Page 1

Standard Jou vallei - Jou nuus

Donderdag, 29 Augustus 2013

Klapmusdiewe teiken plaas

Prys: R4.90

2

Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

Betogers gooi klip by Ashton-hof 3

Plaaswerker van die jaar gekroon 7

CERES: VERKRAGTING VAN BABA EN SEUN (7)

Hy moet ‘life’ kry! MATTHEW SHELDON

“As hy bail kry sal die gemeenskap hom doodmaak. Hy moet doodstraf of life kry.”

Eric Ntabazalila, die Wes­Kaapse woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, het bevestig dat die beskuldigde aansoek om borg­ tog wil doen.

Só het Esmeralda Pierang, ’n inwoner van Ceres wat verlede week met sowat 300 mense buite die Ceres-landdroshof betoog het, aan die Standard gesê. Die 25-jarige man wat vermoedelik ’n babameisie en sewejarige seun verkrag het, het vlugtig in die

volgepakte landdroshof op twee aanklagte van verkragting sowel as twee van ontvoering verskyn. Die betogers voor die hof het daarop aangedring dat dié beskuldigde se borgtogaansoek geweier word. Die hof het aan die media toestemming gegee om voor en ná die verrigtinge opnames en foto’s binne die hof te neem. Omstanders buite het het plakkate rondgeswaai met slagspreuke soos “Dont rape innocent children they are the gift of God to us. Love our children”, “The baby

Sowat 300 mense het verlede week buite die Ceres­landdroshof bymekaar gekom om te betoog toe die 25­jari­ ge man wat na bewering twee kinders verkrag het, in die landdroshof verskyn het. Die betogers voor die hof het daarop aangedring dat die beskuldigde se borgaansoek geweier word. FOTO’S: MATTHEW SHELDON Donderdag 14 ° C

Gedeeltelik bewolk met buie (80%)

Vrydag 13 ° C

Gedeeltelik bewolk met buie (60%)

Saterdag 13 ° C

girl...5 operations...Lots of pain, anger, lifetime damage and suffering for being a little baby. No bail for the monster” en “Give him life because he destroyed a son and a baby's life. Vrek jou vark”. Eric Ntabazalila, die Wes-Kaapse woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, het bevestig dat die beskuldigde aansoek om borgtog wil doen. “Ons wag nog op die forensiese uitslae. Daar moet ook nog ’n uitkenningsparade gehou word, maar die sewejarige seun is nog nie gereed daarvoor nie.” Die seun ontvang steeds berading. Ntabazalila sê die staat gaan die beskuldigde se borgtog weier want hy sê dit is baie ernstige misdade wat teen die kinders onder 16 gepleeg is. Hy ook ’n memorandum met die handtekeninge van 500 inwoners van die gemeenskap ontvang. “Hullevra dat borgtog geweier word. Ek het die gemeenskap ver-

seker dat die staat borgtog gaan weier,” het Ntabazalila gesê. Buselwa Vika, van die ANCYL se provinsiale taakspan, het aan die Standard gesê hulle wil graag weet wat die redes agter sy dade is. “Ons wil weet of dit as gevolg van alkohol- of dwelmmisbruik is dat die beskuldigde vermoedelik dié dade gepleeg het. Diegene wat skuldig bevind word aan verkragting moet chemies gekastreer word.” Die kinders is op 3 Augustus laatnag uit die huis op die plaas Vredebes ontvoer waar hulle geslaap het. Die verdagte het vermoedelik deur ’n venster toegang gekry en die kinders sowat 100 m van die huis in ’n wingerd verkrag. Die seun het die bebloede baba in die donker terug gedra huis toe. Die saak is tot 11 September uitgestel vir verdere ondersoek en die beskuldigde se borgaansoek. Hy bly in aanhouding.

Die 25­jarige man wat vermoedelik ’n baba­meisie en sewejarige seun verkrag het, het vlugtig in die volgepakte landdroshof op twee aanklagte van verkragting en twee van ontvoering verskyn.

Gedeeltelik bewolk met buie (30%)

Sondag 19 ° C

Gedeeltelik bewolk


2

Standard

Nuus News

29 Augustus, 2013

Die dood van ’n gevangene by die Breederivier Bestuurs­ area verlede week word steeds ondersoek. Die JCY­ben­ degroep word moontlik met die voorval verbind.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Wraak dalk oorsaak van moord in tronk HILDERINE SCHRÖDER

Nicola Joubert en haar swaer (nie op die foto) is vir ure deur vier boosdoeners op die plaas Klaradyn aangehou terwyl die mans die huis deursoek het vir waardevolle items. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Klapmus-diewe slaan toe op plaas HILDERINE SCHRÖDER Vasgebind en vir ure van vertrek tot vertrek gesleep met die ysingwekkende vraag “wat kom volgende?” die hele tyd in die agterkop.

Die rowers het in hul soektog kaste en laaie uitgegooi. Hulle het onder meer ju­ wele en selfone gesteel. ovaalbaanmotorrenne wat by Kleinplasie aangebied word, was ten tyde van die voorval in die hospitaal. Hy het die nuus skuins voor agt gisteroggend ontvang en hom kort daarna huis toe gehaas. “’n Mens word lam,” sê hy oor die gevoel toe hy die nuus gekry het. Volgens kapt. Pieter Pienaar word ’n saak van huisroof ondersoek. Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enigeen met inligting word versoek om kapt. Harold Josephs by 023 348 6100 te bel. Pienaar sê in hierdie stadium lyk dit nie of dié voorval verbind kan word met die sogenaamde balaklawa-rooftogte in die Groot Drakenstein-gebied vroeër die maand nie.

3513 EW 1CEFZYK79

Die boewe is omstreeks 01:30 te voet vort ná hulle nie Joubert se kar se outomatiese ratkas kon uitpluis nie. “As hulle dít kon doen, het hulle waarskynlik baie meer gesteel.” Die diewe het onder meer selfone en juweliersware gesteel. In hul soektog na items van waarde het hulle elke vertrek omgekeer en kaste en laaie uitgegooi. Te midde van dié chaos, sê Nicola, is dit moeilik om vas te stel wat alles gesteel is. Die boewe het Nicola en haar swaer in ’n vertrek toegesluit. Haar swaer kon daarin slaag om hom los te wikkel waarna hulle die deur oopgeskop het. Hulle het by ’n buurplaas gaan hulp soek waarop die polisie ontbied is. Nicola se man, Sakkie, bekend vir die

3613 EW

Dít is die vreesaanjaende ervaring waaraan ’n Worcesterse vrou en haar swaer Dinsdagnag op ’n plaas buite Worcester onderwerp is. Nicola Joubert en haar swaer, wat gevra het om anoniem te bly, is Dinsdag omstreeks 23:00 deur vier mans, gewapen met messe, op die plaas Klaradyn oorval terwyl hulle rustig gesit en televisie kyk het. Die boosdoeners, wat almal klapmusse gedra het, het hulle vasgebind voor hulle op ’n strooptog deur die huis gegaan het terwyl hulle hul slagoffers van een vertrek na die ander gesleep het. “Hulle het heeltyd in gebroke Engels gevra waar die kluis is. Ek het net heeltyd bly sê ons het nie een nie.” In ’n stadium het een van die mans met sy gordel begin vroetel. “Ek het gedink hiér is dit nou,” vertel Nicola van die verlammende vrees dat sy moontlik verkrag kan word. “Ek het gedink gaan jy dit toelaat, dalk moet jy.” Gelukkig het daar niks van dié vrees gekom nie. “Die senutergendste deel is dat jy daar sit en nie weet waarheen om te gaan of wat volgende kom nie,” sê Nicola se swaer. Hy het dit twee keer reggekry om sy hande los te woel. Een keer was daar die geleentheid om een van die boosdoeners te oorrompel en te ontwapen. “Maar ek het nie geweet waar die ander twee was nie en was bang vir wat hulle aan Nicola kan doen.”

Die moord op ’n gevangene in die departement van korrektiewe dienste se Breederivier Bestuursarea het moontlik uit weerwraak plaasgevind. Die Standard het verlede week berig dat Kwanele Mabona (19), van Touwsrivier, verlede Dinsdagaand (20 Augustus) dood in sy sel aangetref is ná hy vermoedelik verwurg is. Volgens kol. Willis Smith, hoof van sigbare polisiëring op Worcester, was dit volgens vroeë aanduidings ’n vergeldingsaanval deur lede van die JCY-bende ná een van hulle lede na bewering aan die hand van Mabona gesterf het. Mabona was glo die vorige Saterdagaand (17 Augustus) saam met sy ouer broer en ’n neef by ’n kuierplek toe hulle deur lede van die JCY-bende gekonfronteer is. ’n Bakleiery het uitgebreek waarna die mans almal na die kuierplek is. Een van die JCY-lede het geskei geraak van die res van ’n groep en is doodgesteek tydens ’n daaropvolgende struweling met Mabona. Mabona is saam met sy broer en neef in hegtenis geneem, maar hy is by die gevangenis van hulle geskei. By navraag het Robert Stemmet, sentrumbestuurder by die Breederivier Bestuursarea, gesê bendeverwante onderonsies in die gevangenis bly ’n reuse-uitdaging. Een verdagte word reeds voorlopig vir die moord op Mabona aangekla, maar die moontlikheid dat nog inhegtenisnemings kan volg, word nie uitge-

Date: Time: Venue: Seating Allocated: Balcony Seating:

5 September 2013 18h30 for 19h00 Worcester Civic Centre R180 (incl snacks and dance) R30 (excl snacks and dance) R10 children under 12 yrs of age CASH BAR Bookings: 082 924 7871 ~ The Gallery Deli, 3 Baring Street,Worcester ~

sluit nie. Volgens Stemmet het die departement van korrektiewe dienste ’n antibendestrategie in plek om bendebedrywighede in die gevangenis te ondersoek. Dié program, sê hy, is egter baie meer op tronkbendes soos die 26’s, 27’s en 28’s gefokus. “Nou kom die straatbendes soos die Dog Pounds en JCY’s, wat óók uniek is, ook by. Dít veroorsaak dat die program kort-kort aangepas moet word.” Op plaaslike vlak, sê Stemmet, werk die departement van korrektiewe dienste reeds met die polisie om ’n gesamentlike oplossing vir die probleem te vind. “Dit is belangrik vir ons om te weet as daar ’n voorval was, of dit moontlik bendeverwant is sodat ons die betrokke partye kan skei en die situasie effektief kan aanspreek.” Volgens konst. (v) Elizabeth Storm van die Touwsrivier-polisie, is die JCYbendegroep daar afkomstig van Worcester. Hoewel bendebedrywighede daar nog nie so ’n groot probleem soos op Worcester is nie, is bendes verantwoordelik vir ’n groot persentasie van roofsake en huisbrake wat ondersoek word. Die Standard het onlangs berig dat bendebedrywighede ’n geweldige probleem in die Worcester-area geword het met ’n groot aantal sake wat aan bendeverwante aktiwiteite toegeskryf kan word. Sosio-ekonomiese- en maatskaplike omstandighede, waaronder hoë vlakke van werkloosheid, is van die faktore wat ’n rol speel.


Standard

Nuus News

29 Augustus, 2013

3

Twee ou sake weer in hof More than 200 employees of the CWDM and some invited guests attended the function. The theme of the event was Mad Hatters.

HILDERINE SCHRÖDER Die polisie op Ashton moes gister (Woensdag) ’n skokgranaat gebruik om woedende betogers buite die hof in bedwang te bring. Volgens kapt. Sylvan Smith, polisiewoordvoerder, het van die sowat 150 betogers die voertuig van Johnny Burger en Wilhelm Treurnicht, twee verdagtes in ’n aanval op die tienerseun, met klippe gegooi. Die motor is ook omsingel en heen en weer geskud. Burger en Treurnicht staan tereg op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer ná ’n aanval op Flippie Engelbrecht (19) in Januarie 2008. Die saak is aanvanklik teruggetrek, maar is in Julie vanjaar heropen. Engelbrecht is na bewering so ernstig aangerand dat hy breinskade opgedoen het en sedertdien epileptiese aanvalle kry. Tydens een só ’n aanval het hy na bewering in ’n konka geval wat daartoe gelei het dat hy albei sy hande verloor het. Die saak is tot 13 September uitgestel. Intussen dien ’n saak teen ’n bekende Worcesteriet wat meer as ’n jaar gelede weens ’n gebrek aan bewyse teruggetrek is nou weer in die hof. Die Standard het verlede jaar berig dat Johan van der Merwe, eienaar van die plaas Alfalfa, op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem is ná hy glo op Ricardo Zempie (23) geskiet het. Zempie en nóg ’n man is glo op 10 Februarie 2012 betrap terwyl hulle besig was om kabels te steel. Van der Merwe het ’n skoot op hulle geskiet en Zempies is getref. Hy is later die aand dood. ’n Geregtelike ondersoek word nou in die Worcester-landdroshof gehou omdat Zempie nie aan natuurlike oorsake oorlede is nie. Dít sal bepaal of Van der Merwe strafregtelik vervolg gaan word. Hy het verlede Vrydag (23 Augustus) in die hof verskyn. Die saak is tot 5 November uitgestel.

The Cape Winelands District Municipality (CWDM) held a closing event to honour women at the Worcester town hall yesterday. PHOTOS: MATTHEW SHELDON

Municipality places spotlight on courageous women MATTHEW SHELDON The Cape Winelands District Municipality (CWDM) held a closing event to honour women during Womens’ Month at the Worcester town hall yesterday (28 August). More than 200 employees of the CWDM serving areas such as Paarl, Stellenbosch, Montagu, Ceres, Robertson and Worcester, attended the function. The theme of the event was Mad Hatters. Claude Schroeder, executive director for community development and planning services at the CWDM told the Standard that the aim of the event was to motivate women to share their stories and experiences and draw strength from each other to contribute to creating healthy families and stronger communities. “Five community events to honour women were organised across the dis-

trict. How can we honour the women in the community and not even honour our own female staff within our workplace? This function is for them,” said Schroeder. The function was focused on female councillors and officials working for the CWDM. Schroeder added that two motivational speakers, Dr. Lizette Phillips (regional director of health in the Cape Winelands District) and Ellen Pakkies addressed those present on two different but important issues. According to him the message from Phillips was about professionalism within the work-place, while Pakkies discussed the challenges confronting society concerning substance abuse and gangsterism among the youth. Pakkies also spoke about her difficult and spine-chilling past, which touched everyone present to a remarkable degree.

Ellen Pakkies, who was one of the speakers at the event, spoke about her diffi­ cult and spine­chilling past, which touched listeners in many dif­ ferent ways.


4 Standard Werkers by Victoria & Albert soek R200 per dag 29 Augustus, 2013

Nuus News

HILDERINE SCHRÖDER Die landwye staking van onder meer metaalwerkers het ook sy kloue in Worcester geslaan met talle werkers van Victoria & Albert wat sedert verlede week staak. Onderhandelinge tussen die bestuur van Victoria & Albert en die stakende werknemers van dié vervaardiger het teen druktyd ’n dooiepunt bereik. Die werkers, lede van die National Union of Metal Workers of South Africa (Numsa) dring aan op ’n 107%-verhoging ná hulle aanvanklik ’n 400%-loonverhoging geëis het. Victoria & Albert bied ’n 16%-verhoging op intreeloonvlak en ’n 20%-verhoging op minimumloonvlak. Ander werkers word ’n loonverhoging van 9% deur die bank aangebied. Volgens Sonica Jordaan, menslike hulpbronbestuurder by Victoria & Albert, sê tot hede was alle onderhandelinge met die werkers onsuksesvol, ondanks die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie wat die situasie probeer beredder het. Volgens Percival Samson, vakbondskakel, dring werkers aan op ’n loon van R200 per dag en ’n verhoging van 50% op hul jaarlikse bonusse. Die werkers, wat al sedert verlede Woensdag (21 Augustus) staak dring ook aan op mediese ondersoeke elke ses maande. “Ons werk met gevaarlike chemikalieë,” sê een van die werkers, Andrew Visagie, hieroor. In reaksie hierop sê Jordaan geen van die chemikalieë wat by Victoria

Werkers van Victoria & Albert op Worcester staak reeds vir meer as ’n week vir hoër lone. Hulle het Dinsdag bande voor die vervaardiger gebrand.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

& Albert gebruik word, is gevaarlik of hou ’n gesondheidsgevaar in nie. Werkers, sê sy, word ook met die nodige beskermende klere toegerus. “Ons voldoen aan alle vereistes in terme van arbeids-, sowel as veilig-

heid- en gesondheidswetgewing. Ons het in Julie ’n volle ondersoek gehad en daar was geen probleme nie.” Volgens Jordaan het die staking tot nou toe nie ’n noemenswaardige

impak op produksie gehad nie. Omdat die stakings in die bedryf al ’n geruime tyd dreig, het Victoria & Albert voorsiening gemaak en ekstra werkers in diens geneem. Hulle is wel bekommerd oor voorvalle van

intimidasie waar werkers wat nie aan die staking deelneem nie, gedreig word om weg te bly van die werk. Dié voorvalle, sê Jordaan, is onder die aandag van Numsa gebring.


