BIS105 - Bedryfsinligtingstelsels

Page 29

BIS105 Bedryfsinligtingstelsels

o

Hoe lyk die huidige wetgewing aangaande die verkoop van medisyne? Hoeveel wetgewing moet in gedagte gehou word wanneer ʼn onderneming medisyne verkoop?

Middelvlakbestuur. Die hoeveelheid verantwoordelikhede wat middelvlak bestuur het word soms deur die grootte van die onderneming bepaal. Hierdie verantwoordelikhede bepaal die tipe besluite wat ʼn middelvlakbestuurder moet neem, en so ook die tipe inligting wat hy nodig het. ʼn Middelvlakbestuurder sal byvoorbeeld die prys van produkte vasstel, die hoeveelhede bepaal van produkte wat vervaardig moet word of die mediums wat gebruik sal word om ʼn produk te bemark.

Operasionele bestuur. Die tipe inligting wat benodig word vir operasionele bestuurders is redelik beperk, omdat die besluitneming beperk is. Dit beteken egter nie dat operasionele bestuurders nie belangrike besluite neem nie! As ʼn pakhuisbestuurder besluit om nie enige hoofpynpille aan te koop nie en die winkel se voorraad is te min, verloor die winkel nie net moontlike inkomste nie, maar ook kliënte en word sy reputasie beskadig. Inligting wat operasionele bestuurders van LykMooi sal benodig sluit in: o

Wat is die minimum voorraad wat in die winkel moet wees voordat nuwe voorraad bestel moet word?

o

Watter metodes kan gebruik word om my personeel te motiveer?

o

Hoeveel tydelike personeel moet ek aanstel tydens die vakansietydperk om kliënte te help?

Sommige van die inligting wat hierbo genoem is, is maklik bekombaar. In ander gevalle is dit baie moeilik, of selfs onmoontlik om die regte inligting te verkry. Gelukkig het die koms van inligtingstegnologie dit moontlik gemaak om ʼn groot hoeveelheid inligting te versamel en dit op so ʼn manier voor te stel dat besluite baie makliker en vinniger daarmee geneem kan word. Hierdie stelsels word bedryfsinligtingstelsels genoem en word in die volgende paragraaf bespreek. 1.8

Tipes bedryfsinligtingstelsels

Daar is ʼn verskeidenheid bedryfsinligtingstelsels wat in ondernemings aangetref word. ʼn Onderneming sal natuurlik nie al die moontlike inligtingstelsels wat beskikbaar is gebruik nie – die keuses van ʼn stelsel word bepaal deur die individuele behoeftes van ʼn onderneming of afsonderlike departemente. Soos in Paragraaf 1.7 hierbo bespreek is, kan die inligtingsbehoeftes van ʼn onderneming ingedeel word volgens die vlak van bestuur wat daardie inligting benodig. Die vlak van bestuur, bepaal ook die aard van die inligtingstelsel

©akademia (MSW)

Bladsy 27


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.