FMG105 - Finansiële Bestuur

Page 59

FMG105 Finansiële bestuur inkomste gegenereer uit primêre aktiwiteite aangedui as inkomste uit verkope of verkope. Primêre aktiwiteite van ʼn maatskappy wat dienste verskaf behels die verkryging van kundigheid en verkoop van die kundigheid aan kliënte. Vir maatskappye wat dienste verskaf is die inkomste wat uit primêre dienste verdien word, diensinkomste of fooie verdien. Dit is belangrik dat mense nie inkomste met ontvangste verwar nie – inkomste kom voor wanneer geld verdien word, ontvangste kom voor wanneer kontant ontvang word. Byvoorbeeld, as ʼn handelaar aan kliënte 30 dae toestaan om te betaal, kom inkomste voor wanneer die goedere verkoop is en nie wanneer die kontant 30 dae later ontvang word nie. As goedere verkoop is in Desember, word die verkoop aangetoon in die Desember inkomstestaat. Wanneer die handelaar die tjek in Januarie ontvang vir die Desember verkope, het die handelaar ʼn Januarieontvangste en nie ʼn Januarie-inkomste nie. •

Inkomste uit sekondêre aktiwiteite Inkomste uit sekondêre aktiwiteite word dikwels na verwys as nie-operasionele inkomste. Hierdie is die bedrae wat ʼn onderneming verdien buiten die aankoop en verkoop van goedere en dienste. Byvoorbeeld, wanneer ʼn kleinhandelsonderneming rente verdien op sommige van die kontant voorhande, of huurinkomste verdien, of inkomste verdien as gevolg van ʼn aktiwiteit afsonderlik van die koop en verkoop van goedere. Hierdie inkomste word gerapporteer in die inkomstestaat afsonderlik van die primêre aktiwiteite van verkope of diensinkomste. Nie-bedryfsinkomste word op die wins en verlies staat aangetoon gedurende die tydperk wanneer dit verdien is en nie wanneer die kontant gevorder is nie.

Winste Winste soos die wins op die verkoop van langtermynbates val buite die primêre aktiwiteite van die meeste ondernemings. ʼn Wins word aangetoon in die inkomstestaat as die netto van twee bedrae, naamlik: Die opbrengs ontvang uit die verkoop van ʼn langtermynbate minus die bedrag wat vir die item betaal is op die maatskappy se boeke (boekwaarde).

©akademia (MSW)

Bladsy 57


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.