Standard

Nuus News

29 Augustus, 2013

Dwelmmuile op Motor­kentekens gesteel vir fietsrenne paaie vasgetrek HILDERINE SCHRÖDER

HILDERINE SCHRÖDER Die Laingsburg-polisie het vandeesweek opnuut ’n groot slag in sy stryd teen dwelms geslaan toe hy by twee geleenthede op groot hoeveelhede dwelms beslag gelê het. In die eerste hiervan het die polisie Maandag (26 Augustus) op Mandrax en tik met ’n gesamentlike straatmarkwaarde van sowat R27 000 afgekom ná hulle ’n verdagte vragmotor voorgekeer het. Volgens ao. Lindikhaya Mkhontwana, polisiewoordvoerder, het beamptes van die Lainsburg-polisie se blitspatrollie wat besig was met patrollies in die gebied, opgemerk dat die vragmotor op ’n verdagte wyse bestuur word en in sommige gevalle voertuie in die noodbaan verbysteek. Die beamptes het die vragmotor agterna gesit en van die pad getrek. Volgens Mkhontwana het die bestuurder van die vragmotor uitgespring en oor ’n heining gespring in ’n poging om te ontvlug. Die beamptes het hom agterna gesit en hom in hegtenis geneem. Die verdagte, sê Mkhontwana, het ’n rooi-en-swart-sak in sy besit gehad. By nadere ondersoek het die beamptes op 200 Mandrax-tablette afgekom, asook tik in poeiervorm. Die waarde van die Mandrax word op R15 000 geskat, terwyl die tik sowat

R12 000 werd is. Die 33-jarige verdagte het Dinsdag op ’n aanklag vir die besit van dwelms in die Laingsburg-landdroshof verskyn. In nóg ’n voorval het oplettende passasiers van ’n bus wat Dinsdag (27 Augustus) van die Oos-Kaap na Kaapstad op pad was, tot die inhegtenisneming van ses vroue gelei. Volgens Mkhontwana het die bus by ’n kitskosrestaurant in Graaff Reinett gestop om passasiers op en af te laai. Sommige passasiers het gesien dat verdagte pakkies hande verwissel en het die polisie in kennis gestel. Die bus is in Touwsrivier voorgekeer. Die polisie het ’n sak saamgeperste dagga, versteek in ’n tas, gevind. Niemand wou eienaarskap vir die tas aanvaar nie. Die polisie het egter ooggetuie inligting opgevolg en ses verdagtes in hegtenis geneem. Die ses vroue (tussen 18 en 70 jaar oud) is vir die besit van dagga in hegtenis geneem. Die dagga het ’n straatmarkwaarde van sowat R15 000. In Mei vanjaar het die Laingsburg-polisie sy grootste daggavonds nóg gemaak toe hy op 38 sakke dagga beslag gelê het. Dié reuse vonds is gemaak toe verkeersbeamptes ’n voertuig op die N1 voorgekeer en die dagga geruik het. Die dagga, wat 1 052 kg geweeg het, het ’n geskatte straatmarkwaarde van R2,5 miljoen gehad.

Die diefstal van voertuie se kentekens bly steeds ’n groot probleem in die middedorp. Die Standard het onlangs berig oor die plaaslike polisie se kommer oor onwettige fietsrenne in die omgewing en die diefstal van voertuie se kentekens wat skynbaar hiermee verband hou. Die kinders, meestal tieners, steel glo die kentekens en monteer dié dan op hul fietse, aldus Willis Smith, hoof van sigbare polisiëring op Worcester. ’n Werknemer by ’n plaaslike

motorhandelaar wat verkies om anoniem te bly, sê die diefstal van kentekens van dié spesifieke fabrikaat is ’n reusekopseer. Nie net word die handelaar se eie voertuie wat voor die agentskap vertoon word, geteiken nie, maar hulle kry ook weekliks tot vier klagtes van klante wie se kentekens gesteel is en ten duurste vervang moet word. Die koste vir dié fabrikaat se kentekens is sowat R500 stuk. Michael Meyer, verkoopsbestuurder by Audensberg Toyota, sê dié tipe diefstalle vind al ’n geruime tyd plaas.

VROUEDAG GEVIER MET SOKKER: Sowat 380 kinders van dorpe soos Ceres, Robertson, De Doorns en Worcester, het Vrydag 9 Augustus ’n pretdag op Worcester Gimnasium se sportveld byge­ woon om Vrouedag te vier. Sokkerspanne van dié dorpe het teen mekaar meegeding. Die Solid Rock Life Skills Educational Trust, ’n niewinsgewende organisasie in die Strand, het die geleentheid aangebied. Die ouers het ontspan en lekker met mekaar gesels ter­ wyl hul kinders sokker gespeel het. FOTO: MATTHEW SHELDON

5

“Sommige van ons klante het al meer as een keer deurgeloop.” Die vervanging van ’n kenteken kan enigiets tussen R130 en R350 beloop. Om die probleem hok te slaan, is moeilik. Die meeste kentekens knip vas met hakies, sê Meyer. By Audensberg probeer hulle nou om die kentekens op ’n ander manier te heg in ’n poging om diefstal hok te slaan. Ook hiér was vertoonvoertuie al meermale geteiken. “In sommige gevalle word die verf op voertuie beskadig as die diewe sukkel om die kenteken af te kry,” voeg Meyer by.

REGSTELLING: The Fleet Kersfees­ koor het verlede week by ’n foto van sy nuwe bestuur verkeerdelik na William August as die onder­ kaptein van die koor verwys. Au­ gust is egter die koor se president. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER


6

Standard

Nuus News

29 Augustus, 2013

Vallei se olyfolies presteer

Meer as 1 000 inwoners van Worcester het die Zion AME Kerk se optog teen bendes die afgelope Sondag (25 Augustus) meegemaak. FOTO: MATTHEW SHELDON

Kerke stap saam teen bendes MATTHEW SHELDON Sowat ’n duisend Worcesteriete het op Sondag 25 Augustus deelgeneem aan ’n optog teen bendegeweld. Dié optog is deur die Zion AME Kerk gereël. Volgens Claude Schroeder, ’n gemeenskapsleier wat ook die optog bygewoon het, het die gemeenskap genoeg gehad van jongmense wat hul lewens met dwelm verwoes. “Die gemeenskap het genoeg gehad van die onnodige lewensverlies wat amper daagliks plaasvind,” het Schroeder gesê. Die mense het van die Zion AME Kerk deur Russellskema gestap, en

daarna met Durban- en Sampsonstraat langs tot by die Riverviewwoonstelle waar verskeie pastore die gemeenskap toegespreek het. Schroeder het aan die Standard gesê dit is die eerste keer dat verskillende kerkgroepe saamspan om tydens ’n optog uit een mond teen misdaad te praat. Pastoor Keith Links van die Zion AME Kerk het die mense gevra om besems saam te gebring om die “euwels uit die gemeenskap te vee”. Volgens hom is die kerke se stem te stil. “Die kerk het ’n boodskap van hoop aan die gemeenskap oorgedra dat dinge kan verander en dit wat by die mens onmoontlik is, by God moontlik is,” het hy gesê.

Verteenwoordigers van die plaaslike polisie, verkeersafdeling, die Breedevallei Munisipaliteit en Kaapse Wynland Disktriksmunisipaliteit, was almal betrokke by die geleentheid en het saam met die gemeenskap deur die dorp se strate gestap. Die plakkate het boodskappe soos “Genoeg is genoeg”, “Stop this Gangsterism” en “Ons kinders is nie veilig nie” uitgeskreeu. Volgens Links was die optog ’n groot sukses. “Die bendes het net gestaan en vir ons gekyk. Ons het hulle genooi om saam met ons te stap,” het hy gesê. Links sê hulle gaan Roodewal en Avianpark met hul volgende optog teiken.

Municipal time change Working hours for the Breede Valley Municipality (BVM) have changed after a mayoral committee meeting on 20 August. The new arrival time of all office personnel will be at 7:45 and lunchtime will be from 13:00 to 13:30. The BVM will close its doors every Monday to Thursday at 16:30. On Friday, due to a shorter lunch break during the week, the BVM will close at 15:15. The working hours of staff in operational departments will remain the same. The working hours of employees who normally work shifts will remain the same (for example, library, staff, fire department, etc). Payment offices will close on Fridays at 14:30.

Olyfprodusente in die Breedevallei het vanjaar goed gevaar by die agtste SA Olive-toekennings en met nie minder nie as elf goue medaljes uit die 43 weggestap en ook ses silwer- en twee bronsmedaljes verower. Marbrin Olive Growers van Robertson het drie goue medaljes ontvang vir hul Marbrin Olive Growers Delicate, Marbrin Olive Growers Intense en Marbrin Olive Growers. Rio Largo van Scherpenheuvel het ook drie goues ingeoes vir hul Premium Blend Intense, Freedom of the Press Medium en Extra Virgin Olive Oil Medium. Oakhurst Olives by Tulbagh het ’n goue medalje ontvang vir hul Oakhurst Delicate Extra Virgin Olive Oil Delicate en Oakhurst Premium Reserve Intense. Die volgende produsente het elk een goue medalje verwerf: Olivi by Robertson vir sy Olivi Extra Virgin Olive Oil Medium; Olyfberg (Robertson) vir sy Olyfberg Extra Virgin Olive Oil Medium en River Bend Farm (Robertson) vir sy Riverbend Extra Virgin Olive Oil Medium. Ander medaljewenners sluit in: Willow Creek (Worcester) een silwer vir sy Nuy Valley Extra Virgin Olive Oil Delicately Fruity Delicate en een brons vir Estate Blend Extra Virgin Olive Oil Medium; Groote Vallei (Tulbagh) silwer vir sy Groote Vallei Intense; Oakhurst Olives (Tulbagh) twee silwer vir sy Oakhurst Extra Virgin Olive Oil Delicate en vir Oakhurst Intense; PG Fruit (Villiersdorp) vir PG Fruit Delicate en River Bend vir sy Riverbend Medium. Saronsberg Cellar (Tulbagh) het ’n bronsmedalje gekry vir sy Saronsberg Medium. “Ons kan onomwonde sê dat die oorgrote meerderheid plaaslik vervaardigde ekstra suiwer olyfolies van ’n superieure gehalte is,” sê Nick Wilkinson, SA

Olive se voorsitter. “Wanneer ’n verbruiker ’n bottel Suid-Afrikaanse olyfolie koop, veral een met die SA Olive CTC-seël daarop, is hy verseker van hoogstaande kwaliteit.” Die Commitment to Compliance-seël verseker die verbruiker dat die inhoud 100% Suid-Afrikaans is, dat die etikettering eerlik en deursigtig is wat inhoud en varsheid betref en dat dit inderdaad ’n ekstra suiwerolie is en nie bloot suiwer of ’n geraffineerde olyfolie nie. Die Lewenslange Presteerdertrofee is toegeken aan die proepaneel wat vanjaar se proe en evaluering van die 100 inskrywings gedoen het. Hierdie toekenning vereer mense wat ’n waardevolle bydrae tot die plaaslike olyfbedryf lewer en is toegeken aan Gerrie Duvenage, Leonard Arangies, Robert Claassens, Annemarie Ferreira, Louise Rabie, Benedetta Lami Zichella, Reni Hildenbrand, Kelly White en Annalene du Toit. SA Olive spits hom daarop toe om ’n nuwe generasie olyfprodusente te mentor en te ondersteun. Die nuwe Mentorskap-toekenning gee erkenning aan individue wat die sukses van die bedryf se mentorskapprogram verpersoonlik en is vir die eerste keer aan Christie Pieterse toegeken. Pieterse dien in die Raad van Direkteure van Cape Olive Products (Buffet Olives), hy is die produksiebestuurder in die fabriek en bestuur die Abet-program. Hy is ook voorsitter van die Unlimited Olive Peoples Trust (UOPT), die bemagtigingskomponent van Cape Olive. Hy het pas ook ’n bestuursontwikkelingsprogram van die Universiteit Stellenbosch (US) se Besigheidskool voltooi. Vir meer inligting oor die kompetisie en uitslae, skakel 021 870 2900 of besoek www.saolive.co.za.

Olyfprodusente spog met hul toekennings wat by die agtste SA Olive­toekennings verwerf is. FOTO:VERSKAF


Nuus News

Standard

29 Augustus, 2013

André Plaatjies is Plaaswerker van die Jaar

7

MATTHEW SHELDON Die Plaaswerker van die Jaar 2013-kompetisie vir die Hexvallei is verby en vanjaar se wenner kom uit die Senior Bestuur-kategorie. “Die wenner van vanjaar se plaaswerkerkompetisie is. . . dit kan nét André Plaatjies van De Nonna wees!” was die aankondiging van Daar was vanjaar meer as 120 inskrywings vir die seremoniemeester die Plaaswerker van die Jaar 2013­kompetisie. verlede week in die Hexvallei Ledesaal by De Plaaswerkerkompetisie verteenDoorns. Plaatjies is ’n senior bestuurder woordig. Hierdie geleentheid vind by De Nonna (Johan S. Jordaan op 10 Oktober by die Kaapstad InterKonferensiesentrum Boerdery), waar hy al vir die afgelo- nasionale pe tien jaar werk. Hy werk egter (KIKS) plaas. Plaatjies het ’n trofee, sertifikaat reeds meer as 30 jaar vir dié maaten prysgeld ontvang en sal ook opleiskappy. “Ek is só geskok en verbaas dat ding kry in beroepsveiligheid en geek die toekening as Plaaswerker sondheid in die werksomgewing. Volgens Poen Jordaan, eienaar van die Jaar ontvang het. Ek voel goed oor wat ek bereik het, want dit van Johan S. Jordaan Boerdery, is was nie ’n maklik pad tot hier toe hy baie trots op Plaatjies vir die toekenning wat hy ontvang het. nie,” het Plaatjies agterna gesê. “Toe hy net 16 jaar oud was, het Volgens Plaatjies skryf hy al sedert 2004 vir die kompetisie in in die hy hier as ’n gewone plaaswerker hoop dat hy eendag die algehele begin. Ons het vir hom die geleenthede gegee en hy het dit met albei wenner sal wees. Plaatjies het tydens die kompeti- hande aangegryp,” het hy gesê. Volgens hom kom hierdie sukses sie twee toekennings huis toe geneem. Hy is eers aangewys as die ná jare se harde werk. Plaatjies het wenner in die Senior Bestuur-kate- baie van sy eie inisiatief in die maatgorie voordat die toekenning as die skappy ingeploeg en Jordaan wens Plaaswerker van die Jaar aan hom hom alle sterkte toe vir die toekoms. Die minister van landbou in die toegeken is. Plaatjies gaan die Hexvallei- Wes-Kaap, Gerrit van Rensburg, het streek by die jaarlikse Wes-Kaapse ook die spoggeleentheid bygewoon.

Die uitvoerende burgemeester en onderburgemeester van die Breedevallei Munisipaliteit, rdle. Basil Kivedo (regs) en John Levendal (naaslinks), het die wenner van vanjaar se Plaaswerker van die Jaar­kompetisie gelukgewens. By hulle is Rochelle Kivedo en die wenner, André Plaatjies. FOTO’S: MATTHEW SHELDON

Verteenwoordi­ gers van die Breedevallei Mu­ nisipaliteit en Kaapse Wynland Distriksmunisipa­ liteit het ’n tafel met die minister van landbou in die Wes­Kaap, Gerrit van Rens­ burg, gedeel.


8

Standard

Nuus News

29 Augustus, 2013

De Wet Kelder is tops by Best Value Wine­toekennings NAOMI THERON

Cape Vintage 2008. Volgens Piet le Roux, kelderbestuurWorcester se wyn se der en wynmaker, is hoogstaande gehalte een van die kriteria is dié week weer bewat in aanmerking gevestig toe De Wet Kelneem word by die Best der weggestap het Value-toekenning die met The Best Value kwaliteit van die wyn Winery Overall-toein verhouding met die kenning by die 2014 prys waarteen dit verBest Value Wine koop word. Awards. De Wet Kel- De Wet Kelder se Tertius Jonck (wynmaker), Die ander kelders der se Pettilant Fron- Piet le Roux (kelderbestuurder en wynmaker) op die Worcester Wynté het die beoorde- en Philip Vercuiel (wynmaker). en Olyfroete wat ook laars gaande gehad en het saam met sewe ander van sy wyne stertoe- wegstap met Best Value- toekennings is Alvi’s kennings gekry. Dié wyne is Chardonnay 2012, Drift Kelder, Nuy Kelder, Overhex Kelder, Dry Red 2011, Pinotage 2012, Wit Muskadel Eagle’s Cliff, Brandvlei Kelder (BC Wines) en 2011, Rooi Muskadel 2011, Cape Ruby NV en Aan de Doorns Kelder.

At the event, Kyle Loff, Kerwin Cupido, Curtly Timm and Nath­ an Petersen were auctioned off to help raise money for the home.

According to Heather West, director of Magrie­ ta Fredericks Home, the registered non­profitable organisation has really been struggling to func­ tion and perform its du­ ties due to an empty do­ nor’s list and lack of ot­ her funding.

Funds raised for home MATTHEW SHELDON

The Worcester Secondary School’s dance group also performed an item at A charity Glam-o-Thon the event. was held on Saturday 24 The highlight of the August at the Nekkies evening was when PeHall in Worcester to raise tersen generously sold funds for the Magrieta himself for R1 600. Fredericks Home which According to Jansen, one is struggling to keep its of the organisers of the doors open. Glam-o-Thon, they managed to rake in just under The home, which is dediR10 000. cated to helping abused “We would have liked to women and their children, raise R15 000 which was has been battling financialour target, but we are very ly for several months to enpleased with what we have sure their services to the Kia Johnson, the hostess at the achieved,” said Jansen. community continue. Glam­o­Thon, provided enter­ According to Heather The event was organised tainment but also informed West, director of the Magriby four women from the those present of the importance eta Fredericks Home, the Worcester community, of an organisation like the Ma­ organisation, which is a Cynthia Jansen, Arlene grieta Fredericks Home. registered non-profitable Dreyer, Heather Dryer and PHOTOS: MATTHEW SHELDON organisation, has really Lauren Scheepers. At the event, four men – Kyle Loff, Kerwin been struggling to function and perform its Cupido, Curtly Timm and Nathan Petersen duties due to a lack of funding. “Currently we receive no funding. We only were auctioned off to help raise money for get money from the events we organise. We the home. More than 150 people attended the function live here from day to day. I am very grateful which was hosted by Kia Johnson and her for this event. Its means the world to us and dad Zain Johnson. He was the entertainer to the women and children we are helping,” she said. and auctioneer for the evening. She added that the home needs about R15 000 per month to function properly. Jansen told the Standard that they plan to make this function an annual event. She also thanked all the sponsors for not only making the event possible, but memorable. All the funds collected through this event will go towards Magrieta Fredericks Home. Anyone, business or organisation, that would like to help Magrieta Fredericks Home can contact Heather West The Worcester Secondary School’s dance group al­ on 083 535 1980 or send an e-mail to magrieta.frederickshome@gmail.com. so performed at the event.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

29 Augustus, 2013

9

Groot meevaller oorweldig Mama Africa CHRISTINE SMIT Vreugde heers in die huis van Worcester se Mama Africa wat pas R100 000 ryker geword het. Daphne Oliphant is al vyf jaar lank een van Clover se Mama Africas en haar naam is onlangs in ’n gelukstrekking getrek waarin sy dié groot prys gewen het. Maar, voeg sy haastig by, dié geld word nie aan haar persoonlik uitbetaal nie. Dit word in trust gehou en Clover sal dit saam met haar bestuur om haar huis by Söhngestraat 18, bekend as House of Mercy, op te knap, te herstel en geriefliker in te rig. House of Mercy is nie maar net nog ’n huis nie. Onder die 21 mense wat hier gehuisves word, is kinders wat van die strate geneem is wie se ouers nie vir hulle kan sorg nie, hulpbehoewende studente en volwassenes wat in verskillende vaardighede opgelei word om uiteindelik vir hulself ’n volhoubare toekoms te skep. Dit sluit in brood- en koekbak, naaldwerk, kwiltwerk, kuns en handwerk. Die inwo-

ners doen ook van dié werk op bestelling vir die publiek. Van hul pragtige kwiltwerk is by die padstalletjie op die Robertsonpad by die plaas Nuwerus te sien, Hier is ook ’n crèche waar ’n klompie kinders versorg word, naskoolse projekte in lees word aangebied sowel as verskeie ander geestelike projekte, alles om kinders van die strate te hou. Dit alles geskied in ’n beperkte ruimte met beperkte hulpmiddele. Daphne is steeds oorweldig oor die goeie nuus. “Nou kan ek aanskaf wat nodig is en waarop ek maar altyd op die Here vertrou het,” het sy opgewonde vertel. Clover se bestuurder van koöperatiewe dienste en die Mama Africa-projek, prof. Elain Vlok, sê hierdie is Clover se sosiale verantwoordelikheidsprojek. In sy bestaan van nege jaar het die Mama Africa-projek, wat terselfdertyd ’n bemagtigingsprojek is, reeds 14 200 kinders en 2 000 senior burgers bereik. Mense wat bestellings by Daphne wil plaas, kan haar by 073 494 3081 bel.

Daphne Oliphant (links) ontvang haar vyfde trofee as Mama Africa van prof. Elaine Vlok, Clover se bestuurder van koöperatiewe dienste en ook van die Mama Africa­projek. Die trofee is toegeken op grond van en uit erkenning vir haar uitstaande werk in die gemeen­ skap. FOTO:CHRISTINE SMIT:


10

Standard

Hoofartikelblad Main Article Page

29 Augustus, 2013

Ook óns vroue se waarde bo korale Mense wat geld insamel vir die een of ander verdienstelike organisasie, persoon of saak, weet maar al te goed hoe moeilik dit is. Die dae is verby dat mense maklik hul harte en beursies oopmaak, want almal kry swaar. Geld is min en die lewe ongenadiglik duur. Deesdae moet daar al meer vernuwend gedink word as dit kom by geldinsamelings. Daar is soveel instansies wat sukkel om kop bo water te hou – en hulle is juis daar vir ons mense in nood. Om op die regering staat te maak vir geld is om na lugborrels te hap. Maar kry ’n klompie vroue bymekaar en sommer gou is daar ’n plan van aksie. Al is dit dan ook om ’n klompie mans op te veil om die geld te laat inrol (lees berig elders in hierdie uitgawe). Met Vrouemaand bykans iets van die verlede, lig Worcester vir oulaas sy hoed vir vroue soos dié wat die wiele aan die rol hou. Die wyse Salomo het nie verniet besef die vrou se waarde is ver bo dié van korale nie. Soos óns vroue.

Jesaja 40:25-28 Wie is soos Ek? Met wie kan julle My dan vergelyk, wie is soos Ek? vra die Heilige. Kyk op na die hemel: wie het die sterre geskep? Hy wat die hemelse leër laat uittrek in hulle volle getal, dit is Hy wat hulle elkeen gemaak het. Met sy groot krag, sy groot mag, sorg Hy dat geeneen van hulle ontbreek nie. Waarom sê jy dan, Jakob, waarom kla jy, Israel: “Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby?” Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.

VROLIKHEID: Die Helpmekaarklub vir senior burgers op Worcester vier hierdie jaar hul 30ste bestaansjaar. Hier is hulle besig om ‘n liedjie “Hi Hi Worcester” te sing by hul dinee wat onlangs gehou is. FOTO:VERSKAF

Wil jy gesond bly? Raak diensvaardig! Ek stel belang in gesondheid. Hoekom? Omdat ek gesond wil bly, want dan gaan ek goed voel en lank lewe. Ek weet dat ek nie die enigste een is wat so voel nie. Wat ander mense doen om gesond te wees, weet ek nie veel van nie, maar wat ek wel weet is dat mense oor die algemeen hulle nie veel bekommer oor hul gesondheid nie. Mense rook, mense eet te veel van die verkeerde kosse, mense slaap te min, stres te veel, mense oefen nie, ensovoorts. Al wat ’n artikel is oor gesondheid lees ek graag. Met die lees van ’n boek oor gebalanseerde lewe, kom ek op ‘n hoofstuk wat my verbeelding aangryp. Dit gaan oor die sosiale deel van mens se lewe en daar lees ek hoe vrywillige werk mens se gesondheid kan verbeter! Studies het al bewys dat mense wat vrywillige werk doen hoër selfwaardering het, laer bloeddruk het, minder slaaploosheid ervaar en beter immuniteitstelsels het. Daar is soveel geleenthede in ons pragtige omgewing om vrywillige werk te doen. Almal kan hul talente en vaardighede deel met iemand wat dit nodig het. Ons is veronderstel om vir mekaar hier op aarde te wees. Vrywillige werk hoef nie ’n arm en ’n been te kos nie! Ek en my negejarige dogtertjie het laas vakansie haar wit hasie, Snowflake, Huis Brewis toe geneem. Snowflake is gestreel, opgetel en vasgehou deur nege inwoners. Bel jou kerkkantoor en hoor hoe, waar en wanneer jou talente

of vaardighede gebruik kan word. Kontak ’n aftreeoord en hoor of jy vir iemand kan gaan kuier, ’n tee-fles deel of vir iemand ’n storie kan lees. Bel die Instituut vir die Blindes. Verbeel jou vir ’n oomblik jy is blind en moet winkel toe gaan vir brood en melk. Kontak die Instituut vir die Dowes. Daar is ’n skool, kollege en aftreeoord. Oral is hulp nodig. Bel die APD. Daar is gestremde kinders wat byvoorbeeld hulp benodig om te beweeg van een plek na ’n ander. As jy bene en arms het, kan jy help. Kontak House of Hope. Op hul webwerf het hulle ’n lys van hul huidige behoeftes. Dis nie net geld wat hulle benodig nie. Skenk bloed! Die bloedbank op Worcester is Dinsdae oop en daardeur kan jy ’n handvol mense binne ’n halfuur help. Bel ’n skool en hoor of jy kan help met naskool-aktiwiteite soos atletiek, skaak of kinders wat sukkel met ’n spesifieke vak. Ek daag alle werkloses, afgetredenes en dié wat wel werk, uit om ’n positiewe verskil te maak in iemand anders se lewe. Maak ’n gewoonte daarvan. Dit is vir jou en die ander persoon of organisasie tot voordeel. Ons is mos die dorp wat omgee!

LINDA VENTER WORCESTER

’n Stewige klop op die skouer gaan aan Cecile de Villiers en haar span puik onderwysers van die Pionierskool se Langerug-kampus op

Worcester. Dankie vir alles wat julle doen, dit word baie waardeer. – Hanlie le Roux.

Raadop oor geen spoedbulte naby skole As hoof van die Worcester Primêre Skool (WPS) wil ek graag my kommer uitspreek oor die aanbring van spoedbulte. Ons sukkel reeds vanaf die jaar 2000 om spoedbulte in Krige-, De Vosstraat en Distilleryweg aangebring te kry. Nadat ’n leerling, die dogter van ’n verkeersbeampte, in 2011 voor die skool raakgery is, het ons spoedbulte in Krige- en De Vosstraat gekry. Distelleryweg dra die verkeer van drie skole, naamlik WPS, Lanner House en die Pionierskool. Herhaalde versoeke is al aan die Breedevallei Munisipaliteit gerig vir die oprig van spoedbulte in die straat. Helaas, sonder sukses! Groot was my verbasing toe ek sien dat daar in Quellerieweg en Pellsstraat spoedbulte aangebring is. Is die leerlinge se veiligheid nie van groter belang as die verkeer wat in gemelde strate beweeg nie? Ek is radeloos en weet nie meer waarheen om my te wend nie.

mering aangebring. Daar is ook in die huidige 2013-14begroting voorsiening vir die aanbring van spoedkalmering in die dorp gemaak. Prioritisering vind tans plaas en dit dien gemeld te word dat voorkeur aan skole en areas waar ’n hoë volume voetgangerverkeer strate kruis, gegee word.

ANDRÉ PEENS WORCESTER

Johan Botha, woordvoerder van die Breedevallei Munisipaliteit, reageer: Soos tereg deur mnr. Peens opgemerk is, is daar reeds by twee strate wat aan die skool grens spoedkal-

Stagnasie en agteruitgang . . .? Nie in ons vooruitstrewende Worcester nie! In die Standard se voorportaal hang ’n geraamde voorblad van ’n bylae oor Worcester. In hooge Engels (wat ek graag vertaal ter wille van mense soos my pêl Piet) staan: “Daar is baie van die stad in die besige, vooruitstrewende nywerheids- en kommersiële hoofdorp van die Boland, maar daar is ook die rustigheid en kalmte van die platteland hier te bespeur. Die vriendelike, gasvrye gees gaan hand aan hand met die snelgroeiende vaart van ons nywerhede se wiele.” Die bylae het op 3 Julie 1953 verskyn. Dit kon net sowel 60 jaar later in Augustus 2013 geskryf gewees het. Dit is seker net toevallig, maar drie nuwe sakeondernemings het pas binne 24 uur op Worcester begin sake doen. Nog twee

gevestigde ondernemings het in dieselfde tydperk heropeningsfunksies gehou. Onder die nuwe besighede is ’n fabriekswinkel wat suiwelprodukte verkoop,’n sanitêreware winkel en ’n onderneming wat in regsbeskerming spesialiseer. Verlede Donderdagaand het Orbit Boland hul nuwe perseel aan klante bekendgestel. Vrydagoggend om 10:00 het Tops by Breedevallei Kwikspar ’n openingsfunksie gehou om die nuwe, vergrote winkel vir genooide gaste te wys. Dit is veral in die motorbedryf op die dorp waar hier heelwat woelinge is. Orbit Boland het met sy Mercedes-Benz-afdeling sak en

pak van Hoogstraat na Louis Langestraat in die nywerheidsgebied verhuis. Slegs tweedehandse voertuie word nou in hul ou perseel in Hoogstraat verkoop. Hul voormalige werkswinkel in Napierstraat word nou bedryf deur die vorige handelaarshoof, Theo Everson, en vorige werkswinkelbestuurder, Brian Seymour. Verder af in Hoogstraat is Jaffe’s Ford amper klaar gebou aan hul moderne nuwe vertoonlokaal. Skuins oorkant gaan Hyundai eersdaags begin om ’n nuwe vertoonlokaal te bou. Dan het Worcester Nissan vanaf Hoogstraat na ’n grênd nuwe gebou oorkant Mountain Mill Mall

verhuis. GWM is nou in Worcester Nissan se ou perseel. Al die verwikkelinge skep nuwe werksgeleenthede en bring nuwe inwoners na die dorp. Ek weet almal gaan nie saamstem nie, maar hier is beslis vooruitgang en nie stagnasie of agteruitgang soos in talle ander plattelandse dorpe nie. Dit laat my wonder wat sou iemand sê wat na ’n afwesigheid van 20 jaar hierheen terugkeer? Worcester ondergaan voortdurend ’n gedaanteverwisseling. Ons wat elke dag daarmee saamleef is miskien nie so bewus daarvan nie soos ’n oudinwoner wat verwag die dorp gaan nog lyk soos wat dit 20 jaar gelede gelyk het. Een ding is egter nog dieselfde: Worcesteriete is steeds vriendelik en help graag ’n nuwe intrekker.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

29 Augustus, 2013

Wen groot met plakkompetisie

By die oorhandiging in die Mountain Mill was Theresa Olivier (die Standard se uitge­ wer en redakteur asook be­ skermvrou van die Standard Kinderfonds), Melinda Brand (Worcester­Oos Primêr), Eddie Nortier sr. (voorsitter van die Kinderfonds), Sam Orton (sen­ trumbestuurder), Suzette Wil­ ken (Kindersorg SA), Etienne Field (hulpmaatskaplike wer­ ker, WEG), John Arendse (be­ stuurder, WEG) en Edwina Arendse (ACVV Worcester).

