Standard Jou vallei - Jou nuus
Donderdag, 21 November 2013
Prys: R4.90
Bullet hits vehicle at intersection 3
Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Naure Nuuslyn 082 570 0906
Brand-skrik vir Supa Quick
4
Foto’s, berigte oor vloede 4&5
VULLISTERREIN: WOEDE OOR HEKBEHEER
Een van die mans op die toneel het beweer hy is raakgeskiet, maar ’n vermoede bestaan dat hy eerder in ’n glasskerf getrap het.
Wagte laat skote klap Woedende individue het sekerheidswagte onder die klippe gesteek. Laasgenoemde het uit noodweer skote afge vuur, glo met onder meer ’n paintballgeweer, wat die groep van die toneel laat vlug het. HILDERINE SCHRÖDER Omstanders, polisielede, én die media moes Dinsdagoggend 19 November inderhaas koes toe sekerheidswagte by die stortingsterrein uit noodweer op ’n groep klipgooiers losgebrand het. Inwoners van onder meer Avianpark wat daagliks die stortingsterrein besoek om herwinbare materiaal bymekaar te maak, was woedend toe hulle Dinsdag voor geslote hekke te staan gekom het en toegang tot die perseel geweier is.
Donderdag 24 °C
Mooiweer
Gemoedere het verder opgevlam toe ’n verteenwoordiger van die Breedevallei Munisipaliteit (BVM) nie vinnig genoeg na die toneel kon kom om te verduidelik waarom toegang tot die perseel tot voertuie wat rommel aflaai, beperk word nie. Die woedende groep het rommel aan die brand gesteek en wagte en hul honde met klippe bestook. Verskeie skote is deur die wagte afgevuur. Die groep, wat beweer hulle besoek die stortingsterrein al jare om herwinbare rommel as bron van inkomste bymekaar te maak, sê die skielike weerhouding van toegang
Vrydag 30 °C
Mooiweer
tot die perseel neem die kos uit hul monde. “Ons steel mos niks en hinder niemand nie. Ons probeer net ’n lewe maak,” het een vrou gesê. “Nou kan ’n man nie meer eet nie,” was nog ’n omstander se mening. Volgens Gerrit Matthyse, die BVM se munisipale bestuurder, is hekke gesluit omdat die munisipaliteit nie ’n herwinningspermit vir die stortingsterrein het nie en enige vorm van herwinning hiér dus onwettig is. Permitvoorwaardes van ’n stortingsterrein stel dit duidelik daar mag “geen ongemagtigde betreding en skrootdelwery” plaas-
Saterdag 29 °C
Mooiweer
vind nie. Vandaar die weiering van mense tot die perseel, het hy bygevoeg. Volgens Matthyse is ’n nuwe sekerheidsmaatskappy onlangs deur die munisipaliteit aangestel ná die diens van ’n vorige maatskappy weens ondoeltreffende diens beëindig is. Die nuwe maatskappy se wagte het Maandag 18 November by die stortingsterrein begin diens doen. Ingevolge die ooreenkoms wat die munisipaliteit met dié maatskappy gehad het, sou sekerheidswagte met patrolliehonde by die stortingsterrein ontplooi word. In geen stadium is daar versoek dat wagte gewapen moet wees nie, het Matthyse gesê. Matthyse sê Dinsdag se voorval word betreur. “Die munisipaliteit doen alles in sy vermoë om nié so ’n situasie te hê nie. Ons wil slegs beheer uitoefen op ’n vreedsame manier wat ook aan permitvoorwaardes voldoen. As ons nie hieraan voldoen nie, kan ons ons stor-
Sondag 32 °C
Mooiweer
tingsterreinpermit verloor.” Ondanks vandeesweek se voorval glo die munisipaliteit dat die nuwe maatskappy lede van die gemeenskap beskerm. Volgens Matthyse is klagtes op ’n gereelde basis ontvang dat voertuie by die stortingsterrein onder die klippe gesteek word en mense wat rommel kom aflaai gedreig word. Die munisipaliteit hoop om, saam met die nuwe sekerheidsmaatskappy, dié probleem die nek in te slaan. Nietemin staan die munisipaliteit nie koud teenoor diegene wat tot onlangs ’n inkomste uit die stortingsterrein verdien het nie. Die munisipaliteit sal binnekort met lede van die groep vergader om ’n oplossing vir die probleem te probeer vind, sê hy. Volgens kapt. Mzikayise Moloi, woordvoerder van die Worcesterpolisie, word ’n saak van die afvuur van ’n vuurwapen in ’n munisipale gebied ondersoek.