GET206 - Belasting

Page 117

GET206 Belasting 3.8.5 Deeltydse, tydelike en toevallige werkers Werknemersbelasting vir hierdie werknemers word teen ʼn koers van 25% bereken. Voorbeelde van deeltydse besoldiging word onder Paragraaf 13.7 verstrek. Tipiese voorbeelde van los werkers is studente of skoliere wat tydelik iewers aangestel is. Bestudeer die tabel onder Paragraaf 13.7. 3.8.6 Onafhanklike kontrakteurs (OK) ʼn OK is onafhanklik van die betaler en die persoon aan wie die diens gelewer word. OK’s word uitgesluit van die omskrywing van besoldiging. Bedrae aan OK’s is dus nie onderhewig aan werknemersbelasting nie. Paragraaf 13.8.1 lys persone wat nooit OK’s kan wees nie, asook wanneer daar geag word dat ʼn persoon nie ʼn bedryf beoefen nie. Bestudeer die diagram onder Paragraaf 13.8.1. 3.8.7 Arbeidsmakelaars (AM) Par 1 en 2(5) ʼn AM word as ʼn werknemer beskou i.t.v. die omskrywing van ʼn werknemer. Paragraaf 13.8.2 gee ʼn goeie opsomming van die verskil tussen ʼn AM en ʼn OK. ʼn Vrystellingsertifikaat kan uitgereik word vir die vrystelling van werknemersbelasting. Daar is egter vereistes waaraan voldoen moet word, soos gelys onder Paragraaf 13.8.2. Bestudeer Voorbeelde 1 en 2. 3.8.8 Persoonlike diensverskaffers (PDV) Par 1 Paragraaf 13.8.3 gee ʼn omskrywing van ʼn PDV. Daar is vereistes waaraan voldoen moet word om as ʼn PDV beskou te word. Die res van Paragraaf 13.8.3 kan net gelees word. 3.8.9 Direkteure van privaat maatskappye Par 11C Direkteure van privaat maatskappye is ook onderhewig aan werknemersbelasting met toepassing van spesiale reëls. Werknemersbelasting word op geagte besoldiging bereken. Die volgende figuur dui die stappe aan om te volg by ʼn direkteur se jaarlikse aanslag:

Studie-eenheid 3: Individue

Bladsy 115


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.