FOTO:CHRISTINE SMIT

Kinderfonds deel uit Die Standard Kinderfonds het vandeesweek sy Winterwarmteprojek amptelik op ’n hoogtepunt afgesluit toe hy ’n goeie voorraad warm klere aan die drie instansies wat hy ondersteun, geskenk het. Die kersie op die koek was egter ’n skenking van R5 000 wat elkeen ook daarmee saam ontvang het! Die Winterwarmte-projek, waarby Mountain Mill Mall hom ook die afgelope maand of wat aangesluit het en waar die oorhandiging Dinsdag was, was ’n groot sukses. “Daarvoor dank ons die publiek wat hul harte oopgemaak en gehelp het om na ons minderbevoorregte kinders in die Vallei om te sien,” het die voorsitter van die fonds, Eddie Nortier sr., gesê. Insamelings vir die fonds gaan egter steeds voort. Een van die grootste enkele geleenthede is die jaarlikse gholftoernooi, die Mountain Mill Classic wat deur Mountain Mill aangebied word. Dié prestige geleentheid, ’n vierbal-beterbal, word op 5 Oktober by die Riverside Gholfklub gehou. Spanne kan nou reeds inskryf teen R1 400 per vierbal. Die belang-

Stem vir gesiggies Inskrywings stroom in vir die Standard se babakompetisie. Geen wonder ook nie, want vanjaar is daar toppryse op die spel vir die wenners en die persoon wat die wenfoto’s instuur. Om deel te wees van Olivia Jonker hierdie opwindende (nege maande). kompetisie is baie maklik. Bring slegs ’n gesigsfoto van die baba wat jy inskryf na die Standard se kantoor en handig dit, saam met ’n inskrywingsfooi van R75, by Joyce Terblanche by die ontvangstoonbank in. Daar kan in twee afdelings ingeskryf word: 0 tot 18 maande en 18 maande tot drie jaar. Die foto’s word in die Standard geplaas. Lesers sal elke week in albei kategorieë kan stem vir ’n finalis uit die inskrywings wat vir die spesifieke week ingeskryf is. Opwindende pryse wag op die wenners. Vanjaar se borge en die pryse wat hulle borg sluit in: Superfoto (borg twee A3-afdrukke, twee A4-afdrukke en 20 10x15-afdrukke); Beauty @ Heart (partytjie vir 10 kinders; indien buite Worcester, moet die wenners self die vervoerkoste dra); Amy’s Parties (’n partytjie vir 10 kinders met ’n tema van u eie keuse; voorwaardes geld); ATKV Goudini Spa (elke kateDané Taylor (29 gorie-wenner ontvang maande). verblyf vir drie dae gedurende die week by die luukse Slanghoek Villa); Leggs Speelgoed (R100 aan elke kategoriewenner); Butterfly World (vier koopbewyse ter waarde van R137 elk vir ’n families bestaande uit twee volwassenes en twee kinders); Anna Emm ( Lekkerbekkie Muis- DVD vir altwee kategorieë); Fowlers (ete ter waarde van R500 vir die wenner 0-18 maande sowel as R500 vir die wenner van 18 maande tot 3 jaar). Lesers kan vir hul keuse van die week stem vandat die Standard op straat verskyn tot die volgende Dinsdag om 12:00 deur “BABA” gevolg deur die baba se naam na 34426 te SMS. Elke SMS kos R1,50. Die kompetisie sluit op Dinsdag 24 September om 12:00.

stelling loop reeds hoog en spelers kan soos in die verlede, uitstekende pryse wen. Om in te skryf, bel Elizma Berlyn by 083 785 6234 of Pieter Campher by 083 388 3906 voor of teen 23 September. Al is die Winterwarmteprojek afgesluit, bly die nood steeds hoog in die Vallei en mense kan steeds goeie tweedehandse klere en niebederfbare voedsel afgee by: Worcester-Oos Primêr in Sutherlandstraat; Nortier Motors by Brownstraat 6; Standard by Hoogstraat 116; Aïda Winelands by Kerkstraat 22 en Dentzone by Fieldstraat 22. Bydraes word verdeel onder Worcester ACVV, Kindersorg SA en die Worcester Ekumeniese Gemeenskapsdiens (WEG). Kontant kan as volg by FNB inbetaal word: rekening: Gemeenskapskas WesKaap Worcester Standard; rekeningnommer: 62152031383; bankkode: 261150; tak: Cape Town City. Faks ’n afskrif van die depositostrokie na Christine Smit by 023 347 3639 of stuur dit per e-pos na Christine.Smit@worcesterstandard.com. Alle bydraes sal in die Standard erken word.

Jy mag nie vandeesweek se Standard misloop nie – nie as jy groot wil wen in die nuwe plak-en-wenkompetisie wat deur Mountain Mill aangebied word nie. Die gelukkige wenner wen ’n geskenkbewys van R1 000 om in die inkopiesentrum te spandeer. Om deel te neem, moet lesers sorg dat hulle die spesiale plakvorm kry wat hierdie week verskyn en ook die eerste plakstuk uitknip wat iewers in die koerant versteek is. Die res van die plakstukke verskyn oor die volgende paar weke in die Standard en moet elke week uitgeknip en op die vorm geplak

11

word. Sodra die vorm voltooi is, moet dit by die Standard se kantoor by Hoogstraat 116 ingehandig word of gepos word na Posbus 31, Worcester, 6849. Die laaste plakstuk verkyn op 3 Oktober en lesers het nog tot 10 Oktober tyd om al die vorms in te

stuur. Slegs oorspronklike vorms en plakstukke word aanvaar (geen fotostate nie). Die wenner se foto sal in die Standard verskyn. * Werknemers van die Standard en Mountain Mill mag nie aan die kompetisie deelneem nie.


12

Standard

Kalenderblad Calendar Page

29 Augustus, 2013

V A L L E I - K A L E N D E R

meenskapsentrum langs die Victoriapark Primêre Skool. Alle oud­, huidige­ en nuwe spelers is wel­ kom. Navrae: J. Jumat, 0 082 731 5843.

Instituut vir Blindes. Die gasspreker is Zelda le Grange. Kaartjies: R150. Navrae of besprekings 0 023 347 2745.

posito. Vir besonderhede bel John Arendse 0 072 032 9280, of die WEG­kantoor by 023 347 5300.

ELKE DONDERDAG ) Alkoholiste Anoniem om 19:00 by die Worces­ ter United Church. Navrae: 0 083 635 1059. ) Ondersteuningsgroep vir angs, depressie en geestesgesondheid by Kerkstraat 33 om 17:00. Vir nadere besonderhede bel Frances Crous by 0 023 342 4331 of 082 647 8883 of dr. Bill Skinner by 0 023 342 1881.

SATERDAG 31 AUGUSTUS ) Opskop ten bate van die Rozél Pienaar­by­ standfonds by Kliplapa. Musiek: Waldo Lotz en Desmond Walls. Ete en dans begin om 19:00. Kaartjies: R300 per paartjie. Naweekpakket: R700. Navrae: Pieter Pienaar 0 072 450 4462, Kobus Pretorius 0 082 829 8968 of Johan van Niekerk 0 084 517 3887.

VRYDAG 6 SEPTEMBER ) Mnr. en Mej. Nuwe Hoop­sentrum om 19:00 by die skool se saal (junior­afdeling). Kaartjies: R15. Leerlinge in Caroline Lawrence­ en Izak Fe­ bruary­koshuis: R10. Kleuters: R1. Peuters onder drie jaar: gratis. Snoepie beskikbaar. Vir beson­ derhede bel Tommy Fielies by 0 023 346 5000 of 079 594 3504.

DINSDAG 24 SEPTEMBER ) Dierebeskermingsdag van 09:00 tot 17:00 by Rivierplaas se kampeerterrein buite Worcester. Vir meer inligting, bel JB van Eeden by 0 084 710 0139 of besoek www.rivier­ plaas.co.za.

ELKE SATERDAG ) Ralph’s Go­Cart Racing, 12:00 – 17:00, Klein­ plasie. R50. Rig navrae aan Roelf 0 082 771 8004 of Saartjie 0 084 577 2383.

DINSDAG 3 SEPTEMBER ) Die Worcester VLV Aandtak se landbouverga­ dering om 19:30 by die NG Kerk Worcester­ Noord se saal. Interessante inligting van Agri SA, plante vir die lente en vele ander interessante uit­ stallings gaan aangebied word. Alle vroue is wel­ kom om die byeenkoms by te woon. Navrae: Christine Gerber, 0 084 513 6754.

VRYDAG 6 - SONDAG 8 SEPTEMBER ) Tussen Ons Fees by die Johan Heÿl­sportterrein (langs N1). Besoek www.tussenonsfees.co.za vir alle inskrywings: stalletjies, bergfietswedren, pretdraf, doggy walk, pretloop asook die feespro­ gram.

THURSDAY 29 AUGUST ) Worcester United Church’s monthly tearoom. 09:30 ­ 12:00. ) Millenium Tigers­vlakkiekrieketklub hou om 18:30 sy algemene jaarvergadering in die ge­

WOENSDAG 4 SEPTEMBER ) Out of Office Day om 10:00 ten bate van die

SATERDAG 21 SEPTEMBER ) Die Worcester Ekumeniese Gemeenskaps­ diens (WEG) bied ’n toer na die Walvisfees aan. Koste: R150 per persoon (slegs vervoer). R50 de­

FRIDAY 4 OCTOBER ) Worcester Boys High/H.J.S. Worcester Class of 1963 will celebrate their 50th reunion which coincides with the annual reunion. RSVP as soon as possible to Etienne, 0 082 768 3459 or 2 asmook@telkomsa.net for further details. VRYDAG 1 NOVEMBER ) Adam tree by die Overhex Kelder se Balance Bistro op. Navrae: 0 023 347 6838, 023 347 5012 of 084 444 4599. Valleikalender: 0 023 347 0968; 2 info@worcesterstandard.com.

Wêreld van die Dowes op die planke Daar is min dinge wat jou moed laat sak soos die besef dat jy nie na geluister word nie. En in teenstelling met wat jy dalk dink, is luister nie iets wat jy net met jou ore doen nie.

Vicki Fourie

Die komplekse leefwêreld van Dowes, soos uitgebeeld in die toneelstuk Kinders van Stilte wat eersdaags op Worcester te sien is, is vir ons ’n mikroskoop wat die gebreke in ons kommunikasie uitlig. Antoinette Louw, Jason Faroa en Vicki Fourie, wat in die toneelstuk speel, deel met die Standard wat hulle daaruit geleer het. Vraag: Wat was die grootste uitdaging in die vertolking van jou rol in die verhoogstuk tot dusver? Antoinette: Ek vertolk vier verskillende karakters en almal is uiteenlopend. Ek speel die ma, die prokureur, die hoof van die sentrum van Dowes en ’n kelnerin. Hulle wissel almal van ernstig tot komies. Dis wonderlik! (Daarby moet ek kophou om nie met die kostuums deurmekaar te raak nie.) Jason: Aangesien dit my eerste keer was op die verhoog was dit vir my ’n groot uitdaging om voor ’n klomp vreemde mense op te tree. Vicki: Om gebaretaal te leer! Ek het nie besef wanneer jy gebaretaal praat, jou sinskonstruksies anders is nie. My karakter praat nie met haar eie stem nie, maar deur haar lyftaal, hande en gesigsuitdrukkings. Ek het geleer hoe om sonder woorde te kommunikeer. Vraag: Van watter aspek van die karakter wat jy vertolk hou jy die meeste? Antoinette: Die karakters wat ek vertolk is nie baie aangenaam nie, so ek moet gaan kyk waarom hulle só optree. Die ma, byvoorbeeld, is ’n harde vrou wat rook en drink en

en ek het geleer om nooit bang het glad nie ’n verhouding met haar te wees om vrae te vra nie. Die dogter nie. Dis baie maklik om so iewêreld is nie vir my so vreemd mand te veroordeel, maar sy het ’n en gewelddadig soos wat dit vir baie hartseer en gebroke verlede en Sandra is nie. Ek het ’n goeie onis uiters alleen. Dis haar manier om dersteuningsnetwerk. haar situasie te hanteer. Onder haar Vraag: Wat het Kinders van eksterne hardheid skuil ’n eensame Stilte vir jou geleer oor Doofheid en gebroke vrou. en/of menswees? Jason: Ek hou daarvan dat my kaAntoinette: Hoe belangrik dit rakter kan opstaan en terugbaklei is om sonder veroordeling gevir Dowes se regte. Jason Faroa hoor (en gesien) te word – op alle Vicki: Sandra (die skoonmaker) vlakke. Selfs horendes hoor meis totaal die teenoorgestelde van wie kaar soms nie. ek is as mens. Juis daarom het ek Jason: Kinders van Stilte het besluit om haar rol te vat – ek hou my geleer dat om doof te wees bevan die uitdaging. teken nie jy kan niks doen nie. Vraag: In watter opsig stem jou Dit het my ook geleer dat die doeie persoonlikheid ooreen met die we en horende wêreld een wêreld van jou karakter? is waar almal saam moet kan Antoinette: Ek kan regtig met kommunikeer. eerlikheid sê dat my persoonlikheid Vicki: Een ding wat uitstaan nie met een van die karakters oorvan die hele storie van Kinders eenstem nie, maar ek verstaan waar Antoinette Louw van Stilte is dat elke mens se wêhulle vandaan kom. Jason: Ons albei het ’n klein gehoorpro- reld verskil. Elke horende en elke dowe se bleem maar kan liplees en met gebaretaal wêreld is anders. Ons doen nie altyd die moeite om mekaar te probeer verstaan nie. Ons kommunikeer. Vicki: Ek moet sê ek het ook my frustrasies probeer altyd mekaar tot ons eie voordeel verwanneer dit kom by die horende wêreld. Ons ander. Maar dit is wat elke mens so wonderlik lewe in ’n tyd waar alles te vinnig gaan, veral maak – hoe hulle kyk na die lewe, hoe hulle kommunikasie. Maak nie saak hoe goed ek dit ervaar, wat hul verwagtinge is. As ons dit met liplees is nie, ek mis tog sekere dele van net kan besef, dan weet ons ons hoef nie die gesprekke, en dan raai ek maar. Ek is goed ander persoon se wêreld af te kraak nie, ons kan net ’n brug bou en daardie persoon se met raai! Vraag: Hoe verskil jou persoonlikheid met wêreld leer ken. Kinders van Stilte word tydens die Week dié van jou karakter? Antoinette: Ek speel vier karakters, maar van Dowes van 2–6 September van 10:00 –11:30 hopelik het ek net een persoonlikheid – an- of 18:00–20:00 by die Nasionale Instituut vir Dowes in De la Batweg opgevoer. Die Standers moet julle my maar kom opsluit! Jason: My karakter Dennis is ’n baie sterk dard is die mediaborg van die Week van Dopersoon wat kan opstaan en veg vir Dowes wes. Kaartjies vir die vertoning kos R100 stuk. Bespreek by Lynette by 023 342 5555 of se regte wat ek nie kan doen nie. Vicki: Omdat ek in ’n horende skool groot- nid@nid.org.za.Verversings sal te koop wees. Die toneelstuk het ’n ouderdomsbeperking geword het en my familie almal horend is, het ek geleer hoe om klanke te identifiseer. van 13 met ouerbegeleiding, weens die taalgeEk het geleer hoe om woorde reg uit te spreek bruik en tonele met seksuele verwysings.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

29 Augustus, 2013

13

King Hawford van Brittanje se blokfluitspelers het ook ’n item gelewer.

Die Worcester Primêre Skool het onlangs ’n kultuuraand aangebied waartydens plaaslike skole, sowel as King Hawford van Worcester, Brittanje, se talent ten toon gestel is. Die skool se junior koor was onder dié wat opgetree het. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Twee Worcesters maak saam musiek Worcester in Brittanje en die een op eie bodem mag dalk kontinente van mekaar verwyder wees, maar een ding het hulle in gemeen: hope talent!

Kitaarspel was ook een van die items op die spyskaart.

Dit was duidelik tydens ’n kultuuraand by dieWorcester Primêre Skool (WPS) waaraan leerlinge van dié skool en ander in die dorp, asook King Hawford in Worcester in Brittanje, deelgeneem het. Daar was sang, voordrag, instrumentespel, noem maar op, alles tot groot vermaak van die talle konsertgangers. Die kultuuraand het die kroon gespan op ’n twee weke lange besoek van King Hawford aan WPS. Die besoek is deel van ’n uitruilprogram tussen die twee skole. Sowat 13 leerlinge, vergesel deur ouers en onderwysers, het Worcester besoek waartydens hulle verskeie besienswaardighede in die Vallei sowel as Kaapstad, waaronder Robbeneiland, besoek het.

Gedurende hul besoek het WPS toevallig sy jaarlikse Eisteddfod gehou en net daar is die saadjie vir ’n kultuuraand geplant, sê Suzanne le Roux, sport- en kultuurorganiseerder by WPS. Die kultuuraand op 15 Augustus was ’n dawerende sukses met ’n wye verskeidenheid van items wat iets vir elke smaak gebied het. Die uitruilprogram word al vir twee jaar met groot sukses aangebied. King Hawford speel ook ’n ondersteunende rol by WPS en help met onder meer donasies en in sommige gevalle die betaling van skoolfonds. Sjoerd Selders, adjunkhoof by WPS, is een van die mense wat die program op die been gebring het. Danksy hierdie program kan die twee skole inligting en ervaring uitruil en só hul kennis verbreed. Die skool hoop om King Hawford aanstaande jaar te besoek.


14

Standard

Gemeenskapsnuus Community

29 Augustus, 2013

Die Hexvallei Sekondêre Skool in die Hexriviervallei het onlangs ’n koerantskenking van Pat Marran ontvang as deel van die Standard se Lees­en­leer­projek. Hier is Arnold Mei (skool­ hoof), Deirdré Fortuin (biblioteekonderwyseres), Marran (borg) en Jonathan Willemse (agter) besig om die koerant saam met die leerlinge te lees. FOTO: MATTHEW SHELDON

Die skoolhoof, Arnold Mei, het aan die Standard gesê die skenking word opreg waardeer.

Geletterdheid verbeter by Hexvallei MATTHEW SHELDON Die Hexvallei Sekondêre Skool in die Hexriviervallei het onlangs ’n koerantskenking van Pat Marran ontvang as deel van die Standard se Lees-en-leer-projek. Die skoolhoof, Arnold Mei, het aan die Standard gesê die skenking

word opreg waardeer. “Hier is ’n groot geletterdheidsprobleem,veral onder van die leerlinge in graad sewe en nege. Ek glo dié skenking gaan ’n groot rol in die verbetering van geletterdheid speel,” het Mei gesê. Volgens hom sal die koerante in die skool se biblioteek aan alle leerlinge beskikbaar gestel word. Hy het bygevoeg dat die Standard se gemeenskapsinisiatief skole baie sal

help om hul leerlinge se leesvermoë te bevorder. Marran, wyksraadslid vir De Doorns, het onderneem om 50 koerante per week vir die volgende vier weke aan dié skool te skenk. “Kinders wil nie meer ’n boek vat en lees nie, maar sal liewer ’n koerant deurblaai en lees. Ek wil ’n liefde vir lees by die leerlinge ontwikkel,” het Marran gesê.

