BAP105 - Bedryfs- en Rekenkundige Praktyk

Page 127

BAP105 Bedryfs- en rekeningkundige praktyk 4.7.1

Die finansiële data wat in brondokumente voorkom

Rekeningkunde is dus ʼn sistematiese proses waar die finansiële transaksies van ʼn sakeonderneming te boek gestel word, sodat finansiële state opgetrek kan word vir verslaggewingsdoeleindes. Hierdie finansiële inligting word dan ontleed deur die belanghebbende partye, sodat belangrike finansiële besluite geneem kan word. Vir hierdie finansiële data om bruikbaar te wees, moet dit relevant wees; dit moet betroubaar wees en dit moet konsekwent wees. Die rekenmeester is verantwoordelik vir die teboekstelling van ʼn sakeonderneming se finansiële transaksies ooreenkomstig sekere rekeningkundige beginsels. 4.7.2

Joernalisering

Die teboekstelling van ʼn onderneming se finansiële transaksies geskied deur middel van die skryf van ʼn joernaal – dus joernalisering. Joernalisering verskaf ʼn ouditspoor vanaf die begin van die transaksie tot en met die finalisering van die transaksie. Joernale verskaf ook ʼn metode om die uitwerking van finansiële transaksies op die finansiële stand van die onderneming te ontleed. ʼn Joernaal kan dus gedefinieer word as die teboekstelling van finansiële data, wat verband hou met ʼn spesifieke transaksie, deur middel van die dubbelinskrywingsmetode. ʼn Joernaal behels die aantekening van vier aspekte ten opsigte van ʼn transaksie, naamlik: 1. Die datum waarop die transaksie plaasgevind het. 2. Die grootboekrekening waarna gedebiteer moet word en die bedrag. 3. Die grootboekrekening waarna gekrediteer moet word en die bedrag. 4. Laastens, ʼn kort beskrywing van die transaksie – wat die transaksie behels het.

(BusinessDictionary.com, 2011. http://www.businessdictionary.com/definition/journalizing.html) Die dubbelinskrywingsmetode beteken dat vir elke debietinskrywing, daar ook dieselfde kredietinskrywing moet wees. Met ander woorde elke transaksie wat te boek gestel word moet balanseer. Alles wat aan die linkerkant (debietkant) te boek gestel word, is gelyk aan die regterkant (kredietkant). Dit is ʼn baie belangrike konsep om te verstaan – alles moet balanseer. ©akademia (MSW)

Bladsy 125


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.