Worcester Standard Edition 28 June 2012

Page 7

GEMEENSKAPSNUUS

STANDARD 28 JUNIE 2012

Carina was ’n omgee-mens HILDERINE SCHRÖDER ALTYD positief, altyd vol grappies en altyd onselfsugtig. Só sal me. Carina van Tonder (55) se familie en vriende haar onthou. Van Tonder, ’n bekende plaaslike sa­ kevrou, is verlede Woensdag in ’n mo­ torongeluk oorlede. Sy was met ’n vrag teëls vanaf Kaapstad na Worcester on­ derweg toe die voorwiel van die bakkie vermoedelik naby die weegbrug buite Rawsonville gebars en sy beheer oor die voertuig verloor het. Van Tonder is per ambulans na die Worcester­hospitaal geneem waar sy aan haar beserings beswyk het. Volgens Van Tonder se skoonseun, mnr. Louis Möller, sal haar familie en

vriende veral haar geaardheid mis. “ Sy was ongelooflik optimisties en positief, sy het nooit gekla nie, maak nie saak wat die omstandighede was nie,” het hy vandeesweek aan die Standard gesê. “Sy het geweldig omgegee vir ander. Sy sou haar eie gevoelens en probleme opsy skuif om iemand anders te help. Sy was altyd onselfsugtig.” As eienaar van Simplicity Tiles was Van Tonder ’n bekende sakevrou op Worcester, maar buiten haar sakever­ nuf, word sy ook onthou vir haar passie vir musiek. “Sy was ’n groot musiekliefhebber en het graag klavier gespeel,” aldus Möller. Van Tonder was bykans 25 jaar lank lid van die eertydse plaaslike musiek­ groep Fagan’s Rock vir wie sy klawer­

Taxi-staanplek:

Op ’n nat en koue Dinsdagaand het ’n handjievol van belanghebbende persone by die Worce­ ster­biblioteek vergader om die taxi­ staanplek wat vir die oop ruimte agter die voormalige Fruit and Veg City (Porter­ straat) beplan word, te bespreek. Die pro­ jek is ’n eerste fase van die Worcester Transport Precinct Plan en het ten doel om openbare vervoer te verbeter, asook die fasilitering van geleenthede vir klein opkomende besighede. ’n Belangrike as­ pek in die proses is om seker te maak dat alle belanghebbende en geaffekteerde rolspelers deelneem en dat al hul proble­ me, bekommernisse en aanbevelings aangehoor word. Die projekbestuurder, me. Sarah Patterson van Jakupa Archi­ tects and Urban Designers, sê verteen­ woordigers van die taxi­verenigings, die Erfenisvereniging, die Besigheidsforum, grondeienaars, insluitende die kerke en inwoners in die gebied is gevra om kom­ mentaar te lewer. Om betrokke te raak, kontak Sarah by 0021 462 1824, of e­pos sarah@jakupa.co.za of Nik Wulls­ chleger van die Worcester Besigheidsfo­ rum by 023 347 0336, of e­pos chair@worcesterbusiness.co.za

bly 2 aande betaal vir slegs 1 Die Townhouse Hotel bied jou ‘n naweek in die Moederstad aan.

Vanaf R900 per kamer vir die 1ste aand - die 2de aand is gratis! Slegs kamer - maksimum twee persone per kamer. Geldig tot 31 Augustus 2012. Toepaslik op Vrydae, Saterdae en Sondae. Terme en voorwaardes geld. Bespreking is noodsaaklik: 021 465 7050 of hotel@townhouse.co.za 60 Corporationstraat, Kaapstad, Suid-Afrika

bord gespeel het. Sy word ook as baie kreatief en kunstig beskryf. ’n Roudiens is Maandag (25 Junie) vir Van Tonder gehou. Sy laat haar man, Johan, twee dog­ ters, mee. Ronel Smit en Janine Möller, skoonseuns Hercu Smit en Louis, ’n ou­ er broer, mnr. Kowie du Toit, en drie kleinkinders agter. Volgens me. Möller laat haar ma se dood ’n geweldige leemte. “Ons sal haar só baie mis, want sy was elke dag deel van ons alledaagse lewe; ons beste vriend, ma en liefdevolle ouma. Ons harte is stukkend, maar ons het die mooiste, mooiste herinneringe.” Die familie bedank Damas wat sy ge­ riewe vir die roudiens beskikbaar gestel het, asook alle ander vriende en familie vir hul bydraes en vertroosting.

Me. Carina van Tonder

7


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.