Hy het aan die Standard verduidelik dat dit uiters belangrik is om met begrip te kan lees. “Dit is noodsaaklik dat jy weet wat rondom jou gebeur. As jy as jeugdige ook die koerant gereeld lees, sal jy dalk ’n werkgeleentheid opspoor,” het hy gesê. Sowat 1 200 leerlinge sal baat by hierdie projek. Vlgens Marran is baie van die leerlinge se ouers nie geldelik sterk

genoeg is om elke week die koerant te koop nie. Nou het die leerlinge vrye toegang tot die plaaslike koerant en kan dit ook vir navorsingsdoeleindes gebruik. ) Koerante kan teen R490 vir vier weke aan enige skool binne die Standard se verspreidingsgebied geborg word. Belangstellendes wat ’n skool wil borg, kan Nigel Ranchod by 023 347 0968 bel.


Gemeenskapsnuus Community

Last year’s winner Aneesah Heyns from the Moslem Primary School, with former Lion’s President Hanno Conradie. PHOTO:SUPPLIED

Poster for our world Its time for children the world over to partake in the annual Lion’s International Peace Poster 2013-2014 contest. The theme this year is Our world, our future. Pupils, ages 11, 12 or 13 on November 15, are eligible to participate. Each year’s contest consists of an original theme incorporating peace. Participants can use a variety of mediums, including charcoal, crayon, pencil and paint to express the theme. On Saturday 31 August, from 09:00 until 12:45, learners from local schools can start their poster with the assistance of a Lion Club member present. The session will take place in the GAME Court at the Mountain Mill Mall. Each poster is judged on originality, artistic merit and expression of the theme. The winners will be announced on Saturday 21 September, also at Mountain Mill. Posters advance through several judging levels: local, district, multiple district and international. At the international level, judges from the art, peace, youth, education and media communities select one grand prize winner and 23 merit award winners. International winners will be notified on or before 1 February 2014. One international grand prize winner will receive US$ 5 000 (more that R50 000) and a trip to a special awards ceremony with the sponsoring club president and two family members at Lions Day with the United Nations (subject to change). Each of the 23 merit award winners will receive a cash award of US$ 500 (more than R5 000) and a certificate of achievement. Each year, Lions clubs around the world sponsor this poster contest in local schools and youth groups. For 26 years, more than four million children from nearly 100 countries have participated in the contest. For more information phone Faezal Karriem on 083 451 9601.

Fashion with purpose “We are dedicated to giving hope and empowering those in need, to live a self-sufficient and productive life by creating opportunities within the community.” So says Marcelle van Speyk, public relations and marketing officer for Fashion that Heals. Fashion that Heals is a registered nonprofitable and faith-based organisation and is hosting a “Fashion Through the Ages” event on 5 September at the Worcester Town Hall. “We are hoping to raise enough funds to make a difference in the lives of the elderly,” said Van Speyk. Van Speyk told the Standard that the funds generated from ticket sales will be used to provide basic necessities for the disadvantaged elderly. This years’ beneficiary is St. Christophers’ Old Age Home in Fairbairn Street. Josie Borain has come on board as the face of Fashion that Heals at events and meetings. Not only is she the ambassador, but also a member that will create awareness within and around Cape Town with her well connected network. Tickets for the event can be bought through Van Speyk. For more information phone her on 082 924 7871 or visit www.fashionthatheals.co.za.

Standard

29 Augustus, 2013

15


16

Standard

Gemeenskapsnuus Community

29 Augustus, 2013

Kelders moet ‘toeriste-vriendelik’ word MATTHEW SHELDON “Ons grootste uitdaging is om op dieselfde vlak as wynstreke soos die Paarl en Stellenbosch te kom.”

Christo Pienaar.

FOTO: MATTHEW SHELDON

Só gesels Christo Pienaar, besturende wynmaker by Nuy Kelder. Hy is verantwoordelik vir wynmaak en die bestuur van die kelder, die finansies en die bemarking van die maatskappy. Pienaar is ook ’n lid van die Worcester Wyn-en Olyfroete. Volgens hom het dié dorp (Worce-

ster) en sy omliggende gebiede baie goeie produkte om die toerismebedryf te bevorder. “Ons het die mooiheid, pragtige berge, goeie wyne, liefdevolle mense asook lekker kaas en olywe in ons Vallei. Die aantreklikhede is daar en meeste van die kelders se wyne is reeds bekend, maar ons moet ’n groter verskeidenheid van aktiwiteite aan die toeris bied,” het hy gesê. Pienaar (42) het aan die Standard verduidelik dat die kelders nog toeriste-vriendelik moet word. Geriewe soos koffiewinkels en deli’s sal ’n groot aanwins by die kelders

wees en toeriste lok. Volgens hom is hy baie tevrede dat die dorp skoon is, maar meen die uitgangsroetes, Villiersdorp en Zweletemba is nie netjies is nie. Pienaar sê alle inwoners moet by toerisme betrokke raak sodat die plaaslike ekonomie kan floreer en meer werksgeleenthede geskep kan word. Pienaar is in 1970 in Kaapstad gebore en het aan die Hoërskool Brackenfell gematrikuleer. Ná skool het hy vir twee jaar sy diensplig in die lugmag in Namibië gedoen. Daarna het hy sy graad in win-

gerdkunde, wynkunde en landbouekonomie in 1994 aan die Univesiteit Stellenbosch (US) verwerf. Ná hy sy studies voltooi het, het hy by die Rooiberg Kelder naby Robertson as ’n assistent-wynmaker aangesluit en later Slanghoek Kelder se wynmaker geword. Pienaar is lief vir die buitelewe en hou daarvan om saam met sy gesin deur Afrika te toer. Pienaar en sy vrou, Adri, het twee kinders, Aneldi (14) en Christian (11). Sy boodskap aan die jeug is: “As jy iets in die lewe wil bereik, moet jy jou skoolloopbaan voltooi.”

Almal moet deel word van toerisme MATTHEW SHELDON

ris in my eie dorp kan wees.” Langisa (32) is in Knysna gebore en het aan “Daar is altyd ruimte vir verbetering in die die Knysna Sekondêre Skool gematrikuleer. Ná skool het hy na Worcester verhuis waar toerismebedryf.” Só sê Donovan Langisa, eienaar en hoofkon- hy sy sertifikaat in rekenaarstudies en sy disultant van Boland Labour Solutions en Lan- ploma in gemeenskapsontwikkeling by Rekenaarskool Boland verwerf gisa Events. het. Hy is ook ’n lid van die WorDaarna het hy by die Rawcester Toerisme Assosiasie sonville Advieskantoor as (WTA) en dien in die uitvoekantoorbestuurder aangerende bestuur as ’n portefeulsluit. jehouer vir administrasie en Langisa is op die oomblik regsadvies. verantwoordelik vir dissipliLangisa glo hoewel daar nêre verhore en bied ook onruimte vir verbetering is, die der meer inligting en advies Vallei redelik goed meeding aan rondom afleggings en remet sy produkte en dienste in gistrasies vir werkloosheidsvergelyking met ander streke versekering. en dorpe in die land. Langisa hou daarvan om “Die aantal toeriste wat ons geestelike boeke te lees en is tans lok is nog te min. Ons ook lief om na gospelprogrammoet ’n bemarkingstrategie me op televisie te kyk. Hy sit uitwerk om meer toeriste nie maklik stil nie. “Ek hou hier te kry,” het hy gesê. daarvan om my tyd produkVolgens Langisa vaar die Donovan Langisa. tief aan te wend by ’n insiatief Vallei se feeste, veral waar FOTO: MATTHEW SHELDON wat die moeite werd is.” wyn en olywe betrokke is, Langisa, sy vrou, Jeanie, en hul seun, Morbaie goed en dít is waarvoor Worcester began (6), gaan graag Tsitsikamma of Oos-Kaap kend is. Die vennootskap tussen die sakelui, die toe gedurende die Desember-vakansie. Langisa is van mening die jeug het ’n gebrek Breedevallei Munisipaliteit en die gemeenaan motivering. Hy sê die jeug moet fokus op skap is vir Langisa van groot belang. Hy het aan die Standard verduidelik dat die iets wat hulle in die lewe wil bereik en hard WTA plaaslike inwoners moet betrek om ook werk om dit te verwesenlik. “Niemand behalaan toerisme-aktiwiteite deel te neem. “Ons we jyself is verantwoordelik vir jou toekoms moet daardie kultuur skep waar ek ook ’n toe- nie.”


Advertensie Advertisment

Standard

29 Augustus, 2013

17


18

Standard

Gemeenskapsnuus Community

29 Augustus, 2013

Opwindende pryse op die spel in sangkompetisie Dit is weer tyd vir dié met sangtalent om nader te staan. Die grootste sangkompetisie in die WesKaap, aangebied deur Mountain Mill Mall, is binnekort weer hier. Die kompetisie word in samewerking met die Standard aangebied. Sedert die kompetisie die eerste keer aangebied is, het dit ’n gedaanteverwisseling ondergaan met ’n nuwe naam en baadjie, nuwe bestuur, top-hoëprofiel-beoordelaars en baie meer pryse. Mountain Mill was verlede jaar die hoofborg van die Wes-Kaap Talent Searchkompetisie. Vanjaar het die sentrum besluit om dinge anders te doen, eienaarskap van die kompetisie oorgeneem en dit aangepas om dit toegankliker te maak sodat ieder en elk daaraan kan deelneem. Met meer as 1 000 inskrywings wat verlede jaar ontvang is, is dit nou weer tyd

vir die kompetisie om te groei. Jy hoef nie ’n gevestigde naam in die musiekbedryf te wees om in te skryf nie. Daar word juis gesoek na onontdekte talent. Inskrywings is oop vir almal en laat inskrywings sal op die dag van die oudisie aanvaar word. Van die onafhanklike beoordelaars is Renate Riedeman (Sterling EQ, asook Dogters van Man), Emile Minnie, Martie Haupfleish (Idols-stemafrigter), asook Hanli du Toit. Boonop is die bekende sangsensasie Nianell die aanbieder en kunstenaar vir die kompetisie se senior finale ronde met Cheree vir die junior finale ronde. Groot pryse wag op vanjaar se senior wenner: R30 000 kontant, ’n professionele CD-opname en ’n debuut op BOK Radio. Die juniorwenner stap weg met R5 000 kontant, terwyl die wenner van die beginner-afdeling ’n Musiekwêreld-koopbewys

van R1 000 sal losslaan. “Dit is net die begin van vele opwindende aktiwiteite wat Mountain Mill gaan aanbied. Ons is baie opgewonde oor die vooruitsig van die sangkompetisie wat eersdaags begin, asook die finale ronde wat in November by die sentrum gaan plaasvind. Die finaliste gaan saam met ’n regte orkes by ’n galageleentheid optree. Afgesien van die groot name is daar ook ’n paar ander verrassings. Dit beloof om ’n onmisbare geleentheid te wees,” sê Sam Orton, sentrumbestuurder. Oudisies vind op die volgende datums en plekke plaas: . 31 Augustus en 1 September: Somerset Mall (Food Court), Somerset-Wes. . 7 September: NG kerksaal, Heidekoppie, Proteaweg, Brackenfell. . 14 en 15 September: Mountain Mill Mall, Worcester.


Gemeenskapsnuus Community

Dr Raj to preach in Worcester

All ministers, pastors and leaders preaching the word of God are invited to a meeting and tea on 6 September in the church hall at the Dutch Reformed Church in Church Street, Worcester. The speaker at this event is the world renowned Dr Isaac Raj Alanka, international speaker, spiritual leader and evangelist. Dr Raj has preached the Gospel to the poor and also the influential in every state of India. Being a spiritual leader, he has the ability to impact major denominations in exhorting them to get back to the Godly principles laid down by their founding fathers. He comes with a message of exhortation and encouragement to pastors and church leaders across the spectrum of those who acknowledge Jesus Christ as Lord and seek to see his Kingdom established on this earth. Dr Raj preached his first sermon to 5 000 people at the age of 12. He now oversees 3 000 churches and is recognised as one of the most effective ministers of the Gospel in India. He overcame tremendous challenges to be selected as one of the top candidates for a Governor’s post in India on the strength of academic brilliance. Dr Raj has been brought to South Africa by the Touching Hearts Ministries and is the national director of the Touching Hearts Ministries in India and Asia as well as internationally. The event in the church hall on September 6 is from 09:30 till 12:30. Those who want to attend (free of charge) must RSVP to Ronell Koegelenberg by Monday 2 September at 023 342 7214 or 079 088 2774. * The public is invited to come and listen to Dr Raj on 7 September at 19:00 at the Bergkroon Faith Centre in Wellington. Entry is free, but a love-offering will be appreciated.

Kansa­groep vergader Die plaaslike Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se ondersteuningsgroep vergader volgende Dinsdag (3 September) om 18:00 by die Worcester Mediclinic. Alle onlangs gediagnoseerde pasiënte en hul families is welkom om die byeenkoms by te woon. Vir meer inligting of bevestiging van bywoning, bel Amelia Niemand by 0 072 455 1611.

Kansa hou ope dag vir bewusmaking Die plaaslike Kankervereniging van SuidAfrika (Kansa), in samewerking met die departement van gesondheid en Hospice, hou op 6 September ’n ope dag om die gemeenskap bewus te maak van sy dienste, asook vroeë opsporing en gesonde leefstylkeuses. Die ope dag behels gratis siftingstoetse, insluitend bloeddruk- en suikertoetse, asook papsmere en borsondersoeke. Die gemeenskap word ook genooi om deel te neem aan ’n Shavathon waar hulle hul hare kan laat kleur of afskeer in solidariteit met ’n kankeroorwinnaar of ’n geliefde wat weens kanker aan die dood afgestaan is. Die ope dag sal van 09:00 tot 14:00 by Kansa se kantoor plaasvind. Bring ’n vriend of vriendin saam en geniet ’n koppie tee saam met die Kansa-vrywilligers en -personeel. Vir meer inligting, bel Jurene Horne by 0 023 342 7058.

Standard

29 Augustus, 2013

19


20

Standard

29 Augustus, 2013

Gemeenskapsnuus Community

’n Ware fees so tussen ons Worcesteriete Die TussenOns Fees wat van Vrydag 6 tot Saterdag 7 September by die Johan Heÿl-sportterrein op Worcester gehou word, word as ’n ware gesinsfees bestempel. Die fees bied ’n magdom aktiwiteite en dinge om te doen en te sien vir die hele gesin. Onder Vrydag se hoogtepunte is ’n brandweervertoning vir die kleinspan, senior burgers wat tee drink saam met Stefaans, koekversiering vir die kleinspan wat Sasko aanbied, ’n kookkompetisie en skiet met pyl en boog. Onder die kunstenaars wat dié dag by die fees gaan optree, is Viljoen Retief, Andriëtte Norman en Nic Stevens. Saterdag open die feesterrein reeds om 07:30 vir ’n feesontbyt. Dié dag is daar ook ’n pretdraf, bergfietswedrenne, ’n pretloop, Touchies-toernooi, ’n potjiekoskompetisie en vele ander prettige aktiwiteite waaraan almal kan deelneem. Van dié aktiwiteite het ook lekker pryse op die spel. Plaaslike sangers wat dié dag feesgangers gaan vermaak, sluit in Heinz Winckler, Christo en Kobus, asook Monique. Daar sal deurlopend ’n teetuin wees en ander stalletjies wat allerhande lekkernye te koop sal aanbied. Die naweek word Sondagoggend afgesluit met ’n lofsangdiens om 11:00 met Lizette, Blackie Swart, Charne Hugo, Wilma en ander. Dit word gevolg deur ’n geestelike aanbieding deur Die Broers. Vir meer inligting oor die fees, toegang en inskrywings, besoek www.tussenonsfees.co.za. .

TUSSENONS FEES: Hyundai Worcester het dié Hyundai I10 1.2 aan die feesko­ mitee van TussenOns Fees geleen as blyk van betrokkenheid en as ’n bemar­ kingsveldtog vir dié fees wat van 6 tot 8 September by die Johan Heÿl­sportter­ Orein op Worcester gehou word. “Dit is ’n voorreg om die besighede en hande­ laars op so ’n sigba­ re wyse by die fees betrokke te kry,” het Helena Rall (regs), ondervoorsitter van die feeskomitee, ge­ sê. Ook op die foto is Johan Wessels (links) van Hyundai Worcester en Pieter Goosen, voorsitter van die feeskomitee. FOTO: CHRISTINE SMIT


Standard

Sosiaal Social

29 Augustus, 2013

REGSHULP VIR ALMAL: Yambu, ’n nuwe maatskappy wat regsadvies aanbied, het sy deure verlede week amptelik geopen en homself aan die gemeenskap van Worce­ ster bekend gestel. Die uitvoerende onderburgemeester, rdl. John Levendal, het gesê hoewel Worcester baie prokureursfirmas het, is dit net die bevoorregtes wat van hul dienste gebruik kan maak. Dus wil hy dankie sê aan Yambu wat sy diens nou ook aan agtergeblewenes teen bekostigbare tariewe beskikbaar stel. Levendal het afge­ sluit deur te sê dat Yambu van krag tot krag sal gaan in die Breedevallei­area en dat die Breedevallei Munisipaliteit (BVM) hulle alle sterkte vir die toekoms toewens. Hier is Gerrit Matthyse (munisipale bestuurder by die BVM), Elizabeth Labuschagne, Philli­ pus Philander, Carmen Jantjies, Kay­Lee Botha, Levendal en Susan Baird.

FOTO: FREDERIK CONRADIE

ORBIT BOLAND OPEN NUWE VERTOONLOKAAL: Orbit Bo­ land in Worcester het op 22 Augus­ tus hul perseel vir Mercedes­Benz­mo­ tors en vragmotors in Louis Lange­ straat amptelik ge­ open. Hier ontvang Ernest Humphreys die eerste motor wat by die nuwe perseel verkoop is. By hom is (van links) sy vrou, Adoré, Estienne Cronje (Orbit Bo­ land­handelaars­ hoof) en Desiré van Deventer (ver­ koopskonsultant: nuwe voertuie). FOTO: KEN MC INTY­ RE

21

PLUMBLINK OPENS IN WORCESTER: Plumblink, a new business which recently opened its doors in Worcester, held its opening ceremony on Friday 24 August. Councillor Margaret Sampson (mayoral committee member for women, the youth, disabled, early childhood devel­ opment, libraries and the Extended Public Works Programme at the Breede River Municipality) cut the ribbon to officially declare Plumblink open to the public. Here are Yagan Nair (region­ al manager), Bazel John (Worcester: salesman), Paul Steenkamp (Worcester: general assis­ tant), Sampson, Andall Hopley (Worcester: branch manager), Shahied Hendricks (regional sales manager), Darren Bond (regional operations manager) and Clinton Erasmus (regional fi­ nancial manager). PHOTO: MATTHEW SHELDON

‘NUWE’ BREEDEVALLEI KWIKSPAR: Tops by Breedevallei Kwikspar het Vrydagog­ gend (23 Augustus) ’n funksie gehou om die opening van die opgegradeerde winkel te vier. Hier knip Louise Niemand, vrou van die eienaar, Piet Niemand, die lint. Van links is Sallie Williams, Johan van der Watt (bestuurder), Craig Thomas, Steven Pauls, Orwell Nyathi, Louise en Piet Niemand. FOTO:KEN MC INTYRE


22

Standard

Padlangs Roadtrip

29 Augustus, 2013

Keep your battery tiptop You know the feeling. It’s a dark, wintry morning and, shivering, you hurry out to your car on your way to work. You crank the engine . . . but all you hear is “click,” followed by your groan. Flat batteries are one of the most common reasons AA road patrols are called out to assist stranded motorists. They attend to more than 80 000 battery-related calls each year and in 40% of these cases it is necessary for the battery to be replaced. In chilly winter weather, motorists’ tendency to accidentally leave their headlights on make flat batteries an all too frequent problem. Batteries tend to give more problems during winter because of the increased amps drawn by the starter to crank the cold engine.

What steps can you take to avoid this frustrating experience? Here are some tips to help you prolong the life of your battery. . Check the water (electrolyte) level – make sure the level is not too low (it must cover the fluid plates) and, if necessary, top it up. Use distilled water only. Avoid overfilling and mop up any spillage. It’s wise to check the levels monthly in summer because a high temperature under the bonnet can cause the water to vaporise or boil off. . Keep the battery clean – clean the terminals regularly and remove with warm soapy water any acid or dirt which may have accumulated on the battery case. This can cause the battery to self-discharge more rapidly . Secure the battery – make sure the battery is carefully secured and the hold-down clamps are tightened. . Charge the battery regularly – take a onehour, daylight drive each week to help ensure the battery stays charged. This is especially important if you usually only drive short distances or take infrequent trips. Running the engine at idle or taking short (less than 30 minutes) stop-and-go trips is not sufficient to recharge the battery and can shorten its life. . Turn off before you turn on – make sure the lights and other accessories are turned off before you start the car. In cold weather a fullycharged battery provides less than half of the power it does in warm weather, and switching on the lights and other accessories before you start the engine will drain the battery even quicker. . Service your car – poor engine condition can overload the battery, so ensuring your car is serviced regularly (as recommended by the manufacturer) will prolong the life of your battery. . If your vehicle won’t start remember not to crank the engine continuously as damage can be caused to the starter, battery, and other electronic components. – Source: Automobile Association of South Africa


Standard

Gemeenskapsnuus Community

29 Augustus, 2013

Vrou van die Jaar Die Mountain Mill Mall-toekennings vir die Vrou van die Jaar is in volle swang. Hierdie vroue is onder andere genomineer vir hul gemeenskapsbetrokkenheid. Die Standard is die Mountain Mill Mall se mediavennoot in die Vrou van die Jaar-toekennings. Die kompetisie sluit op 31 Augustus.

Natasha Ester­ huizen – haar man, Francois, het haar geno­ mineer. “Sy is die onselfsug­ tigste vrou wat ek ken. Sy sal uit haar pad gaan om an­ der te help, soms ten koste van haarself. Nie net vir haar eie kinders nie, maar ook gereeld vir vriende en húl kinders. Sy is besonder betrokke by ons kin­ ders se skole. Ons het ’n dogter in Worcester­Noord Primêre Skool (WNPS) en ’n seun in die Hoërskool Montana. By WNPS is sy betrokke by die ouer­onderwysvereniging (OOV) sowel as by Montana se OOV. Dan help sy ook as afrigter by Montana om al die meisiefietsry­ ers onder haar vlerk te neem. Ek is seker as jy met die personeellede by hierdie skole in verbinding tree, sal hulle jou nog meer kan vertel van hoe waardevol sy vir albei die skole is.” Estelle Cleghorn – haar dogter, Azelle, het haar genomineer. “Ek wil graag my ma kies as die vrou van die jaar. Sy is die goedhartig­ ste persoon wat ek ken. Sy gee altyd die beste raad. Ek het al so baie by haar geleer. Sy het regtig ’n hart van goud. Haar glimlag kikker enige vertrek op en sy bring altyd die positiewe uit alle omstandighede uit, maak nie saak wat die lewe na haar kant toe gooi nie. My ma is ’n sterk vrou met ’n sterk persoonlik­ heid wat my grootgemaak het tot wie ek is vandag. Ek kan nie vir haar genoeg dankie sê vir alles wat sy vir my en my broers gedoen het nie. Sy sal altyd gee en help waar sy kan en sy verwag nooit iets terug nie. Sy was en is net altyd daar vir ons familie en haar vriende en vriendinne. Sy doen amper nooit iets vir haarself nie, behalwe bietjie shop, maar watter ma doen dit nie? Hulle verdien dit beslis.” Marelize Nel – nog ’n pragvrou. Marelize is deur haar ma, Vossie Nel, genomineer. Vossie se motive­ ring is: “Marelize Nel is ’n baie ambisieuse per­ soon met die hoogste standaar­ de, wat dinge laat gebeur. Sy is ’n mens­mens met baie compassion. Mense respekteer haar en sy respek­ teer ook ander en verstaan kliënte­ diens. Sy gee om vir haar mede­ mens en het ’n uitstekende balans tussen haar doelwitte en menslik­ heid.”

Helena Fortuin – Erdine Ac­ kermann nomi­ neer haar. “She is in­ volved with the Cansa Associa­ tion in Worces­ ter. She always has some or other plan to raise funds for cancer patients. She visits the cancer patients in hospital and at home. She does a lot for the community. She is always ready to listen if there is a problem and is always friendly. She is a warm, loving person who loves people.” Mina Smith – is deur haar eggenoot, Paul, genomi­ neer. “My eg­ genote Mina is baie sukses­ vol. Sy het vier seuns sukses­ vol grootge­ maak. Sy is ’n suksesvolle, briljante, uitstekende besigheidsvrou wat nou ’n B&B bestuur, wat ’n nie­ winsgewende instelling is. Sy ver­ skaf slaapgeriewe en ontbyt aan gaste wat vrywilliger­dienste aan­ bied soos opvoeding in Engels by die kibboets, Moria­huis en skole in Worcester. Sy verskaf ook sop vir die gemeenskap by die VGK­kerk­ saal en Worcester­daghospitaal. Ek beveel haar aan as Vrou van die Jaar. Mina Smith Zwakala Homestay received the Mayoral Tourism Award from the Cape Winelands District Municipality, ans was a Tourism Business of the Year finalist in 2012.” Rika Groene­ wald – haar seun, Conrad, het haar geno­ mineer. Hy het hierdie pragti­ ge woorde van haar te sê gehad: “Ek wil baie graag my ma, Rika, no­ mineer vir Vrou van die Jaar. Sy is ’n baie goeie ma en wil net die beste hê vir haar familie en gesin. Sy werk by Boesmanland Biltong in die Moun­ tain Mill­winkelsentrum. Sy is ’n baie hardwerkende vrou en sal al­ tyd ’n goeie geselskap begin en grappe maak. Ek is baie lief vir my ma, dit is hoekom ek haar nomi­ neer.”

Esther Gilden­ huys – haar dogter, Liesbet Burger, het haar genomi­ neer. “Ek no­ mineer my ma as Vrou van die Jaar. Sy is ’n vrou wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Sy is altyd daar vir haar familie, vriende en selfs vreemdelinge. Sy straal liefde uit en is ’n rolmodel vir my nog my hele lewe lank. As daar gewerk moet word in die gemeenskap, kan jy al­ tyd op haar knoppie druk. As ’n mens raad of idees nodig het, kan sy altyd vorendag kom met iets oor­ spronkliks. Wanneer iemand in die moeilikheid is, is sy altyd bereid om uitkoms te bied. Vir haar kleinkin­ ders sal sy haar wêreld op sy kop laat staan om hulle gelukkig te sien. Niks kry hierdie besondere vrou on­ der nie en ek dink dis tyd dat sy beloon word vir al haar onbaatsug­ tige opofferinge.” Nellie Gabriel – Chrisme Oosthuizen het haar genomi­ neer. “Nellie Gabriel, of Suster Gabriel, soos ons haar ken, het dié maand, ’n dag voor Vroue­ dag, haar 70ste verjaardag gevier. Wat haar so ’n formidabele vrou maak is dat sy tans in haar 53ste jaar van ver­ pleging staan. Sy is Toevlug­sentrum se gesig in die gemeenskap. Sy het ’n passie om ’n verskil te maak en te sorg dat almal bewus raak van die gevare rondom alkohol­, dwelm­ en okkapyp­misbruik – ’n kwessie wat deesdae ons almal en ons kinders raak. Sy is ’n gesinsvrou en haar kinders en kleinkinders is baie lief vir haar. Sy sal nooit skroom om hulle of die gemeenskap te ondersteun en te help nie.” Lauren Schee­ pers – sy is deur deur Ma­ ry­Anne Baron genomineer. “Hierdie jong dame probeer ’n verskil in die lewens van kinders en mense maak. Sy organiseer jaarliks die Mej. Flaw­ less­kompetisie, waarvan sy die stig­ ter is. Die opbrengs is bate van die Kankervereniging van Suid­Afrika (Kansa). Vir hierdie geleentheid kry sy 15 jong meisies van omliggende hoërskole bymekaar en kry hulle gereed vir die groot aand. Die wen­ ner wat hier aangewys word, word dan ’n ambassadeur vir Kansa. Sy ontferm haar oor hulpbehoewende jong kinders in die gemeenskap wat gereeld by haar kom aanklop, hetsy vir ietsie om te eet of om net ‘in die wolke’ te wees.”

23


24 Standard Sportmangees belangrike komponent by interskole

Skole Schools

29 Augustus, 2013

MATTHEW SHELDON Die interskole Saterdag (24 Augustus) tussen die Worcester Primêre Skool (WPS) en Worcester-Noord Primêre Skool (WNPS) was een van die groot sportgebeurtenisse in Worcester. Honderde mense het van heinde en verre

die derby verlede naweek bygewoon. By die derby, waar die twee skole in verskillende sportkodes soos netbal, skaak, rugby en hokkie meegeding het, was daar geen tekort aan aksie nie. Sowat 82 wedstryde is gespeel. Volgens die twee skole se skoolhoofde, André Peens (WPS) en Pieter Borcherds (WNPS), is sportmangees belangriker as die eindtelling.

’n Rugbyspeler van WPS hardloop dwarsoor ’n opponent om sy span te help om punte ty­ dens die o.13A’s se rugbywedstryd aan te teken. By die derby, waar die twee skole in ver­ skillende sportkodes soos netbal, rugby en hokkie meegeding het, was daar geen tekort aan aksie nie. Sowat 82 wedstryde is gespeel. FOTO’S: MATTHEW SHELDON

MONTANA EERSTE!: Die Hoërskool Montana se gemengde bergfietsspan was eer­ ste in die Wes­Kaapfinaal van die Spur­skolebergfietsreeks. Die span gaan in Septem­ ber aan die nasionale kampioenskap by die Hoërskool Bekker in Magaliesburg deel­ neem. Die skool se gemengde en seunspanne was verlede jaar tweede in hul afde­ lings by die nasionale kampioenskap. Die meisiespan was ook eerste in die Wes­ Kaap­kampioenskap en die seuns het tweede gekom ná Paul Roos Gimnasium. EISTEDDFOD: Die Worcester­Noord Primêre Skool het vanjaar weereens die meeste inskry­ wings van al die deelnemende skole by die afgelope Worcester Eisteddfod gehad. Daar was ’n totaal van 301 inskrywings wat uit dié skool gekom het. FOTO: VERSKAF

TOP POSITIONS: Mon­ tana High School took all three podium positions in the youth women catego­ ry at the Spur School Mountain Biking League. Here (left) are Elzaan Vic­ tor (third), Marna Janse van Rensburg (first) and Lee­Anne Greg (second). PHOTO:SUPPLIED

PRESTEERDERS: Sestien leerlinge van Worcester­Noord Primêre Skool het altesaam 26 me­ daljes tydens die Worcester Eisteddfod gewen. Hulle het 95%+ behaal. Hier (voor) is Zee­ man van der Merwe, Nadia Jansen van Vuuren, Jana le Roux, Hendré Jacobs (vier medal­ jes), Francios Marais, JP Rogers en Christi Marais. Agter is Zak van der Merwe (twee me­ daljes), Antoinette Steyn (drie medaljes), Dané du Plessis, Francois Jacobs, Junné Pienaar, Hans Klüsmann, Eduard Klüsmann, Marco Meyer en Conrad le Roux. FOTO: VERSKAF


Standard

Gemeenskapsnuus Community

29 Augustus, 2013

Die wêreld wat gebaretaal oopmaak HILDERINE SCHRÖDER ’n Kind moet gekoester word om uiteindelik ’n landsburger te word. ’n Goeie landsburger dink na oor wat hy of sy kan doen (en hoekom) om ander mense aan te moedig om beter landsburgers te word. So het dr. Philemon Akach, gasspreker by die jaarvergadering van die Instituut vir Dowes (NID) se DeafNET Kennissentrum, voorverlede Dinsdag (20 Augustus) gesê. Akach, van die department van gebaretaal aan die Universiteit van die Vrystaat, het onder meer ge-

Zelda la Grange

praat oor die ontwikkeling van gebaretaal en hoe dít die wêreld vir Dowes oopgemaak het. Vroeër is daar deur onder andere die bekende filosoof Plato geglo Dowes kan nie leer nie, omdat hulle nie kan hoor nie, maar dit kon nie verder van die waarheid wees nie, het hy gesê. “Die samelewing moet ophou om Dowes te probeer ‘regmaak’,” het hy bygevoeg. Voor die ontwikkeling van gebaretaal, het Akach gesê, was Dowes meermale op die agtergrond geskuif. “Dowe mense kan gekoester word om ook goeie landsburgers te wees sonder dat besluite onbewustelik namens hulle geneem word.”

FOTO: VERSKAF

Luister na Madiba se regterhand HILDERINE SCHRÖDER Sektretaressedag is die een dag van die jaar wanneer krediet gegee word aan dié mense wat gewoonlik stil-stil sorg dat sake vlot verloop vir dié wat aan die stuur van ’n onderneming staan. Dis egter nie almal wat kan sê hulle was aan die stuur van een van die wêreld se grootste ikone se dagboek en vele ander sake nie. Zelda la Grange was vir jare oudpresident Nelson Mandela se persoonlike assistent. As sy woordvoerder, reisgenoot en regterhand het La Grange baie tyd saam met dié staatsman deurgebring. Valleiers kan volgende week eerstehands by La Grange hoor hoe dit voel om skouer aan skouer met Madiba te werk en hoe sy dié uitdagende pos met haar privaatlewe gebalanseer het. La Grange is volgende Woensdag (4 September) die gasspreker by die Instituut vir Blindes se Out of Office Day wat ten bate van die instituut aangebied word. Sy wou nie vooraf te veel oor haar ervarings aan lesers verklap nie, maar sê sy is baie opgewonde oor haar besoek aan Worcester. “Ek vind groot inspirasie van mense wat uitdagings en gestremdheid moet oorkom en daarom is dit vir my spesiaal om my lewenslesse met gaste te kom deel,” sê sy. Die bekende blinde avonturier Hein Wagner sal die seremoniemeester by die Out of Office Day wees. Kaartjies na die geleentheid kos R150 stuk. Die geleentheid word om 10:00 by die Instituut vir Blindes aangebied. Vir navrae of besprekings, bel Izanne de Wet by 023 347 s2745 of stuur ’n e-pos na izanne@blind-institute.co.za

Akach het die belangrikheid van positiewe burgerskap beklemtoon. “Om ’n goeie landsburger te wees, word dikwels as vanselfsprekend aanvaar. Familie speel ’n belangrike rol om goeie landsburgers te kweek. Nasiebou is deel van goeie burgerskap.” Dit was DeafNET se eerste jaarvergadering sedert dit verlede jaar as ’n niewinsgewende organisasie geregistreer is. Die sentrum fokus op opleiding aan Dowes van regoor die kontinent. Hiérdeur word hulle bemagtig en word daar gelyke geleenthede aan hulle gestel. “DeafNET glo in die in-

herente potensiaal van Dowes en dat hulle dieselfde hoogtes as horendes kan bereik,” het ds. Attie Smit, een van die stigters van DeafNET, tydens die jaarvergadering gesê. Volgens Suzette Willemse, hoof van die DeafNET Kennissentrum, het die sentrum verskeie programme. Dit sluit leierskap- en bestuursopleiding in, ’n studiebeurs en MIV/ vigs-bewusmakingsprojekte in. Die vergadering is deur DeafNETlede van verskeie Afrikalande, waaronder Marokko, Uganda en Ghana, sowel as verteenwoordigers van een van sy hoofborge, De Stichting Vrienden van Effatha in Nederland, bygewoon.

25

Dr. Philemon Akach van die depar­ tement van Suid­Afrikaanse gebare­ taal aan die Universiteit van die Vrystaat, was die gasspreker ty­ dens die DeafNET Kennisstentrum se onlangse jaarvergadering.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER


26

Standard

Geklassifiseerd Classifieds

29 Augustus, 2013 VAN DER MERWE (PHILLIPUS), FRENDELINE. Aan Boat. Van Mammie, Auba, Riaan en Davida. Die groot gemis en leemte is daar, maar jy is verlos van die pyn. Rus in vrede.

DAAMES, ROSIE. Saggies het jy ons verlaat. 'n Baie kosbare juweel het ons verloor. Sal altyd die mooi herinneringe onthou. Van Helen, Jerry en Deezfamilie.

VAN DER MERWE (PHILLIPUS), FRENDELINE. Met liefdevolle herinneringe van jou man J-D, kinders Theo, Thurston, Jaylin en Johnay. Rus in vrede. VAN DER MERWE (PHILLIPUS), FRENDELINE. Boat dankie vir die waardevolle jare wat jy deel was van ons lewens. Ons gaan jou mis. Van jou moeder, Carol. Percy, Megan, Pricilla en broers. Rus in vrede.

VAN DER MERWE (PHILLIPUS), FREDELINE. No farewell words were spoken, no time to say goodbye. You were gone before we knew it and only God knows why. Our hearts still ache in sadness and secret tears still flow. What it means to loose no one will ever know. From Theo and Phurmeah.

DANIELS, PAUL. So skielik het die Here vir Pappa kom haal. Ons harte is seer, maar Pa is veilig by Jesus. Wat die Here gedoen het, is welgedaan. Rus in vrede. Van kinders, kleinkinders en familie.

11

In Memoriam

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07 Gelukwensing Congratulations

CANWILL UYS is 1 jaar oud vandag. Lief vir jou Oumie en Oupa.

KYK wie het Dinsdag 13 geword! Gods rykste seĂŤn. Van Mammie, Dada, sussies, ouma, oupa, Gail en Angel.

RAAI wie is 1 op 28/08/2013? Baie geluk, Austin. Van Fortuin-familie.

08 Sterfgevalle Death Notices

KYK wie het 21 geword op 26/08/2013! Jolin Pullin. Van sy ma en twee susters.

DAAMES, ROSIE. Wat God gedoen het is welgedaan. God het jou verlos van jou stryd, maar jy is nou veilig by Jesus. Ons gaan jou mis. Isobel, Raymond, Ilze en Phillip en kleinkinders.

WILLIAMS, KAREL. Geb. 11/10/1942. Gest. 28/08/2011. Twee jaar is verby. Steeds is die verlange so groot. Liefdevolle herinneringe dra ons elke dag. Van kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

OLSEN, AUDREY. Today is full of memories, happiness and tears of celebrations we shared throughout years. Though we will always miss you, the endless joy you brought, warms our hearts with grattitude and fills our every thought. We cannot send a birthday card, your hand we cannot touch, but God will take our greetings to the one we love so much. Happy 50th birthday, Mom. From husband and children.

WEHR, JACOBUS (JAPIE). Pappie, op 1 September 2012, lentedag het die Here besluit om jou te kom haal. Presies 'n jaar gelede en vir ons voel dit nog soos gister. Ons dink nog elke dag aan jou. Sal jou nooit vergeet nie. Van Lucille, Carlton, Clifton en Lurene. WEHR, JACOBUS. Op 01/09/2013 sal dit 'n jaar wees wat jy ons stil verlaat het. Dink aan jou met 'n traan soms met 'n glimlag. Koester mooi herinneringe. Van vrou, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

VAN WYK, DAWID. Pa, op 25 Augustus is dit jou 3de verjaardag weg van ons. Ons mis Pa baie, maar berus ons by God se werke. Van Leon, Roseline, Samantha, Leorencia en Zain.


Standard

Geklassifiseerd Classifieds VAN WYK, DAWID. My man jou derde verjaardag 25 Augustus weg van ons. Die gemis is groot, maar rus in vrede. Van Gerty en kinders. CUPIDO, MURIëL. Mammie, geluk met jou eerste verjaardag 27/08/2013 weg van ons. Net 'n blommetjie op die graf as geskenk. Van Carlton, Lucille, Clifton en Lurene.

29 Augustus, 2013 LENINGS R1 000 - R120 000. 5 minute pre-approval. Same day pay-out.Win a car. Fiona 082 422 2271. GESOEK: 6 of 12 m vraghouer. Kontantkoper. Sel. 083 702 2826.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES

1141

Algemene Dienste General Services

MEUBELVERVOER N.J. (Otto). 20 jaar ondervinding. Persoonlike toesig. Enige trek. 082 708 9447/023 342 0286. FOR your stainless steel piping in the food, bewerage and winery. Call Hani Piping and Enginering. 082 323 7153. VERVOER van goedere. Tussen Kaapstad en Plettenbergbaai. (Billik). 084 671 7820/083 262 0199.

BESIGHEID BUSINESS 194

Sake Geleenthede Business Opportunities

108

ALLMAN, MARIO. Geb. 29/08/1967. Gest. 28/08/2012. 'n Jaar van ons weggeneem. Tweede verjaardag in die hemel. Ons koester steeds die mooi herinneringe. Die verlange is groot. Van Tariq, Washeelah, Anisah en Isaacs-gesin.

12 Dankbetuigings Thanks

TITUS, PETER JAMES. Ons as familie wil baie dankie aan almal sê vir al die gebede, oproepe, besoeke, donasies, handdrukke, blomme en omgee in ons tyd van droefheid tydens die heengaan van my man en ons vader, Peter James Titus.

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES 43

Persoonlike Dienste Personal Services BRIDGING cash while waiting for pension/package payout (lumpsum only). Cash same day. Ph. (021) 949 0930.

TE HUUR

DE WET DIGGERLOADERS

N i c o d e We t

Sel: 082 770 2822 O F T h e r o n d e We t Sel: 082 557 2393 Steenkool As Beskikbaar

GRONDDREINERING

TE KOOP FOR SALE 87

Rekenaar Verkope en dienste Computer Sales and Services COMPUTER Specials!! Pentium 4's from R1299.00. Refurbished with warranty!! Contact Dolf Uys 072 705 8577.

INSTANT Cash & Loans on your gold jewellery & valuables. Best prices paid. Visit our Kiosk outside Pick 'n Pay in Mountain Mill Mall for a free valuation. Call 087 230 0218. www.sagoldbuyers.net

3513 JF 41C66

ALLMAN, MARIO. Geb. 29/08/1967. Gest. 28/08/2012. Vinnig en stil het die jaar verby gegaan. Tweede verjaardag weg van ons, maar met mooi herinneringe en baie liefde dink ons steeds aan jou. Van Mammie, Gillian, kinders en Mercuur-gesin.

Geld/lenings Money/Loans

MOTORS VEHICLES

START your own driving school. Includes: learners classes with notes, driving instructions, PDP registrations and driving school registration. Price R4 700. Phone 072 546 8773.

159

JOBS

Motors te Koop Vehicles for Sale TOYOTA VERSO 160 SX 2005 model. 164 000 km. White fsh at Toyota with books. New Michelin tyres. Prys R100 000. 082 821 4321. 023 342 8840(W) of 023 342 5534(H). VW CITI 1.6I MK1 limited 2009. Fsh, aircon. 81 000 km. Tracker. S/s powerflow MP3. R95 000 neg. Phone 072 395 8410.

EIENDOMME PROPERTIES 165

Erwe te Koop Plots for Sale RAWSONVILLE: R400 000. 738 vierkante meter groot hoogliggende erf in stil doodloopstraat. Twee kante reeds betonmure. Uitstekend geprys. Skakel Piet 083 2846 748.

166

Huise te Huur Houses to Let VERSKEIE wonings te huur. www.rentbay.co.za.

171

Woonstelle te Huur Flats to Let STELLENBOSCH 2 slpk., Volle diefwering, balkon, swembad. Vanaf 01/09/2013. R5 300 p.m. ohb. 083 660 5602/3

401

Algemeen General Vacancies WIL jy jou eie ure werk? Verkoop Avon. Ek help jou registreer as 'n agent. 078 301 3771. INSURE 4 LIFE!!! Soek dinamiese matrikulante as Agente. Moet doelgerig, betroubaar en moet goeie menseverhouding hé. Rig CV's aan Die Adverteerder voor of op 13 September 2013 by faksnr. 086 569 1947.

27

BENODIG die dienste van 'n installeerder met die nodige ondervinding, verwysings en kode 8 lisensie. Handig CV in by Worcester Curtain Centre, Winkel 41, Quenets Arkade. Tel. 023 347 0081. BETREKKING in bemarking is beskikbaar vir 'n persoon wat aan die volgende voldoen: vlot tweetalig, geldige rybewys, passievol oor uitnemende kliëntediens, die vermoë om druk te hanteer en rekenaarvaardig. Die aard van ons bedryf vereis dat die suksesvolle applikant pligsgetrou en toegewyd moet wees. Stuur 'n kort CV na 086 273 8205.


28

Standard

29 Augustus, 2013

Geklassifiseerd Classifieds


Geklassifiseerd Classifieds

Standard

29 Augustus, 2013

29


30 Standard Dié jong fietser het sy oog op die Spele

Sport Sport

29 Augustus, 2013

HILDERINE SCHRÖDER Dit sit nie in almal se broek om ses dae ’n week ure in die saal deur te bring nie, maar vir Nicol Carstens is dít meer as oefening, dit is sy passie. Carstens (17), ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Montana, is die Standard en SuperSport se Let’s Play sportster vir Augustus. Hy is tans in Pietermaritzburg waar hy deel is van die junior SAbergfietsspan wat aan die junior wêreldkampioenskap deelneem.

Dié span van sewe sal teen sowat 120 van die wêreld se beste bergfietsryers kragte meet. Sy insluiting in die Suid-Afrikaanse span span die kroon op jare se harde werk, sê Nicol. Hy het vanjaar al aan verskeie WP- en nasionale langafstand (cross country)-bergfietswedrenne deelgeneem waar hy uitstekend gevaar het. Hy is ook in die WP-span opgeneem. Nicol het sowat

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

drie jaar gelede mededingend begin bergfiets ry. Met ’n nuwe afrigter wat nou sy talent slyp, sowel as ’n borg, het hy begin om baie goed te vaar, vertel hy. “Dit help dat ek geweldig baie ondersteuning het. Dit motiveer my baie,” voeg hy by. Nicol oefen ses dae ’n week tussen twee en drie ure lank. “Ek mis soms maar my sosiale le-

we. As my vriende kuier is ek gewoonlik besig om te oefen,” sê hy. Van sy onderwysers kan soms “’n bietjie moeilik raak” as sy huiswerk agterweë bly, lag hy, maar hulle ondersteun hom ook geweldig. Hy koester groot drome om eendag die wêreldkampioenskap te wen. “Ek het darem nog ’n jaar wat ek as ’n junior kan deelneem.” En dan mik hy na die Olimpiese Spele. “Dalk nou nie die een in Rio (de Janeiro, 2016) nie, maar beslis die een daarna.”

Nicol Carstens

FOTO: VERSKAF

BREEDE EIENDOMME Ruim siersteenwoning in rustige singel Hierdie week se toonhuis is in Langerug en is ’n besonder ruim siersteenwoning. Daar is drie leefareas, vier slaapkamers en twee badkamers. Die huis bied ook drie motorhuise op ’n ruim en veilig omheinde erf. Saam met die huis wat min onderhoud verg en ’n kostebesparende sonpaneel het, is die goed gevestigde tuin met sy sprinkelbesproeiing beslis ook ’n bonus. Die huis is in ’n rustige singel geleë met ’n pragtige uitsig oor Worcester se berge. Vir meer inligting, kontak Seeff Eiendomme by 0 023 344 3291.


Standard

Sport Sport

29 Augustus, 2013

31

Doubles buig die knie voor Hope

Eleven Experience het die afgelope Saterdag (24 Augustus) in ’n winterliga­wedstryd vir nuwelinge Esselen United met 4­1 geklop.

FOTO: MATTHEW SHELDON

Eleven Experience loop dwarsoor nuwelinge Esselen United MATTHEW SHELDON Eleven Experience het die afgelope Saterdag (24 Augustus) in ’n winterligawedstryd vir nuwelinge Esselen United met 4-1 geklop. Die twee spanne het kragte in die Esselenpark-stadion gemeet. Die wedstryd het vinnig begin met albei spanne wat aanval na aanval van stapel gestuur het. Esselen United het baie kanse in die eerste paar minute voor die doelhok gekry, maar kon nie hul kanse in punte omskep nie. Dit was Experience wat eerste bloed ge-

ruik het toe hy ’n skitterdoel aangeteken het om die telling op 1-0 te staan bring. Kort hierna het United se doelskopper Reagan Pietersen die nette laat raas toe hy ’n aangee vanaf Rhyno Campher in Experience se doelgebied gekry het. Die rustydtelling was 1 elk. In die tweede helfte het Experience die krane vinnig oopgedraai en het ook meeste van die balbesit geniet. Kort hierna is Experience met twee vinnige doele beloon om die telling op 3-1 te staan te gebring. Kort voor die einde van die wedstryd het Experience United se nette vir die laaste keer geraas toe hy ’n puik doel aangeteken het. Die eindtelling was 4-1.

Volgens Mervin Hermanus, die afrigter van Esselen United, het sy spelers in die tweede helfte baie vinnig stoom verloor. “Ons fiksheid is ’n groot probleem. By die volgende paar oefensessies gaan ons net op die spelers se fiksheid fokus. Ons moet fiks wees om wedstryde te kan wen,” het hy gesê. Hy het bygevoeg dat United die winterliga gebruik as voorbereiding vir die komende Safa Kaapse Wynland Promosieliga-seisoen. Eerskomende Saterdag (31 Augustus) speel Esselen United teen Double Foot Shooters in die Esselenpark-stadion. Die wedstryd begin om 15:30.

