4 minute read

Death of EEF councillor comes as shock to many

Municipal News

The community of Musina learned with shock and disbelief about the sudden death of well-known local politician Cllr Tebogo Selina Phiri. Phiri (43) was admitted to Messina Hospital, where she died from an undisclosed illness on Wednesday evening, 10 May.

Advertisement

Phiri served as a member of Musina Local Municipality’s executive committee (EXCO) since November 2021. She was a proportional representative (PR) councillor, representing the Economic Freedom Fighters (EFF). Before she took up the position of councillor at the municipality, she served as station manager for Musina FM.

Her husband, Mr Aubrey Maluleke, was very emotional when he broke the news.

“This is a very difficult time for the family, but we are very thankful for the support from family members, Musina Municipality, friends and the entire Musina community,” he said.

During an urgent commemorative special council meeting on Monday, 15 May, Musina Mayor Nkhanedzeni Mawela conveyed his sincere condolences to the Phiri family, her political party and everyone who had had the pleasure of knowing and working with her.

“We wish to thank the Phiri family for allowing her to serve the people of Musina with diligence until her untimely departure. We share their pain and grief, and we pray that the family finds strength from the Almighty in these trying times,” he said. All political parties represented in the council were given an opportunity to present messages of condolence during Monday’s council meeting.

Three separate memorial services, organised by various stakeholders, to honour the late Phiri will take place on Wednesday (17th), Thursday (18th) and Friday (19th), while she will be laid to rest in Musina this coming Saturday, 20 May.

“My biggest dream is to start a motivation school for girls. This will be for everybody - irrespective of appearance, size etc. The focus will be on what is in the heart. I firmly believe that if you can dream it, you can achieve it,” an excited Rumaanah shared.

Mopanie se bekende oom Kosie (88) oorlede

Deur Andries van Zyl Inwoners van die Soutpansberg het met hartseer verneem van die dood van een van die streek se jarelange inwoners, oom Kosie de Bruin, in die ouderdom van 88 jaar op 29 April vanjaar.

Jacobus Petrus de Bruin, alombekend as oom Kosie, was in murg en been ‘n boorling van die Soutpansberg. Hy is op 3 Desember 1934 in die ou kraaminrigting (waar die Zoutpansberg Privaathospitaal vandag geleë) in Louis Trichardt gebore. As jong seun het hy sy laerskoolloopbaan op Mopanie begin, waarna hy Standerd 6 en 7 by Happy Rest buite Louis Trichardt klaargemaak het. Hy het sy hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Louis Trichardt voltooi.

Ná skool het oom Kosie as laboratoriumtegnikus begin werk by Sasol. Hier het hy dan ook sy vrou, tannie Febé, ontmoet. Die twee is getroud op 19 Julie 1958 in die destydse Messina, nadat oom Kosie besluit het om te gaan boer op die plaas Dreyer in die Messina-distrik. Vier kinders is uit die huwelik gebore, naamlik Santa Fivaz

(wat tans in Wapadrand, Pretoria, woon), Ronel (wat ongelukkig op drie maande gesterf het), Vicus (woonagtig in Tzaneen) en Alet (ook van Tzaneen).

“My pa het homself ingeleef in die boerdery, gemeenskap en kerk. Hy was ook deel van die boerevereniging en skool en het op al die komitees gedien vir baie jare,” onthou Alet haar pa. Oom Kosie het vir 30 jaar vir Maswiri Boerdery in die pakstore gewerk vir oom Andries Fourie. In 2000 het hy en tannie Febé besluit om die plaas Dreyer te verkoop, waarna hulle na Nylstroom (vandag Modimolle) verhuis het. Hulle sou daarna ook tyd by hulle kinders deurbring, en met oom Kosie se afsterwe was hy en tannie Febé by Alet op Tzaneen woonagtig.

Hy is op 29 April in die Tzaneen Medikliniek oorlede.

‘n Roudiens vir wyle oom Kosie is op 6 Mei vanuit die NG Kerk Moedergemeente op Louis Trichardt gehou, waar hy en sy familie jare lank lidmate was. Die diens is waargeneem deur ds. Jan Pretorius.

Die familie het hulle dank uitgespreek teenoor die Soutpansberg-gemeenskap vir hulle woorde van vertroosting en ondersteuning met die afsterwe van oom Kosie. Hy word oorleef deur tannie Febé, met wie hy 64 jaar getroud was, kinders, sewe kleinkinders en een agterkleinkind.

Leerders van Laerskool Louis Trichardt het Vrydag, 12 Mei, deelgeneem aan die tweede ronde van die AMESA Wiskunde Olimpiade en baie goed presteer. Tien van hulle eindig onder die Top 15 in die Soutpansberg-Oos Kring. Hulle is voor, van links na regs, Rofhiwa Tshikudo, Robert Strydom en Ria Mugwabana. Agter is Lilian Venter, Francis Gilfillan, Bartholomeus Barnard, Leon Furstenburg, Leney du Plessis, Lilly Smit en Vululami Rikhotso. Foto verskaf.

Bo: Hierdie groep kinders vorm deel van Hoërskool Eric Louw in Musina se Graad 12 akademiese B-span (60% tot 69%) na aanleiding van hulle prestasies gedurende die eerste skoolkwartaal. Van links na regs staan Rendani Matakanye, Bahle Mashaba, Charlotte Nemaangani, Orediretse Rathokolo, Mariam Khan, Livhuwani Siziba en Funani Takalani. Foto verskaf.

Links: Hierdie drie kinders vorm deel van Hoërskool Eric Louw se Graad 9 akademiese B-span (70% tot 79%) ná afloop van die eerste skoolkwartaal. Van links na regs staan Mpho Tekateka, Sayma Alam (toppresteerder met ‘n gemiddeld van 79,3%) en Katlego Moeketsi. Foto verskaf.

Die bestuur van Bergcare in Louis Trichardt het hulle dank uitgespreek teenoor al die plaaslike eiendomsagentskappe wat deelgeneem het aan ‘n uitdaging tussen mekaar om broodnodige toiletware in te samel en aan Bergcare te skenk. Die uitdaging is geloods deur Anthetico Eiendomme, met Realty 1 and Harcourts wat daaraan deelgeneem het. Die agentskappe daag ook ander besighede uit om steeds Bergcare te ondersteun. Afgeneem is van die produkte wat geskenk is. Daar is altyd ‘n behoefte aan tandepasta, badseep, deodorant, lyfroom, “groen” wasseep en sjampoe, asook nie-bederfbare kos. Vir meer inligting, skakel die bestuurder van Bergcare, Melanie Denner by tel. 082 927 8215. Foto verskaf.

This article is from: