OTD105 - kantoortegnologie en Dataverwerking

Page 204

OTD105 Kantoortegnologie en dataverwerking verskeidenheid van statistiese tegnieke. •

Stap 5: Resultate

Sodra die toepaslike analises gedoen is, moet die resultate van die ontledings geëvalueer en geboekstaaf word. Die skryf van die verslag, is ʼn verlengstuk van die analise. Dit moet so aangebied word dat die bestemde teikengroep dit sal verstaan. Die statistiese resultate kan omvangryk wees. Dit sal dus sinvol wees om die resultate in tabelle en grafieke op te som en voor te stel.

Riglyne: Aktiwiteit 11 Die drie basiese tipes inligting wat ʼn bestuursinligtingstelsel genereer. •

Gedetailleerde inligting bevestig transaksieverwerkingsaktiwiteite.

Opsomming van inligting konsolideer data in ʼn formaat wat ʼn individu vinnig en maklik kan nagaan.

Uitsonderingsinligting verwys na inligting wat buite die normale toedrag van sake is.

Riglyne: Aktiwiteit 12 Die uitgebereide dataverwerkingsiklus in die korrekte volgorde: Inisiëring, insette, prosessering en manipulasie, uitsette, verspreiding en kommunikasie, berging, herwinning en reproduksie.

Riglyne: Aktiwiteit 13 Die doel van netwerkargitektuur: Die doel van netwerkargitektuur is om hulp en leiding te voorsien om ʼn hoë gehalte netwerk te implementeer. Die netwerkargitektuur help nie net met die installering van die netwerk nie, maar ook met probleemoplossing en die instandhouding van die netwerk. Netwerkargitektuur help ook met netwerksekuriteit en dataherwinning in die geval waar data, as gevolg van een of ander probleem of ramp (disaster recovery) verlore gegaan

©akademia (MSW)

Bladsy 202


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.