Worcester Standard 29-11-12

Page 9

Standard

Gemeenskapsnuus Community

29 November, 2012

Kersliggies word aangeskakel MATTHEW SHELDON “Ons verwag om vanjaar ten minste 7 000 mense by die aanskakeling van die Kersliggies te hê.” Só sê Loleta Soldaat, een van die organiseerders van dié jaarlikse gebeurtenis. Volgens Soldaat is die aanskakeling van die liggies waarskynlik een van die mees gevierde geleenthede op Worcester se sosiale kalendar. Vanjaar word die liggies op Sondag 2 Desember aangeskakel. Soldaat sê sowat 6 000 mense het verlede jaar die aanskakeling van die liggies bygewoon. Voordat die Kersliggies aangeskakel word, word ’n Kersprogram aangebied wat plaaslike kunstenaars se talente ten toon sal stel. Coca-Cola se pretwa, van waar kunstenaars sal optree, sal oudergewoonte deel van die verrigtinge wees. Volgens die Kersprogram gaan die Nuwe Apostoliese Kerkkoor om 19:00 met hul optredes begin. Dié koor gaan die ware gees van Kerfees uitdra. Nadat al die formele verrigtinge verby is sal elf plaaslike, jong en talentvolle kunstenaars vir hierdie jaar se Kersfees-Idols optree. Darryl Thomas (14), Worcester se eie Emo Adams-nabootser, is een van die Kersfees-Idols wat sal optree. Die ander is Yolanda Fourie, Surnay Adams, Nicola Speelman, Mickayla Fredericks, MacTayla Jantjies, Chriszelda Brown, Alicia Bredenhan, Shireen Vermeulen, Carlo Abrahams, Mickayla Saaiman en Berenice Wilscut. ’n Plaaslike rieldansgroep sal ook

Festival to remove barriers A festival to commemorate International Day for Persons with Disabilities is being held on Saturday 1 December at the Worcester Museum at Kleinplasie. The theme for the day is: Removing barriers to create an inclusive and accessible society for all. In view of this everyone is welcome to attend the festivities. A procession departs at 09:00 from Church Square to Kleinplasie where an exciting venue awaits. Local as well as other well known artists will perform throughout the day and handcraft and food stalls will cater to everyone’s taste and need. The event is being presented by different organisations for persons with disabilities, the Cape Winelands District Municipality (CWDM), the Breede Valley Municipality and the Worcester Museum. Entry to the day’s festivities is free of charge.

Worcester se Kerliggies het verlede jaar, soos in die jare tevore, mense van wyd en syd gelok. FOTO: HANNELIE BOTHA op die verhoog te sien wees. Die rieldansgroep gaan om 19:45 optree. Hoogstraat sal van 14:00 af tussen Adderley- en Baringstraat vir verkeer gesluit wees. Volgens die organiseerders sal daar van 14:00 af verskeie stalletjies in Hoogstraat wees waar mense verversings kan koop en ander inkopies kan doen. Die groot oomblik van die aand volg om 20:30 wanneer die uitvoerende burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit, raadslid Basil Ki-

vedo, die Kersliggies gaan aanskakel. Die aanskakeling van die Kersliggies word deur die Breedevallei-munisipaliteit in vennootskap met die Standard aangebied. Om vir jou gunsteling kunstenaar onder die Kersfees-Idols te stem, SMS die naam van die kunstenaar na 34426. Daar word gesoek na ’n Idol wat volgende jaar by die Huisgenootmusiekplaas by die Worcester-skou kan optree.

KERSLIGGIES-FEESPROGRAM: 18:00 19:00 19:45 20:00 20:05 20:20 20:30

Byeenkoms by Stadsaal Nuwe Apostoliese Kerk Kersvader kom nader Verwelkoming – Gerrit Matthysen (programdirekteur) Opening van gebed – dr. William Murray Bedankings – David McThomas Aanskakeling van Kersliggies – BVM uitvoerende burgemeester rdl. Basil Kivedo

9


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.