Double Foot Shooters het die afgelope Saterdag (24 Augustus) in ’n winterliga-wedstryd teen View of Hope met 2-5 vasgeval. Die twee spanne het mekaar se kragte op die Esselenpark-stadion getoets. Die wedstryd wat groot belangstelling gaande gemaak het, is teen ’n vinnige tempo gespeel. ’n Vasberade View of Hope het vroeg in die eerste helfte ’n kans om ’n doel aan te teken verbrou. View of Hope se voorspeler Bradley Williams het ’n paar kanse voor die doelhok gekry, maar kon nie Doubles se doelwagter, Chesswill Cupido, klop nie. Doubles se middelskakel Zandré Appels het kort hierna skitterend gebreek en het Caediz September (voorspeler) in besit gestel, maar hy kon net nie sy kopskoot beheer nie. View of Hope het ’n vroeë voortou geneem toe voorspeler Stephan Nel die harde werk van Tyrone Lottery briljant afgerond het. Hope, wat geweldig baie druk op Doubles toegepas het met goeie bewegings van die bal af en goeie balverspreiding, het kort hierna nog twee keer die nette laat raas. Doele deur Theodore de Bruin en Wilbur Steenberg het die telling op 3-0 in Hope se guns gebring. In die tweede helfte het Hope sy aanvallende spel voortgesit. Hope se Stefan Eksteen het ’n skitterende teenaanval op tou gesit en het Williams in besit gestel, maar hy kon net nie sy kopskoot beheer nie. Doubles wat karakter getoon het, het met ’n puik doel deur Jowhaine Verhoog teruggeslaan ná ’n goeie vryskop deur Aasif Witbooi wat die telling 3-1 gemaak het. Doubles se Fostino “Jali” Plaatjies het kort hierna in die middelveld weggebreek en het Mckenzie in besit gestel, maar die doelwagter van Hope, Sandro Jafta, het die skoot briljant gekeer. Hope het hierna veggees getoon met Eksteen en Jafta wat nog twee puik doele aangeteken het om Doubles se doppie te klink. Plaatjies het kort voor die einde van die wedstryd en ná ’n oortreding in die doelgebied, ’n doel van die strafmerk af aangeteken . Die eindtelling was 5-2 in Hope se guns.

Worcester­krieket AJV Die Worcester United-krieketklub hou op 5 September sy algemene jaarvergadering in die klubhuis by die Bolandpark-stadion. Die verrigtinge begin stiptelik om 19:00. Alle oud- en nuwe lede is welkom. Oefeninge het reeds begin en vind op ’n Dinsdag en Donderdag op Bolandpark plaas. Vir enige navrae bel Julian Fransman by 0 084 601 6344.

en Seun 1 228,14, 3. J.C. February 1 212,64.

Racing selections for (31/08/2013) at Kenilworth:

Saturday

Race one: Ahead of Spring Maiden Plate (3 year-old fillies) 1 200 m: 1. Imperious Girl (7) Race two: Open Handicap (MR 102) 1 600 m: 1. True Master (2) 2. Grasp Your Destiny (4) 3. Recall To Life (6) 4. Northern Conquest (5) Race three: Roma Maiden Plate (F&M) 1 800 m: 1. Davyana (7) 2. Miss Big Mamma (3) 3. Commandperformance (5) 4. Fly Like An Eagle (1) Race four: St Michaels Charity Race Day Maiden Plate 1 400 m: 1. Hancock’s Dynasty (4) 2. Ted Bassett (5) 3. Glenton (14) 4. Manx Missile (15) Race five: Anonymous Sponsors Handicap (MR 92) 1 000 m: 1. Bobby James (2) 2. Epic Tale (5) 3. Captain Harry (3)

4. Bashir (9) Race six: FM 90 Divided Handicap 1 200 m: 1. Solar Blaze (8) 2. Gentle Brook (9) 3. Doris Duke (3) 4. Intimateconnection (1) Race seven: FM 76 Divided Handicap 1 200 m: 1. Trippissa (4) 2. Cruzwithmecaptain (9) 3. Azaniah (5) 4. Rush For Roses (7) Race eight: St Michaels Youth Development Programmes Handicap (MR 84) 1 600 m: 1. Shishangeni (1) 2. Dynasty’s Secret (13) 3. Copa De La Rey (12) 4. Supersonic Sam (4) Place Accumulator: 2,4,6x1,3,5,7x4,5,14x1,2,3,5x3,6,8x4x1,4 Jackpot: 4,5,14,15x1,2,3,5,9x1,3,6,7,8,9x4,9 Pick 6 (10c unit): 1,2,3,5,7(9),8x4,5(3/9/12),14(16),15x1(6 ),2,3(10),5x1,3(6/9),5,8x1(5),4,9x1(6),2( 3),4(15),5,8(7/14),10(12/16),13(11/17)

Bonnievale (72): Samespel-Stableford – I. Arries en Q. van der Merwe 48, D. le Roux en L. Wentzel 46, D. van Zyl en A. van Zyl 43, K. Goliath en J. Masula 43, M. Botha en A. Liebenberg 42. Ceres (72): Enkel-Stableford – P. Versveld 38, H. Ferreira 38, J. Smit 36. Hexvallei (72): Samespel-Stableford – C. Esterhuizen en P. Esterhuizen 45, N. Anderson en N. Koen 45, G. von Bosch en G. von Bosch 44, J. Beukes en S. Badenhorst 44. Montagu (72): Samespel-Stableford – S. Esterhuyse en V. Venter 48, P. Fouché en J. Spangenberg 48, G. Reid en H. Pluim 47, A. Swart en L. Denysschen 46, M. Cole en D. Webster 46, W. Kriel en D. Blaklaws 46, P. Conradie en H. Kruger 45, I. Robertson en P. Fouché 45, D. Rossouw en J. Rossouw 45, H. Jansen en D. Blacklaws 45, T. Erasmus en G. Delderfield 45. Theewaterskloof (72): Samespel-Stableford – D. Mostert en W. Pelser 44, P. Pete en J. Lotter 43, M. Button en G. Swarts 41. Worcester (72): Samespel-Stableford – D. van Zyl en N. Visser 48, H. Scheun en P. Swart 47, T. Franken en J. Naudé 46, H. Bosman en R. Nortjé 46, C. de Clerk en N. van Niekerk 46. Rugby: Premierliga: Roses United 24, United Bulk Villagers 20; Robertson 26, Ceres 17. Superliga-Oos: Delicious 29, Kleinmond 16. Duiwe: Leeu-Gamka Jaaroud 2 (24/08/2013):

NBPU: 1. Manuel dos Santos 1 286,62, 2. Allie Kotze 1 268,03, 3. D&J van Schalkwyk 1 266,56. BHDK: 1. Manuel dos Santos 1 286,62, 2. Allie Kotze 1 268,03, 3. Dirk van Dyk 1 223,77. BHPS: 1. Stanley Vergotine 1 173,32, 2. Barend Muller 1 104,33, 3. Roberto van Wyk 1 040,47. BVDK: 1. M. Lloyd 1 219,52, 2. M. Lloyd 1 191,37, 3. Fredericks en Seun 1 176,36. CHPS: 1. Cyril Davids 1 155,59, 2. Cyril Davids 1 150,78, 3. Neil Davids 1 144,26. CPK: 1. Snyman & Du Toit 1 051,31, 2. Snyman & Du Toit 1 007,32, 3. B Isaacs 962,35. CPS: 1. NJ’s Lofts 1 178,35, 2. S.R. Williams 1 159,68, 3. Cedric van Wyk 1 146,85. HDK: 1. C.B. Frick 1 147,18, 2. C.B. Frick 1 147,18, 3. Bertus Steyn 1 118,85. LPKTR: 1. G.P. van Zyl 1 259,45, 2. G.P. van Zyl 1 258,62, 3. Peter Jaftha 1 248,83. VPK: 1. T. dos Santos 1 232,39, 2. T. dos Santos 1 232,30, 3. T. dos Santos 1 231,68. WHFC: 1. L.A. Prins 1 239,72, 2. Demas Broers 1 238,41, 3. P.F. Kleintjes 1 232,48. WHPS: 1. D&J van Schalkwyk 1 266,56, 2. G.F.J. Kriel 1 266,19, 3. Roodman Brs. 1 266,01. WHRS: 1. S.C. Williams en Seun 1 240,17, 2. C.H. Africa en Seun 1 227,66, 3. S.C. Williams en Seun 1 216,74. WNPK: 1. Boullion Brs. 1 244,17, 2. Boullion Brs. 1 205,80, 3. Boullion Brs. 1 205,71. WPK: 1. Wim & Alta Kruger 1 265,18, 2. Wim & Alta Kruger 1 264,76, 3. F.P. Grundlingh 1 264,61. WRPC: 1. J.C. February 1 258,83, 2. Soldaat

Leeu-Gamka Ope 2 (24/08/2013): NBPU: 1. C.B. Frick 1 316,36, 2. G.F.J. Kriel 1 290,01, 3. D&J van Schalkwyk 1 286,73. BHDK: 1. Allie Kotze 1 241,70, 2. Manuel dos Santos 1 241,17, 3. Allie Kotze 1 234,46. BHPS: 1. Roberto van Wyk 994,66, 2. Roberto van Wyk 986,89, 3. Randolf Seroot 979,09. BVDK: 1. J&B Hokke 1 152,61, 2. M. Lloyd 1 144,43, 3. J. Terblanche 1 124,89. CHPS: 1. Cyril Davids 1 225,00, 2. Neil Davids 1 208,33, 3. Clarence van Wyk 1 193,68. CPK: 1. Snyman & Du Toit 1 196,74, 2. B. Isaacs 1 144,19, 3. Stevens Loft 1 136,21. CPS: 1. Meyer Hokke 1 215,08, 2. A. Abrahams 1 201,07, 3. S.R. Williams 1 198,80. HDK: 1. C.B. Frick 1 316,36, 2. C.B. Frick 1 239,94, 3. C.B. Frick 1 239,94. LPKTR: 1. G.P. van Zyl 1 230,55, 2. G.P. van Zyl 1 229,76, 3. E.J. van Dyk 1 214,62. VPK: 1. G. Subke 1 218,56, 2. A.P. Lingenfelder 1 218,40, 3. A.P. Lingenfelder 1 217,90. WHFC: 1. P. Augustyn 1 274,58, 2. P. Augustyn 1 209,70, 3. Demas Broers 1 196,53. WHPS: 1. G.F.J. Kriel 1 290,01, 2. D&J van Schalkwyk 1 286,73, 3. Ernst Neethling 1 284,77. WHRS: 1. S.C. Williams en Seun 1 245,07, 2. S.C. Williams en Seun 1 244,77, 3. D. le Grange 1 242,85. WNPK: 1. Boullion Brs. 1 222,13, 2. Frank & Sons 1 195,53, 3. Erasmus en Demas 1 163,73. WPK: 1. F.P. Grundlingh 1 285,38, 2. Pieter Rossouw 1 282,73, 3. Piet la Grange 1 276,41. WRPC: 1. Soldaat en Seun 1 241,34, 2. Soldaat en Seun 1 227,74, 3. J.C. February 1 199,02.


29 Augustus 2013

Global Force Worcester Perseverance het die afgelope Saterdag (24 Augustus) een van sy beste vertonings van die seisoen gelewer toe hy die besoekende Franse klubspan Chatellerault Athletic Rugby Club (CRAC) met 66­22 oorrompel het. FOTO’S: MATTHEW SHELDON

Nog ’n drie vir Persies in die kragmeting tussen Worcester Perseve­ rance en CRAC.

Persies gee Franse ’n rugbyles

ALVER UYS

Global Force Worcester Perseverance het die afgelope Saterdag (24 Augustus) een van sy beste vertonings van die seisoen gelewer toe hy die besoekende Franse klubspan Chatellerault Athletic Rugby Club (CRAC) met 66-22 oorrompel het. Die twee spanne het voor ’n volgepakte Esselenpark-stadion gespeel. Persies het sommer vroeg-vroeg sy stempel op die wedstryd afgedruk toe sy vlugvoetige heelagter Ilmar February met ’n skitterende breekslag 70 m gevorder het. Toe hy voorgekeer word, was binnesenter Reagan Klink by om onder die pale te gaan druk. Losskakel Jaco Daniels het met die maklike doelskop geslaag. Kort hierna het die voorsprong na 14-0 gerek toe Persies se blitsige regtervleuel Zane Triskey ’n lopie van 60 m ingekry het en toe hý voorgekeer word, was agsteman Hugh-Bert Human by om te gaan druk. Daniels het weereens met die maklike doelskop geslaag. CRAC het kort hierna hul eerste punte aangeteken toe losskakel Johann Lardy met ’n netjiese strafskop ná ’n skrumoortreding geslaag het. Die telling het na 14-3 aangeskuif. Persies het kort hierna hard teruggeslaan toe haker Granville Willemse

ná ’n lynstaan in die hoek oorgebars en ’n drie gedruk het. February se doelskop was net-net kort en die telling het op 19-3 te staan gekom. Die telling het egter na 26-3 aangegroei toe Triskey ’n drie gedruk en Daniels weereens sukses met die doelskop behaal het. February, op sy skitterende beste, het kort hierna ’n lopie vanuit sy eie kwartgebied onder CRAC se pale afgerond. Met Daniels se suksesvolle doelskop was die telling 33-3. Kort hierna het February wéér so gemaak toe hy sy tweede drie gedruk het. Daniels het sukses met die doelskop behaal om die telling op 40-3 te staan gebring. Kort voor rustyd het Daniels self onder die pale afgerond en met sy eie doelskop sukses behaal. Die rustydtelling was 47-3. Ná rustyd het Persies weer met mening ingeklim en is in die eerste paar minute beloon toe Triskey vir sy tweede drie oorgegaan het. Plaasvervanger-senter Alvin Links het verdoel om die telling 54-3 te maak. CRAC wou egter nooit bes gee nie en het al meer aanvalle van stapel ge stuur en het selfs ’n paar skitterende lopies ingekry. Dit is egter Persies wat weer hard geslaan het toe plaasvervanger heelagter Warren de Bruin vir ’n drie oorgegaan het. Plaasvervanger-skrum-

skakel Alrich Johnson het verdoel en die telling 61-3 gemaak. CRAC het kort hierna sy eerste vyf punte aangeteken toe senter Yano Braz ’n drie gedruk het. Laedy het verdoel en die telling het na 61-10 aangerol. Kort hierna het hulle weer aangeval toe flank Malvin Weiss ná volgehoue druk vir ’n drie oorgegaan het wat skrumskakel Robin Vachon verdoel het (61-17). Persies kry hierna hul laaste punte toe plaasvervanger-stut Anthony Kouter met brute krag oorgebars het. Johnson se doelskop het die telling op 66-17 te staan gebring. CRAC het egter laaste gelag toe agsteman Matthiew Trouve vir ’n drie oorgegaan het wat Vachon nie kon verdoel nie Dit het die eindtelling op 66-22 te staan gebring. In ’n aanskoulike voorwedstryd het Esselenpark Sekondêre Skool Hoërskool Breërivier se o.19-span met 7-5 geklop. Die toeskouers was ook op ’n lekker “ou krokke”-wedstryd vergas. Die uitvoerende burgemeesters van die Breedevallei en Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, rdle. Basil Kivedo en Neels de Bruyn, het die hoofwedstryd bygewoon. Saterdag (31 Augustus) hervat Worcester Perseverance weer sy ligaverpligtinge wanneer hy in ’n Presidentsliga-wedstryd (Wynland-afdeling) teen Robertson Rangers speel.

Die twee spanne het voor ’n volgepakte Esselenpark­stadion ge­ speel.

Worcesteriet se sukses CHRISTINE SMIT Hoewel Suid-Afrika slegs een medalje van die Wêreld-atletiekkampioenskap in Moskou af huis toe gebring het, was daar op die agtergrond ’n ander Suid-Afrikaner wat ’n leeueaandeel gehad het in twee paalspringkampioene se prestasies by dié byeenkoms. Dié Suid-Afrikaner was niemand anders nie as ’n gebore en getoë Worcesteriet. Dit is ook nie die eerste kampioene wat Chauncey Johnson (38), seun van Arthur en Christine Johnson van Gasnatstraat, oor die dwarslat na roem gestuur het nie. Johnson is ’n biokinetikus van beroep wat al die afgelope sewe jaar permanent met sy Duitse vrou en seuntjie, Sky, in München in Duitsland woon. Hy het in 1996 sy BScHons aan die Universiteit Stellenbosch (US) behaal en was die afgelope paar jaar Duitsland se nommer eenpaalspringer, Tim Lobinger, se afrigter. Lobinger se prestasie in Moskou was maar een van vele wat danksy Johnson op die atletiekveld behaal is. Johnson het ook Lobinger, wat in die onlangse verlede

Chauncey Johnson. ook sokker afgerig het, se afrigtingstegnieke vir hom geskryf. Die ander kampioenpaalspringatleet by die Moskoukampioenskap wat deur Johnson afgerig is, is Raphael Holzdeppe. Sy spanmaat, Malta Mohr wat ’n vyfde plek in paalspring in Moskou behaal het, is ook een van die atlete wat deur Johnson afgerig is. Op eie bodem was dit die bekende paalspringer Ockert Britz, wat jare lank Johnson as lid van sy afrigtingspan gehad het. Johnson het op skool as leerling aan die Esselenpark Sekondêre Skool self in atletiek uitgeblink. Hy het reeds die wêreld as biokinetikus en afrigter deurkruis.

Worcester standard 29 08 2013  

Worcester standard 29 08 2013

Advertisement