WS 12 July 2012

Page 6

6

NUUS

STANDARD 12 JULIE 2012

Hulp van oral vir dowe ma van 2 HILDERINE SCHRÖDER FINANSIËLE tye mag dalk taai wees, maar as dit kom by een van hul eie, skroom Valleiers nie om op ’n reuse­skaal te probeer help nie. Dít blyk opnuut uit Valleiers se reak­ sie op ’n versoek op Facebook om een van hul eie te help om ’n droom te be­ waarheid. Sedert die groep Fondsinsameling vir Leandre vir ’n kogelere (sic) inplan­ ting gestig is, stroom aanbiedinge van hulp in, word uitdagings gerig om by te dra en het honderde reeds belowe om te help waar hul kan, hoe ge­ ring die bydrae ook al. Me. Leandré van Wyk (34), ’n ma van twee en oud­ leerder van die De la Bat­ skool op Worcester, is steeds verstom op die reak­ sie wat die groep ontketen het. Ondanks die feit dat sy deesdae wei­ nig kan hoor, laat sy haar nie hierdeur kniehalter nie. Sy het al aan ’n string skoonheidskompetisies deelgeneem en al met die titel vir Mej. Dowe Boland 1994 (’n uitdunkompetisie vir die ver­ kiesing van Mej. Dowe Suid­Afrika) weggestap, was in 1995 die Muskadel­ feeskoningin op Montagu en Worcester se skoukoningin vir 1996. Sy werk as data­administrateur by die Suid­Afrikaanse Tuberulose Inisia­ tief (Satvi) by die Brewelskloof­hospi­ taal. “My primêre verantwoordelikheid is datavaslegging van inligting wat ver­ samel is vir navorsingstudies,” sê Van Wyk. “Ek kommunikeer met mense deur e­pos.”

Sy is al haar lewe lank doof, vertel Van Wyk. “Volgens my ouers is dit as gevolg van koorsstuipe. As babatjie het ek gereeld mangelontsteking gekry wat hoë koors tot gevolg gehad het.” Een van die struikelblokke wat sy by die werk moet oorbrug, is die feit dat daar in hierdie stadium geen tolk is wat haar kan bystaan tydens vergaderings nie. “Dít is baie ongemaklik omdat ek vir lang periodes moet konsentreer om sprekers se lippe te lees,” sê sy. Ook by die huis is daar talle uitda­ gings. “My man werk soms weg van die huis as gevolg van werskomstandig­ hede. Dit laat my dan vir dae alleen met

Volgens Van Wyk het sy van kleintyd af gehoorapparate gedra en het dié aan­ vanklik goed gewerk. “Ek kon basiese dinge daarmee hoor, maar soos die jare aanbeweeg het, het ek agtergekom die gehoorapparate werk nie meer nie en ek sukkel om dinge te hoor wat ek voor­ heen kon.” ’n Kogleêre inplanting, sê Van Wyk, sal die wêreld se verskil maak. “My lewe sal handomkeer verander. Ek sal die alledaagse dinge kan hoor wat vir ander mense so bekend en van­ selfsprekend is,” vertel sy. “Ek sal my gesin se stemme en gelag kan hoor. Ek sal aan gesprekke saam met familie en vriende kan deelneem sonder om altyd die stil, skaam per­ soon te wees.” Volgens Van Wyk is dit haar grootste droom om te kan hoor. “Ek dink elke dag van my lewe aan die veranderinge as ek die kogleêre inplanting kan kry. Ek glo nie enigiemand wat nie self deur die dinge gaan, sal besef watter ongelooflike voorreg dit is om te kan hoor nie. Ek sal met ’n glimlag kan wakker word en elke dag positief kan aanvat. My hart­ seer sal vir altyd verdwyn.” Die operasie, sê Van Wyk, sal in die Somerset­Wes­Mediclinic gedoen word. Haar mediese fonds sal R110 000 tot die medies onkoste bydra, wat bete­ ken sy moet die oorblywende R89 000 van iewers verhaal. Die operasie behels die inplanting van ’n tegniese toestel in die binne­oor wat die gehoorsenuwee sal stimuleer. Die kogleêre inplanting is ’n apparaat wat gehoor verskaf aan individue met

“Ek sal met ’n glimlag kan wakker word en elke dag positief kan aanvat. My hartseer sal vir altyd verdwyn.” my twee seuns,” sê Van Wyk. “Daar is soms frustrasie, want ek wil vir hulle die beste gee wat enige ma kan en verstaan nie altyd heeltemal wat hulle behoeftes is nie omdat ek hulle nie duidelik kan hoor nie. As hulle nie in dieselfde vertrek as ek is nie, kan ek hulle glad nie hoor nie, so ek weet nie as een van hulle huil of na my soek nie.” Dít veroorsaak dat sy baie min slaap kry, want sy probeer konstant ingestel bly op enige geluid van hulle af. “My gesin is my hele lewe en ek wil net vir hulle die beste gee wat ek moontlik kan.” Van Wyk se man, Ian, en seuns, Lian (3) en Dylan (14 maande), het nie ge­ hoorprobleme nie.

Leandré van Wyk, hier saam met haar man, Ian, is met die hulp van vriende besig om ’n grootskaalse poging aan te wend om geld in te samel sodat sy vir ’n kogleêre inplanting kan gaan. Foto: Verskaf ’n erge tot uitermatige gehoorverlies wat nie kan baat vind by konvensionele gehoorapparate nie. Die inplanting bestaan uit twee dele: ’n inplantbare elektrode­rangskikking wat in die binne­oor ingeplant word en ’n spraakprosesseerder wat agter die oor gedra word. Die mikrofoon vang spraakseine uit die omgewing op en herlei dit na ’n elektriese kode wat dan uiteindelik na die gehoorsenuwee in die binne­oor gelei word. Die resultaat is dat elektriese impulse langs die gehoor­ senuwee en ook na die spraak­ en taal­ sentra in die brein gevoer word. Mense wat graag ’n bydrae wil lewer kan dit as volg doen:

Naam: Universiteit Stellenbosch Bank: Standard Bank Tak: Stellenbosch Takkode: 050610 Rekeningnommer: 073006955 (tjek­ rekening) Verwysing: Kogelere (sic) Inplan­ tingseenheid: Projek Leandré van Wyk


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.