Standard Jou vallei - Jou nuus
Donderdag, 22 Januarie 2015
Prys: R5.00
Worcester Skou iets van verlede
2
X1PMFJ95-WS220115
Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | Naure Nuuslyn 082 570 0906
Dronkbestuurder tref fietsryers 3
Kapers in De Doorns vasgetrek 3
Bewaarders by die maksimum sekerheidsafde ling van die Brandvleigevan genis het moont lik wraak ge neem teen oor treders ná een van hul kollegas aangerand is.
FOTO: JOLINE VAN DER MERWE
BRANDVLEI: BEWAARDER AANGEVAL; GEVANGENE STERF
Tronkgeweld
JOLINE VAN DER MERWE
’n Klag van moord word teen bewaarders van die maksimumsekerheidsafeling van die Brandvlei korrektiewe sentrum ondersoek. Dit volg nadat ’n oortreder Donderdag (15 Januarie) in die Tygerberg-hospitaal oorlede is weens beserings wat hy opgedoen het in ’n voorval waarin bewaarders hom na bewering aangerand het. Sowat ’n week nadat die Standard begin navraag doen het oor die voorDonderdag 38 ° C
val, het die departement van korrektiewe dienste gister (Woensdag) ’n verklaring uitgereik waarin hy die oortreder as Lubabalo Mzamo (ook bekend as Unathi Bhatyi) uitwys. Dié het volgens die departement Sondag 4 Januarie in ’n “brutale aanval” ’n bewaarder herhaaldelik met ’n slot wat in ’n sokkie toegedraai was, teen die kop geslaan. Volgens Simphiwe Xako, hoof van kommunikasie by korrektiewe dienste, kan dié aanval verband hou met ’n bende-inisiasie. Mzamo moes noodgedwonge hardhandig in bedwang gebring
Mooiweer en baie warm
Vrydag 38 ° C
word. Die beampte wat in die voorval aangeval is, is na Mediclinic Worcester geneem waar hy vir ernstige beserings behandel is en sielkundige berading ontvang het. Die verklaring sê voorts die bewaarders het later, ná die voorval, teruggekeer na die seksie waar hul kollega aangerand is en van die oortreders aangerand. Ses gevangenes is daarna gehospitaliseer, insluitend Mzamo. Vyf van die oortreders is later uit die hospitaal ontslaan, maar Mzamo is na die Tygerberg-hospitaal se in-
Mooiweer en baie warm
Saterdag 38 ° C
tensiewesorgeenheid oorgeplaas waar hy verlede Donderdagmiddag oorlede is. Volgens ’n bron wat na beeldmateriaal van die voorval gekyk het wat na verneem word op kringtelevisiekamera vasgelê is, het ’n groep bewaarders Mzamo met kophoue gepeper terwyl hy hulpeloos op die vloer gelê het. Delekile Klaas, provinsiale kommissaris van korrektiewe dienste, het die optrede van sommige beamptes, wat na oormatige geweld lyk, veroordeel. Volgens Xako is ’n “topvlak”-span
Mooiweer en baie warm
Sondag 32 ° C
Mooiweer
in die departement van korrektiewe dienste saamgestel om die voorval te ondersoek Sers. Vivienne Hurling-Jordaan, woordvoerder van die Rawsonvillepolisie, het ook bevestig ’n klag van moord word ondersoek, asook vyf sake van aanranding. Die saak word ook deur die geregtelike inspektoraat van gevangenisse ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem of aangekla nie, en geen bevestiging is gekry oor hoeveel beamptes na bewering betrokke was nie.