2 minute read

gelede in die Zoutpansberger

Hierdie week, 25 jaar gelede, het voortslepende watertekorte tot gewelddadige protesaksie op Waterval gelei, waartydens ten minste drie mense ernstig gewond is.

Op die voorblad van 15 Mei 1998 word berig hoe lede van die Waterval-gemeenskap opgeruk het na die plaaslike regering se kantore in die woongebied omdat hulle reeds sedert 1995 gesukkel het om water te kry. Twee mense is gewond toe daar op die taxi waarin hulle gereis het, geskiet is by ‘n polisie padblokkade. ‘n Derde protesganger is deur ‘n af-diens polisiebeampte geskiet, ook by ‘n padblokkade. Hartseer genoeg, 25 jaar later sukkel die hele Vhembe streek steeds met ernstige water probleme, danksy die Vhembe Distriksmunisipaliteit se onvermoë om effektiewe watervoorsiening te lewer.

Advertisement

In ander voorbladnuus het die Groter Louis Trichardt Oorgangs raad besluit om hulle kontroversiële ontwikkeling noord van Stubbsstraat in Louis Trichardt se “groen gordel” eers te staak ná hewige openbare beswaar. Vir dekades lank het die raad telkens probeer om die area, wat reeds in 1984 vir dorpsgebied-ontwik keling geproklameer is, te ontwikkel. Begin 2022 het die Makhado Munisipaliteit, sonder enige aankondiging, bloot be gin om die gedeelte te ontbos vir infrastruktuurontwikkeling en later aangevoer dat hulle niemand se toestemming nodig gehad het nie, aangesien die beoogde ontwikkeling reeds in die 1980’s goedgekeur is. Huidiglik het die hele projek in die area noord van Stubbsstraat klaarblyklik weer tot stilstand gekom.

En as die politiekery jou daardie jare tot drank gedryf het, sou ‘n 750 ml bottel Romanoff Vodka jou R18,75 uit die sak gejaag het en ‘n 750 ml bottel Richelieu brandewyn

Eric Louw se Graad 11 akademiese B-span (65% tot 74%) ná afloop van die eerste skoolkwartaal bestaan uit (van links na regs) Fateha Chowdhury, Nadine Bosman (toppresteerder 74%), Micheala Evans, Leon Schoonraad, Mlungisi Hlophe, Lorinda du Plessis en Tebello Seswa. Afwesig tydens die neem van die foto was Mishce Bezuidenhout. Foto verskaf.

LOUIS TRICHARDT

VAKATURE VIR ‘N VERKOOPSPERSOON

Vereistes:

• Graad 12

• Moet Afrikaans & Engels magtig wees

• Moet verkoopsondervinding hê

Stuur CV na: Simangol@ctm.co.za

Hoërskool Louis Trichardt spog met 18 toekennings wat deur die Departement van Onderwys uitgedeel is tydens die Vhembe-Wes akademiese prysuitdeling verlede week. Voor, van links na regs, is Chene Ras (1ste Graad 12 Wiskunde Geletterdheid), Lindy Vorster (2de Graad 11 Gasvryheidstudies), Jana Nagel (1ste Graad 11 Toerisme), Mieke Veldman (1ste Graad 12 Rekeningkunde), Nicoline Venter (2de Graad 12 Toerisme), Anje Swanepoel (1ste Graad 12 Gasvryheidstudies) en Fatima Patel (1ste Graad 9 Sosiale Wetenskap). Agter is Anam Yalukar (1ste Graad 12 Afrikaans), El-Girnin Maarman (1ste Graad 12 Ekonomie), Thando Khanye (1ste Graad 12 Besigheidstudies), Ruben Smith (1st Graad 9 Engels Eerste Addisionele Taal), Enelo Mahundla (1ste Graad 12 Geografie), Razina Patel (1ste Graad 12 Afrikaans) en Marnet Muller (1ste Graad 11 Gasvryheidstudies). Afwesig tydens die neem van die foto was Fatima Patel (top leerder Graad 11), Phoebe Joubert (2de Graad 10 Gasvryheidstudies), Carli von Rauenstein (top leerder Graad 12 Afrikaans Huistaal) en Andrea Badenhorst (1ste Graad 9 Wiskunde). Foto verskaf.

This article is from: