CSE105 - Kliëntediens en Etiek

Page 23

CSE105 Kliëntediens en Etiek vervul word nie, is die persoon gefrustreerd en voel minderwaardig, swak, hulpeloos en waardeloos. •

Selfaktualiseringsbehoefte

Die behoefte aan selfaktualisering kom na vore, nadat aan al die voorafgaande behoeftes voldoen is. Maslow beskryf selfaktualisering as ʼn persoon se behoefte om te wees en te doen wat hy of sy "gebore was om te doen – ʼn musikant moet musiek maak, ʼn kunstenaar moet skilder en ʼn digter moet skryf.” Hierdie behoeftes veroorsaak dikwels ʼn rusteloosheid by so ʼn persoon, omdat dit nie altyd duidelik is wat daardie behoefte sal vervul nie (Simons, 1987: 2). 1.5.4

Hantering van kliënte

Praktiese oefening 1.4 Besoek een van die sakeondernemings in jou omgewing en lys, na aanleiding van jou ondervinding, die foute wat meestal deur sulke ondernemings gemaak word, in hulle kliëntediens.

Ward (2011: 1) en Anon (2010: 1) identifiseer die volgende basiese reëls wat ʼn onderneming se kliëntediens moontlik kan verbeter: •

Hantering van kliënte se oproepe

Die hantering van oproepe en ontvangs van kliënte, is belangrik in enige onderneming. Kliënte hou nie daarvan om te wag nie en wil goeie en tydige diens hê wanneer hulle skakel, of die moeite doen om die onderneming te besoek. As hier ʼn leemte in ʼn onderneming bestaan, is dit noodsaaklik om dit op alle vlakke te identifiseer en reg te stel. •

Reaksie op e-posse en ander navrae

Een van die belangrikste wenke rakende kliëntediens, is vinnige, effektiewe kommunikasie. E-posse moet verkieslik binne 24 uur beantwoord word en daar moet gereelde kommunikasie wees, indien die onderneming van sosiale media gebruik maak. Verder is dit belangrik dat persone wat die navrae hanteer, die onderneming, sy

©akademia (MSW)

Bladsy 21


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.