Worcester standard 29 08 2013

Page 11

Standard

Gemeenskapsnuus Community

29 Augustus, 2013

Wen groot met plakkompetisie

By die oorhandiging in die Mountain Mill was Theresa Olivier (die Standard se uitge­ wer en redakteur asook be­ skermvrou van die Standard Kinderfonds), Melinda Brand (Worcester­Oos Primêr), Eddie Nortier sr. (voorsitter van die Kinderfonds), Sam Orton (sen­ trumbestuurder), Suzette Wil­ ken (Kindersorg SA), Etienne Field (hulpmaatskaplike wer­ ker, WEG), John Arendse (be­ stuurder, WEG) en Edwina Arendse (ACVV Worcester).

FOTO:CHRISTINE SMIT

Kinderfonds deel uit Die Standard Kinderfonds het vandeesweek sy Winterwarmteprojek amptelik op ’n hoogtepunt afgesluit toe hy ’n goeie voorraad warm klere aan die drie instansies wat hy ondersteun, geskenk het. Die kersie op die koek was egter ’n skenking van R5 000 wat elkeen ook daarmee saam ontvang het! Die Winterwarmte-projek, waarby Mountain Mill Mall hom ook die afgelope maand of wat aangesluit het en waar die oorhandiging Dinsdag was, was ’n groot sukses. “Daarvoor dank ons die publiek wat hul harte oopgemaak en gehelp het om na ons minderbevoorregte kinders in die Vallei om te sien,” het die voorsitter van die fonds, Eddie Nortier sr., gesê. Insamelings vir die fonds gaan egter steeds voort. Een van die grootste enkele geleenthede is die jaarlikse gholftoernooi, die Mountain Mill Classic wat deur Mountain Mill aangebied word. Dié prestige geleentheid, ’n vierbal-beterbal, word op 5 Oktober by die Riverside Gholfklub gehou. Spanne kan nou reeds inskryf teen R1 400 per vierbal. Die belang-

Stem vir gesiggies Inskrywings stroom in vir die Standard se babakompetisie. Geen wonder ook nie, want vanjaar is daar toppryse op die spel vir die wenners en die persoon wat die wenfoto’s instuur. Om deel te wees van Olivia Jonker hierdie opwindende (nege maande). kompetisie is baie maklik. Bring slegs ’n gesigsfoto van die baba wat jy inskryf na die Standard se kantoor en handig dit, saam met ’n inskrywingsfooi van R75, by Joyce Terblanche by die ontvangstoonbank in. Daar kan in twee afdelings ingeskryf word: 0 tot 18 maande en 18 maande tot drie jaar. Die foto’s word in die Standard geplaas. Lesers sal elke week in albei kategorieë kan stem vir ’n finalis uit die inskrywings wat vir die spesifieke week ingeskryf is. Opwindende pryse wag op die wenners. Vanjaar se borge en die pryse wat hulle borg sluit in: Superfoto (borg twee A3-afdrukke, twee A4-afdrukke en 20 10x15-afdrukke); Beauty @ Heart (partytjie vir 10 kinders; indien buite Worcester, moet die wenners self die vervoerkoste dra); Amy’s Parties (’n partytjie vir 10 kinders met ’n tema van u eie keuse; voorwaardes geld); ATKV Goudini Spa (elke kateDané Taylor (29 gorie-wenner ontvang maande). verblyf vir drie dae gedurende die week by die luukse Slanghoek Villa); Leggs Speelgoed (R100 aan elke kategoriewenner); Butterfly World (vier koopbewyse ter waarde van R137 elk vir ’n families bestaande uit twee volwassenes en twee kinders); Anna Emm ( Lekkerbekkie Muis- DVD vir altwee kategorieë); Fowlers (ete ter waarde van R500 vir die wenner 0-18 maande sowel as R500 vir die wenner van 18 maande tot 3 jaar). Lesers kan vir hul keuse van die week stem vandat die Standard op straat verskyn tot die volgende Dinsdag om 12:00 deur “BABA” gevolg deur die baba se naam na 34426 te SMS. Elke SMS kos R1,50. Die kompetisie sluit op Dinsdag 24 September om 12:00.

stelling loop reeds hoog en spelers kan soos in die verlede, uitstekende pryse wen. Om in te skryf, bel Elizma Berlyn by 083 785 6234 of Pieter Campher by 083 388 3906 voor of teen 23 September. Al is die Winterwarmteprojek afgesluit, bly die nood steeds hoog in die Vallei en mense kan steeds goeie tweedehandse klere en niebederfbare voedsel afgee by: Worcester-Oos Primêr in Sutherlandstraat; Nortier Motors by Brownstraat 6; Standard by Hoogstraat 116; Aïda Winelands by Kerkstraat 22 en Dentzone by Fieldstraat 22. Bydraes word verdeel onder Worcester ACVV, Kindersorg SA en die Worcester Ekumeniese Gemeenskapsdiens (WEG). Kontant kan as volg by FNB inbetaal word: rekening: Gemeenskapskas WesKaap Worcester Standard; rekeningnommer: 62152031383; bankkode: 261150; tak: Cape Town City. Faks ’n afskrif van die depositostrokie na Christine Smit by 023 347 3639 of stuur dit per e-pos na Christine.Smit@worcesterstandard.com. Alle bydraes sal in die Standard erken word.

Jy mag nie vandeesweek se Standard misloop nie – nie as jy groot wil wen in die nuwe plak-en-wenkompetisie wat deur Mountain Mill aangebied word nie. Die gelukkige wenner wen ’n geskenkbewys van R1 000 om in die inkopiesentrum te spandeer. Om deel te neem, moet lesers sorg dat hulle die spesiale plakvorm kry wat hierdie week verskyn en ook die eerste plakstuk uitknip wat iewers in die koerant versteek is. Die res van die plakstukke verskyn oor die volgende paar weke in die Standard en moet elke week uitgeknip en op die vorm geplak

11

word. Sodra die vorm voltooi is, moet dit by die Standard se kantoor by Hoogstraat 116 ingehandig word of gepos word na Posbus 31, Worcester, 6849. Die laaste plakstuk verkyn op 3 Oktober en lesers het nog tot 10 Oktober tyd om al die vorms in te

stuur. Slegs oorspronklike vorms en plakstukke word aanvaar (geen fotostate nie). Die wenner se foto sal in die Standard verskyn. * Werknemers van die Standard en Mountain Mill mag nie aan die kompetisie deelneem nie.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.