Shea Moisture and Aunt Jackie’s hair product, also available at Clicks and Dischem.

As a curly girl myself, sometimes it is rather tiresome handling the curls and the frizz that comes with it. Here are two tips for getting rid of the frizz: Don’t dry your wet hair with a towel, rather use an old t-shirt. This absorbs the water without causing friction and ultimately frizz. Use a diffuser to dry the hair fast, without upsetting the curl pattern. Finally, try NOT to apply heat to the hair. If you want the best curls, you’ve got to take the best care of your hair. After all, a queen needs her crown to be glorious.

Layla Traci van Sitters

18|lifestyle


Inge van der Westhuizen

Save Africa

Isabella Colatruglio

Kragteloos gedaan

It’s shiny and it’s thin

On the hills of the Cape Where the cool wind blew, Where the grass waved And the swallows flew.

Stukkie vir stukkie  op gebreek,  verwoes, terneergedruk

Clingwrap Advertising

And it’s see-through in the light It keeps all the moisture in When you leave things overnight It’s stretchy and it’s cheap You can forget it when you’re done It will sink away to metres deep Don’t you think that’s fun? This clingwrap covers anything Even blue-green balls of stone From fields and bees and birds that sing To the lion on its throne This product, you can trust It has an eternal guarantee That is until the ball disgusts Because of dark days and coloured seas So, think wisely, my dear customer, There is no turning back

Under the African sun Where zebras once roamed free And springbuck found shade beneath the Acacia tree. And mud huts baked their clay walls dry, Beyond the pasture the hyena laughed And the cheetah cub stalked a hare in the grass. Twenty- four giraffes camouflaged behind the trees And the lion’s mane fluttered in the breeze. The rhino walked and the river flowed… Oh! Bring back Africa, the one we know! Where water flows past the river bank And rangers don’t have to watch the rhino’s back. Bring back Africa, the one we love…

Bianca van der Walt

opsoek na nog lewe.  Uitgeput brandend sukkelend Hoe hou mens ‘n moeder lewendig wat dag na dag versmoor word met rookwalms,  en afgebreek word tot net haar kern deur die mense   wat sý aan die lewe hou

Just being a Rainbow Nation is not enough! Diverse people come together, Join hands and together we will make South Africa last forever!

Once it’s set it will not stir And your days will remain black.

green committee |19



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.